THEA SE SJOKOLADE-SWEETY-KOEK

THEA SE SJOKOLADE-SWEETY-KOEK
5 eiers
500 ml suiker
1 kop olie
500 ml kookwater
2 hoogvol eetlepels kakoa
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml tutti fruity geursel of vanilla
Knippie sout
Klits eiers en suiker saam tot room
Voeg olie by en klits
Voeg kakoa en kookwater by en klits goed.
Voeg koekmeel, bakpoeier en sout by en klits vir 3 min op hoog.
Smeer oondpan koek met margarien en bestrooi met meel.
Voeg deeg in pan en bak teen 175 grade vir 40 min tot gaar, toets met mes of koek gaar is.
Maak nog ‘n beslag aan soos bo.
Icing
250 gram wooden spoon margarien
1 1/2 kg versiersuiker
5 ml tutti fruity geursel
1 kop melk, dalk meer om versiersuiker mooi glad te kry.
Smeer die versiersuiker tussen lae en kant en bo op, lekker dik.
Sweety versiering
8 groot blokke kit kat
1 groot pak smarties
2 groot pakke astros
1 groot pak whispers
1 groot pak manhatten jelly tots
1 groot pak jelly beans
1 groot pak manhatten melkbottel sweets
Praline sjokolade bolletjies
Sit kit kats om koek, ek gebruik mes wat in warm water staan om kit kat te sny, sny versigtig.
Maak hokkies op koek met kit kat en plaas sweetys soos jy verkies.
Dit is ‘n baie duur koek om te maak oor al die lekkergoed.
Resep en foto geplaas deur Thea Loots




JESSICA SE LOLLIPOP KOEKIES

JESSICA SE LOLLIPOP KOEKIES
Lewer 30 balletjies
200 g botter
250 ml versiersuiker gesif
200 g donker sjokolade
200 g marie beskuitjies fyngemaak
10 ml vanieljegeursel
30 ml water(opsioneel).

Versiersel
150 g donker sjokolade gesmeld
150 g wit sjokolade gesmelt

Om voor te sit,  skemerkelkstokkies, kleur strooisels

verhit die botter,versiersuiker en sjokolade in n kastrol tot gesmelt
voeg die beskuitjies, geursel en water (indien gebruik) by roer tot goed gemeng
verwyder van die hitte en vorm balle met jou hand
plaas die balle op bakpapier op n bakplaat
Versiersel
rol die helfte van die balle in die gesmelte donker sjokolade en die ander helfte in die wit sjokolade
druk die stokkies in en sprinkel strooisels oor,plaas in die yskas tot gestol en sit dan voor
Bron en Foto: Jessica Joan Doubell




MANDY SE UNICOR KOEK

MANDY SE UNICOR KOEK

Vir die koek het ek die keer die snowflake reënboog mengsel gebruik, dis baie gerieflik met die kleure alreeds by.
2 bokse reënboog mengsel.
Skep dieselfde hoeveelheid koek mengsel uit en meng die kleure in.
Skep dan met ‘n eetlepel dieselfde hoeveelheid van die verskillende kleure een vir een oor mekaar in. Begin in die middel tot die pan vol genoeg is.
Ek het 4 lae gebak, druk die middel van 2 van die lae uit, sit ‘n vol laag onder en die 2 wat uitgedruk is bo op, vul dit dan met sweeties van jou keuse en sit die vol boonste laag bo op. Onthou versiersel in die middel van elke laag.

Vir die versiering gebruik ek 1 blok wooden spoon wit botter en 1.2kg versiersuker, 1 doppie vanilla geursel, 2 teelepels suurlemoen sap, 1 teelepel brandewyn en water.
Meng eers die botter en versiersuiker saam, gooi dan vanilla geursel, suurlemoen sap en brandewyn is. Gooi dan water teelepel vir teelepel by tot dit die regte “consistancy” is.

“Dirty ice” die koek en los halfuur in die yskas. Vat dan ‘n staal slaplem mes en ‘n koppie was water, druk die mes in die water, vee die water af en smeer die icing glad, herhaal tot die koek glad is.

Skep dieselfde hoeveelheid icing in 7 verskillende bakkies uit.
Ek het poeier kleursel gebruik maar gel kleursel is bietjie helderder.
Vat ‘n stuk waspapier of gladrap en skep die icing in rye langs mekaar op die papier, rol dan die waspapier op in ‘n lang “wors” vorm. Draai albei punte toe.
Sny een punt af en plaas dit dan in jou piping bag. Druk totdat al dir kleure sigbaar is.
Bron en Foto: Mandy Engelbrecht




GIDEON SE ROOI FLUWEEL VERJAARSDAG KOEK


GIDEON SE ROOI FLUWEEL VERJAARSDAG KOEK
Rina aan jou en al jou admins en die 90 000 lede wat vir Food Lovers Recipes so n suksesvolle blad maak wil ek gelukwens met jul vierde verjaarsdag dit is voorwaar die beste blad in die wereld en ek lief julle aaaalmal baaaie geluk en geniet jul partytjies elkeen op sy besonderse manier ek en vroulief dra die koek aan julle op
Dit is n rooi fluweelkoek en laat my aan juwele dink dit wat julle is
Koek
100 g botter
300 g suiker
30 g kakao
30 ml kookwater
250 g koekmeelblom
2 botteltjies 30 ml rooi voedselkleursel
250 ml karringmelk
5 ml vanielje geursel
5 mlkoeksoda
5 ml witasyn
5 ml sout
2 eiers

Versiersel
250 ml melk
45 g koekmeelblom
220 g suiker
230 g botter
5 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC
Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig
Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging
Meng die kakao kookwater en voedsel kleursel om n stywe pasta te vorm en voeg dit by die botter mengsel en meng goed
Sif die koekneelblom en sout saam meng ook die karringmelk en vinielje geursel saam voeg om die beurtmet die droe bestandele by die botter mengsel
Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel
Ek gebruik toe n grootplat voorbereide pan en skep die mengsel daarin en smeer gelyk
Bak in die voorverhitte oond vir 30min
En laat afkoel
Haal uit op n broodplank en sny in die vorm van n 4 en gebruik die afgesnyde dele om die letters F L R te bou
Voeg n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot dik en gaar roer gedurig
Verroom die botter tot sag en voeg die vinielje geursel by en klits tot dit lyk soos styf geklopte room
Laat afkoel en smeer oor syfer en letters wat vooraf geplaas is op n voorbereide plaat met foelie oor versier met klein gekleurde lekkertjies
Gebruik pienk fizzers en skryf HAPPY BIRTHDAY

RESEP EN FOTO:  Gideon  en Rinie Louw




SJOKOLADE GRONDBOONTJIEBOTTER RICE KRISPIE KOEKIES


SJOKOLADE GRONDBOONTJIEBOTTER RICE KRISPIE KOEKIES
CHOCOLATE PEANUT BUTTER RISE TREATS
Heerlik vir die soet-tand en peanut-liefhebbers.
Soos ek sny het die kinders begin eet. Het net betyds gekeer om foto te kan neem 😊
2 koppies grondboontjiebotter
3 koppies malvalekkers (die klein wittes)
3 koppies Rice Krispies
1 – 1 ½ koppies M&M’s
½ koppie Nutella en
½ koppie grondboontjiebotter
In pot oor medium hitte, smelt grondboontjiebotter en voeg malvalekker by.
Roer aanhoudend.
Verlaag hitte en kook tot alles gesmelt is.
Voeg Rice Krispies en so ½ koppie M&M’s by.
Sit in gesmeerde vierkant bak en druk vas.
Verhit Nutella effens in mikrogolf oond om maklik bo-oor te smeer.
Verhit dan ½ koppie grondboontjiebotter in mikrogolf oond en “drizzle” oor, strooi laaste M&M’s oor.
Sit in yskas 2-4 ure. Sny in blokkies.
Foto:  Frances Smith




MICHELLE SE RAPUNZEL-KOEK

michelle-se-rapunzel-koektested
MICHELLE SE RAPUNZEL-KOEK
Vanilla Sponskoek:
4 ekstra groot eiers
450ml suiker
125ml water
125ml melk
10ml Vanilla essence
100ml sonneblom olie
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
Klits die eiers goed saam. Voeg die suiker bietjies bietjies by en hou aan met klits tot dit dik en liggeel is (duur ongeveer 10min).
Voeg die water, melk, olie en vanilla saam in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte. Laat staan een kant om af te koel.
Sif nou die meel en bakpoeier saam en vou dit by die eier mengsel in, Roer nou die melk mengsel in.
Bak teen 180 grade celsius vir 35 minute of tot toetspen skoon uit kom.
Beslag maak 2 ronde koeke van 20cm of 24 groot kolwyntjies.
FOTO: Michelle Joubert




CARAMEL RICE CRISPIE TREAT CONES

ricetestedCARAMEL RICE CRISPIE TREAT CONES
CARAMEL RICE CRISPIE TREAT CONES
1/4 koppie botter
30 marshmallows
5 koppies rice crispies
1 teelepel vanilla essence
1 blik caramel treat
Smelt botter en marshmallows oor lae hitte, voeg geursel en rice crispies by en meng goed, laaste roer blik caramel deur en skep in cones of wat ook al verkies.
Of dis so lekker eet sommer als net so uit pot uit!

Bron en Foto: Odette Smit
2de foto:  Lelane Van Der Walt




BETS SE PIENK YSTERVARKIES

tested

BETS SE PIENK YSTERVARKIES
3 koppies suiker
1½ koppie water
1 eetlepel margarien
1 pakkie raspberry jellie
rooi voedselkleursel.

Plaas al die bestanddele in kastrol en verhit stadig tot suiker heeltemal opgelos het. Kook goed vir +- 2 minute. Verwyder van stoof en doop koekblokkies in warm stroop. Pak op draadrakkie om oortollige stroop te laat afdrip. Rol in klapper.
Koek Deeg:
2 koppies suiker
230 g (1 koppie) margarien
4 eiers
½ koppie melk
3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knypie sout

Verhit oond tot 180ºC. Smeer oondpan van 30 x 25 x 5cm.
Verroom suiker, margarien en eiers saam.
Voeg melk by en meng goed.
Sif droe bestanddele saam en voeg by.
Meng goed.
Skep in gesmeerde pan en bak 30-40 minute of tot gaar.
Keer uit en laat afkoel. Sny in blokkies, doop in stroop en rol in klapper.

Nota:  en afhangend van hoe groot jou pan is en hoe groot jy jou blokke sny, kan jy tussen 60 en 80 ystervarkies uitkry

Bron: Bets Lourens




ALICIA SE REENBOOGKOEK

alicia se reenboogkoek 2alicia se reenboog koek1tested

ALICIA SE REENBOOGKOEK
Ek het n basiese koek resep gebruik:
250 g botter
400 g strooisuiker
4 eiers
290 g koekmeel
40 g bruismeel
5 ml vanilla
Koppie plain jogurt
Room botter en suiker tot lig. Voeg dan die eiers een vir een by en meng goed na elk eier.
Sif die meel en meng die yoghurt met vanilla voeg die helfte van die meel by die suiker mengsel meng goed, voeg die jogurt by en meng en dan die res van die meel en meng goed.
Ek het die mengsel in drie gedeel en gekleur en toe in die koek panne gesit. Bak dit vir 40min op 180ºC.
Versiersel:
125 g botter
400 g versiersuiker
15 ml suurlemoensap
Klits als goed saam tot dit lig en donsig is.
Vir die “reenboog effek” het ek net milkybar gesmelt met ‘n bietjie room en op die koek gedrup met n lepel.
NOTA:  Ekt 2 groot milkybars gesmelt en toe ‘n bietjie room by gevoeg en in verskillende bakkies geskep en toe net gedrup op die koek
FOTO EN RESEP:  Alicia MacBride




THALIA SE KASTEELKOEK

kasteelkoektested

THALIA SE KASTEELKOEK
Ek het die wit ystervarkie resep vir die kasteelkoek gebruik:
KOEK
375ml suiker
4 groot eiers
250ml melk
75ml sonneblomolie
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
1ml sout
5ml vanielje geursel
METODE
Voorverhit oond tot 180grade.Klits suiker en eiers goed saam tot lig en dik.Kook die melk en olie saam.Giet kokende mengsel in dun straaltjie by eiermengsel terwyl dit geklits word.
Sif die droe bestanddele saam en voeg by eiermengsel.Voeg geursel by en meng liggies.Giet beslag in pan en bak omtrent 25minute tot goudbruin en gaar.

Vir die vdersiersel:  gewone versiersel wat met botter aangemaak word onder die fondant, en fondant bo-oor

 

RESEP EN FOTO: Thalia Botha-Rondganger