GESTOOMDE KERSPOEDING

GESTOOMDE KERSPOEDING
250 ml suiker
60 ml sagte bruinsuiker
1 eier, geklits
10 ml koeksoda
250 ml water
250 ml margarien
2 ml gemmer
250 ml melk
250 ml vrugtekoekmengsel
30 ml appelkooskonfyt

knypie sout
500 ml ongesifte koekmeel
Plaas suiker, water, vrugtemengsel en bruinsuiker in n stoompot en kook 5 minute saam.
Meng botter, konfyt, eier, gemmer en sout.
Los koeksoda op in melk en roer  beurtelings met meel by bottermengsel.
Skep deeg op vrugtemengsel, sit deksel van stoompot op, plaas in ‘n kastrol gevul met water.
Laat 3 ure stoom.
Vul water met kookwater aan wanneer nodig.
Keer poeding op ‘n opdienbord uit en versier met room, vlasous of roomys.

Petro Calitz




HEERLIKE GAMMON

gammon met appelkoostested

HEERLIKE GAMMON
Prut die gammon vir 1 uur p/kg in ‘n mengsel van water en hoenderaftreksel of water en bier.
Haal uit en plaas in bakplaat, smeer dan appelkooskonfyt oor en sprinkel bruinsuiker oor.
Bak dan in die oond op 220°C tot mooi bruin.
Jy kan die bietjie sous wat onder lê gebruik om oor te gooi. Sooo maklik!

Foto: Yolandi Hewitt




KERSFEES SLAAI – LAGIESLAAI

tested


KERSFEES SLAAI – LAGIESLAAI
Blaarslaai
1 kg ertjies
1 pak kersie tamaties
2 pakkies Bits of Bacon
Miracle wip Salad Dressing ( Is blykbaar ge discontinue, ek het toe Nola se Classic Whip gebruik)

Sny blaarslaai fyn.
Kook ertjies in suiker water tot gaar.
Sny kersie tamaties in helfte.
Braai bacon bits.
Pak in lae blaarslaai, ertjies, kersie tamaties, miracle whip (salad dressing-die wit dik een) bacon, herhaal lae.

Het die resep by ‘n vriendin gekry,nie my eie resep nie.
Foto: Marcel Botha




LEKKER SAPPIGE KALKOEN

images (2)tested

LEKKER SAPPIGE KALKOEN

Hier is my resep wat ek elke kersfees gebruik vir die laaste 19 jaar. Die geheim is om die kaloen baie stadig gaar te maak. Ek berei alles voor en dan so teen 10 uur die vorige aand sit ek my kalkoen in die oond teen die laagste grade wat jou oond kan gaan myne is 70 C to 6 uur die volgende oggend. Dan maak ek die kalkoen oop en bruin mag so vir n half uur.

Hier volg die stuffing. Sorry die engels.

Saute 2 finely chopped onions in 25 g/1 oz butter until soft and just coloured.
Leave to cool and then mix with
100g/4 oz fresh white breadcrumbs,
2 tbls chopped sage,
salt and pepper and
1 large or 2 small pears which have been peeled, cored and cut into small dice.
Bind with a little beaten egg and use as required.
Ek gebruik nie die pere nie.
Ek maak my vulsel 2 keer aan.
Stop die kalkoen daarmee. Stop sy maag en die nek vel gedeelte lekker vol. Vou nek vel onder die kalkoen in.
Sit foil in bak om die kalkoen lekker toe te maak sit klein bietjie olie onder die hoender. Sit op rug gedeelte in pan. Vat dan sout en vryf sy maag gedeelte lekker daarmee. Dit help dat die vel lekker crispy raak. Maak toe en sit in oond tot more. Geniet.

 

BRON: Amelia Potgieter-Coombs




GAMMON MET MINT EN GEMMER SALSA

tested

GAMMON MET MINT EN GEMMER SALSA

Ek maak die gammon in my slowcooker in Stoney Gemmerbier gaar dis heerlik!!!
Op stadig vir so 9 ure vir ‘n groot gammon (myne weeg hierdie jaar amper 4 kg (ontbeen).
As hy gaar is sit ek hom onder rooster en hy braai heerlik sticky bruin van al die suiker in die gemmerbier.
By dit bedien ek ‘n vars pynappel, gemmer en mint salsa (vars mint blare en vars gerasperde gemmer saam met klein gekapte blokkies pynappel). Dis ‘n heerlike kombinasie.

Elsabie Templeton




LEKKER GAMMON

gammon

LEKKER GAMMON
Ek weet almal glo is sappe en souse en goeters maar ek wil die gerookte smaak van die gammon proe en al wat ons doen is die volgende:
Sit die gammon op ‘n omgekeerde piering in die kasserole met klein bietjie water onder in.
Sit die deksel van die kasserole op en bak in die oond tot gaar soos jy sou maak met skaapboud of wat ookal.
Gammon is klaar sout en gerook en het nie ekstra smaakmiddels nodig nie.
Ek weet my ma se vriendin vat die gammon na dit nou klaar gebak is, smeer so bietjie appelkooskonfyt oor die buitekant en sit weer in die oond dat dit so bietjie kleur kan kry buite.
So jy kan so iets doen as jy wil of selfs heuning as jy ook nie konfyt kan gebruik nie.
Idee: Naudéa Visser
Annatjie de Klerk:   Kook dit in helte bier en helte water. Dit is ‘n wenner.



RINA SE FILLET EN TONG MOSTERDROL

Rinatested

FILLET  EN TONG MOSTERDROL
Resep en foto:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES

TONG
1  heel beestong, vars of gepekel
1 groot ui op gesny
1 groot wortel, in  ringe gesny
6  knoffel vingertjies plat gedruk
½  teelepel heel swart peperkorrels
6 heel naeltjies
2 takkies vars tiemie
2  – 3 lekker groot vars salie blare
2 eetlepels sout

Spoel die tong goed af onder koue water, sit in die stoompot en vul met water tot die tong net onder die water toe is, voeg al die ander bestanddele by.  Bring tot kook punt, sodra pot begin stoom, draai plaat af en laat hy rustig stoom vir 30 min.  Haal die pot van die plaat af, MAAR MOENIE OOPMAAK NIE.  Laat hom net so staan tot die stoom heeltemal afgegaan het.  Maak oop en sit tong op bord tot redelik afgekoel, trek die vel van die tong af en verwyder enige vet indien daar is, sit tong eenkant om heeltemal aftekoel. Sny die tonge se kante af dat dit ‘n mooi vierkantige stuk vleis is..  Gebruik die wat jy afgesny het vir toebroodjies of om koud te eet.

FILLET
1  redelike groot fillet steak
Dijon mosterd
songedroogte tamaties

Sny die fillet op sy lengte tot amper deur (butterfly), maak hom  oop op jou  snyplank met die gesnyde kante na onder, sny nou die twee vet wange van die binne kant na buite , maar weer nie deur nie sodat dit weer butterfly, doen dit weerskante, nou het jy een groot lekker plat stuk fillet.  Kap die fillet bietjie met ‘n vleis hammer of kant van ‘n piering.  Smeer die fillet lekker met Dijon mosterd en pak die hele fillet met songedroogte tamaties uit, sit die tong op die een punt en rol toe in die fillet, tot die hele tong toe is .  Neem tou en maak die fillet op ‘n paar plekke vas om alles in plek te hou.  Rol nou die hele rol in growwe vars gemaalde swart peper en sit sommer so paar lekker heel korrels ook tussen in.  Sit in die yskas oornag dat die geure lekker kan trou.

BRAAI
Meng helfte balsamiek asyn en olyfolie.  Maak seker jou vuur is nog warm genoeg vir lekker vlamme.  Plaas die rol op die rooster en smeer lekker met die mengsel dat dit kan vlamme maak, draai en doen dieselfde met al 4 kante.  Sprinkel sout oor, en braai verder oor matige kole ongeveer 25 – 30 min hang af hoe gaar julle hom wil he.  Hou dop dat die dik kante waar die fillet oor mekaar is, langer op die kole bly.  Mens kan mooi op die oop kante sien hoe ver is die vleis gaar, so as jy van ‘n bietjie “ rooi” hou, haal hom vroegtydig af.  Sit op ‘n opdien bord, druk ‘n suurlemoen uit oor die hele rol en laat rus ongeveer 10 min voor jy die rol sny en bedien. Sny versigtig met ‘n gladde skerp mes.
MOSTERDSOUS
500 ml room
30 ml heel korrelmosterd
40 ml heuning
1 teelepel Dijon mosterd
3 teelepels mosterd poeier en ¼ teelepel borrie aangemaak met bietjie water
2 knoffel vingertjies of meer indien verkies, hou heel
1 teelepel maizina en 1 teelepel bisto aangemaak met bietjie water
sout na smaak

Verhit die room, mosterd (al twee), knoffel en heuning tot kookpunt, kook lekker vinnig vir ‘n rukkie. Voeg die aangemaakte mosterd en borrie by en kook lekker deur.  Laat kook vir ‘n rukkie, voeg die aangemaakte maizenamengsel by en roer vinnig dat dit ‘n lekker gladde mengsel is. Dit sal nou lekker dik wees, pasop vir aanbrand.  Haal die knoffel uit en proe vir sout.   Sout na smaak.
Bedien warm saam met die gesnyde rol.

Nota:  Hierdie rol is die volgende dag eers lekker as koue vleis.
Lekker eet , hoop julle geniet dit baie.

 




MARIE SE “BOM” KERSFEES LEKKERTE

bom kersfees lekkertetested
MARIE SE “BOM” KERSFEES LEKKERTE
Neem ‘n ronde bak, en lê hom uit met kleef plastiek.
Sny ‘n brood kerskoek in skywe, en pak die vrugtekoek skywe reg rondom en binne soos ‘n lining gapak op die kleff palstiek.
Neem ‘n nougat klein opgebreuk en ‘n sjokolade gerasper en ‘n koppie vrugtemengsel en meng dit by die roomys in.
Sit die oorblywende kerskoek wat in skywe gesny op vir die deksel, vou die kleef plastiek toe oor die hele koek en vries dit dit.
Kersfees keer ek dit net om in ‘n bord en sny in skywe.

Resep en foto: Marie Rheeder Troskie




CANDY CANE PUNCH

 
CANDY CANE PUNCH

Peppermint ice cream makes this beverage taste—and look—more like a dessert than a punch! “I’ve mixed the sipper many times for ladies’ lunches and buffets,” shares Neva Schnauber of T. Collins, Colorado. “It’s a great way to start a gathering.” For a fun garnish, Neva adds, you can hang mini candy canes around the punch bowl and cups.

14 Servings
Prep: 10 min + chilling

2 jars (10 ounces each) strawberry jelly
2 liters lemon-lime soda, divided
2 quarts peppermint stick ice cream
Miniature candy canes, optionalIn a large saucepan, melt jelly with 2 cups soda. Chill the jelly mixture and remaining soda. Just before serving, place 6 cups ice cream in a punch bowl. Gently stir in jelly mixture. Add remaining soda. Add remaining ice cream by scoopfuls. Garnish with candy canes if desired. Yield: 3-1/2 quarts.




STUFFING FOR LAMB

rolled ribtested

STUFFING FOR LAMB
2 ½ tablespoons olive oil
2 rashers bacon, rind removed, chopped
300 g pork mince
1 small red onion, chopped
60 g char grilled red capsicum, chopped
2 tablespoons flat-leaf parsley, chopped
1 teaspoon thyme leaves
1 teaspoon mustard
2/3 cup fresh breadcrumbs
Heat 1 tablespoon of oil in a frying pan over medium heat. Add bacon and onion. Fry until golden. Add mince fry 5 min. Remove to a bowl cool. Add capsicum, parsley, thyme, mustard and breadcrumbs. Season with salt and pepper. Stir until well combined.
Use as stuffing for a deboned lamb rib or deboned leg of lamb.

Recipe: Elize de Kock