WENNER SWARTWOUDNAGEREG


WENNER SWARTWOUDNAGEREG
1 sjokolade rolkoek
2 houers gladde roomkaas
1 teelepel vanilla geursel
1 koppie suiker
1 groot blik swart kersies, gedreineer
3 groot sjokolade Flakes
fyn neute
kersie liqueur of sjerrie
1 houertjie room, styf geklitste

Sny die sjokolade rolkoek in skywe en voer die bodem en kante / rante van ‘n mooi ronde nagereg glasbak tot bo uit. Sprinkel die koek mildelik met liquer. Klits in ‘n bak die roomkaas, suiker en vanilla. Hou ‘n paar van die kersies eenkant en vou die res van die kersies by die roomkaasmengsel in. Skep die mengsel versigtig bo-op die rolkoek en maak mooi gelyk tot bo by die rante van die bak.
Plaas die oorblywende kersies bo-op vir versiering en sprinkel ‘n laag fyn neute bo-oor.
Spuit ‘n paar room rossette met die styf geklitsde room al om die rand van die nagereg.
Sprinkle die Flake sjokolade in die middel van die nagereg. Plaas in yskas tot bedien.
Resep: Yvonne Jones




KERSPOEDING OF DOEKPOEDING


KERSPOEDING OF DOEKPOEDING
Uit my ouma se Baie ou resepte boek. Vir die wat nie die foto kon oopmaak nie.
2 koppies meel
1 koppie suiker
1 koppie sultanas of dadelik
1 koppie botter of botter en vet saam
1 koppie melk
Sitroenskil fyngesny (nie seker van hoeveelheid nie) so 1/3 pd.
Bietjie sout
4 eiers geklits
2 teelepels koeksoda

Roer meel, suiker, botter en vrugte alles alles bymekaar en voeg dan geklopte eiers by dan die melk, waarvan n bietjie warm gemaak is. In die bietjie warm melk word dan die koeksoda geroer. Meng alles goed met die meel en skep in goed gesmeerde vorm wat met ‘n linnedoek uitgelê is. Vou die doek bo-op toe en sit die deksel van die pot op. Sit die vorm in ‘n groot pot met warm water en kook stadig op stoof 2 en half tot 3 uur in die doek. Tot die poeding gaar toets.  Haal uit die water en laat afkoel voordat die doek oopgemaak word. Keer die poeding uit die doek op ‘n opdienbord.
Sous:
1 beker kookwater
1 koppie suiker
Lemoenskil, lemoen geursel of wyn
Kook goed saam voeg bietjie maizena by, en vlapeoer en 1 eetlepel botter by.
Bedien die sous saam met die poeding.,
Nota:
Moenie vergeet om die gekookte toegedraaide muntstukkies in deeg te sit nie.

Resep:  Joan Du Toit




GAMMON MET GEMMER GLAZE


GAMMON MET GEMMER GLAZE
2 kg gerookte gammon
2 naeltjies plus ekstra vir stop
1 kaneelstok
10 peperkorrels
2 lourier blare
2 geskilde wortels, in stukke gesny
3 seldery stingels
2 uie, in kwarte gesny

Glaze
1 blikkie fyn pynappel
1 koppie gepreserveerde gemmer, fyn gesny
¼ koppie gepreserveerde gemmerstroop
⅓ koppie donkerbruin suiker
2 eetlepels witwyn asyn
¼ koppie sherry
2 teelepels gemaalde gemmer

Plaas die gammon bestanddele in n pot en bedek die gammon heeltemal met water.
Bring tot kook en laat kook vir 1 uur 40 min of tot lekker deur gaar.
Verwyder van hitte en koel af in vloeistof.
Haal uit en plaas in ‘n oondbak.
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Sny die vel af sodat die vetlagie agterbly.
Sny met ‘n skerp mes liggies diamant patrone oor die vetlaag en stop dit met naeltjies op die kruisies van die gesnyde lyne.
Maak die glaze bestanddele warm op medium hitte.
Plaas die gammon in die oond en smeer die glaze oor met ‘n kwas en bak vir 20 tot 30 min.
Smeer met tussenpose nog glaze oor tot dit karameliseer.
Foto en resep:  Gideon Louw




HANELIE SE PYNAPPEL “GAMMON”


HANELIE SE PYNAPPEL “GAMMON”
2 kg gammon
2 liter “Co-ee pineapple flavoured” koeldrank
1 ui, in kwarte gesny
knoffel, na smaak opgekap
3 eetlepels bruinsuiker
1 blik pynappelringe
kersies

Kook gammon in koeldrank en uie vir so 2 en half ure.
Laat afkoel.
Verwyder vel maar los ‘n lekker vetlagie. Sny kepe in vet en druk knoffel lekker diep in die snye in.
Maak ‘n mengsel van die suiker en pynappelsap en smeer oor die hele gammon.
Sit pynappelringe en kersies vas met tandestokkies en gooi van die sous waarin gekook was oor die vleis
Bak vir so 2 ure terwyl jy elke 20 minute van die suiker en pynappelsap mengsel oor die vleis gooi.
Geniet!
Resep en foto: Hanelie de Bruin




MAKLIKE KOEKSTRUIF -TRIFLE


MAKLIKE KOEKSTRUIF -TRIFLE
Maklikste trifle ooit en ‘n wenner met my gesin jaar in en jaar uit.
Ek sit hom aan mekaar vorige aand, maar volgende dag sit ek die room op en maak mooi.
Vir 4 mense. Jy kan vermeerder soos jy wil.
1 rolkoek (swiss roll), in skywe gesny
1 madeira brood
1 blik ingelegde vrugte kelkie met kersies
1 liter vla (long life werk ook)
3 verskillende kleure jellie, klaar aangemaak en gestol
Koffie liqueur of sherry of enige liqueur van jou keuse
1 houertjie room, vir bo op
Vars blou bessies en maraschino kersies

Pak jou bak eers uit met rolkoek.
Drip liqueur so oor almal.
Pak nou lae van jellie, vla, vrugte en gesnyde koek.
Bedrip elke laag koek.
Maak mooi met geklopte room en versier met bessies en kersies.
Resep en foto: Lee Esterhuizen‎




KERSFEES ROOMYSKOEK


KERSFEES ROOMYSKOEK
1 liter vanilla roomys
1 liter sjokolade roomys
100 g rooi kersies
100 g gekapte neute
1 blikkie karamel kondensmelk
3 x 100 g sjokolade

Voer ‘n ronde bak uit met kleefplastiek en druk vas in lae:
Vanilla roomys
Sjokolade roomys met neute
Vanilla roomys met gekapte rooi kersies
Sjokolade roomys
Karamel kondensmelk
Vries die koek baie goed.
As dit op glasbord uitgegooi is, smelt 300 gram sjokolade en gooi bo-oor.
Foto: Ansie Vermeulen Steyn




PYNAPPEL EN GEMMERLIM GEROOKTE HAM


PYNAPPEL EN GEMMERLIM GEROOKTE HAM
2 naeltjies
1 pypkaneel stokkie
10 peperkorrels
2 lourierblare
2 grof gerasperde wortels
3 seldery, opgesny
2 uie, in kwarte gesny
1 liter gemmerlim/gingerale of stoney gemmerbier of 7 up

Glaseersel:
227 g fyn pynappel
250 g ingelegde gemmerstukke, grof opgekap
60 ml van die stroop
80 ml demerera suiker( donker klam suiker)
60 ml sjerrie

Bo-laag:
Groot blik pynappelringe
Groen en rooi kersies *kersfeestema)
Genoeg vir 10 -12 mense

Metode vir Gammon/ham:
Meng alles saam, top op met water en kook Gammon. Gammon moet toe wees onder vloeistof.
Kook vir uur en 40 mins.
Haal uit vloeistof, laat rus op roosterplaat.
Verhit oond tot 200ºC.
Sny diamand blokkies op jou gammon. (ek druk nie dadelik my naeltjies *ekstras*  nie 2 wat jy mee gekook het in my gammon)
Meng alles vir glasuursel. Verhit in pot tot alles lekker gemeng is met mekaar. Suiker gesmelt en tangy.
Verf oor diamand blokkies.
Druk in oond. Rooster 20 – 30 mins.
So na 15 mins. Druk ‘n naeltjie in elke diamand blokkie (of aan begin… persoonlike keuse)
Rooster tot crispy en heuning bruin, liplekker.
Versier met pynappelring en kersies.
Lekker kersfees.
Resep: Sanet Byrne




DREAS CHRISTSTOLLEN


DREAS CHRISTSTOLLEN
Ingredients for 2 Christmas stollen weighing between 1.3 and 1.5 kg.
This stollen tastes super juicy and should be stored for at least 4 weeks before it is cut.
On the eve: Pour the raisins, citrons, candied orange peel and almonds with the rum and cover. Let stand overnight.

2 vanilla pods
1 kg of flour + 200g of flour
100 g fresh yeast
100 g sugar
grated peel of an untreated lemon
400 ml lukewarm milk
1 teaspoon salt
400 g soft butter + 150 g to brush
100 g chopped almonds
80 g of lemon zest, diced
80 g of orange zest, diced
460 g raisins
60 ml of rum
200 g powdered sugar
2 eggs
1.5 sachets of Christstollen spice
baking paper
cling film and aluminum foil to pack

Put 1 kgg of flour in a mixing bowl, make a bowl in the middle and crumble in the yeast. Heat the milk and pour over it. Dissolve yeast and cover with flour. Put the kitchen towel on the mixing bowl and the yeast mixture for 20 minutes in a warm place.
Meanwhile, cut the vanilla pod lengthwise and scratch out the pith with the flat back of the knife. Rub off the lemon peel.
200g flour with 400g butter as soft as possible butter knead.
When the yeast approach has gone, knead the sugar, vanilla, lemon peel, eggs and salt and seasoning. It must be a firm dough. Cover again and let it rest for 15 minutes.
Then knead the butter – flour mixture well and cover everything again and let it rest for another 15 minutes.
Finally, knead the fruit – almond mixture and let it cover for a final time for 15 minutes.
Then divide the dough and shape into an oblong roll and lash out a bit.
Fold a page a bit more like in the middle. Place the stollen on a baking tray that has been laid out with baking paper. Let it rest for another 30 minutes and then bake at 175 degrees for about 60 minutes. Take a swab sample. I bake my lugs in a baking frame (see photos) That works very well. But you can also tinker such a frame made of aluminum foil. This is then but not quite as stable as a baking frame.
After baking, allow the tuns to cool slightly on a wire rack. Melt the butter in a saucepan. Cut the vanilla pod and scratch it out and mix it with the powdered sugar.
Coat the lug well with butter from all sides, also at the bottom and dust with the icing sugar on all sides. Best with a powdered sugar sieve.

Let cool completely and wrap well twice in cling film and wrap as third layer in aluminum foil. Store cool storage.
For questions and ambiguities simply report.

Photo: Sabine Kurasch




MARISKA SE BLACK FOREST TRIFLE

MARISKA SE BLACK FOREST TRIFLE
Hier is die lang gewagte resep vir my tipe black forest trifle..
Ek het brownies gebruik in onderste laag en besprinkel met nachtmusik (chocolate liquor) bo op.
Paar geblikte black forest kersies, daarna styfgeklopte room met bietjie vanilla ekstrak in.
Geen suiker want dit moet die soet bietjie breek.
Bo op die room – Selfgemaakte aarbei sous gebruik. (ek het gevriesde aarbeie saam met suiker gekook tot dit lekker stroperig is).
Begin dan weer met die brownies hou so aan tot jou bak vol is, die laaste lagie moet room wees.
Versier dan met vars bessies en sjokolade, ek het vars kersies, rasberries en swartbessies gebruik.. en toe sommer ‘n paar Cadbury whispers by gegooi vir die liefde.
Foto en Resep: Mariska Griffin




GEMMERBROOD HUISIE


GEMMERBROOD HUISIE
4 koppies koekmeel
5 ml gemmer
5 ml kaneel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
250 ml botter
250 ml ligte bruinsuiker
1 eier
65 ml goue stroop en 60 ml Molasse (of 125 ml goue stroop)

Sif meel, gemmer, kaneel en bakpoeier saam.
Meng eier, stroop en koeksoda – sit eenkant.
Room botter en suiker tot bleek.
Voeg eier/stroop mengsel by. Meng goed deur.
Voeg droë bestanddele by en meng tot deeg mooi vorm.
Deel deeg in 2 dele en vorm balle.
Druk die bal effe plat, draai toe in clingwrap en sit in yskas vir so 15 min.
Rol so 4 – 5 mm uit en sny vorms. (Kan ook uitrol en koekie vorms uitdruk)
Bak by 160 ˚C vir so 10 – 15 min. totdat dit goud bruin om kante word.
Sit huisie aanmekaar met royal icing.
Ek het versiersuiker gebruik vir decoration.
Foto en resep: Frances Smith

Frances Smith
Wou ‘n groot gemmer huis maak wat soos houthuis lyk.
Het onderstaande resep paar keer aangemaak.
Versiering van Royal icing  en sout stokkies.