BLOUBESSIE BLOKKIES

BLOUBESSIE BLOKKIES (jam squares)
Deeg:
3 koppies meel
1 koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
1/4 teelepel sout
225 gram koue botter (in klein blokkies gesny)
1 eier
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Vulsel:
Sap van 1 suurlemoen
1/2 – 3/4 koppie suiker
4 teelepels Maizena
6 – 8 koppies vars bloubessies
Verhit die oond tot 190 grade C. Sproei ‘n reghoekige koekpan (22 x 32 cm) met Spray en Cook.
(Kano ook 2 20 x 20 cm panne gebruik).
Meng die meel, suiker, bakpoeier, sout en suurlemoenskil saam in ‘n mengbak.
Sny die botter en die eier in met 2 messe, totdat dit krummelrig is.
Gooi 2/3 van die deeg in die koekpan en druk dit met jou hande vas. Sit die ander 1/3 deeg eenkant.
Plaas die koekpan in die oond, en maak die vulsel.
Roer die suurlemoensap, suiker en Maizena saam. Vou die bessies versigtig in. Jy wil hulle nie te veel breek nie.
Haal die koekpan uit die oond uit en giet die bessies oor die kors.
Verkrummel die res van die deeg oor die bessies.
Sit terug in die oond en bak vir so 60 minute totdat die bokant mooi goudbruin is, en die bessies borrel langs die kante.
Verkoel op ‘n draadrak.
Sif klein bietjie versiersuiker bo-oor wanneer jy dit opdien. Sny in blokkies en sit voor. (Ek sny gewoonlik in 24 blokkies).
Ek bere myne in die yskas want ek hou van hom koud, maar jy kan hom sommer op die kombuistafel laat staan.
Alternatief vir die bloubessie vulsel is die volgende:
6 koppies gekapte perskes (so 8 perskes, geskil)
Sap van 1 suurlemoen
1/2 koppie meel
3/4 koppie suiker
1/4 teelepel sout
1/2 teelepel kaneel
1/2 teelepel neutmuskaat
Sit die perskes in ‘n bak en besprinkel met die suurlemoensap.
Meng die meel, suiker, sout, kaneel en neutmuskaat saam. Strooi oor die perskes en meng versigtig.
Gebruik op presies dieselfde manier as die bloubessie vulsel.
Aangepas deur: Debbie Edwards
Foto: Debbie Edwards




INDIAN BUTTER BISCUITS

INDIAN BUTTER BISCUITS
Resep en foto: Nadia Jamaloodeen
1 x 500 g butter
2 tablespoons of oil
2 cups of maizena
3 cups of flour, add more if needed
1 ¼ cup of icing sugar

Melt butter until soft. Add the oil and the icing sugar and beat till well mixed.
Add the maizena and beat till well beaten.
You then add the flour 1 cup at a time until the dough is a nice soft dough.
Roll out and cut into shapes.
I usually put the oven on 180°C and each tray of biscuits goes into the oven for approximately 10 mins or until edges of biscuits are golden brown.

Die koekies smelt in ‘n mens se mond en is bitter baie lekker.
Foto is van wat ek gebak het die naweek. Dit is versier met verskillende kleure tjoklits en edible glitter.




SUIKERKOEKIES MET ROYAL ICING

SUIKERKOEKIES MET ROYAL ICING
Lewer sowat 60 koekies
125 ml sagte botter of margarien
250 ml suiker
1 eier  kamer temperatuur
30 ml vanielje
625 ml (2 ½ koppies ) koekmeel
10 ml bakpoeier
30 ml melk, louwarm
2.5 sout

Klop botter/margarien met houtlepel of klits met elektriese klitser, voeg suiker geleidelik by en klop tot goed gemeng. Voeg eier, melk en geursel by. Meng goed.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by bottermengsel. Klits aanvanklik en knie as deeg te styf word.
Meng alles goed saam en laat laat 1 uur of langer op ‘n koel plek staan voor jy uitrol
Voorverhit oond tot 190°C of 375°F.
Rol deeg 3 mm dik uit en sny of druk af soos verkies.
Plaas koekies so 2,5cm vanmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat en bak 8 to 10 min lank.

Icing:
500 ml versiersuiker
2 teelepels suurlemoensap
2 x eierwitte
1 teelepelvanielje
Gooi alles saam en klits. Dit moet nie meer so erg blink wees nie, so 5 min se klits. Het my koekies oor nag gelos om droog te word. Het nie icing lank genoeg geklits nie. Toe vat dit lank om hard te word.
Ek is maar nog ‘n beginner so ek oefen ook maar nog. Geniet.

Foto: Leandra Hall




GRONDBOONTJIE KOEKIES

GRONDBOONTJIE KOEKIES
3 koppies meel
2 koppies suiker
Vanilla
250g margarine
Sout
1 koppie grondbonebotter
Room botter en suiker.
Voeg die res van die bestandele by.
Rol balletjies en druk plat met ‘n vurk.
Bak 20 – 30 m inute op 180 grade.
Bron: Geplaas deur Venita Van Wyk
Foto: Venita Van Wyk




GLADY’S SE LEKKER KOEKIES


GLADY’S SE LEKKER KOEKIES
Vryf 12 koppies meel en 500g origanal rama in mekaar dat dit krummels maak.
Aparte bak, meng 6 eiers, voeg by terwyl meng, 4 teelepels vanilla essence, 8 teelepels bakpoeier, 2 koppies suiker ( vir soeter gebruik meer), 1 koppie olie.
Meng beslag en meel mengsel saam, deeg gan ook krummelrig wees na goed gemeng.
Maak koekie vormpies en bak op 180 grade celsius vir 15 min of tot goudbruin.

Foto en resep:  Susan Burger




“STAINED GLASS” KOEKIES

“STAINED GLASS” KOEKIES
Verroom saam 1 koppie botter en 1 koppie suiker .
Voeg by 2 eiers en 1 teelepel vanilla essens. Meng goed.
Sif by 3/4 koppie meel, ½ teelepel bakpoeier en ½ teelepel koeksoda.
Meng en bere in yskas vir so half uur sodat deeg kan rus.
Rol uit pasop vir te dun. Druk koekie uit en druk binnekant met kleiner drukker.
Bak vir 3 minute op 180°C,  haal uit, sit “life saver of ‘n sweetie soos ‘n sparkle” in middel bak verder vir 5 minute op 160°C.
Jy kan dan verder versier met royal icing.
Foto: Stompie Thessner




MANGO AND WHITE CHOCOLATE IN FRENCH PASTRY

MANGO AND WHITE CHOCOLATE IN FRENCH PASTRY
Recently, after cooking I had some French pastry left over and a piece of juicy mango. I added walnuts, white chocolate, a few sesame seeds and made some simple snacks.
Ingredients:
1 pack of chilled French pastry
1 mango
walnuts
white chocolate
2 tablespoons of sesame seeds
2 tablespoons of milk

Heat the oven up to 180°C. Cover a baking sheet with some baking paper.
Cut the French pastry into triangles.
Put a piece of the mango, a block of the white chocolate and a walnut on every piece.
Fold and join the scones starting from the wider edges.
Smooth the top of the scones with milk and sprinkle with sesame seeds.
Arrange the scones on the baking sheet and bake for 15 – 20 minutes.
Source and photo: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




TESSIE SE GRONDBOONBOTTER KOEKIES

TESSIE SE GRONDBOONBOTTER KOEKIES

Maak ongeveer 60 koekies
1 koppie grondboonbotter
1 koppie suiker
1 koppie hawermout
1 koppie klapper
3 koppies koekmeel
(Ekstra half koppie meel indien mengsel te nat is – grondboonbotter maak ‘n verskil )
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
(2 eetlepels melk/los koeksoda daarin op)
2 eiers

Meng alles saam tot stywe hanteerbare beslag – laat rus beslag 30 min in yskas, maak rolle, sny koekies en druk plat.
Bak 10 tot 15 min in oond van 180°C.
(Soet tand mense kan meer suiker byvoeg – ek het die resep gedoen as ‘n gesondheids-eetding)

Bron en Foto: Tessie Pretorius




JESSICA SE LOLLIPOP KOEKIES

JESSICA SE LOLLIPOP KOEKIES
Lewer 30 balletjies
200 g botter
250 ml versiersuiker gesif
200 g donker sjokolade
200 g marie beskuitjies fyngemaak
10 ml vanieljegeursel
30 ml water(opsioneel).

Versiersel
150 g donker sjokolade gesmeld
150 g wit sjokolade gesmelt

Om voor te sit,  skemerkelkstokkies, kleur strooisels

verhit die botter,versiersuiker en sjokolade in n kastrol tot gesmelt
voeg die beskuitjies, geursel en water (indien gebruik) by roer tot goed gemeng
verwyder van die hitte en vorm balle met jou hand
plaas die balle op bakpapier op n bakplaat
Versiersel
rol die helfte van die balle in die gesmelte donker sjokolade en die ander helfte in die wit sjokolade
druk die stokkies in en sprinkel strooisels oor,plaas in die yskas tot gestol en sit dan voor
Bron en Foto: Jessica Joan Doubell




HAWERMOUTKLONTJIES

HAWERMOUTKLONTJIES
500 ml suiker
75 ml kakao
125 ml melk
60 ml botter
125 ml korrelrige grondboontjiebotter
5 ml vanila geursel
750 ml hawermout

Meng die suiker en kakao.
Roer die melk en botter by.
Roer aanhoudend en verhit die mengsel oor matige hitte tot kookpunt.
Laat 2 min prut.
Haal van stoof af.
Roer die grondboontjiebotter en vanielje by.
Roer die hawermout by.
Skep teelepels vol op waspapier op ‘n bakplaat.
Verkoel tot styf.
Foto: Frieda Greyling