KERRIE VARKTJOPS

 

2014-05-30-kerrievarktjopstested

Ek het sommer my eie bestanddele en hoeveelhede gemeng, maar dis min of meer soos volg vir 8 tjoppies.

een groot ui in ringe gesny
2 koppies+ mrs B blatjang
koppie tamatiesous
halwe koppie heuning
2 eetl kerriepoeier
2 eetl masala
koppie kookolie
sout
peper

Meng als en gooi oor tjops. Dit het seker so bietjie meer as ‘n uur gemarineer. Braai oor kole en sleep so tussendeur weer deur sous. Ons het die tjops terug in die kasserol gesit en op die rooster. Dit het so bietjie staan en prut. Voorwaar ‘n wenner gewees.

BRON- Annelie van der Merwe-Kruger




SOYA BOBOTIE

bobotie

SOYA BOBOTIE
2 x 100g Curry Soya Mince
2 onions, sliced
30 ml oil
5 ml medium curry powder
5 ml turmeric
30 ml white vinegar or lemon juice
15 ml granulated sugar
salt and pepper
1 slice white bread,3cm thick
250 ml milk
2 large eggs
75 g seedless raisins
45 ml fruit chutney
grated rind of 1 lemon
2 bay leaves
20-24 almonds, slivered
6 lemon leaves.

METHOD:
1. Prepare and cook soya mince following the packet instructions. Set aside.
2. In a frying pan, heat oil and sauté onions until soft, not coloured. Stir in curry powder and turmeric, fry for 2 minutes, stirring continuously.
3. Add the vinegar or lemon juice, sugar and seasoning. Stir cooked soya mince into onion mixture and continue cooking for a further 5 minutes.
4. Soak the bread in the milk; squeeze dry and strain milk, make up to 250ml and set aside. Add bread to soya mince mixture.
5. Mix 1 egg, raisins, chutney and lemon rind into soya mince mixture, combine well and pour into a buttered casserole dish. Add bay leaves, cover with foil and cook in a preheated oven at 180 C until set.
6. Place almonds on top of the bobotie. Whisk remaining milk and egg together. Carefully pour over bobotie. Reduce heat to 160 C and cook for n further 30 minutes, or until custard top has set. Serve with white rice, chutney, banana and apple sambals, or with a mixed salad.

Recipe and photo:  Sharon Viljoen




MOEDER SE INGELEGDE KERRIEVIS

2014-05-14-kerrievistested

MOEDER SE INGELEGDE KERRIEVIS
1 snoek in stukke gesny – of vis van jou keuse
4 groot uie – sny in ringe
500 ml ( 2 kp) asyn
250 ml (1 kp) water
3/4 koppie suiker
1 eetlepe borrie
2 eetlepels kerrie
Bietjie sout na smaak
1 eetlepels swartpeper korrels
3-4 lourier blare
Maizena om sous bietjie dik te maak

Bak vis tot gaar in bietjie olie
Prut gesnyde uie 10-12 minute in asyn en water
Meng suiker, borrie, kerrie, sout, peperkorrels en lourierblare en voeg by asynmengsel en kook deur
Meng maizena met bietjie water en voeg by asynmengsel kook tot gaar en dik
Pak vis laag in bak, dan uiemengsel laag, herhaal lae en eindig met uiemengsel laag
Plaas in yskas wanneer koud en eet na 3-5 dae

1 ste foto:  Marie Dumas Jennings  se Mamma se resep
2de foto:  Gideon Louw
Ek’t ‘n snoek ingele in kerrie
En Marie se mamma se resep gebruik en dis heerlik dankie Marie vir die resep
Ek’t net die sout in die resep uitgelos en my snoek vooraf met ‘n laag dik growwe sout bestrooi en vir ‘n uur lank gelos en dit toe in stukkies gesny
Die sout maak die snoek ook lekker ferm en hanteer ook makliker

FOTO: Ronell Muller Boshoff




SLOW COOKED BEEF AND LENTIL CURRY

10294472_10203927132363720_507094523573937799_ntested

SLOW COOKED BEEF AND LENTIL CURRY

Vanaand se aandete was ‘n slow cooked Beef and Lentil Curry gemaak met my durban curry spices…beste ooit wat ek dit al gemaak het. Het dit bedien met poppadums, basmati rys, pickled vegetables, natural yogurt en coriander.

Ek het ‘n topside beef roast gevat en in blokkies gesny. Het beesvleis en uie verbruin en dan het ek al die speserye gebraai, ek het kerrie mengsel en garum masala, mostersade, curry seeds, star anise, cinnamon sticks en bay leaves gebruik en borrie gebruik. Speserye gebraai en toe fyngekapte uie en garlic en ginger en tamarind paste bygevoeg. Toe al die vleis en uie teuggesit in die pot en ‘n groot blik gekapte tamaties bygevoeg met lensies en water en sout en pepper en stadig laat prut vir 3 ure. Bedien saam met basmati rys, poppadums, pickled vegetables, natural yoghurt en coriander.

Source: Leanne Thurston Coetzer 




ADAM SE BO-KAAP BIRYANI

2014-05-03-byrianitested

ADAM SE BO-KAAP BIRYANI

500g tot 1kg bredie vleis van jou keuse (skaap, bees of hoender)
1 groot gekapte ui
4 medium grootte aartappels in blokkies gesny
4 wortels in stukkies gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 teelepel biryani masala
1 teelepel gewone Kerrie (cartwrights – sterkte volgens jou keuse)
1 ½ teelepels cumin
1 teelepel gemmer
1 ½ teelepel borrie
2 teelepels fyn knoffel
2 kaneel stokkies
sout na smaak.
1 koppie gekookte rys waarby ‘n ½ teelepel borrie gevoeg is.
1 ½ koppie gaar lensies.
Twee eetlepels asyn

Braai die gekapte ui en kaneelstokkies in bietjie olie tot dit begin sag word en voeg die vleis by. Braai tot die vleis begin verbruin en voeg klein bietjie water by en laat kook tot die vleis halfpad gaar is (tyd gaan afhang van watter sort vleis jy gebruik). Meng die inhoud van die blikkie gekapte tamaties met die biryani masala, kerrie, cumin, gemmer, oorblywende borrie en knoffel en voeg dit by die vleis. Indien nodig, voeg nog bietjie water by. Bring tot kookpunt en laat prut vir ongeveer 15 minute. Voeg die aartappels, wortels, sout en asyn by en laat kook tot die groente sag is.

Skep lae vleis en groente, rys en lensies in ‘n opdienbak. Herhaal die lae tot die bak vol is en eindig met die oorblywende sous in die kastrol. Bedien warm.
Resep en foto:  ADAM CLOETE




KERRIE EN ROTI / CHAPATI

kerrie en roti sunethtested

KERRIE EN ROTI / CHAPATI
Resep en foto: Suneth van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
Ek skat altyd die hoeveelhede afhangende vir hoeveel mense ek kos maak.

1 kg vleisblokkies (vark, bees, lam, hoender)
olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngemaak
2 cm gemmerwortel, fyn gerasper
10 kerrieblare, opsioneel
1 teelepel sout
1 eetlepel suiker
2 groot tamaties, klein gesny
2 aartappels / patats
vars koljander, grof gekap

speserye
15 ml chilli poeier, meer of minder, afhangende van hoe warm kerrie moet wees
½ teelepel borrie
1 teelepel garam masala
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn koljander

Rooster die volgende in ‘n droë pan om geure vry te stel:
1 ster anys
12 stukke heel kaneel
12 teelepels heel koljander
12 teelepels heel komyn

Gooi geroosterde speserye in ‘n stamper en vylsel en maak fyner. Nie heeltemal fyn nie – daar moet nog effense growwe stukkies wees.
Braai uit in olie tot goudbruin en sag. Voeg knoffel, gemmer, chilli poeier, borrie en garam masala by en braai effens. Voeg vleis, kerrieblare, sout, suiker asook geroosterde speserye by. Braai tot vleis effens verbruin het. Voeg tamaties, fyn komyn en fyn koljander by. Voeg ekstra water by indien nodig. Sny aartappels / patat in kwarte en voeg by. Kook tot gaar. Sous kan verdik word indien verkies. Roer vars koljander by en bedien.

ROTI
200 g / 400 ml koekmeel
3 ml sout
30 ml olie
ongeveer 125 ml water
50 g / 50 ml sagter botter / margarien

Plaas meel en sout in mengbak van voedselverwerker of menger en voeg olie by. Knie / verwerk tot gemeng. Voeg dan genoeg water by om matige sagte deeg te kry. Verwerk tot elasties.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot 1.5 cm dik in reghoekige vorm uit. Smeer botter egalig oor deeg en rol ferm op vanaf langer sykant. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 1 uur.
Sny rol in 8 – 10 ewe groot stukke en rol elke stuk in ‘n bal. Rol elke bal op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot ‘n sirkel tot baie dun.
Verhit ‘n kleefvrye pan tot matig warm en plaas roti daarin. Bak tot blasies vorm en roti lig goudbruin aan die onderkant is. Draai om en maak ander kant ook gaar. (Dit gaan baie vinnig). Maak gaar roti’s toe met vadoek en bêre in lugdigte houer. Vries baie goed.




HEERLIKE MAKLIKE HOENDER KERRIE

 hoendertested

HEERLIKE MAKLIKE HOENDER KERRIE
1 Hoender of stukkies
100 ml koekmeel
25 ml kerrie poeier
25 ml suiker
5 ml sout en knippie peper
1 pakkie sampion sop
400 ml koue water
125 ml tamatiesous
50 ml blatjang
50 ml Worcestersous

Meng koekmeel, kerrie, suiker sout en peper en rol honder in meel mengsel tot goed bedek. Plaas in groot oond skottel met deksel en laat 1/2 uur staan

Meng soppoeier , water, tamatiesous, blatjang en Worcestersous. Gooi mengsel oor hoender. Sit deksel op en bak teen 180 grade C vir 1 uur. Sit voor met rys

Resep en foto: Maryke Nel McCaig




GERRIE SE KERRIE

2014-03-22-mincerice01tested

GERRIE SE KERRIE
1 kg maalvleis
2 groot uie
1 medium groen soetrissie
1 medium rooi soetrissie
7 medium  groot aartappels
2 x 410 g blikkies kerriegroente (820 g)
4 eetlepels kookolie (60 ml)
4 eetlepels Worcestersous (60 ml)
3 ½ eetlepels gekneusde knoffel (50 g)
3 eetlepels suiker (45 g)
3 eetlepels matige kerriepoeier (45 g)
1 ½ eetlepels borrie (25 g)
2 teelepels sout (10 g)
1 teelepels wit peper (5 g)
3 eetlepels maalvleisspeserye (40 g)
1 ½ eetlepels suurlemoenpeper (25 g)
1½ eetlepels hoenderspeserye (25 g)
2 bief knorrox blokkies
2 hoender knorrox blokkies
2 eetlepels balsamiese asyn (30 ml)

Kerf die uie, en soetrissies fyn.
Sny die aartappels op in blokkies (20 mm²) en gooi in bak met water.
Verhit die kookolie op nr. 4 tot warm.
Gooi die gekerfde uie en soetrissies by die kookolie en braai tot deurskynend.
Gooi die knoffel en suiker by en braai tot gekarameliseerd.
Voeg die maalvleis by.
Gooi die sout, wit peper  suurlemoenpeper  hoenderspeserye en Worcestersous volgende by die maalvleis en roer deeglik.
Braai die maalvleis tot gaar.

Plaas die bief en hoender knorrox blokkies, borrie en asyn in ‘n aparte houer en los op in 850 ml kookwater.
Voeg die oplossing by die maalvleis.
Spoel die aartappelblokkies af en verwyder die water.
Voeg die aartappelblokkies by en roer.
Kook op nr. 4 en roer gereeld tot die aartappels semi-sag is.
Voeg die blikkies kerriegroente by en kook tot die aartappels sag is.

Opdiening:
Bedien op geelrys.
Voeg die volgende, optioneel by volgens smaak:
Fyn gekerfde vars tamatie en uie of:
Mrs. Balls blatjang
klapper
piesang skyfies
….en miskien ‘n glasie melk (indien weerstandsvlakke teen warm-gekruide-disse dit vereis.
Resep en foto: Gerrie Janse van Vuuren




INGELEGDE KERRIE VIS

download (2)tested
INGELEGDE KERRIE VIS
Hier is die resep my ma het nooit meel oor die vis gesit want dan raak dit so soggy.
2 lb geelbek of geelstert vis, opgesny los die vel aan
½ koppie bruin suiker
2 eetlepels tamatiesous
3 eetlepels apelkooskonfyt
5 garlic huisies
1 klein chillie, gekap
2 groot uie, jy kan meer insit baie mense hou van baie uie
1 koppie wit of bruin asyn
½ koppie water
8 peperkorrels
4 naeltjies
4 allspice berries
2 bay leaves
1 eetlepel masala (kerrie poeier)
2 teelepels fyn cumin
2 teelepels fyn coriander
1 teelepel borrie
sout na smaak

Kap die garlic fyn sny uie in ringe.
Sout jou vis alby kante en laat staan vir so 30 min, sodat die vis kan ferm word.
Spoel af onder koue water en druk hulle lekker droog. Sny jou vis in porsie grote en bak in olie tot gaar, dreineer op papier. Sit nou al die ander bestanddele in pot en kook vir so 8 min, maar kyk dat jou uie darem nie pap is nie, nou sit jy jou vis en kerrie mengsel laag vir laag in bak eers sous onder in laag vis en dan laag kerriesous. Sorg dat al jou vis toe is onder die sous. Sit in yskas en gee so 3 dae voor jy wegval en eet. As jy bietjie dikker sousie wil hê gebruik bietjie mielieblom as dit kook. Mense hierdie vis is lekker, geniet dit.

BRON-Anita Groenewald Olderwagen




SPITSKOOL MET KERRIEMAALVLEIS EN RYS

spitkool geregtested
SPITSKOOL MET KERRIEMAALVLEIS EN RYS

Met n lekker fris komkommerslaai heerlik!!
1 spitskool
1 groot ui
1 klein rooi soetrissie
350-500 g maalvleis
1 eetlepel kerrie masala
1 tlp borrie
Sout en peper
Rooi rissie optioneel

Braai uie en kerrie masala en borrie tot saute, braai maalvleis tot lekker bruin en gaar. Sny kool in reepies en sny rooi bellpeper in blokkies as ook die rissie as gebruik braai alles tot net lekker gaar maar nog knapperig. Gooi sout en peper by na smaak.
Nou kan jy dit of saam met rys saam wok of met rys opdien.

Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot