VRUGTEVIERKANTE

VRUGTEVIERKANTE
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies
500 g droëvrugte-koekmengsel (3 koppies)
230 g botter of margarien (1 koppie)
100 g suiker (½ koppie)
100 g gesnyde glanskersies (½ koppie)
2 ekstra groot eiers
15 ml fyn gerasperde suurlemoenskil (1 eetlepel)
30 ml geroosterde klapper (2 eetlepels)

Bedek die boom van ‘n rolkoekpan van ± 22 x 23 cm met van die Tennisbeskuitjies.
Plaas die beskuitjies onderstebo in die rolkoekpan en sny dit kleiner met ‘n riffeltandmes, indien nodig.
Verkrummel die res van die beskuitjies grof en hou eenkant.
Verhit die droëvrugte-mengsel, botter/margarien, suiker en glanskersies oor matige hitte tot kookpunt en roer dit gereeld.
Klits die eiers en roer dit baie vinnig by die kokende vrugtemengsel. (as dit nie baie vinnig gemeng word nie, word die sous van die vrugtemengsel vol klontjies, omdat die eiers gaar word voordat dit ingeroer is)
Roer die mengsel oor lae hitte totdat dit verdik.
Voeg die suurlemoenskil en beskuitjie krummels by en meng goed.
Versprei die vrugtemengsel oor die laag beskuitjies in die pan en druk dit daarop vas.
Strooi die klapper bo-oor.
Verkil die koek tot styf.
Sny dit in vierkante van 4 x 4 cm.
(4 dosyn koekies)




FUDGE- EN NEUTESKYWE

FUDGE- EN NEUTESKYWE
Resep: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
185 g (330 ml) koekmeel
100 g (125 ml) suiker
125 g (125 ml) botter

Sif meel, voeg suiker by.
Vryf botter in om deeg te vorm.
Druk vas in gesmeerde pan.

Bolaag:
1 blik kondensmelk
60 g (60 ml) botter
30 ml goue stroop
60 g (125 ml) pekanneute, grof gekap

Meng bolaag en skep bo-oor deeg.
Bak 15 tot 18 minute teen 180°C.
Laat effens afkoel en sny in blokke.
Laat heeltemal afkoel in pan.
Nota:
Dis dalk nie so goedkoop nie, want pekanneute is duur, maar probeer dit met neut sprinkels.




DROëVRUGTEBLOKKIES

DROëVRUGTEBLOKKIES
250 g botter
500 g versiersuiker
250 g klapper
125 g vrugtekoekmengsel
2 eiers geklits
1½ pak mariebeskuitjies fyn gebreek
5 ml vanilla
1 g sout
Smelt botter voeg versiersuiker by. Roer klapper, vrugte en eiers in
Kook vir 5 minute terwyl geroer word.
Haal van die stoof af en voeg die res by.
Druk in gesmeerde pan vas en sny in blokkies.
Laat koud word, haal uit die pan en verpak.
Resep: Marie Greyling




EASY CHOCOLATE CHIP COOKIES

CHOCOLATE CHIP COOKIES
230 g butter
200 g brown sugar
2 eggs
1 teaspoon vanilla essence
360 g cake flour
5 ml bicarbonate of soda
2 ml salt
200 g chocolate chips or chopped chocolate

Preheat oven to 180°C.
Cream the butter and brown sugar.
Add the eggs and vanilla essence and beat well.
Sift together the cake flour, bicarbonate of soda and salt.
Add dry ingredients to wet batter and mix until barely combined.
Fold in the chocolate chips or chopped chocolate.
Form into 4 cm balls, place on baking sheet and lightly press flat.
Bake 12 to 15 minutes (12 minutes will yield a softer cookie, 15 minutes more crispy).

Recipe: Amanda Cook




SJOKOLADE VIERKANTJIES


SJOKOLADE VIERKANTJIES
125 ml margarien
500 ml versiersuiker
50 ml kakao
1 eier
1 pak Marie- of Tenniskoekies
5 ml vanilla geursel
Breek die koekies in klein stukkies.
Smelt die margarien in ‘n diepbak in die mikrogolf teen 100% krag. Die bak moet oop wees.
Sif kakao en versiersuiker saam en voeg by margarien.
Klits die eier en roer by die mengsel.
Mikrogolf die mengsel in die oop bak vir 2 minute teen 100% krag. Roer na elke minuut.
Voeg die Vanilla en koekiestukkies by. Roer goed.
Gooi die mengsel oor in ‘n gesmeerde bakplaat en laat dit afkoel.
Sit in yskas en laat stol. Sny dan in blokkies.
Sit agteroor en smul. Vergeet tog maar van die figuur.
Resep geplaas deur Morné Van Der Merwe




OREO KOEKIES


OREO KOEKIES
Resep geplaas deur Tertius Anya De Jager
Foto:  Bernice Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie sagte margarien
1 koppie suiker
1 eier
1 teelepel vanilla
2 koppies koekmeel
¾ koppie kakao
1½ teelepel bakpoeier
sout

Oond op 180°C.
Meng margarien en suiker tot liggeel, Voeg eier en vanilla by. Meng goed.
Sif meel, kakao, bakpoeier en sout. Voeg bietjies by eiermengsel.
Maak toe met plastiek en laat rus vir ‘n uur.
Rol versigtig uit want dis baie bros en druk uit. Bak 12 min.

Vulsel:
½ koppie margarien
5 ml vanilla
2 eetlepels melk
3 – 3 ½ koppies versiersuiker

Meng goed saam en plak die koekies twee-twee op mekaar.
Lekker bak xxx




RICE KRISPIES EN GRONDBOONTJIEBOTTER VIERKANTE


RICE KRISPIES EN GRONDBOONTJIEBOTTER VIERKANTE
4 koppies Rice Krispies
125 ml stroop
125 ml grondboontjiebotter
2 ml sout
Kook stroop 1 minuut, haal van hitte af en roer peanut butter en sout by. Roer dit deur die Rice Crispies. Druk stewig vas in gesmeerde pan en verkoel.
Sny in blokkies. Kan ook gesmelte sjokolade oor smeer.
Resep geplaas deur Amanda Burger




PFEFFERNUSSE – GERMAN PEPPER NUT COOKIES


PFEFFERNUSSE – GERMAN PEPPER NUT COOKIES
½ cup butter, softened
¾ cup light brown sugar
¼ cup molasses
1 egg
2 ¼ cups all purpose flour
½ teaspoon baking soda
½ teaspoon kosher salt
½ teaspoon cinnamon
½ teaspoon anise seed (as finely crushed as possible)
½ teaspoon freshly ground black pepper
¼ teaspoon ground nutmeg
¼ teaspoon ground allspice
⅛ teaspoon ground cardamom
⅛ teaspoon ground cloves
1 ½ cups powdered sugar

Combine the butter, brown sugar and molasses in a large mixing bowl and beat until smooth. Add the egg and beat to combine.
Whisk together the flour, baking soda and all of the spices. Slowly add the dry ingredients to the wet ingredients and beat to combine.
Chill the dough in the refrigerator for at least 1 hour.
Preheat oven to 180°C /350°F.
Scoop about 2 tablespoons of cookie dough and roll into a ball between your palms.
Place the dough balls on a parchment or silpat lined baking sheet.
Bake for 13 – 14 minutes, until firm to the touch. Remove from the oven and let the cookies cool on the sheets for 3 minutes.
Place the powdered sugar in a medium sized container with a lid. Drop a few cookies at a time into the powdered sugar.
Cover with a lid and shake gently to coat. Transfer the coated cookies to a wire cooling rack and let cool completely.
Repeat with all the cookies. Store in an airtight container. Enjoy
Recipe posted by James Gillespie-Blaauw




HERTZOGGIES IN ‘N PAN


HERTZOGGIES IN ‘N PAN
Resep geplaas deur Amanda Hopkins
FOOD LOVERS RECIPES
Deeg:
125 g botter
160 g (190 ml) strooisuiker
3 eiergele
300 g (535 ml) bruismeel
30 ml yswater
Vulsel:
200 g appelkooskonfyt
Bolaag:
3 eierwitte
50 g (60 ml) strooisuiker
160 g klapper

Verhit oond tot 180 °C.
Verroom die botter en strooisuiker met ‘n elektriese menger tot lig en romerig.
Voeg die eiergele by en meng goed.
Voeg meel en yswater by en meng tot ‘n sagte koekiedeeg vorm.
Druk die deeg in ‘n voorbereide pan van 30 x 20 cm vas op die bodem.
Smeer die appelkooskonfyt oor die deeg.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by, hou aan klits tot stywe punte vorm.
Vou die klapper by die eierwitmengsel in en smeer die mengsel oor die konfyt.
Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin.
Laat afkoel en sny in 3 cm-blokkies.




MACARONS


MACARONS
70 g eierwit
40 g stooisuiker
100 g versiersuiker
60 g amandelmeel, 3 maal gesif
½ teelepel karamelgeursel
geel koekkleursel, ek het goud gebruik

Voer bakplaat uit met bakpapier of gebruik silikoonbakmat.
Klits eierwitte tot sagte punte in ‘n skoon glasbak.
Voeg strooisuiker by en klits tot stywe punte vorm.
Meng geursel en kleursel by eiermengsel.
Sif meel en versiersuiker drie keer goed saam (baie belangrik).
Vou nou meelmengsel stadig by eiermengsel en meng stadig en goed deur.
Die mengsel moet soos nat sand wees – nie te slap nie.
Gooi mengsel in versiersak met ‘n groterige plein, ronde punt.
Spuit sirkels uit met genoeg spasie tussen in.
Laat val bakplaat paar keer op die toonbak (moet gedoen word).
Indien daar punte is, gebruik ‘n nat vinger om dit plat te druk.
Nou vir die geduld… laat staan panne vir ± een uur. Moet droog wees bo-op.
Bak in vooraf verhitte oond by 150 °C vir 15 – 17 minute.
Haal uit oond en laat afkoel op plaat vir 10 minute.
Haal versigtig af en laat verder afkoel op draadrakkie.
Ek het gekookte kondensmelk (caramel) gebruik vir vulsel.
Resep en foto: Suenell Liebenberg.