BEESTONG MET MOSTERDSOUS

tong met mosterdsous elizetested

BEESTONG MET MOSTERDSOUS
1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies
Sous
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen
Ongeveer 1 kp Vars broodkrummels

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag.Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in ‘n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C.
Vir die sous:
Meng die droë bestanddele saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor.
Bak 25 – 30 minute.
Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen ‘n lae hitte ontdooi word. Sit voor met ‘n lekker bros slaai.
Foto: Elize de Kock

 




KALKOENVULSEL

KALKOENVULSEL
Ek gee vir julle my kalkoenvulsel, want kersfees is nie kersfees sonder kalkoen nie.
100 g botter
150 g ontvelde varkworsies
100 g fyn gesnipperde bacon
1 ui gekap
3 selderystokkies
1 klein groen en rooi soetrissie (dis nou die soet soort)
1 Granny Smith appel
3 eetlepel pietersielie
100 ml pekaneute
1 teelepel salie
150 g witbrood (korsies af)
1 groot eier
swart peper
Braai die worsvleis en haal uit pan.
Braai nou die ui, bacon, seldery en rissies.
Meng nou alles goed saam en stop jou kalkoen, maar hou `n bietjie om onder die borsvel in te stop.
Smeer nou kalkoen mildelik met botter en geur met sout, peper, paprika en suurlemoenpeper.
Sit nog stroke bacon oorkruis oor kalkoen se bors.
Stel jou oond 220°C en maak kalkoen met foelie, blink kant binne, toe.
Bak 30 min. Verlaag die hitte na 170°C en bak 3 ure.
Haal foelie af en stel oond na 200°C en bak nog 30 min terwyl jy hom gereeld bedrup.
HAPPY XMAS.

Resep: Louisa Prenzler

 




KERSBROOD

KERSBROOD
400 g droë pere
300 g pruimedante
400 g droë vye
150 g okkerneute
100 g rosyntjies
125 g sultanas
75 g gemengde, gesnipperde skil
200 g strooisuiker
15 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde naeltjies
5 ml wonderpeper
3 ml sout
25 ml rum
1 kg koekmeel
40 g geperste suurdeeg

Brooddeeg
900 g broodmeel
150 ml warm melk
25 g geperste suurdeeg
10 ml strooisuiker
5 ml sout
25 g gesmelte botter
12,5 ml olie

Week pere en pruimedante in 900 ml water. Sit deksel op en kook tot sag. Dreineer en hou vloeistof. Ontpit pruimedante en kap pere, vye en okkerneute. Voeg rosyntjies, sultanas, gemengde skil, suiker, speserye,
sout en rum by en bedek.
Klits 300 ml van warm water en 50 g van broodmeel saam om meeldeeg te vorm. Bedek en laat staan vir 1 uur 30 minute.
Voeg dan warm melk by en klits goed. Meng suurdeeg, 150 ml warm water en suiker en laat staan vir 10 minute. Voeg by meeldeeg. Voeg sout, botter en olie by. Meng res van broodmeel by. Bedek en laat staan tot uitgerys.
Sit koekmeel in ‘n groot bak en maak ‘n holte in middel. Klits 40 g suurdeeg met 400 ml koue vrugtevloeistof en suiker en giet dit in meelholte. Strooi ‘n bietjie meelblom oor en laat staan tot skuimerig.
Voeg vrugte-enneutemengsel by en klits tot ‘n deeg gevorm word. Laat staan vir 15 minute. Verdeel vrugtedeeg in vier ovaal brode. Verdeel brooddeeg in vier en rol elke deel uit tot ‘n groot ovaal gevorm is.
Plaas vrugtebrood op uitgerolde deeg. Bestryk vrugtebrood met water en draai in brooddeeg toe. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en verf met water. Laat staan vir 15 minute. Bak in voorverhitte oond van 190 ºC vir 1 uur en 20 minute.
Hierdie gereg is nie geskik om lank te hou nie. Eet dit binne ‘n week nadat dit gebak is

Resep geplaas deur Elda Lombard




KALKOEN MET VULSELS


KALKOEN MET VULSELS
Met ons gevulde kalkoen op die spyskaart vir Kersdag het ‘n mens geen ander vleisgereg nodig nie. Ons het ‘n geurige worsvulsel vir die nekholte gemaak en die liggaamsholte met ‘n brood-en-appelvulsel gestop.
Van die oorskietvulsel het ons spekrolletjies en frikkadelletjies gemaak om saam met die kalkoen voor te sit.
KALKOEN:
1 kalkoen
sout
suurlemoensap
50 g (60 ml) sagte botter/margarien
30 ml koekmeel
ontbytspekrepe
glanskersies

WORSVULSEL:
125 g onbytspek sonder swoerd
1 ui
15 ml botter/margarien
500 g varkwors
5 ml roosmaryn/salie

BROOD-en-APPELVULSEL:
25 g botter/margarien, gesmelt
250 g (4 x 25 ml) sagte witbroodkrummels
250 g (300 ml) geskilde, grof gerasperde Granny Smith appels
50 ml fyn gekapte pietersielie
fyn gerasperde skil van 2 suurlemoene
1 ml elk majolein en tiemie
sout en peper na smaak

Berei die kalkoen die vorige aand voor. As jy ‘n gevriesde kalkoen gebruik, sorg dat dit heeltemal ontdooi is. Verwyder die sakkie met afval in die liggaamsholte.
Skroei alle haartjies af en trek alle stukkies penveer uit wat in die vel afgebreek het. Sny die oliekannetjies uit. Was die kalkoen binne en buite met warm water waarin ‘n bietjie koeksoda opgelos is. Droog dit met papierhanddoek af en sout dit binne-in. Vryf die vel buite met suurlemoensap in. .
Snipper die ontbytspek en ui. Smoor dit in die smeer. Haal die vleis uit die worsderms. Voeg die spekmengsel en kruie by. Maal die kalkoenafval en voeg dit ook by. Meng alles goed.
Vul die nekholte met die worsvulsel en hou die vulsel wat oorskiet. Vou die nekvel na die rugkant om en steek dit met ‘n vleispen van of werk dit met ‘n dik naald en dun tou aan die rugvel vas. Swaai die vlerke oor die rug.
Meng al die bestanddele vir die brood-en-appelvulsel liggies saam. Stop die liggaamsholte lossies daarmee – moenie dit te styf stop nie, want dan is die gaar vulsel kluitjierig! Hou die vulsel wat oorskiet. Werk die opening met ‘n dik naald en dun tou toe of steek dit met peuselstokkies vas. Weeg die kalkoen om die gaarmaaktyd te bepaal.
Meng die 50 g (60 ml) smeer en meel en vryf dit aan die kalkoenvel. Bind die bene aanmekaar. Plaas die kalkoen op sy rug op ‘n groot, dik stuk aluminimfoelie in ‘n oondpan. Bedek die borsmet repies ontbytspek. Vou die kalkoen dig toe in die foelie. Plaas dit in ‘n koel oond by 160ºC (325ºF) en bak dit totdat driekwart van die baktyd verstryk het.
Die gaarmaaktye is soos volg:
3 tot 3 ½ uur vir ‘n kalkoen van 3 tot 4,5 kg
3 ½ tot 4uur vir ‘n kalkoen van 4,5 tot 6 kg
4 ½ tot 5uur vir ‘n kalkoen van 6 tot 9 kg
Verhoog die oondtemperatuur vir die laaste driekwart van die baktyd tot 200Cº (400ºF).
Haal die kalkoen versigtig uit die foelie en plaas dit in ‘n skoon bakpan. Verwyder die spekrepe op die bors. Bak die kalkoen tot mooi bruin en blink en bedruip dit gereeld met van die sous wat in die eerste pan agter gebly het. Bak terselfdertyd die spekrolletjies en frikkadelletjies tot gaar.
Dit word soos volg gemaak:
Rol frikkadelletjies van die oorskiet-vulsels. Fatsoeneer party van die frikkadelltjies in worsies, draai dit met ‘n reep ontbytspek toe en steek dit met ‘n peuselstokkie vas. Druk ‘n glanskersie deur die een punt van die stokkie. Plaas die rolletjies en frikkadelletjies op ‘n draadrak in ‘n bakpan en bak dit sowat 20 minute tot gaar en bruin.
Skep die vet van die oorblywende pansous af en maak ‘n lekker bruinsous om by die kalkoen op te dien.
Sit die kalkoen warm of koud voor.
Resepte geplaas deur Diane Roode Hancox




CHRISTMAS MINCE PIES

mince-piestested
CHRISTMAS MINCE PIES
Pastry:
This is the most popular and basic pastry. It’s easy to make and is used mainly as a tart or quiche base.
Rub 150 g cold butter cubes into 250 g cake flour and 5 ml salt.
Stir in one beaten egg yolk and about 60 ml cold water to make a soft, but not sticky, dough.
Wrap in plastic wrap and refrigerate for at least 30 minutes before rolling out to use.
For a simpler pastry, leave out the egg and use a little extra water.
Add 80 ml castor sugar to the flour for a sweet pastry.
484 g jar fruit mincemeat
1 egg white
castor sugar

Roll out pastry to a thickness of 3mm. Cut out rounds to fit base of patty pan tins or bun tins. Cut the same number of smaller circles to form the lids of pies.
Place 5ml fruit mince on the base of each pastry.
Dampen pastry edge with water, cover with lid, and seal. Prick holes in the lid with a fork or make a small incision with the tip of a sharp knife. Brush withe lightly beaten egg white or iced water.
Bake in a preheated oven at 200ºC (400ºF) for 15 minutes, or until golden brown. Sprinkle with castor sugar while still warm
Makes 16 pies.
TIP: Place a small piece of unsalted butter into fruit pies to prevent juice from running out when baking.
Mince pies freeze well!
Recipe posted by Diane Roode Hancox
Photo: Petro van Genderen‎




GAMMON WITH CRANBERRY AND ORANGE GLAZE

GAMMON WITH CRANBERRY AND ORANGE GLAZE
For gammon:
+/- 2kg tender boneless gammon
1 large onion
30 cloves
3 bay leaves
10 black peppercorns
500 ml orange juice

For glaze:
65 ml brown sugar
250 ml orange juice
½ cup frozen cranberries

For cranberry sauce:
1 ½ cup frozen cranberries
125 ml orange juice
250 ml white sugar

Weigh gammon and allow 20min cooking time per 500 g. Place in a large pot, use 10 cloves to stud the onion and then place it in the pot together with the bay leaves, peppercorns and orange juice. Fill up with water to cover the gammon.
Bring to the boil, cover, then simmer for the calculated time
Lift the gammon out and remove the rind, leaving a layer of fat. Score the fat into a diamond pattern and place a clove in the centre of each shape. Place in a roasting pan.
Glaze:
Place the brown sugar and orange juice in a saucepan. Bring to the boil and then lower heat and simmer for about 5 min until a sticky glaze forms. Add the cranberries. Spoon the glaze over the gammon and bake for about 25min at 180ºC until gammon is golden.
Cranberry sauce:
Cook the cranberries, orange juice and white sugar for about 20 – 25 min or until very tender and the mixture starts to get thick and syrupy.
Posted by Cheryll Geldenhuys




HEERLIKE SOUS VIR GAMMON OF VLEIS

tested

HEERLIKE SOUS VIR GAMMON OF VLEIS
Het ‘n heerlike sous vir Gammon by Merle gekry.
Ek gebruik die sous vir ander vleis sowel as op patties:

1 koppie appelkooskonfyt
1 koppie bruinsuiker
5 ml soya sous
1 eetlepel mosterd
Old Brown Sherry

Meng alles goed saam en gebruik met gammon.
Dit is regtig lekker.

Bron: Margaret Swanepoel




DEATH BY CHOCOLATE TRIFLE

 

tested

DEATH BY CHOCOLATE TRIFLE
4 boxes instant chocolate pudding mix or
4 boxes chocolate mousse mix Whipped Cream
1 box chocolate cake mix (or your own cake recipe)
1 cup Kahlua (optional)
6 Chocolate bars (bar one, kit kat etc), chopped

Prepare cake mix as directed, or make your own chocolate cake recipe and bake in a 9 x 13 inch pan. When done, remove from the oven, poke holes in the cake and pour the kahlua over the cake. Let cool. Meanwhile prepare the pudding or mousse.

Tear or crumble the cake into pieces.

In a glass trifle bowl layer in this order:

1/3 of cake
1/3 of pudding
1/3 of whipped cream and
1/3 of chocolate bars

Repeat layers ending with chopped chocolate bars on top.

Chill well.

Recipe posted by  Elize de Kock




STAP VIR STAP KERSHAM

gammontested

STAP VIR STAP KERSHAM
1x 3 kg ham (of Gammon)
3 lourierblare
3 selderystokkies
20 swart peperkorrels
Heel naeltjies vir versiering
Glasuursel:
500 ml mangosap
125 ml gladde appelkooskonfyt
60 ml gepreserveerde gemmer, fyngesny
15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
15 ml fyngerasperde lemoenskil
10 ml fyn koljander
Stap 1 is om die ham te kook en dit kan reeds die vorige dag gedoen word. Plaas die ham saam met die lourierblare, seldery en peperkorrels in ‘n groot pot en bedek met water. Bring tot kookpunt en prut dan stadig vir 2 ure. Laat die ham in die water afkoel voor dit verwyder word. Verwyder dan die buitenste vel met ‘n skerp mes en laat ‘n eweredige vetlaag.
Sny nou ‘n diamantpatroon in die vetlaag, maar nie te diep nie, stop voor jy by die vleisgedeelte kom. Druk ‘n naeltjie in die middel van elke diamantpatroon. Dit gaan baie mooi lyk en jou skoonma beindruk.
Voorverhit die oond tot 180ºC. Plaas die ham in ‘n oondroosterpan en bak vir 1 uur. Intussen meng die bestanddele vir die mooi blink lagie in ‘n swaarboomkastrol. Laat dit stadig prut vir 10 minute en roer gereeld tot dit effens verdik.
Verwyder die ham uit die oond en verf die sousie versigtig oor die ham met ‘n pasteikwassie. Plaas terug in die oond en bak ‘n verdere 30 minute terwyl jy in die tyd dit elke 5 – 10 minute bestryk met die glasuursel. Jy kan dit nog ‘n rukkie langer bak en bestryk, tot jy tevrede is met die eindresultaat. Dit moet pragtig blink en goudbruin wees.
Bedien warm of teen kamertemperatuur met tradisionele bykosse bv. gestoofde droë vrugte, braaiaartappels, gegeurde rys en helderkleurige groentes.
Louise Groenewald aka Smulpaap – Tyger Burger Desember 2012

 




KOEKSTRUIF

KOEKSTRUIF
Vla:
2 koppies melk
2 eetlepels vlapoeier
2 eetlepels suiker
1 teelepel vanieljegeursel

Meng vlapoeier en suiker met melk, roer goed. Kook oor lae hitte tot gaar. Voeg geursel by en laat goed koud

Koekstruif:
1 pakkie rooi jellie
1 pakkie vars aarbeie
2 eetlepels brandewyn
1 rolkoek of sponskoek
2 eetlepels sjerrie
12 koppie lemoensap
½ koppie suurlemoensap
470 g perskeskywe – 1 blik
470 g pynappelstukke, gedreineer
100 g – 1 blikkie- granadillamoes
1 tot 2 koppies room.

Berei jellie volgens aanwysings en laat stol.
Was aarbeie en week in brandewyn.
Sny koek en rangskik op boom van glasbak.
Meng sjerrie, lemoensap en suurlemoensap en skep oor koek.
Rangskik perskeskywe bo-op en skep helfte van vla bo-oor.
Kap jellie met n nat mes en skep oor vla.
Skep pynappel stukke en granadillamoes oor jellie.
Giet res van die vla versigtig oor.
Versier met room en aarbeie. (Kersies kan ook gebruik word)