ELTHEA SE SNEEUBALLE

13335614_1764436423801294_8652403266795188129_ntested
ELTHEA SE SNEEUBALLE

125 g botter
125 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 eiers
375 ml bruismeel
125 ml melk
125 ml room
50 ml versiersuiker
500 ml klapper
250 ml fyn appelkooskonfyt

Voorverhit oond tot 180►7C. Smeer of spuit met kleefwerende kossproei 2 kolwyntjiepanne met groot holtes.Verroom botter,suiker en geursel saam, voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Roer die meel en melk beurtelings by die smeermengsel. Skep die kolwyntjiepanholtes twee derdes vol beslag. Bak die kolwyntjies sowat 15 minute tot gaar.Haal dit versigtig uit die panna en laat afkoel op ‘n draadrak. Sny die ronde boonste deel van die kolwyntjies met ‘n skerp messie af. Klits die room en versiersuiker saam totdat dit dik is, jy kan meer versiersuiker gebruik as dit te slap is. Skep ‘n bietjie van die room op elke kolwyntjie en plaas die ronde bostuk daarop terug. Smelt die konfyt en verf dit oor elke kolwyntjie met ‘n kwas. Rol kolwyntjies versigtig in die klapper. Lewer 24kolwyntjies.

Bron: Elthea Hass




ANRI SE DADELKOEKIES

dadel_ntested
ANRI SE DADELKOEKIES
1 koppie margarine
1 teelepel Vanilla geursel
1 pakkie marie beskuitjies gebreek
1 koppie suiker
1 koppie dadels
2 eiers

Smelt margarine en suiker en voeg die dadels en vanilla by.
Klits eiers en voeg by, roer baie goed, kook tot dik en voeg gebreekte marie beskuitjies by. Strooi klapper in ‘n bak en skep jou mengsel bo oor laat dit afkoel. Sny in blokkies of rol in bolletjies en dan in klapper
Bron: Anri Loots




ENGELA SE SJOKOLADE FUDGE KOEKIES

sjokolade fudge koekiestestedsjokolade fudge koekies 2

ENGELA SE SJOKOLADE FUDGE KOEKIES
250 ml stork (1 koppie)
500 gram Versiersuiker
8 eetlepels kakao
2 extra groot eiers geklits
5 ml vanieljegeursel
2 pakke marie koekie

Druk koekies fyn en hou eenkant
Mikrogolf botter tot gesmelt.  Sif versiersuiker en kakao saam, voeg gesmelte botter by, meng, voeg eiers by , meng goed.
Mikrogolf vir 3 min,  voeg vanielje by en roer goed deur,  meng stroop met gebreekte koekies en meng tot alles goed klam is.
Druk in’n gespuite pan vas  en sit oornag in yskas.  Sny in blokkies en geniet
FOTO EN RESEP:  Engela Olckers




SONIA’S PEANUT BUTTER COOKIES

peanutbutter cookiestested
SONIA’S PEANUT BUTTER COOKIES
5 cups cake flour
2 cups sugar
2 cups peanut butter
2 cups butter
3 teaspoons baking soda
2 teaspoons baking powder
1 teaspoon salt
4 eggs
Mix the butter until creamy for about 2 minutes. Then add the peanut butter and eggs,mix well. Then add the sugar and mix….last add the flour, baking soda, salt and the baking powder….mix everything until it turns like dough. Last use your hands and knee it for a bit. Make small balls put it in a baking sheet and press it with a fork. Let it bake at 180*c for about 20-25 minutes or until brown

SOURCE AND PHOTO:  Sonia Knoetze se Ouma se resep




NELLA SE SKUIMPIES (MERINGUES)

COFFEE AND ROSE SCENTED MERINGUEStested
NELLA SE SKUIMPIES (MERINGUES)
Hierdie een is n TREFFER…Ek maak dit gereeld.
Ek gee enkel beslag…jy kan (vermeerder soos nodig) maar glo my….hy maak heelwat…
1 groot eierwit
1 koppie strooisuiker
30 ml kookwater
15 ml asyn
2 ml bakpoeier
Gooi alles (behalwe bakpoeier) in mengak…klits totdat stywe punte vorm…..onthou…hy lyk taai…..vou bakpoeier en kleursel met metaal lepel in….. Spuit ‘n oond pan met  Spray and Cook en voer uit met bak papaier.  gebruik versierspuit om vorms te maak of skep op bakpapier soos verskies, … groot of klein skuimpies….onthou…..dit rys omtrent 2x die grootte…bak 1 en half uur op 100 grade C.  Jy kan wanneer die lug baie vogtig is dit in die oond laat afkoel.

BRON: Nella Rossouw
FOTO rn aangepas deur Rina Kleinhans




BASIESE KOEKIES MET VARIASIES

basiese-koekies-elsatested
BASIESE KOEKIES MET VARIASIES
10 koppies koekmeel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
500 gr margarine
4 koppies suiker
6 eiers
Room botter saam met suiker voeg eiers by roer goed voeg dan droë bestanddele saam in botter mengsel as te styf voeg bietjie water by

Variasies:
Vanilla koekies: voeg 10 ml vanielje by
Vlakoekies: voeg 8 eetlepels vlapoeier by
Spesery koekies : voeg 3 ml naeltjies, 5 ml kaneel, 5 ml neutmuskaaten 5 ml gemengde speserye by
Sjokolade voeg: 10 ml kakao by

Rol in balletjies druk plat met vurk
Hang af hoe dik jou koekies is bak by 180 º C vir 10-12 min of net tot gaar.

BRON : CHRISTA FLEMMING
FOTO: Elsa du Plessis
Blikke vol. Ek het die basiese koekie resep met variasies op die blad gebruik. Kakao, kakao met klapper, vla, koffie en gewone koekies gemaak.




THE BEST UNBAKED CHOCOLATE BARS

choc bars bettietested

THE BEST UNBAKED CHOCOLATE BARS
Made with coconut oil & honey instead of sugar!
1 cup peanut butter
1/2 cup honey
1/2 cup unrefined coconut oil (be sure to use unrefined for the coconut flavor)
2 cups dry oats (not instant)
1 C shredded coconut
1/2 C chopped walnuts (optional)
1 1/4 cups dark chocolate chips
1 t vanilla extract
Melt peanut butter, honey and coconut oil over medium-low heat. Once melted, remove from heat and add oats, shredded coconut, chocolate chips and vanilla. Stir until chocolate is entirely melted. Pour into a 9×13 pan and cool in the fridge. When it’s set, cut into bars and enjoy. Store in the fridge. If they last that long!

photo and recipe:  Bettie Venter




ANYSKOEKIES

anyskoekiestested

ANYSKOEKIES
6 koppies koekmeel 6 teelepels bakpoeier
2 1/2 koppies suiker 375 gram botter
3 eiers 1/2 teelepel sout
1 eetlepel anys

1. Sif droë bestanddele saam.
2. Vry botter in. Moet krummelrig wees.
3. Klits eiers net +- 1/2 koppie melk , gooi by meelmengsel en meng.
(as die deeg te styf voel gooi nog bietjie melk by, dit moet kan uitrol)
4. Rol so 2millimeter dik uit, druk die vormpies van jou keuse, sit op bakplaat, smeer eier oor die koekies en bak teen 180grade vir so 20 min of tot lig bruin en gaar
Bron en foto: Anna-Marie van Staden




SHARON SE HORINGKIES

sharon se horingkiestested

SHARON SE HORINGKIES
8 koppies koekmeel
1 pkt kremetart
2 eiers
2 pkt 500g storkbake botter
1 glass koue water
Metode
Gooi meel in mengbak. werk kremetart in. Rasper een pkt 500g botter in meelmengsel en werk deur totdat soos broodkrummels lyk. Skei 2 eiers (net eiergele word gebruik) Gooi 1 glass kouewater by eiers en meng deeglik gooi by deegmengsel week lekker deur. As deeg the styf is gooi nog water by en werk deur.laat deeg vir uur rus in yskas . Ek verdeel my deeg in 2 dele as dit uit yskas kom en sny tweede pakkie botter ook in 2,dele Rol deeg oop op meel bestrooide oppervlak, rasper botter en vou deeg toe en rol. Ek wou my deeg 2 keer en rol en so.maak jy met 2 de deel ook. Laat rus weer n uur voor gebruik.
Bron en foto: Sharon Cupido




WILMA SE KOELKASVRUGTEKOEK BLOKKIES

tested

WILMA SE KOELKASVRUGTEKOEK BLOKKIES
Resep en foto: Wilma Hollenbach Keuler
FOOD LOVERS RECIPES
500 g glans vrugtekoekmengsel
2 pakke tennisbeskuitjies, in stukke gebreek
125 g margarien
125 ml sagte bruinsuiker
1 blik kondensmelk
5 ml vanilla geursel

Voer ‘n broodpan van 23 x 13 x 7 cm uit met kleefplastiek en spuit met kleefwerende kossproei.
Meng die glansvrugte en beskuitjies goed saam.
Plaas die margarien, suiker en kondensmelk in ‘n potjie op die stoof en verhit stadig totdat die suiker opgelos is.
Verwyder van die hitte en skep dit saam met die vanilla oor die vrugtemengsel, meng goed.
Skep die mengsel in die gevoerde pan en druk dit styf vas.
Verkoel in yskas tot styf.