ONGEBAKTE VRUGTEKOEK

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK
115 g botter
115 g suiker
115 g glasuurkersies, gekap
225 g sultanas
225 g dadels, fyngekap
225 g mengsel geroosterde amandels en pekanneute
3 ml kakaopoeier
1 eier
1 pakkie Marie-koekies, in stukkies gebreek

Sit die botter en suiker in ‘n kastrol en laat kook.  Haal van die plaat af.
Voeg die kersies, sultanas, dadels, neuter en kakaopoeier by.
Voeg die eier en die gebreekte koekies by en meng deeglik.
Smeer ‘n broodpan en gooi die mengsel daarin.
Druk dit stewig in die pan vas om seker te maak dat die bestanddele aanmekaar kleef.
Bêre oornag in die yskas, haal dit uit die pan en sny in skywe.  Bêre in ‘n lugdigte houer.
WENK:
Spaar tyd en gebruik ‘n voedselverwerker om die koekies te breek.

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK
3 pakkies Mariebeskuitjies
1 bakkie kersies
2 pakkies droëvrugte (250 g)
500 g margarien
16 eetlepels suiker
4 geklitste eiers

Breek die Mariebeskuitjies in stukkies, nie fyn.
Snipper een bakkie van die kersies en al die droëvrugte.
Voeg dan alles by die beskuitjies.
Smelt die margarien  saam met die suiker.
Roer helfte van beskuitjies  by.
Voeg dan die  geklitste eiers by en roer terwyl die mengsel op die stoof is.
Haal af, voeg res van beskuitjiemengsel by roer deur.
Druk in oondpan, laat afkoel.
Sny blokkies.
Resep geplaas deur Piet Hazel de Jager




MINI MUFFIN SIZE FRUITCAKES

tested

MINI MUFFIN SIZE FRUITCAKES
500 g dried fruit cake mix
100 g mixed citrus peel
100 g red glacé cherries,
halved 100 g flaked almonds
200 g butter
250 ml brandy
250 ml brown sugar
10 ml bicarbonate of soda
4 ml mixed spice
2 extra large eggs
120 ml sherry/brandy
120 ml milk
400 ml cake flour
5 ml baking powder

Place cake mix, mixed citrus peel, cherries, almonds, butter, brandy, sugar, bicarbonate of soda and mixed spice in saucepan.Bring to the boil, lower heat and cook for 5 minutes while stirring continuously.Leave to cool.
Beat the egg, sherry/brandy and milk together and add fruit mixture.
Sift in the flour and baking powder. Mix well.
Spoon into muffin cases in a muffin tin and bake in a preheated oven at 160°C for 30 minutes.
Leave to cool.
Decorate with plastic icing or whatever you prefer

Recipe posted by Carol Elliott Claassen
Photo:  Renee van Rensburg




KERSFEES TIRAMISU

tested
KERSFEES TIRAMISU
500 ml sterk swart koffie, afgekoel
62,5 ml rum
4 eiers, geskei
62,5 ml strooisuiker
500 g mascarpone-kaas
250 ml room, styfgeklop
1 sponskoek, in vingers gesny
250 ml glanskersies, gehalveer
250 ml geroosterde amandels
250 ml groenvye, in blokkies gekap
10 ml kakao

Meng die koffie en rum in ’n bak. Klits die eiergeel en suiker tot lig en romerig. Voeg die mascarpone-kaas by die eiermengsel en klits tot net gemeng. Vou die geklopte room in. Klits die eierwitte styf tot sagte punte vorm. Vou die eierwitte versigtig in die mascarpone-mengsel in. Doop die sponskoek-vingers een op ’n slag in die koffie-en-rum-mengsel. Plaas die vingers in ’n bak van so 20 x 25 cm groot en 6 cm diep. Smeer helfte van die mascarpone-mengsel oor die vingers. Sprinkel helfte van die vrugte en amandels oor. Doop die orige sponskoek-vingers in die koffie. Plaas hulle bo-op die vingers in die bak. Smeer die orige mascarpone-mengsel oor. Sif van die kakao oor en versier met nog vrugte en neute bo-op. Plaas die tiramisu in die yskas vir minstens 4 uur.

Foto:  Leanne Thurston Coetzer – my staatmaker nagereg al die afgelope 4 jaar 🙂

 




HEERLIKE VRUGTEPONS VIR KERSFEES

HEERLIKE VRUGTEPONS VIR KERSFEES
500 g ryp piesangs skywe
1 ryp papaja
500 ml gemmerlim
500 ml lemonade/sprite
1 blik crushed pynappel
250 ml sodawater
250 ml onverdunde oros
500 ml passion fruit
1 blik granadillamoes
3 bottels water
1 eetlepel suurlemoensap
¼ koppie piesanglikeur

Kook 1 koppie suiker en 1 koppie water saam tot suiker opgelos – koel heeltemal af.
Sny vrugte in blokkies/skywe.
Meng alles BEHALWE DIE STROOP, GEMMERLIM, LEMONADE EN SODAWATER.
Voeg uur voor gebruik by en roer. Net voor bedien kan ysblokkies bygevoeg word.
(Ek meng granadillapulp in water en vries in ysbakkies vir die pons)

BRON- Annetjie van Huyssteen




BLACK FOREST CHERRY TRIFLE

BLACK FOREST TRIFFLEtested

BLACK FOREST CHERRY TRIFLE
2 pkts cherry jelly
2 pkts budior biscuits
1 tin caramel treat
1 choc ready made custard
1 vanilla caramel custard (box)
fresh cream whipped
2 flakes
1 tin pitted black cherries
pecan nuts
glace cherries(for decorating)
1 pkt cadbury whispers.
Make jelly
Break biscuits and put at the bottom of your serving bowl
Pour kirsch or nagtmusiek liqueur over the biscuits
Cut the set jelly in blocks and put a layer over the biscuits
Then custard blobs of caramel
Pack a layer of the pitted cherries
Make layers of more biscuits, whispers, pecan nuts, more jelly, custard until the bowl is full
Decorate with whipped cream, flake, and glace cherries
Cover with foil leave to set/settle in fridge
Note:  liqueur is optional
U can use strawberries

Recipe and photo:  Diane Roode Hancox




TONG IN APPELKOOSSOUS

TONG IN APPELKOOSSOUS
2 sout beestonge
Wortelskyfies
1 lourierblaar
1 groot ui in skywe gesny

SOUS:
1 groot blik ingelegde appelkose
190 ml bruinsuiker
5 ml droë mosterd
125 ml wit druiwe asyn
3 ml sout
1 blokkie beesboeljon
85 ml sultanas
Aromat
15 ml meel en water om pasta te vorm.

Laat prut tong vir 1 uur lank. Voeg ui lourier blaar en wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening.
Bedien 10 tot 12 persone.
Resep geplaas deur Pieter Van Vuuren



GESTOLDE BEETRING

gestolde beet met wit botested
GESTOLDE BEETRING

Meng saam:
1 blik kondensmelk
1 pakkie gladde maaskaas
Voeg by:
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel gelatien (los op in bietjie koue water tot geswel, sit in die mikrogolf vir rukkie)
Giet in ring en laat goed stol.

Meng saam:
1 groot bottel gerasperde beet (sorg dat dit leka beet is), kan ook 2 dosies Werda beet gebruik
1 pakkie jelly net so droog (ek het hier nog 1 teelepel gelatien aangemaak en bygesit)
Laat stol!!!! Dis heerlik en bietjie iets anders saam braai 😉

Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis

Arèn Serfontein
My resep
Witlaag:
15 ml gelatien
90 ml warm water
200 ml mayonnaise
125 g fyn maaskaas
Beetlaag:
425 g blik beet
15 ml gelatien
125 ml warm water
40 ml asyn
suiker na smaak
Die metode glo ek is seker maar dieselfde. Onthou net jy moet die beet en die sap verpulp.




YSKAS VRUGTEKOEK

YSKAS VRUGTEKOEK
Graag deel ek met julle vanoggend, so op ‘n pragtige Kersdag, hierdie heerlike yskas vrugtekoek.
100 g regte botter
1 blik kondensmelk
60 ml Rum/ Brandewyn
100 ml rooi kersies
100 ml sultannas
100 ml korente
100 ml gekapte gemengde neute
100 ml fyngesnyde dadels
100 ml wit suiker
5 ml vanilla geursel
2 x 200 g fyn tennisbeskuitjies

Verhit die botter, kondensmelk en Rum/ Brandewyn saam, voeg suiker by en roer goed (nie kook nie).
Verwyder van die hitte en meng met die res van die bestandele. Giet die beslag in ‘n gesmeerde broodpannetjie en druk vas, verkoel oornag. Sny die koek in skywe en geniet.
Resep en foto : Ou Familie gunsteling – Magda Van Der Merwe

Variasie:
Probeer gerus hierdie vrugtekoekresep, dis yummies!!
250 ml gekapte dadels
125 ml elk sultanas, korente, rosyne, kersies en gekapte neute
125 ml bruinsuiker
125 ml botter
1 blik kondensmelk
2 pakkies Tennisbeskuitjies, in stukkies gebreek
5 ml vanilla
Smelt die botter en suiker. Roer die kondensmelk by en verwyder van die hitte. Voeg die vrugte en beskuitjies by en roer deur. Spuit ‘n ringkoekpan met kleefwerende kossproei en druk die mengsel in die koekpan vas. Laat staan 24 uur in yskas. Heerlik!!
Resep:  Veronica Roux




KERSFEES “PENNIE” POEDING

tested

KERSFEES “PENNIE” POEDING
Handvol munte in kastrol water gekook vir min 10 minute, skrop deeglik af
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
100 g pekanneute, opgekap
250 g dadels, rof gekap
250 ml water
5 ml koeksoda
100 g sagte botter
200 ml strooisuiker
1 eier

Vir die stroop:
250 ml suiker
120 ml water
120 ml brandewyn ( die alkhol verdamp sodra dit kookpunt bereik, gee net die geur, dus gee gerus vir die kleinspan)
5 ml vanilla geursel
30 ml botter
½ teelepel fyn kaneel

Voorverhit oond na 180ºC
Berei oondvaste bak voor, smeer goed met botter.
Plaas dadels en water in kastrol, en laat vinnig kook vir 2 min.
Verwyder van plaat en voeg koeksoda by dadels, laat koud word.
Room saam botter, suiker en eiers.
Sif die koekmeel, bakpoeier saam en voeg by bottermengsel.
Voeg die koue dadelsmengsel by roer liggies deur.
Meng die neute by.
Giet mengsel in jou voorbeide oondpan.
Druk die munte oral binne die rou mengsel in.
Bak vir +- 1 uur lank, of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:
Plaas suiker, water, botter en vanilla saam in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en laat goed vir 10 minute kook, hou aan met roer.
Voeg die kaneel en brandewyn by, laat vinnig opkook roer aanhoudend vir 1 min. Giet oor poeding sodra uit oond kom
Resep geplaas deur: Carol Elliott Claassen




KERSFEES JELLIE


KERSFEES JELLIE
250 g vrugtekoekmengsel
250 ml water
125 g ontpitte dadels
250 ml gekapte okkerneute
125 ml gekapte glanskersies
1 pakkie portwyn jellie
250 ml warm water
125 ml port
‘n halwe pakkie marie Beskuitjies
5 ml gemengde speserye


Kook vrugtekoekmengsel in 250 ml water vir 5 minute.
Dreineer en voeg dadels, neute en kersies by.
Los jellie in 250 ml warm water op.
Voeg port by jellie.
Voeg gekrummelde beskuitjies en speserye by vrugtemengsel.
Voeg jellie by die vrugtemengsel en roer goed.
Giet mengsel in uitgespoelde tradisonele vorm.
Keer uit vorm en versier.
Wenk
Dien op met room wat gegeur is met Brandewyn of Rum

(Johan Bezuidenhout)