CHOCOLATE SQUARES WITH MARIE BISCUITS

 

CHOCOLATE SQUARES NICOLENEtested

CHOCOLATE SQUARES WITH MARIE BISCUITS

Ingredients
500gr butter
1kg icing sugar
1 cup good quality cocoa
2 eggs, slightly beaten
2 packets Marie biscuits – broken in pieces
Melt the butter in a big pot. When completely melted take the pot off the heat and add icing sugar and cocoa and mix well. Now stir in the beaten egg mixture and mix until smooth. Add the biscuits and fold it in until all the biscuits are covered with chocolate. Pour out into a pan and flatten the mixture with a spatula. When it has cooled down, cut into squares and keep in an airtight container. Delicious with a glass of chocolate milk!

PHOTO:  Nicolene Pienaar




BELINDA SE SOETKOEKIES VIR KOEKIEDRUKKER

soetkoekies belindatested
BELINDA SE SOETKOEKIES VIR KOEKIEDRUKKER
9 koppies meel
9 teelepels bakpoeier
5 eiers
500 g stork bake, die blok maragrine
3 koppies suiker
5 ml sout

Verroom die eiers, suiker en margarien,voeg droë bestanddele by tot sagte deeg, druk uit met koekie gun
Bak 12-15 min op 180ºC.
Nota: Ek verkoel nie die deeg voor ek dit gebruik nie.. ek gebruik dit net so

FOTO EN RESEP: Belinda Minnie
2de foto:  Jacqui Van Zyl Hodgkinson




DIEPGEBRAAIDE OREO KOEKIES

deep fried oreo cookietested
DIEPGEBRAAIDE OREO KOEKIES
Meng saam :
1 koppie Snowflake Plaatkoekie mix
1 ekstra groot eier
3/4 koppie melk
1 eetlepel olie 

1 pakkie Oreo koekies

Doop die koekies in die beslag en deep fry in warm olie.
Laat afkoel en bestrooi met versiersuiker poeier

Geniet!

RESEP EN FOTO: Monique Grobbelaar




GROOT MAAT CHOCOLATE CHIP KOEKIES

GROOT MAAT CHOCOLATE CHIP KOEKIES
GROOT MAAT CHOCOLATE CHIP KOEKIES
10 Koppies koekmeel (1.1kg)
500g margarien
250g choc-chips
5 ml koeksoda opgelos in
50ml water
5 ml bakpoeier
5 ml sout
1 kg suiker
4 eiers
10 ml vanielje

Smelt die margarien, klop die eiers en suiker voeg die margarien by dan die koeksoda mengsel.
Meng al die ander bestandele by.
Maak balletjies, sit op gesmeerde bakplaat.
Druk effens plat met vurk.
Versier met rooi kersies of smarties.
Bak vir 10 minute by 190ºC.

BRON: Michelle Nel




SPESERYKOEKIES MET HEUNING

SPESERYKOEKIES
SPESERYKOEKIES MET HEUNING
300g /600 ml koekmeelblom
7 ml koeksoda
5 ml fyn gemmer
3 ml fyn kaneel
200 g botter of margarien
200 g / 250 ml bruin suiker
1 eier
60 ml heuning of stroop
12.5 ml strooisuiker
Sif meel, koeksoda en speserye saam.
Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klop baie goed. Voeg heuning by en meng.
Roer droeë bestanddele by en meng goed. Vorm klein balletjies.
Doop die helfte van elke balletjie in water en dan in die strooisuiker.
Plaas met suikerkant na bo op ‘n gesmeerde bakplaat (druk effens plat) en bak 12-15 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC

RESEP:  Carol Elliott Claassen




LEPELSTEELTJIES

Lepelsteeltjiestested
LEPELSTEELTJIES
Foto: Petre van Jaarsveld en Rosa Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
250 g botter (to bake botter) (kamertemperatuur
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
2,5 ml bakpoeier
650 ml gerasperde cheddar kaas
appelkooskonfyt of aarbeikonfyt

Verroom botter en voeg meel, sout en bakpoeier by. Meng goed.
Voeg kaas by en meng tot ‘n deeg.
Rol die deeg in balletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Druk ‘n gaatjies met ‘n houtlepel in die middel van elke koekie, maar moenie dwarsdeur druk nie.
Skep ‘n mespuntjie konfyt in die middel. (As jy te veel konfyt insit, sal dit oorkook tydens die bakproses).
Bak sowat 10 – 15 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ºC.
Lewer sowat 5 dosyn koekies.

NOG ‘N RESEP
Lepelsteeltjies: (± 80)
500 ml koekmeel
2 ml sout
3 ml bakpoeier
250 g gerasperde Cheddarkaas
250 g botter (to bake botter bv Stork), kamertemperatuur
appelkooskonfyt of aarbeikonfyt

Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.
Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte balletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.
Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.
Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.
Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.
Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie.




PETRE SE VRUGTE PASTEITJIES

2015-12-10-petresevrugtepasteitjiestested
PETRE SE VRUGTE PASTEITJIES
(Maak 60)
4 x 425 g pakke Fruit mince
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn kaneel
½ teelepel gemengde speserye
¼ teelepel fyn naeltjies
50 ml brandewyn
Meng goed en skep 1 ½ teelepel van mengsel in bakkies wat uitgevoer is met deeg.
Druk dekseltjies uit.
Smeer rand met eiermengsel.
Skraap rante gelyk . Druk patroontjie op rante met ‘n vurk en smeer eiermengsel bo-oor.
Bak 15 minute teen 180ºC of tot goudbruin.
Sif strooisuiker bo-oor sodra uit die oond kom. Laat afkoel verpak in lugdigte houer

ROOMDEEG
Ek gebruik dit vir tertjies soet of sout.
6 koppies koekmeel
1 teelepel sout
5 teelepels bakpoeier
250 ml room
1 ½ pond botter (680-700 g)
yswater of koue sodawater

Sif droë bestanddele saam. Rasper botter in droë bestanddele in. Vryf met vingers tot dit soos broodkrummels lyk, voeg die room by. Meng verder met yswater of sodawater tot ‘n stewige deeg vorm( indien nodig- lees nota). Verkieslik moenie pap wees nie, gebruik soos verkies, jam tertjies, groot terte, smeer met eier en melk mengsel voor gebak word by  180 ºC.   My gunsteling jamtertjie deeg .
Nota:
Ek het nie nodig gehad om water of sodawater by te voeg nie.
Het ook geen bakpoeier by gevoeg nie.
Resep en foto:  Petré van Jaarsveld




CHRISTMAS BUGLES

christmas tree biscuitstested

CHRISTMAS BUGLES

1 packet of mini marshmallow cones
1 packet mini marshmallows
1 packet of white chocolate discs
Red chocolate powder colouring. Just add how deep you want the red colour to be
2 boxes of white hundreds and thousands

Heat chocolate in a bowl over a boiling saucepan on stove. Don’t get the water to spill into the chocolate, add red chocolate colouring ( baking tin ) how dark you want to colour. With a fork dip the mini cones into choc and coat well all round, place on baking paper and let set. I put them in fridge for 10 mins. Then dip the bottoms again in Choc and then dip into the white hundreds and thousands, coat the top of the cone and place your marshmallow on top.

I made these as a sweet snack for Christmas day.,, going to add, nuts, raisins coloured popcorn and pretzels, and some smarties.. Drizzle melted white choc over all the ingredients excluding the bugles. Add those to the bowl last.

This is an awesome Christmas gift for friends. Just add into a pretty jar and decorate jar with a ribbon.

RECIPE AND PHOTO: Gail Haselsteiner




HEERLIKE HAWERMOUTKOEKIES

HEERLIKE HAWERMOUTKOEKIEStested
HEERLIKE HAWERMOUTKOEKIES
Ek het bietjie deur my ou resepte gegaan en op hierdie 25 jaar oue hawermoutkoekie resep afgekom. Was in Huisgenoot van Desember 1989. Nog nooit gebak en vandag probeer.Glad nie spyt.
230 g (250 ml) margarien
420 g (500 ml) strooisuiker
1 ekstra-groot eier
10 ml gouestroop
10 ml amandelgeursel
25 ml kookwater
10 ml koeksoda
350 g (625 ml) bruismeel
300 g (750 ml) hawermout
Voorverhit die oond tot 180º (350ºF). Smeer ‘n paar bakplate. (ek gebruik sommer bakpapier – minder moeite :))

Room die margarien en die strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eier by en meng goed.
Meng die gouestroop, amandelgeursel, kookwater en koeksoda en voeg by margarien-mengsel. Sif ook die bruismeel by en voeg dan die hawermout by. Meng goed. Rol in okkerneut-grootte bolletjies en plaas taamlik ver uitmekaar (hul smelt. Omtrent 24 bolletjies op groot oond bakplaat).
Bak 8 minute lank of totdat die koekies goudbruin is. Laat afkoel op die bakplaat en plaas dan op ‘n afkoelrak. Bere in lugdigte houer.
Lewer ongeveer tussen 74 – 80 koekies.

FOTO – Tina Leonard




JAN SE GEMMERKOEKIES

jan se gemmerkoekiestested
JAN SE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas en foto: Jan Bezuidenhout
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies koekmeel
3 koppies suiker
2 eetlepels gemmer
250 ml stoop
1 teelepel sout
2 eetlepels koeksoda
500 g margarien
1 koppie melk

Kook stroop en melk saam en laat afkoel.
Vryf botter in die droë bestanddele in.
Voeg melkmengsel by en maak aan tot n’ stywe deeg.
Rol in balletjies in sit in koekpan. (moenie platdruk nie)
Bak ongeveer 10 tot 12 minute teen 180°C tot goudbruin.