BOBOTIE WITH CRANBERRIES


BOBOTIE RECIPE
30 ml butter
2 onions, peeled and sliced
2 teaspoons minced garlic
25 ml curry powder
5 ml cumin
5 ml ginger
25 ml turmeric
1 kg beef mince
1 apple, grated
1 tomato, chopped
100 ml cranberries, soaked in boiling water and drained
325 ml cream
5 eggs
salt and pepper
bay leaves

Preheat the oven to 180 °C.
Heat oil in a medium pan. Sauté the onions and garlic over a medium heat until transparent.
Add the curry powder and spices and fry for a minute until fragrant.
Add the apple, tomato and soaked cranberries and cook for about 2 minutes.
Now add the beef mince and mix well. No need to cook the mince.
Place mince in greased oven proof dish.
Bake 15 minutes and remove from oven.
Now whisk the eggs with the cream and season with salt and pepper and pour over the mince.
Arrange the bay leaves on top.
Bake for a further 25 to 30 minutes or until the custard has set.
Recipe and photo: Louise Venter




KAAPSE BEESKERRIE


KAAPSE BEESKERRIE
25 ml olie
1 kg dikrib
2 uie gekap
1 teelepel matige kerriepoeier
½ teelepel masala
1 teelepel borrie
4 knoffelhuisies, gekap
1 blik gekapte tamaties
1 koppie warm vleisaftreksel
4 aartappels in kwarte gesny
20 pruime (opsioneel)
sout en varsgemaalde swartpeper
25 ml appelkooskontfyt
15 ml suurlemoensap

Braai die vleis in ‘n swaarboomkastrol. Skep uit en hou eenkant.
Sorteer ui in dieselfde kastrol tot sag. Voeg kerrie en masala by en roerbraai tot geurig. Voeg borrie, knoffel, gebraaide vleisblokkie, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt.
Bedek en laat ongeveer 2 uur lank stadig kook.
Voeg aartappels en pruimedante by en kook totdat die aartappels sag en gaar is.
Geur met sout en peper en roer die konfyt en die suurlemoensap by.
Kook deur, laat staan rukkie vir die geure om te trou en bedien.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




FLIPKOTIE SE LEKKERSTE BUNNY CHOW


FLIPKOTIE SE LEKKERSTE BUNNY CHOW
1.3 kilogram lamsvleis
6 groot rooi tamaties
4 groot uie
4 aartappels, in blokke gesny
1 stukkie gemmer en dieselfde hoeveelheid knoffel
13 gram korma masala
1 teelepel sout
3 eetlepel hoogvol kerrie poeier

Braai uie tot mooi bruin. Sny tamaties by uie en braai vir so 2 min.
Sit res van bestanddele by behalwe die aartappels en roer sodat als goed bedek is.
Dan geen Water!
Sit deksel op en kook baie lae hitte. Ek het vir 6 ure myne gekook op nr 2 op my stoof.
Ek het my aartappels laaste ingegooi. So 15 min voordat ek pot afgehaal het. Toets dat aartappels sag is voor jy bedien.
Bedien in ‘n uitgeholde brood, en sit die uitgehaalde brood by om die sousie mee op te eet.
Foto: Flipkotie Olivier




GEELSTERT KERRIEVIS


GEELSTERT KERRIEVIS
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
3 tot 4 kg vars geelstert, gefillet
Sprinkel sout en peper na smaak oor vis, sny in kleiner porsies, hou eenkant.
Kerrie sous:
6 medium uie fyn gesny (Het mandeline gebruik)
Braai uie in groot plat swaar boom kastrol (verkieslik stainles steel) nie bruin nie net deurskynend
Voeg volgende by:
2 eetlepel borrie
2 eetlepels medium kerrie
1 koppie appelkoos konfyt
2 teelepels aromat
1 teelepel varsgemaalde swartpeper
4 heel naeltjies
1 teelepel vol van karwy saad, gebreekte koljander
10 lourier blare
1 koppie asyn
1 koppie ligbruin suiker
±1½ koppie water

As uie klaar gebraai is, voeg alles by, net nie die vis nie. Skep nou helfte van uie en sous uit, hou eenkant. Pak vis in enkel laag.
Skep die sous en uie bo-op die vis, en pak ander vis bo-op sous. Ek pak my vis vleiskant onder toe.
As vis begin kook, sit deksel op en kook vir net 20 min. Skep vis in lae met uie en sous in erde-bak, koel af en sit in yskas. Vat so ‘n week om lekker in te trek.




ERICA’S CURRY CHOPS


ERICA’S CURRY CHOPS
pork chops (or any other meat you prefer)
water
vinegar
salt and pepper
300 g pickled brinjals from creative cuisine pantry
1 tin butterbeans, drained and rinsed
2 heaped teaspoons of rajah all in one curry powder with garlic
1 small tin of coconut cream
1 tin braai relish
chutney
1 teaspoon sugar

Cook pork chops in some water and vinegar. Add salt and pepper to taste.
When meat is cooked half way, mix curry powder, coconut cream, braai relish, chutney and sugar.
Pour over meat and continue cooking.
Add beans and pickled brinjals last and continue cooking until the sauce is at the consistency you prefer.
Serve with rice.
Recipe and photo: Erica Foot




VARK EN SOETPATAT KERRIE


VARK EN SOETPATAT KERRIE
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
30 ml vinkelsaad
30 ml rissievlokkies (ek het dit gelos)
45 ml geroosterde masala
20 ml borrie
2 lourierblare
2 x 410 ml blikke klappermelk (ek het net 1 gebruik)
1 x 410 ml geblik gekapte tamaties
12 ringe patat, skil nog aan
2 varkfilette (ek het varkskenkels gebruik)
‘n handvol koljander
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Verhit olie in ‘n oondvaste swaarboomkastrol tot warm. Voeg die ui, vinkelsaad en rissievlokkies by en roerbraai vir 5 min.
Voeg die masala, borrie en loeurierblare by en roerbraai vir nog 5 minute.
Voeg die klappermelk en tamaties by en meng deur. Plaas die patat ringe en vleisskywe in die sous en sit die deksel op.
Bak 20-25 minute (ek het myne 1 uur lank gebak)
Roer vars koljander deur.
Geur met sout en peper.
Verdik sous indien nodig met maizena.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




TRADITIONAL SOUTH AFRICAN BOBOTIE


TRADITIONAL SOUTH AFRICAN BOBOTIE
Photo: Gretchen Kingwill Rozema and Annet Geelhoed
Recipe posted by Gretchen Kingwill Rozema
FOOD LOVERS RECIPES
2 onions, finely chopped
1 kg mince
3 tablespoons olive oil
3 slices of white bread, soaked in milk (enough to cover the bread)
2 eggs
¾ cup milk
2 or 3 bay leaves

Group A:
15 ml (1 tablespoon) curry powder
30 ml (2 tablespoons) ground ginger
30 ml (2 tablespoons) brown sugar
15 ml (1 tablespoon) ground turmeric
10 ml (2 teaspoon) salt
5 ml (1 teaspoon) freshly ground pepper

Group B:
100 g raisins
30 ml (2 tablespoons) apricot jam
30 ml (2 tablespoons) vinegar
60 ml (4 tablespoons) chutney
30 ml (2 tablespoons) Worcester sauce
30 ml ( 2 tablespoons) tomato paste

Soak the bread in enough milk to cover the 3 slices and set aside for later.
Fry the onions in the oil until the onions are just soft and have some colour. Add the group A ingredients to the onion mixture and stir for 1 minute. Add the mince and fry together until the spices are well incorporated and the mince has just changed colour.
Add the ingredients of group B and mix well, stirring for a few minutes until the mince has cooked through. Take it off the heat and let it cool down a bit. Once it has cooled a bit you can add the soaked bread (squeeze out any excess milk first). Mix well.
Put the meat mixture into an oven proof dish.
Beat the eggs and milk together and pour it over the bobotie. Place the bay leaves on top (they will float around, that’s ok).
Bake at 180°C For 45 minutes or until nice and golden on top.
Serve with yellow rice and mixed veggies.




TANNIE KAREN SE HEERLIKE BOBOTIE GEREG


TANNIE KAREN SE HEERLIKE BOBOTIE GEREG
1 dik sny witbrood
250 ml melk
1 groot ui, fyn gekap
1 eetlepel appelkooskonfyt
25 ml kookolie
37.5 ml witasyn
15 ml warm kerriepoeier
15 ml suiker
5 ml sout
bietjie borrie (tumeric)
knypie peper
500 g maalvleis
2 eiers
12.5 ml blatjang
3 vars suurlemoenblare (opsioneel)

Week brood in melk.
Braai ui in kookolkie tot effens bruin.
Meng asyn, kerrie poeier, borrie, appelkooskonfyt, suiker, sout en peper en roer dit by ui.
Druk meeste melk uit brood (hou melk) maak brood fyn en voeg by uie. voeg dan gou maalvleis en 1 eier by, roer en voeg dan al die melk by. Meng goed.
Voeg blatjang by en laat mengsel ‘n rukkie kook – roer gereeld.
Voorverhit oond tot 180°C.
Spuit oondbak met spray and cook (bak moet 1.5 l water kan vat en die water moet bak amper vol maak anders is die oondbak te groot).
Skep vleismengsel in bak.
Plaas vir paar min in die oond.
Klits oorblywende eier en 100 ml melk saam. Giet oor bobotie. Sit suurlemoenblare by.
Bak bobotie vir half uur (30 min).
Sit warm voor saam rys van jou keuse.
Resep en foto: Elidese Strydom




MARELIZE SE “SWEET AND SPICY” KERRIE EN RYS


MARELIZE SE “SWEET AND SPICY” KERRIE EN RYS
Ek het ‘n paar maande terug die lekkerste blikkie groente ontdek. Ek gebruik dit nou elke keer wat ek pap en maalvleis of kerrie en rys maak.
Dit is Koo se Mixed vegetables, die Sweet and Spicy Curry Sauce geur.
Ek het vanaand vir ons kerrie en rys gemaak.
1 koppie rys gaar gekook
500 g  maer maalvleis (lean mince)
1 blikkie sweet and spicy curry(koo)
1-2 teelepels worcester sous
Sout en peper
1 teelepel chutney
klapper

Terwyl die rys gaar word, maak ek die maalvleis. Ek braai die vleis eers tot gaar dan gooi ek die blikkie sous, Worcester Sous en sout na smaak in.
Die Worcester Sous maak net dat die maalvleis bietjie verbruin. Ek hou maar van vleis as dit éffens gebraai(brand) is.
Ek sit die plaat op laag en die deksel skuins op sodat die groente kan sag kook. Ek bedien dit dan saam ‘n eetlepel Chutney en ‘n klein bietjie klapper. 🙂
Foto en resep: Marelize Cloete




BIRYANI-BOBOTIE


BIRYANI-BOBOTIE
500 g maalvleis
1 gekapte ui
1 blikkie gemengde groente
1 blikkie lensies in soutwater of ongeveer 2 koppies saggekookte lensies
1 koppie rou rys, gaar gekook.
1 teelepel malay kerriepoeier mengsel (by Malay spesery winkels verkrygbaar)
1 teelepel matige Cartwrights kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel cumin poeier
1 teelepel karamonk poeier (by Malay spesery winkels verkrygbaar)
1 teelepel fyngemaakte knoffel
1 pakkie savoury mince cook in sauce poeier
(Die hoeveelheid speserye en veral die kerrie, kan aangepas word na jou smaak)
400 ml water
2 eiers
½ koppie melk
blatjang om bo-oor te smeer

Braai die uie in ‘n bietjie olie in ‘n kastrol tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot dit verbruin. Meng die pakkie cook in sauce poeier, asook al die speserye met 400 ml water en giet by die maalvleis, saam met die gedreineerde gemengde groente. Prut vir 10 minute oor lae hitte en roer gereeld. Skep lae maalvleis, gaar rys en lensies in ‘n oondbak en eindig met ‘n laag maalvleis.
Smeer ‘n dun lagie chutney van jou keuse oor die vleis.
Klits die eiers en meng met die melk.
Giet oor die maalvleis en bak by 190ºC vir ongeveer 20 tot 30 minute tot die eier gestol het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete