MARTIE SE MAKLIKE KERRIESULT


MARTIE SE MAKLIKE KERRIESULT
Foto en resep:  Martie Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
My eerste poging met kerriesult (brawn).
paar stukkies skoon varkpote (trotters)
500 g varkskenkel
bietjie sopvleis as jy verkies
1 groot ui,
knoffel, ekstrakblokkie, sout, peper, geurmiddels en kerrie na smaak

Kook alles saam oor medium hitte tot vleis baie sag is.
Laat afkoel, pluis vleis, sit terug in vloeistof en kook nog ‘n rukkie.
Skep in ‘n pan of glasbak, laat heeltemal afkoel en yskas toe.




DUMPLINGS IN CURRY


DUMPLINGS IN CURRY
My favourite in any curry😍
You can cook it with any curry, today I cooked a lamb curry with sugar beans and topped it with dumplings.
3 cups of cake flour
1 teaspoon salt
125 g butter
3 tablespoons of Semolina/Taystee Wheat
4 teaspoons of baking powder
1 and 1/3 cup of maas/plain milk

Sift dry ingredients into a large dish.
Grate the butter into the sifted dry ingredients.
Lastly add the milk/maas and make into a soft dough.
Break off small pieces and shape in a ball.
Put on top of your dish and leave on the stove for around 15 minutes.
N.B. Make sure you have a nice wet curry.
Recipe and photo: Yasmeen Ibrahim




BOBOTIE


BOBOTIE
1 kg mince
2 thick slices bread (white or brown)
250 ml milk
2 chopped onions
30 ml cooking oil
15 ml medium curry
20 ml borrie
30 ml apricot jam
30 ml blatjang
30 ml vinegar
A few bay leaves
salt and pepper for taste
½ cup of raisins
1 small tin tomatoes
handful almonds (optional)
egg and milk (topping)
3 eggs
375 ml milk (use the left over milk, used to soak the bread)

Preheat die oven to 170˚C. Soak the bread with 250 ml milk. Squeeze out 3xcess milk from the bread, and keep the left over milk. Crumble the bread.
Braise the onion in the oil, until it is soft. Add, curry powder borrie, tomatoes, raisens, almonds, blatjang and jam.
Add a little water and cook for 2 minutes.
Mix the bread, mince , salt and pepper with the curry mixture and bayleaves and cook for 5 minutes.
Place the mixture on an oven proof dish, 30 cm x 25 cm.
Mix egg and milk and add on top of the mixture in the dish. Bake for 30 minutes on 170˚C.
Enjoy with white or yellow rice with sliced bananas.
Photo: Benita Rodrigues




KLAAS SE LEKKER KERRIEHOENDER


KLAAS SE LEKKER KERRIEHOENDER
Eerste plek, ek gebruik ‘n yster pot en ek werk in die oond.
Ek kook uit my kop uit want ek kook om ‘n sekere effek te hê. Dit hou dit uitdagend.
Kap ‘n lekker groot ui in skywe en braai saam met so spatsel olyfolie oor matige hitte.
Voeg ‘n teelepel Anys by, 1 teelepel Origano en 1 teelepel Roosmaryn. Vars kruie is beter as jy wil.
Opsioneel is so 3 chillies in wiele gesny en saam met die uie in die pot.
Op die stadium kan jy so 1 teelepel Ina Paarman Chicken spice by roer. Ina Paarman se Rosemary and Olive werk nogal lekker.
Skep jou uie uit en braai ‘n mooi skoongemaakte Pick n Pay hoender starpack ligbruin aan elke kant.
Skud so 1 teelepel Rajah Medium en 1 teelepel Ina Paarman oor die gebraaide gedeeltes. Doen beide kante so en laat hom finaal op die beenkant braai.
Hier twyfel ek gewoonlik en gooi maar vir die wis en onwis ‘n derde teelepel kerrie by.
Gooi so half koppie water by of tot die hoender net uitsteek bo die water.
Draai jou hitte af dat hy nie te vinning kook nie en laat hom prut terwyl jy groente regmaak.
Maak jou oond reg vir 180ºC.
Ek gebruik Pick ‘n Pay se Baby Potatoes (nie salad potatoes nie, hulle sukkel om sag te raak) en meet so drie vir elke persoon.
Drie lekker groot geelwortels, geskil en in wiele gesny is volgende. Wiele moet so cm of bietjie dikker wees.
Gooi jou groente by en laat groente net uitseek bo die water as nodig voeg nog koppie water by.
Voor ek oond toe gaan, gooi ek so 3 eetlepels lensies by en twyfel ‘n paar sekondes voor ek nog so half lepel bygooi.
Krap jou lensies maar so dat hulle effens water kry
Laat hom in die oond bak met deksel op vir so 45 min.
Op 45 min maak ek ‘n mengel van 500 ml room, 2 eetlepels chutney en 1 pakkie sampioen soppoeier by. Roer hierdie mengsel tot sy klonte uit is en gooi oor jou pot kerrie.
Lig jou kerrie dat jou sous lekker ondertoe inloop, sit jou oond af, die die kerrie in die oond en dek tafel. Sit voor met Basmati rys en geniet!!
Resep: Klaas Prinsloo
Foto:  Frances Smith




LEKKER WARM HOENDERKERRIE


LEKKER WARM HOENDERKERRIE
Foto: Ronell Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kilogram borsies, gehalveer
4 groot aartappels, in blokkies gesny
1 groot ui, fyngekerf
4 knoffelhuisies, fyngekap
1½ eetlepels medium kerrie met aromatiese mengsel speserye
½ eetlepel sterk gewone kerrie
1 teelepel borrie
sout en peper
2 Knorrox hoenderblokkies
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels blatjang
½ koppie appelkooskonfyt
1 potjie vars room (250 ml)
1 pakkie cream of mushroom sop
3 eetlepels suiker

Braai die uie tot ligbruin en voeg die knoffel by. Braai nog so 1 minuut. Voeg die kerrie en borrie, sout en peper by en roer so 2 minute lank. Voeg die hoender stukke by en braai aan albei kante. Los die Knorrox blokkies in 3 koppies water op en voeg by bestandele in die pot. Kook hoender vir so 30 minute. Voeg die blokkies aartappels by en kook tot gaar. Kyk dat daar genoeg vloeistof in pot is vir sousie ook.
Meng die soppoeier, room, tamatiesous, blatjang, konfyt en suiker goed saam. Voeg by die hoender, roer liggies deur en prut vir 5 min. Oppas vir aanbrand. Hou dop.
Bedien met lekker soet groente en basmati rys.




INDIESE LAMSKERRIE MET NAAN


INDIESE LAMSKERRIE MET NAAN
Foto en Resep:  Ina Du Toit Rautenbach
FOOD LOVERS RECIPES
Indiese lamskerrie met tuisgemaakte naan en knoffel kool

lam skenkels
Robertsons paprika, growwe swart peper, gemmer en koljander na smaak
blatjang na smaak
2 teelepels tamatie paste
125 ml klappermelk
1 knoffelhuisie
2 wortels, in blokkies gesny
4 klein aartappels, blokkies gesny
1 ui, gekap
1 koppie groenboontjies, gekerf
½ teelepel kerrie poeier of paste, na smaak

In die  prutpot (slow cooker) gemaak soos ‘n stew.
Ek het op ± 500 g lamsvleis  (mal oor Indiese kos, so ek gaan na smaak) uie gebraai en lam bygesit en in prutpot gesit met bietjie water vir paar uur met alle droë bestanddele (gemmer, knoffel, koljander, paprika en borrie, sout en peper) lam laat sag kook op hoog.
Meng die klappermelk, tamatie paste, blatjang en kerrie paste, hang af van hoe sterk jy van jou kerrie hou. Sit al die groente en die klappermelkmengsel by die vleis, kook verder op hoog tot alles sag en gaar is.

Naan:
Droë bestanddele:
1 teelepel suiker
2 teelepels gis
1 teelepel sout
3 koppies meel
1 ½ koppie warm water

Meng goed saam, laat rys vir 30 min.
Knie af en vat klein bolletjies met meel en rol so dun as moontlik uit.
Braai in non stick pan soos pannekoek.
Doop daai outjies in die sousie en geniet.
Bykos was kool, gebraai in knoffel botter.




PEKEL KERRIEVIS

PEKEL KERRIEVIS
10-15 stukke vis (ek het sommer hake medallions en snoek gebruik)
6/8 groot uie in ringe gesny
1 koppie water
1 koppie asyn
5 lourierblare
Paar peperkorrels
Koriander saad
1/2 koppie suiker
1.5 teelepels sout
2 eetlepels masala
2 teelepels borrie
2 koppies koekmeel
(Packo masala werk altyd die beste)

Geur vis met 1 teelepel sout en packo massala en ‘n bietjie borrie. Rol die vis in koekmeel en braai  in vlak olie ongeveer twee minute aan elke kant, afhangende van die dikte van die vis. Plaas in ‘n groot bak en sit eenkant.

Die sous:
Voeg water, asyn, lourierblare,  paar peperkorrels,  borrie, ½ teelepele sout en packo masala in 1 medium grote pot.  Bring tot kook en voeg ses tot agt uie wat gesny is by. Voeg die  suiker by. Laat prut vir 8 minute totdat al die geure in uie ingetrek het. Haal af en gooi oor die vis in ‘n bak… laat afkoel, bedek en plaas in yskas totdat dit reg is om te eet. Geniet!
Resep en foto: Curt Carstens




SUE-ANN SE LEKKER KERRIEVIS

SUE-ANN SE LEKKER KERRIEVIS
2 kg vismootjies, die was stokvis
750 ml asyn
2 koppies suiker
4 uie in ringe, gesny – halwe ringe werk ook goed
10 droë perskes, bietjie kleiner gesny
25 ml borrie
12.5 ml kerrie poeier
10 ml sout
6 peperkorrels
4 kruienaeltjies
4 lourierblare
40 g mielieblom
2 eetlepels appelkooskonfyt

Droog die vis af met handdoekpapier en geur dit aan beide kante met sout en peper en sprinkel ‘n bietjie suurlemoensap of asyn oor.
Rol die vis nou in die koekmeelblom tot dit heeltemal bedek is.
Braai die vis in matige warm kookolie tot gaar sowat 4 minute aan ‘n kant.
Hou ‘n bietjie van die asyn om die mielieblom mee aan te maak.
Gooi die res van die bestanddele behalwe die mielieblom in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt en kook dit dan vir ‘n kwartier met die deksel op.
Maak die mielieblom met die asyn aan tot ‘n gladde mengsel en roer dit by die kerriesous.
Kook dit ‘n paar minute tot dik en gaar.
Gooi ‘n bietjie sous in gesteriliseerde fles gevolg met stukkies vis in lae tot die bottel vol is, gaan so aan tot alles gebottel is.
Ons het die sous verdubbel om genoeg te hê om die vis te kan bedek.
Wenk : moenie die sous te dik maak nie anders loop dit moeilik in tussen die stukkies in die potjies en ook nie die stukke te groot nie dan pak dit moeiliker in die potte.
Resep: Sue-Anne van Jaarsveld
Foto: Gideon Louw – Kerrievis resep by sue Sue-Anne van Jaarsveld gekry
gekry en is heeerlik en hou laaaaank tot vyf jaar in die koelkas en smaak sommer nog vorentoe.




BEEF AND LAMB CURRY

BEEF AND LAMB CURRY
100 g beef cut up into blocks
2 lamb chops cut up into blocks
100 ml fresh cream
4 mushrooms, chopped
1 onion, chopped
1 heaped teaspoonful of curry powder
10 ml Worchester sauce
5 ml cornflour mix with a little water
5 ml crushed garlic
Morrocan spice
Mixed herbs spice
salt and pepper to taste
olive oil for frying

In a pot add the olive oil.
Add the onion and fry till golden and soft.
Add the beef and lamb and fry till the meat is sealed and brown on all sides.
Add the rest of the ingredients and let simmer for 20-25min on low heat.
After simmering remove from heat and set aside.
Recipe posted by Kristie Townsend
Photo: Kristie Townsend




BEESPOOTJIE EN SKAAPVLEIS BUNNY CHOW

BEESPOOTJIE EN SKAAPVLEIS BUNNY CHOW
Plaas beespootjies en skaap vleis, gemeng (soveel soos jy wil hê) in die stoompot en stoom so 25 minute saam met een opgekerfde ui.
Voeg nog ‘n gekapte ui en aartappelsby saam met:
chicken spice
peperkorrels
‘n kwart lepel kerrie (ek gebruik mild)
1 beef stock pot
Stoom weer so 15 minute.

Plaas oor in ‘n ander groot kastrol en voeg by:
1 pakkie knorr mild durban curry
1 pakkie knorr savoury mince
1 pakkie spagettie bolagnaise
ongeveer 125 ml room
15 ml suiker
borrie vir kleur

Prut vir ongeveer 5 minute. Dit moet souserig wees, anders voeg nog water by.
Vat kwart broodjie of half vir ons manne hol brood uit en skep mengsel in, sit die brood wat uit die korsie geskep is bo-op.
Resep geplaas deur Liza Botes
Foto: Liza Botes