THANKSGIVING KALKOEN

kalkoentested

THANKSGIVING  KALKOEN

My eerste “Thanksgiving”! Baie dankie aan almal wat gehelp het met raad!!! Nog nooit het ek ‘n voël so bestudeer soos die een nie!!! Op die einde het ek uit ‘n paar resepte my eie gemaak!!
250 gr margarien
sout en peper
sap en skil van 1 suurlemoen
huisie knoffel
handvol pietersielie
olyf olie
Meng alles saam en maak dan die vel los by die borsgedeelte van kalkoen en druk die daarin. Sit suurlemoen en ui binne in. Vryf olyfolie buite om.  Pak repies spek oor bors.
Plaas 1 Liter kookwater onder in oondpan, sit ‘n grid of iets in pan dat kalkoen nie op bodem le nie. Draai toe met foelie blink kant na binne en bak dan 15 min vir elke 500gr. Wanneer gaar, maak foelie oop en verwyder spek en bedruip met olyfolie tot mooi bruin!!
Dit was heerlik en glad nie droog nie!!!
BRON: Thea Vd Merwe Schutte



BESPREKING – VLEIS VIR KERSETE

BESPREKING – VLEIS VIR KERSETE
Louise Groenewald
Ek is bevrees my mense hou nie van twists nie, dit moet tradisioneel wees op Kersfees, die gewone. Maak al jou vleisie in baksakkies gaar, jy kan nie verkeerd gaan nie, min moeite en altyd sag en sappig.

Leanne Thurston Coetzer
EK het nog nooit ‘n kalkoen gaargemaak nie, sal nie weet wat om daarmee te maak nie. Die ding is so groot. Dalk iemand wat mooi kan verduidelik hoe om dit garr te kry sonder dat dit droog is.

Elba Groenewald
As jul wildsboud wil gaarmaak ek gebruik roosmaryn knoffel s en p die kruie pad nie speserye soos tradisioneel ni en dis heerlik

Driesman van der Vyver
Ek vat die corn beef en haal hom uit sy net sakki en sny skywe maar ni deur ni. in die plaas ek knoffelbotter en rasperkaas en die vlg chillies met rasperkaas. ek herhaal dit tot almal klaar is. sit hom terug in sy net, werk hom toe, plaas in n baksakkie, laat vir 24 uur en bak dan.

Elba Groenewald lekker kalkoen stopsel:
Wat van broccoli kaassous gaar wit rys meng bak 180 grade omtrent 25 minute daar stuffing v kalkoen of hoender

Anne Mortleman Chambers
Years ago, when I was young and stupid and trying to impress my in-laws, I made a turducken for Christmas – a boned turkey stuffed with a boned duck, stuffed with a boned chicken. Very very fiddly, took hours – was very impressive though.

Annetjie van Huyssteen
Gebruik ontbeende hoenderborsies en sit in kleefplastiek – kap met vleishammer plat tot so dun moontlik. Plaas skyf gaar ham (met bietjie vet aan) bo-op, dan skyf kaas. Vou op sodat dit omtrent 3-dubbel is. Sny skilferkorsdeeg omtrent so 150x200mm (jy kan dit baie klein ook maak as verkies) en vou deeglik om jou vleispakkie. Seel kante goed en eierwas. Bak in oond tot deeg gaar – gewoonlik so 25min. Bedien met heerlike sous na smaak. Jy kan ook gaar spinasie en fetakaas gebruik – heerlik.

Rina Kleinhans
Sjoe maar hier is darem lekker goed, ek raak nou so lus vir kosmaak… moet nie die beef wellington vergeet nie, ook heerlik vir die groot eet

Anne Mortleman Chambers
kreefslaai…..when I was a child, we would go to the old tea rooms in the Kirstenbosch gardens (Cape Town) sometime over the Christmas holidays and crayfish mayonnaise was always on the menu …..

Thea Koen Ek maak gewoondelik die gammon gaar en maak n lekker dik mosterd sous daarby. En blikkie kondensmelk mosterd na smaak en n bietjie suurlemoen sap gemeng. Die soet suur mosterd saam met gammon is heerlik

Wynand Chantelle Van Huyssteen as dit by kersfees kom is gammon my favourite met lekker tuisgemaakte mosterd(my ma sin)

Marietjie Nel
Daai resep van Annetjie klink baie lekker – ek maak ok so hoendergereg maar sonder die deeg – bak dit net in bietjie olie – maar ek dink ek gaan die een volgende keer probeer – dankie – o en julle – daai gestolde beetring met die maaskaas is absoluut fantasties vir ‘n kerstafel – ek weet die resep is op die blog

http://foodloversrecipes.com/feestelike-krapslaai/

Hanlie Oosterhuis .
Maar gewoonlik bestaan ons ete uit vars krewe op die kole, n gammon gekook in coke versier met vars kersies, n skaap boud , cammenbert met knoffel en roosmaryn gestop en in witwyn gebak, gemarineerde uie en dan in dieselle balsamiese/rooiwyn rmarindae gebak, n slaai of 3 en dan n pavlova, en nog twee ander poedings…MAAR dan was ons altyd in Mosselbaai…..die jaar sit ek droebek en werk in Noord Natal…waar net tropiese vrugte volop is…..dalk eet ons net vruteslaai in 5 gang!?




SANTA STRAWBERRIES WITH CREAM

DSC_0024
SANTA STRAWBERRIES WITH CREAM
12  strawberries
½ – 1 cup whipped cream
a handful of chocolate sprinkles
Using a pairing knife, slice the leafy end off each strawberry so they stand up evenly. Then slice the tip off to make a little hat.
Using a spoon or a large icing tip, place a large dollop (about 1-2 teaspoons) of whipped cream on top of the strawberry base. Plop the little hat on top. Add another small dollop of whipped cream to the tip of the hat to make a mock pom-pom.
Place two chocolate sprinkles in the Santas “face” for the eyes. Using a toothpick, place two very small splotches of whipped cream down the front of the strawberry for buttons.
You’re done! It’s that easy. If you don’t eat them right away, store them in the fridge to keep them cold. Santa doesn’t do well with heat.

 




GEURIGE SPESERY-EEND MET PYNAPPEL

pineapple-duck
GEURIGE SPESERY-EEND MET PYNAPPEL
(4 porsies)
1 groot eend
1 teelepel gemmer
1 teelepel kaneel
Knippie naeltjies
1 blik (439 g) pynappelstukke
½ koppie rosyne
Bietjie gerasperde suurlemoenskil
Sout en peper
Ongeveel 2 koppies pynappelsap
1 eetlepel kweperjellie
3 eetlepel medium sjerrie
1 blik pynappelringe of halwe appelkose om mee te garneer
Geur die eend binne liggies met sout en peper. Meng al die speserye en meng dan die helfte van die mengsel met die pynappelstukke, rosyne en suurlemoenskil.

Stop nou die eend met hierdie mengsel en plaas dit in ‘n braaipan. Vryf die res van die speserye en bietjie botter oor die eend.

Braai dit 1 ½ – 2 ure lank in ‘n matikoege (190°) Bedruip die eend gereeld met die oondpansappe en helfte van die pynappelsap terwyl dit braai. Sny die eend in netjies porsies wanneer dit gaar is en rangskik op ‘n mooi opdien vleisskottel. Hou dit warm.

Plaas nou die res van die vulsel, al die oondpan sap (meng met bietjie water) die pynappelsap wat oorgebly het, die kweperjellie en die sjerrie in ‘n kastrol en laat ongeveer vir 10 min kook. Die sous moet effens blink en dik word.(Indien verkies kan die sous verdik word.)

Giet die sous deur ‘n sif, en skep dit oor die porsies eend. Versier die eend met pynapperinge of halwe appelkose en sit voor. Hierdie gereg is heerlik saam met safraanrys of oudtydse borrie rys met rosyne.

 




HOENDER GESTOP MET MAALVLEIS

HOENDER GESTOP MET MAALVLEIS
(4 porsies)
1 groot hoender
200 g varkmaalvleis
100 g hoendermaalvleis
10 g pekanneute rof gekap
1 groot handvol kruie (salie,pietersielie en tiemie) opgekap
½ blik appelkose opgekap
100 ml koekmeel om in te rol
Voor verhit die oond tot 190°C. Spoel die hoender binne en buite af en vee met papierhanddoek droog
Berei die vulsel voor deur die vark-, hoendermaalvleis, neuter, kruie en appelkose goed saam te meng. Vul die hoender met die mengsel. Daar sal van die mengsel oorbly- rol dit met meelbestrooide hande in klein balletjies en rooster dit saam met die hoender. Plaas die hoender in ‘n roosterpan en rooster vir 35 min. Plaas dan die balletjies saam in die pan en rooster vir nog 10 min of tot die sappe deursigtig is as ‘n mes by die dy ingesteek word. Laat hoender rus vir 3 min voordat jy die hoender vir bediening opkerf.




KALKOEN MET VRUGTEVULSEL

tested

KALKOEN MET VRUGTEVULSEL

Vulsel
5 koppies growwe broodkrummels;
250 ml gaar rys;
4 stingeluie, gekap;
200 g gemengde droëvrugte, gekap;
10 ml gerasperde suurlemoenskil;
5 ml droë salie;
5 ml droë tiemie;
3 ml droë roosmaryn;
60 g botter, gesmelt;
hoenderaftreksel om aan te klam;
sout en peper na smaak
Sous
200 ml pruimkonfyt;
30 ml heuning;
30 ml bruinsuiker;
10 ml sojasous;
15 ml rooiwyn-asyn;
3 ml mosterdpoeier;
‘n klein bietjie suurlemoensap;
‘n 3 tot 3,5 kg Amerikaanse kalkoen;
sout en peper.

Vee die kalkoen droog en besprinkel die holte met sout en peper. Meng al die bestanddele vir vulsel en stop die kalkoen se maagholte en nek en bind die kalkoen vas. Plaas kalkoen op ‘n geoliede braairak in ‘n oondpan en rooster vir 25 tot 30 min. by 180C. Berei intussen die bedruipsous voor. Meng al die bestanddele. Die sous is nogal dik. Bedruip die kalkoen gereeld tot goudrooi kleur en gaar. Rooster vir twee en ‘n half uur tot gaar.

Resep geplaas deur Antoinette Opperman Burger




ROSYNESOUS VIR VARKVLEIS

Raisin-Sauce

ROSYNESOUS VIR VARKVLEIS
60 ml margarine
15 ml koekmeel
250 ml kookwater
10 ml vars suurlemoensap
60 ml rosyne
sout en peper
5-10 ml Franse mosterd met heel mosterdsaad of engelse mosterd
10 ml suiker
Smelt 15 ml van die margarine, voeg meel by en braai 1 min oor matige hitte. Verwyder van die hitte, voeg kookwater by en klop met draadklopper tot glad. Plaas terug op matige hitte en klop die res van die margarine geleidelik by. Verwyder van hitte en roer suurlemoensap en rosyne by. Plaas terug op lae hitte, geur met sout, peper, mosterd en suiker en prut vir 1-2 min.




GEROOKTE HAM IN BIER


GEROOKTE HAM IN BIER
2,5 kg gerookte ham (vra u slagter om die been te verwyder)
280 ml gemmerlimonade of 7-Up
1 koppie molasse
2 teelepels droë mosterd
1 teelepel peper
1 koppie bier
Verwyder die vel van die gerookte ham en sny die vet diagonaal in ‘n diamantpatroon. Week die ham in gemmerlimonade of 7-Up vir ten minste 2 ure om oortollige sout verwyder. Dreineer.
Stop die bokant met naeltjies. Plaas ham in die middel van ‘n groot stuk foelie in ‘n vlak braaipan.
Meng die molasse, mosterd, peper en bier en giet oor ham. Bedek heeltemal met foelie sodat die sous nie kan ontsnap nie.
Bak teen 200ºC (400ºF) vir 40 minute per kilogram.

 




MAMMA SE GAMMON-HAM IN DEEG

tested

MAMMA SE GAMMON-HAM IN DEEG
‘n Heerlike manier om ham / gammon gaar te maak.
Het nou net met my ma gepraat en sy sê, sy het die resep jare gelede by ‘n ou tannie gekry en mens moet maar self besluit hoeveel jy van wat nodig het, afhangende hoe groot jou ham is.
Meng broodmeel en koekmeel met genoeg water om ‘n stywe deeg te vorm. Rol die deeg redelik dikkerig uit en pak die ham in die middel van die deeg.
Vou die deeg om die ham en seël die deeg deeglik reg rondom die ham, sodat die stoom nêrens kan ontsnap nie!
Bak die ham vir 3 ½ tot 4 ure in die oond teen 180ºC (afhangende natuurlik weer hoe groot die ham is).
Haal die ham uit die oond, kap die deegkors oop en verwyder die ham uit die deegkors (oppas vir die stoom, dis baie warm). Proe nou eers so paar stukkies van die heerlike vars-uit-die-oond vleisie en vetjie, yum yum.
Meng broodkrummels met gesmelte botter en pak die krummels oor die bokant van die ham, plaas dit terug in die oond en bak tot goudbruin bo-op. Versier die ham met kersies en pynappel of watookal jy verkies.
Nota –  Hierdie ham kom so sag uit dat my ma altyd die bak voor ons moes kom wegneem anders was daar nie ham oor vir kersdag en die ander dae wat volg nie.
Resep: Eleanor Steyn (Sonja Young)




KERSFEES SNACK SKINKBORD

2013-11-03-kersfeessnackskinkbord

 

Oulike idee om snacks op ‘n skinkbord te pak vir jou gaste