ANNALIZE SE SMELTKOEKIES

smeltkoekies

ANNALIZE SE SMELTKOEKIES
Annalize Jacobs van Menlopark het vir Rooi Rose haar ma se smeltkoekie-resep gestuur. Dis vinnig en baie lekker.
Die resep is genoeg vir sowat 120 koekies.

200 g (1k) suiker
220 g (1k) botter
3 eiers
500 g (4k) bruismeel
klapper om koekies in te rol.

Voorverhit die oond tot 180 grade C. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit of spuit met kleefwerende kossproei.
1 Room die suiker en botter saam tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by. Meng goed voor jy die volgende een byvoeg.
2 Voeg die bruismeel by en meng goed. Bedek met kleefplastiek en laat oornag rus.
3 Rol die deeg in balletjies met ‘n deursnee van sowat 5cm. Gooi ‘n bietjie klapper in ‘n bordjie en rol die balletjies daarin.
4 Pak die balletjies op die bakplaat uit en bak vir 15-20 min. Haal uit en laat op draadrak afkoel.

NS: Ek het 5ml vanilla essence bygevoeg en het die deeg oornag in die yskas laat rus. ‘n Lekker vinnige koekie om te bak.




OUTYDSE VLUGSOUT SOETKOEKIES

OUTYDSE VLUGSOUT SOETKOEKIES
Resep voorsien deur Teresa Barnard
FOOD LOVERS RECIPES
Dit was eers in die tweede helfte van die 1800’s wat bakpoeier algemeen beskikbaar geword het in Suid-Afrika. Instede van bakpoeier is potas of vlugsout soms gebruik, maar dit het ‘n ‘seperige’ smaak aan die koekies gegee, indien te veel daarvan gebruik is. Instede het bakkers plannetjies gemaak om sonder rysmiddels te bak, wat tot gevolg gehad het dat droë kleinkoekies die stapel koekie van die tyd geword het. Die Kaapse vroue het meegeding teen mekaar om die delikaatste, dunste en broste koekies te bak, wat dadelik geëet kon word of gestoor kon word vir later.
12 pond koekmeel (5.4 kg)
2 eetlepels fyn pypkaneel
6 pond suiker (2.7 kg)
1 eetlepel fyn naeltjies
2 pond botter (1 kg)
1 eetlepel koeksoda
1 pond sagtevet (450 g)
1 eetlepel vlugsout

Meng die koekmeel en speserye, vryf die botter en vet deur.
Los die koeksoda op in melk of water en voeg dit saam met die vlugsout  die meelmengsel.
Meng tot ‘n stywe deeg en knie goed deur.
Rol die deeg uit en druk koekies af.
Bak in ‘n warm oond tot gaar.
Let wel: Melk of water kan vir die aanmaak van die koekies gebruik word.




VINNIGE MAKLIKE KOEKIES

2015-11-25-12249636_1019279284782347_7925521860449144666_ntested

VINNIGE MAKLIKE KOEKIES
1 kg sagte botter
500 ml versiersuiker
klits die 2 bestanddele saam tot dit lyk soos ligte room.

Voeg dan 1 kg koekmeel by en meng goed. (geen bakpoeier)
Bak by 180 ºC vir 12-15 min, kyk maar dat dit net ‘n mooi kleur het, nie te donker nie, oonde verskil

Maak ‘n heerlik klei tipe deeg so heerlik vir kinders ook en amper ‘n shortbread tekstuur.
Dit maak ‘n helse klomp koekies.
Ek sal volgende keer opdeel en selfs gekapte neute, kersies of self choc chip insit.
Foto:  Lindi Botha Davis

 




SJOKOLADEBALLETJIES

SJOKOLADEBALLETJIEStested
SJOKOLADEBALLETJIES
200gr Botter (by kamer temperatuur)
50ml Strooisuiker
15ml Water
500ml Koekmeelblom
1 Groot Sjokolade 150gr (ons hou van Cadbury whole nut)
Breek sjokolade in blokkies (sny groot blokkies in die helfte)

Room botter en stroousuiker saam
Voeg water by
Voeg gesifte koekmeel by en vorm deeg
Vou deeg om sjokolade blokkies en rol in balletjies.
Maak seker sjokolade is toe
Bak teen 180 vir 15 – 20 minute.
Sif bietjie versiersuiker bo-oor. Lyk mooi.
Resep maak 24 balletjies.
Hulle is so lekker dat ek sommer die resep dubbel aanmaak.
BRON – Resep ingestuur deur Rosemarie Maytham
FOTO – Rosemarie Maytham




APPELKOOSKOEKIES VIR DIABETE


APPELKOOSKOEKIES VIR DIABETE
(Lewer 40 stafies)
150 ml “lite” margarien
200 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml vanieljegeursel
500 ml meel, gesif voordat dit afgemeet is
250 ml hawermout
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml fyn kaneel
150 ml appelkoossmeer

Room die margarien en suiker tot lig en donsig, maar nie langer as 2 tot 3 minute nie. Voeg eier en vanieljegeursel by en klits 1 minuut. Sif die meel en bakpoeier en voeg by die mengsel. Meng.
Voeg die hawermout, sout en kaneel by en meng tot ‘n sagte, krummelrige deeg. Voeg ‘n bietjie afgeroomde of laevet melk by, indien nodig. Druk en tik die helfte van die mengsel in ‘n gesmeerde rolkoekpan van 30 cm x 20 cm. Smeer egalig met appelkoossmeer en rasper orige deeg bo-oor. Bak 25 tot 30 minute teen 180°C. Laat afkoel en sny in 40 stafies, vingers of koekies.

Dieetkundige se aantekening:
Onthou, die GI van n beslag kan verhoog as dit te lank of te vinnig geklits word. Indien jy nie diabetiese (suikervrye) appelkoossmeer in die hande kan kry nie, kan jy gewone appelkooskonfyt gebruik. Die GI sal dan verhoog tot 62. As die konfyt of smeer heeltemal weggelaat word, verhoog dit die GI tot 66.
Voedingswaarde per koekie:
Glukemiese indeks 57, vet 2g, koolhidrate 12 g vesel 0,5 , proteien 1g kJ 299
Een koekie is gelyk aan 1/2 stysel en 1/2 vet.
Resep: Petré Van Jaarsveld

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

 




MADELEINES

Gail Haselsteinertested
MADELEINES

“Sponge cake cookie – in shell shaped molds.”
2 eggs
¾ teaspoon vanilla extract
⅛ teaspoon salt
⅓ cup white sugar
½ cup all-purpose flour
1 tablespoon lemon zest
¼ cup butter
⅓ cup granulated sugar for decoration

Preheat oven to 375°F (190°C). Butter and flour 12 (3 inch) madeleine molds; set aside.
Melt butter and let cool to room temperature.
In a small mixing bowl, beat eggs, vanilla and salt at high speed until light.
Beating constantly, gradually add sugar; and continue beating at high speed until mixture is thick and pale and ribbons form in bowl when beaters are lifted, 5 to 10 minutes.
Sift flour into egg mixture ⅓ at a time, gently folding after each addition.
Add lemon zest and pour melted butter around edge of batter. Quickly but gently fold butter into batter. Spoon batter into molds; it will mound slightly above tops.
Bake 14 to 17 minutes, or until cakes are golden and the tops spring back when gently pressed with your fingertip.
Use the tip of the knife to loosen madeleines from pan; invert onto rack. Immediately sprinkle warm cookies with granulated sugar. Madeleines are best eaten the day they’re baked. Leftover madeleines are wonderful when dunked into coffee or tea.
Variation – Chocolate Madeleines:
Omit lemon zest. Increase sugar to ½ cup. Substitute ¼ cup unsweetened cocoa powder for 2 tablespoons of the flour; sift into batter with flour.

Photo: Gail Haselsteiner (FLR Member)
Recipe: Judy Farris




ESME’S PEANUT BUTTER COOKIES

2015-11-14-flrpeanutbuttercookiestested
ESME’S PEANUT BUTTER COOKIES
½ cup chunky peanut butter, although I only had smooth, so that’s what I used
½ cup demerara sugar
1 XL egg
1¼ cups steel cut oats
¾ teaspoon baking soda

Preheat oven to 350°F. (180 ºC)
In a small bowl, use an electric mixer to cream peanut butter and brown sugar until fluffy. Beat in the egg.
Add oats and baking soda to creamed mixture, and mix well. Use your hands to make a ball, it’s rather crumbly, but do not worry, just knead it and it will eventually form a ball.
Line baking sheet with parchment paper.
Roll dough into 2-inch balls, and press to flatten on the cookie sheet.
Bake for 8-10 minutes or until the cookies turn slightly brown.
Cool cookies on a rack, and store leftovers in an airtight container.

Sourced from the Internet – but adapted by Esme’s kitchen




SOPHIA SE KOFFIEKOEKIES

2015-11-13-sophiasekoffiekoekiestested

SOPHIA SE KOFFIEKOEKIES
125 ml kitskoffie korrels gemeng met 30ml kookwater
560 ml botter
250 ml goue stroop
500 ml suiker
10 ml vanilla
1 pakkie koeksoda. (14g)
8 x 250 ml koekmeel
5 ml sout
Verhit oond tot 180°C.
Meng die koffie, botter, stroop en suiker en smelt net effens oor lae hitte.
Voeg die vanilla en koeksoda by en roer deur.
Meng die stroopmengsel met die meel en sout.
Vorm koekies met n koffie meel se klein koekie maker of met n drukker.
Bak vir 15 min.
Laat afkoel voor uit pan haal.

VULSEL.
500 ml suiker
250 ml melk
10 ml vanilla
250 ml botter
30 ml kitskoffie korrels

Kook al die best vir 10 min saam laat afkoel.
Klop die mengsel vir 15min tot dit styf is.
Sit op koekies en plak op mekaar. Laat die vulsel stol voor koekies in die blik gaan.
Resep en foto: Sophia Fick (Lid)




SOPHIA SE HERTZOGGIES

2015-11-13-sophiasehertzoggiestested

SOPHIA SE HERTZOGGIES
4 x 250 ml koekmeel
250 g botter
12,5 ml bakpoeier
3 eier gele
250 ml melk
Meng alles saam
Rol uit en druk uit in sirkels sodat dit in voorbereide kolwyntjie panne pas.

VULSEL.
6 eier witte
750 ml klapper
250 ml suiker
fyn appelkooskonfyt

Stel oond op 180°C.
Klits eier witte styf.
Vou klapper en suiker versigtig in, skep konfyt in deegholtes in pannetjies en bedek net eierwit mengsel. Maak seker dit bedek die konfyt heeltemal.
Bak sowat 15 min in voorbereide oond tot liggies bruin.
Bere in lugdigte houers op ‘n koel plek . Lewer 6 dosyn.
RESEP EN FOTO: Sophia Fick (Lid)
2de foto:  Lizelle Coetzee




SOPHIA SE SOETKOEKIES

2015-11-13-sophiasesoetkoekiestested

SOPHIA SE SOETKOEKIES
Resep en foto: Sophia Fick
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml botter
375 ml suiker
2 eiers
680 ml koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml kremetart
2,5 ml sout
30 ml suiker
10 ml kaneel
Room botter en suiker, voeg eiers 1 vir 1 by en klop goed.
Sif meel, kremetart, koeksoda en sout saam, voeg dit by eiermengsel.
Plaas deeg in yskas vir 15 min.
Rol in kaneelsuikermengsel, druk plat en bak by 180°C +- 10 min.