

RICE KRISPIES BEDERF KOEK
3 groot eetlepels margerien (1 eetlepel per laag)
12 koppies Rice Krispies (4 koppies per layer)
3 verskillende geure Malvalekkers 150 g pakke (1 pak per laag)
Smelt die margerien in ‘n pot op die stoof. Gooi een pak Malvalekkers by en roer aanhoudend tot gesmelt is. (Dit brand baie vinnig vas)
Haal van stoof af en meng 4 koppies Rice Krispies by en meng goed deur.
Druk die mengsel vas op die bodem van ‘n koekpan en druk mooi vas.
Wenk: Gebruik ‘n koekpan waarvan die kante los knip. Gebruik ‘n lepel wat jy in kook water druk om die rice krispies mooi vas te druk.
Die warm water maak dit makliker om die mengsel te beheer.
Volg die boonste stappe vir die ander twee lae.
Los die koek om te set vir so halfuur.
Haal die koek uit die pan en sit op bord.
Versiersuiker:
1 koppie versiersuiker
2 eetlepels Maizena
2 eetlepels suurlemoen sap
2 eetlepels melk
Roer alles mooi saam en gooi oor die koek. Indien jy nog nodig het kan jy net weer aanmaak. Ek het 3 keer aangemaak vir my koek.
Versier met sprinkles en mini Malvalekkers
ENJOY!!!!!
Foto en resep: Malanie Tolmay
Nota: Annatjie Heydenrych – As ‘n mens bak papier bo-op plaas is dit vrek maklik om die mengsel te beheer en plat en gelyk en styf vas te druk, want dit sit nie vas aan die bakpapier nie, en mens kan dieselfde stuk papier gebruik vir al drie lae 🙂