HEKSIE SE KERRIE-SLEEPSOUS

tested
HEKSIE SE KERRIE-SLEEPSOUS
BRON: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie sous is genoeg vir 8 tot tien mense.
8 tot 10 groot uie, opgesny in ringe
300 ml mayonaise
300 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
150 ml blatjang
knippie gemmer, opsioneel
50 ml asyn
50 ml appelkoos konfyt
kerrie
borrie
sout na smaak

Smoor die uie tot halfgaar, gooi al bogenoemde bestanddele by die uie en laat dit stadig prut tot die sous lekker dik word.
Spice jou ontdooide tjops of hoender klaar.
Laat die sous afkoel en pak jou vleis en die wors in die braaikasserol – laag vir laag met die sous tussenin en bo-oor.
Hoe langer die vleis in hierdie sousie staan, hoe lekkerder is dit. Laat dit vir ten minste 12 ure staan.
Bak nou vir jou ‘n potbrood en sny dit in dik hompe. Wanneer die vleis klaar gebraai is sit jy dit terug in die sous en hou dit warm oor matige hitte. Oppas, moenie die kerrie laat aanbrand nie.
Hou jou tjops eenkant vir later.
Nou begin die sports!
Skep daai kerrie uiesous oor die brood en geniet dit. Sorg dat jy staan, want daai sous GAAN drup! Geniet dit!




OUMA HENNA SE WESKUS KERRIEVIS

tested

OUMA HENNA SE WESKUS KERRIEVIS
Resep:  Louise Groenewald
Foto:  Ansie Vermeulen Steyn
FOOD LOVERS RECIPES
Geelstert en Kabeljou is ideale keuses vir kerriesvis, maar enige ander wit vis soos stokvis is ook geskik.
2 kg vismootjies
sonneblomolie vir vlakbraai
3 groot uie, ringe gesny
2 eetlepels mielieblom (Maizena)
Kerriesous:
3 koppies bruin asyn
1 koppie bruin suiker
1 koppie water
2 huisies vars knoffel, fyngedruk
2 teelepels vars gemmer, fyngedruk
2 – 3 eetlepels kerriepoeier (sterk of matig, na gelang van smaak)
2 teelepels geroosterde rooi Masalapoeier
2 eetlepels borrie
1 eetlepel swart peperkorrels
1 groot ryp tamatie, pitte uitgedruk en fyngekap
2 teelepels sout
4 lourierblare

Was en sny die vis in porsies. (sit deeg om soos onder) Braai die visporsies in warm olie vir omtrent 3 minute aan elke kant, net tot gaar. Voeg al die kerriesous bestanddele in ‘n groot kastrol en bring stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos het. Voeg uieringe by, verlaag die hitte en bedek met deksel, prut vir 10 minute. Pak die vis en uie in lae in glashouers met skroefdeksels. Meng die mielieblom met ‘n bietjie van die kerriesous en roer by die sous, kook tot die sous effens verdik. Giet die sous warm oor die vis en laat dit afkoel, skroef daarna die deksels styf op en plaas in die yskas. Laat staan die vis vir omtrent 3 dae om die geur te ontwikkel voor opdiening. Ek maak my vis altyd kleinerige hap grootte porsies, dis dan ook makliker om in die potjies te kry.
Vir die deeg om die vis:
My recipe is a cup of plain flour with a cup of water. Add 1 teaspoon of baking powder and a pinch of bicarb and salt. Leave to stand for about 20 minutes. Dip the fish portions in flour, shake it off and then dip in the mixture. Fry in hot oil (not too hot) for about 4 minutes on each side, depending on thickness of portions. You can add spices to the flour before dipping the portions.




KERRIEVINKEL EN KOPKOOL

2013-07-14-vinkelkoolkerrie
KERRIEVINKEL EN KOPKOOL

1 middelslag kopkool
1 middelslag vinkelbol
2 uie, fyngekap
2 groot knoffelhuisies, gekap
500 ml suiker
15 ml kerriepoeier
15 ml mosterdpoeier
30 ml mielieblom
625 ml asyn
3 ml sout

Sny kool en vinkel in dun repe. Kook vinnig in klein bietjie kookwater, met toe deksel en 10 ml botter, 5-10 minute.
Braai uie en knoffel vinnig ligbruin in bietjie botter, meng res van die bestanddele by en kook 8-10 minute op matige hitte.
Gooi oor gedreineerde groente en kook stadig saam vir 5 minute.

Jy kan ook sampioene by resep inwerk, dis regtig lekker. ENJOY!
Ek gaan vanaand weer die resep maak en sal dan die foto opsit. Dis heerlik!

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




KERRIE LAMSBREDIE

2013-07-02-kerrielamsbredie
KERRIE LAMSBREDIE
Foto en resep geplaas deur Linda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 g lamsboud vleis in blokkies gesny
1 teelepel gemmer puree
1 teelepel knoffel puree
1 koppie uie puree
½ kpoppie olie
1 teelepel komynsade
1 teelepel kojandersade
2-3 lourierblare
4 kerrieblare
1 kaneelbas
4 kardamoms
2 teelepels garam masala
2 teelepels “leaf masala
½ teelepel rooipeperpoeier
1 teelepel borriepoeier
1 teelepel rajah kerrie (medium)
1 teelepel paprika
2 koppies fyngekapte tamaties sonder skil
1 beef blokkie opgelos in 250 ml kookwater
8 groot aartappels in blokke gesny
1 teelepel sout

Verhit olie, gooi die komynsade, kardamoms, lourierblare, kerrieblare, kaneelbas en kojandersade daarin. Wanneer sade begin skiet, voeg die gemmer, koffel en uie puree by en roer oor hoë hitte tot lig bruin. Sit die garam masala, leaf masala, borriepoeier, paprika, rooipeperpoeier en rajah kerrie by en meng deur.
Voeg die vleis en beefblokkie by en roer deeglik deur op hoë hitte.   Roer die die fyngekapte tamaties by.
Plaas die aartappels bo-op en roer liggies.  Laat prut in die pot vir so lank as nodig, tot alles gaar en sag is.  Bedien met Basmati  rys.

Onthou al die bykomstighede by hierdie kerrie gereg:  klapper, piesang en van ouma se tuisgemaakte blatjang

 




LEKKER KERRIE EIERS

2013-07-01-kerrieeiers
LEKKER KERRIE EIERS

Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels vet/olie tot bruin en geurig.
Skep uit en sit eenkant.

Neem ‘n kastrol, sit daarin:

3 eetlepels koekmeelblom
1 eetlepel botter
1 teelepel borrie
½ teelepel kerrie
knippie sout

Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig. Voeg by 2 koppies water en klits.
Laat dit kookpunt bereik en voeg 2-3 eetlepels suiker en half koppie asyn by.
Voeg gebraaide uie by, en ‘n halwe na 1 koppie gerasperde kaas.
Gooi sous oor eiers en laat staan vir ‘n half uur.




LEKKER HOENDER KERRIE

970741_10200553677057655_1993928689_n
LEKKER HOENDER KERRIE
Foto en resep:  Amanda Verster Vd Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, in blokkies gesny
1 groen rissie, in blokkies gesny
1 eetlepel knoffel, fyngekerf
8 hoender fillette, in blokkies gesny
1 opgehoopte eetlepel kerrie pasta
Orley whip room (die vir kook doeleindes en nie die rooi kartonnetjie met die aarbei op nie)
baba aartappels
± 750 ml water
kersie tamaties (ek het so 12 in die 750 ml kookwater gegooi om dit bietjie te laat swel
vars gemaalde swart peper/ bietjie sout
pakkie cook in a bag speserye (hoender geur)

Braai die uie/groenrissie/knoffel/ kerrie pasta en hoender in bietjie olyfolie tot hoender verkleur (wit) in ‘n groot genoeg kastrol sodat daar genoeg spasie is vir die res van die bestanddele en kook proses.
Strooi die cook in sauce speserye oor saam met die peper en sout oor. Gooi nou die tamaties met die water in die kastrol en sit die deksel op.
Prut vir so 30 minute.
Intussen sny die klein aartappeltjies in die helfte en maak dit in die mikrogolf oond gaar totdat dit sag maar tog nog ferm is (so plus minus 12 minute).
Gooi dit in die kerrie hoender en gebruik een pakkie Orley Whip en roer dit vinnig deur sodat die room nie skif nie. Laat dit verder prut totdat die hoender basies uit mekaar val.
Dien op met rolletjies en slaai.

 




KERRIE AFVAL

afval

KERRIE AFVAL

Ek kook my afval sommer so uit die kop uit en gooi by lol!
Maar basies afval laat week in koppie asyn en kookwater, goed gespoel , dan vir 3 ure stadig gestowe in ‘n koppie asyn en water en swartpeper korrels en koppie aartappel blokkies! Uie gesnipper en gebraai met kerriemengsel wat ek bygegooi het, met staranys en lourierblare, gemeng met afval en bietjie verdik met maizena en suurlemoensap!
KERRIEMENGSEL
SOUS:
2 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel suiker
1 teelepel borrie
1 eetlepel Worcestersous
sout en peper

Resep en foto: Gigi Robinson




JOLETTA SE KERRIEHOENDER

JOLETTA SE KERRIEHOENDER
Hierdie resep het ek by my vriendin Joletta gekry. Een van haar Indier vriende maak sy kerrie so. Dit is ongelooflik geurig en lok altyd komplimente uit
1 groot ui fyngekap
Olyfolie
5 knoffelhuisies – gesnipper
Klein stukkie vars gemmer gerasper
1 eetlepel Mehran Chicken Masala of enige lekker SA Kerriepoeier
bietjie borrie vir kleur
¼ koppie asyn
Aartappel blokkies
Sout na smaak
1 blokkie groente/hoender ekstrak
½ koppie kookwater
Mespunt rissie pasta (opsioneel)
500 g hoenderfilette in stroke gesny
Maizena (indien nodig)
½ blik heel tamaties met sous
½ koppie klappermelk/room
Vars koljanderblare na smaak opgekap
Dik room – opsioneel
Sampioene, gesny – opsioneel

Braai die opgekapte ui in genoeg olyfolie. Voeg knoffel en gemmer by en braai tot ligbruin.
Meng Masala, borrie en asyn goed met uiemengsel in pan. Voeg aartappel blokkies by en kook halfgaar.
Voeg hoender/groente blokkie by ½ kop kookwater en roer by hoendermengsel. Nou kan `n mespunt rissiepasta deurgemeng word. Sny ½ blik heel tamaties met sous daarby en prut tot sag.
Voeg nou die hoenderstukkies by. Maak toe en laat liggies kook tot hoender gaar. Moenie laat droogkook, hou sappig.
Maizena kan met sous gemeng word indien verkies.
Gesnipperde sampioene kan bygevoeg word.
Meng klappermelk/room by bg in `n rukkie voor opdiening.
Kap vars koljanderblare na smaak by en dien op met Basmati rys.
`n Paar lepels dik room kan ingeroer word vir gladde tekstuur.

Resep: Adri Malan
Foto:  Rina Kleinhans




LOUISE SE MALAY KERRIE

louise se malay kerrie
LOUISE SE MALAY KERRIE
Foto en resepte:  Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Ek sit die kerrieresep maar hier bo weer. Ek het twee weergawes gemaak vir ‘n funksie onlangs, matig en sterk. Hierdie resep is vir die matige kerrie. Vir die sterkter weergawe het ek kerriepasta gebruik. (nie sterk nie)
1,5 kg – 2 kg stowevleis soos skaapnek, skenkel of beesvleis of hoender
3 tot 4 uie, gekap
1 handvol vars Dhunia blare, gekap
blatjang na smaak
4 eetlepels suiker
1 koppie beef stock
1 blikkie gekapte tamatie with Indian spices and curry leaves
aartappels in kwarte gesny (werk uit ½ medium aartappel per persoon)
1 bossie wortels, growwe stukke gesny
175 ml “Plain Full Cream Greek” Jogurt of klappermelk/-room
1 pakkie droë geelperskes, opsioneel
1 groot handvol rosyntjies, opsioneel
Speserymengsel:
3 vet huisies vars knoffel, fyngemaak saam met duimlengte vars gemmer
3 groen rissies (chillies), fyngekap, opsioneel
swartpeper en sout
3 stukke heel pypkaneel
5 heel naeltjies
5 kardamonsade, gekneus
3 ml anys
5 ml fyn neut
5 ml fyn loerierblare of 3 heel blare
15 ml van elk:
fyn koljander
cumin (jeera)
leaf masala (red)
20 ml borrie

Braai uie en speserymengsel saam oor lae hitte in bietjie olyfolie.
Voeg bietjie water by (dis ‘n droë mengsel) en roerbraai tot uie gaar is.
Voeg vleis of hoender, dhunia, chutney, suiker, stock en tamatie by.
Prut oor lae hitte tot vleis baie sag is. Dit sal enige iets van 1 to 2 uur neem.
Voeg aartappels, wortels, rosyntjies en perskes indien gebruik, laaste halfuur by.
Roer jogurt en/of klapperroom by met voor opdiening.
Voeg nog stock by indien dit te droog kook.




ANDRE SE HOENDERKERRIE

ANDRE SE HOENDERKERRIE
Resep:  Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES
(vir 12 vlerkies/boudjies) – of vleis van jou keuse
2-3 eetlepels sterk kerriepoeier (R***h Hot)
1 teelepel knoffel
2 groot uie gekap
1 teelepel borrie
½ teelepel rooipeper (pas aan na smaak)
1 blikkie tamatiepasta
½ teelepel fyn komyn (Jirrah) (engels – cumin)
sout en peper
½ teelepel fyn gemmer

Verhit olie in pot. Braai uie tot bruin. Voeg alles behalwe tamatiepasta by en braai STADIG saam met uie vir ± 2 minute. Moenie laat brand nie, anders raak mengsel bitter. Voeg klein bietjies water by indien dit droogbraai.
Sit die vlerkies by en voeg ± 250-500 ml water by en laat prut tot vlerkies sag is. Sit paar aartappels en tamatiepasta by en kook verder tot sag. Bedien op rys met tamatie-salsa, blatjang, klapper en piesangskywe. Of ons gunsteling is deesdae plein joghurt met fyn gesnipperde vars mint.
To die for!!