BEESVLEIS KERRIE


BEESVLEIS KERRIE
500-600 g beesvleisblokkies
2-3 eetlepel sterk kerriepoeier
1 teelepel knoffel
2 groot uie gekap
1 teelepel borrie
½ teelepel fyn komyn (Jirrah) (engels – cumin)
½ telepel rooipeper (pas aan na smaak)
½ teelepel fyn gemmer
4-5 lourierblare
1 blikkie tamatiepasta
Sout en Peper
Verhit olie in pot.
Braai uie en knoffel tot ligbruin. Verwyder uit pot.
Braai vleis bruin. Verwyder eers weer die vleis.
Sit uie/knoffel terug in pot.
Voeg komyn, borrie, gemmer en rooipeper by en roer vinnig sodat dit nie aanbrand nie (dit raak bitter) en voeg ‘n koppie water by.
Sit die vleis terug in die mengsel.
Voeg klein bietjies water by indien dit droogbraai.
Kook mengsel tot vleis byna sag is.
Voeg 5 aartappels in blokkies gesny by en kook tot vleis/aartappels sag is.
Voeg tamatiepasta by asook sout en peper na smaak.
Prut vir nog so 10-15 minute. Roer goed deur.
Bedien op rys met tamatie-salsa, blatjang, klapper en piesangskywe of my gunsteling, bulgaarse joghurt met fyngekapte mintblare. Ons kon nie vars mint kry nie en het sommer droee mint gebruik (regs voor op hooffoto).
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand se man








