LEKKER KERRIE WORS EN GEBRAAIDE UIE

 

2014-07-01-lekkerkerrieworsengebraaideuietested

Bak n stukkie “boerewors”..in die pan met Botter..(nie Slaghuiswors nie)
Daar is n GROOT VERSKIL..slagter gebruik almal deesdae die “ready packs” VROT van preserveermiddes en “serials”…
Wanneer die wors amper gaar is..sny n ui in stukkies en gooi by.
Gooi nou 1 teelepel borrie by, en een teelepel kerrie poeier.
2 eetlepels olyf olie
Roer lekker terwyl dit braai so vir 5 minute
Maak n roosterbroodjie.(Rye Bread)
Skep die mengsel op die broodjie..en geniet n LIGTE aandete.
OOOHHH hoe lekker eet ek nou..!!

BRON- Stefaans Blaauw




MUSSAMAN HOENDER KERRIE

 

2014-07-01-mussamanhoenderkerrietested

Hierdie kerrie het sy oorsprong in India maar word nou in Thailand en Maleisie gemaak In India net van hoender of skaap of ‘n vegetariese een van soja kaas. Hulle gebruik nie bees nie. (In India)

2 k klappermelk
1 kg hoender in stukkies
nog 1 k klapper room
3 E Mussaman kerrie pasta (Kry dit deesdae in Supermarkte)
2 E vis sous
1 E palm suiker (Of bruin suiker)
4 E tamarind sous (of suurlemoensap)
6 kardomom peule
1 stok kaneel
1 ui gekap

Bring die klappermelk tot kookpunt. Voeg hoeder by en prut vir so 40 min stadig.Sit die klapper room in ‘n aparte potjie en kook tot dit skei. Voeg die mussaman kerrie pasta en hoender by. Voeg die vis sous suiker, tamarind sous kardomon uie kaneel by en prut vir verdere 10 tot 15 min. Bedien met rys en geroosterde gekapte grondboontjies.
BRON- Martie Fourie Moolman




GEBAKTE HOENDERKERRIE (wenner)

gebakte hoenderkerrietested

GEBAKTE HOENDERKERRIE (wenner)
Ek het hom net baie minder gegemaak
5 heel uie skoongemaak
10 patatjies geskil
10 wortels gekap
2 skrophoendertjies
6 skudde sterk kerrie
1 skud anys (1 teelepel)
Sout na smaak ek het peper en chicken spice by gesit
2 koppies perskeblatjang
1 koppie wortel atjar (ek het dit uit gelos)
1 blik appelkooshelftes

Pak die pot met die groente onder en die hoenders bo.
Voeg 2 koppies water by en sit pot in warm oond.
Bak 45 min draai hoender om. Meng al die speserye met die blatjang, atjar en appelkose en giet oor. Bak 20 min bedien met stampkoring.
Ek het na 20 min die sousie dik gemaak en toe oop 10 min gebak.
Was baie lekker.
Nota: Skud is ongeveer ‘n teelepel vol
Foto:  Benhet Niewenhuis




KERRIEVIS VIR DADELIK EET

2014-06-27-kerrievistested

Neem een heel skoongemaakte Geelstert vis waarvan die vel afgetrek is, maak snye teen die kante (score). Vryf dit in met growwe sout en plaas in die yskas. Dit is beter indien jy fillette het wat jy in opdien stukke kan opsny en dit sal ook die kooktyd verminder.. Skil en sny twee uie in dun skywe en braai dit in bietjie olie tot deurskynend.
Voeg dan een teelepel gemmer poeier, 2 fyngemaakte knoffelhuisies, 2 lourierblare, 1 teelepel borrie, ½ teelepel rissiepoeier, 1 teelepel vis-masala, 1 teelepel cumin en koljanderpoeier gemeng en 1 teelepel gewone kerrie (sterkte van jou keuse) saam met 2 kaneel stokkies by die uie en roer vinnig vir twee minute. Voeg die inhoud van 1 blikkie gekapte tamaties en ½ koppie water by, geur met sout (onthou die vis is ook gesout), bedek en prut vir 15 minute.

Plaas die vis in die sous, bedek weer en prut verder vir ongeveer 20 minute of tot die vis gaar is. Draai die heel vis ‘n paar keer om tydens die kookproses. Om bietjie lyf aan die gereg te gee het ek ‘n bietjie gemengde, gevriesde groente sag ge-mikrogolf en 5 minute voor die einde van die kooktyd bygevoeg. Haal die lourierblare uit en skep oor in ‘n bedienbak. Indien jy die heel vis gebruik het, kan jy dit nou versigtig oopmaak, die ruggraat uithaal en in stukke sny. Bedien warm op rys of fyn aartappels.
Bron en foto:  ADAM CLOETE




THAI GREEN CURRY WITH NOODLES

thai kerrie louisetested

THAI GREEN CURRY WITH NOODLES
(serves 2 – 4)
500g pork fillets, at room temperature
(can be replaced with chicken breasts or beef)
Robertson’s Exotic Thai Seasoning
Freshly ground black pepper
25 g butter
25 ml oil
5 – 20 ml Thai Green Curry Paste (depending on brand)
Some brands are very hot, taste to make sure after adding 5 ml.
1 teaspoon smooth peanut butter
10 ml corn flour (Maizena)
1 tin Coconut milk
1 bunch of leeks, washed and sliced diagonally
1 medium sized red pepper, sliced into thin slivers
Coriander leaves for garnishing
Instant Egg Noodles (use only ¼ or ½ of the packet)
In a medium size bowl, cover the noodles with boiling water and leave to soak and hydrate for ± 20 minutes. Pour the water off just before serving.
Slice the pork fillets into strips for pan frying, about 1cm wide. Sprinkle with Thai seasoning and freshly ground black pepper.
In a large non-stick frying pan, melt the butter and oil, add the fillet strips, and fry for about 2 minutes, without stirring, over medium high heat. Turn the strips to allow the other side to fry and get a nice colour, for about 2 – 3 minutes. Add the curry paste and peanut butter. Stir-fry for a minute.
Remove the meat from the pan, and keep covered. Add the veggies to the pan and stir-fry until the veggies start to soften. Add a dash of oil if needed. Do not overcook the veg, it must remain slightly crispy. Add another sprinkling of Thai seasoning.
Add the meat to the veggies and mix lightly.
Mix the corn flour with a bit of the coconut milk and mix with the rest of the coconut milk. Add the mixture to the pan and bring to the boil while stirring, it will thicken slightly.
Separate the drained noodles and place in a large Oriental serving dish and spoon the green curry over. Garnish with scattered coriander leaves.
Louise Groenewald. –  (Learn to Cook with Louise – Food in a flash)

 




LEKKER BYKOSSE BY KERRIE

LEKKER BYKOSSE BY KERRIE

Mariette Visser
My ouma het altyd vir ons hierdie storietjie aanmekaar geslaan as die kerrie so bietjie aan die warm kant was…….ons eet dit vandag nogsteeds so saam. Wat jy dit noem, weet ek glad nie, maar dit is heerlik! Rasper appel en komkommer en meng met bietjie mayonnaise.
Rina Kleinhans
lekker tamatie-komkommer-uie salsa[sambal]
Blatjang, piesangs, Klapper en natuurlik n lekker broodbord eenkant op die tafel, met vars broodrolletjies
Christabel Garisch
Hier 5 goed is altyd op my tafel…Bulghaarse Yoghurt Mrs. Balls Chutney, klapper
En dan ‘n sambals wat gemaak is van vars gesnipperde Danhia, ryp tamatie. En rooi uie. Alles fyn klein blokkies opgekap geur Bruin asyn, sout en peper, mens noem dit sambals. ‘N lekker naan brood is ook altyd ‘n wenner!
Louise Groenewald
Alhoewel dit Grieks is en dus nie tradisioneel saam met ons kerries nie, maak ek altyd Tzakziki saam met my kerrie. Griekse jogurt, gerasperde komkommer(sit in sif dat vloeistof kan drain), sout, peper, vars knoffel, bietjie olyfolie.

Mosterdsaad en Klapperstrooisel
3 eetlepels klapper
1 eetlepel swart mosterdsaad
1 eetlepel olie
Verhit die olie met die mosterdsaad in ‘n kastrolletjie. Die mosterdsaad gaan woes begin skiet – sorg dus dat jy ‘n deksel byderhand het.
Voeg die klapper by sodra die mosterdsaad begin skiet en roer dit oor stadige hitte. Hou dit fyn dop, want dit brand gou aan.
Sodra die klapper goudbruin is, is dit reg! Dit het ‘n heerlike geur Dis baie lekker oor groente, gewone witrys of Kerrie.




HOE OM KERRIE ‘N MOOI ROOI KLEUR TE GEE

HOE OM KERRIE ‘N MOOI ROOI KLEUR TE GEE
Hoe om te maak dat my kerrie daardie rooi kerriekleur het sonder enige borrie!
Lorinda Landman
Ek het geleer om my kerrie asyn en suiker dhania jeera kerrieblare lourierblare saam met uie, garlic ens te braai dan kom hy so uit.

Louise Groenewald
Die Masala-mengsels gee ‘n rooi kleur asook rooi kerriepasta.

Adéle Brian Langley
Jip dis rooi kerriepasta die thai een as ek dit nie mis het nie… in ons dorpie is eksotiese dinge “volksvreemd” hehe bietjie min. En dis in die middel van platinum area waar al die stakings was so ons winkels was maar op baie basiese voorraad.

Johan Vorster
Paprika sal die rooi kleur ‘n groot hupstoot gee. Tamatie puree in sekere kerrie speel ook die role.

Adéle Brian Langley
Ek koop by indiese spesery winkels my mengsels.

Hettie Bezuidenhout
Ek gooi Thai Red Curry paste by.

JCLiza
Tamatiepasta of sommer tamatiesous werk goed om kerrie rooi te kleur en is ook lekker.

Johan Vorster
Safraan an en borrie, turmeric, gee oranje en geel effek.

Cobus Bosch
Ek gebruik indiese kerrie, vul aan met ruim (35 ml) paprika. Braai eers die vleis daarin voor vloeistowwe bygevoeg word. Diep rooi kleur wag vir jou en dit brand niks.




VOLSTRUISNEK KERRIE

2014-06-24-volstruisnektested

VOLSTRUISNEK KERRIE
Adrian sê hy het nie ‘n resep nie, maar dis wat hy gedoen het. Die volstuisnek is eers vir 20 minute gestoom, anders moet jy dit baie langer kook. Intussen het hy die wortels en aartappels net bietjie in die Mikrogolf gekook tot dit halfpad gaar is. Die vleis is uit die pot gehaal en saam met uie in ‘n ander pot gebraai terwyl die sous eenkant gehou word. As die uie begin sag word, word bietjie van die sous by die vleis gegooi sodat dit begin kook saam met ‘n paar naeltjies en heel koljander.

Intussen meng hy een teelepel vleis masala, een teelepel gewone medium sterkte kerrie en ‘n halwe teelepel borrie met ongeveer 2 eetlepels tamatiepasta en roer die res van die vleissous by. (Daar was ongeveer 1 1/2 koppie sous in die stoompot). Dit word nou by die vleis gevoeg, saam met sout na smaak. Kook vir ongeveer nog 15 minute en voeg die aartappels, wortels en opgesnyde murgpampoentjies by. Kook tot die groente sag is en roer nou en dan sodat dit nie aanbrand nie. Indien meer vloeistof nodig is, voeg bietjie water by, maar jy wil ‘n dik souserige gereg hê en nie sop nie.
Bron:  Adrian Olivier
Foto:  Adam Cloete




LOUISE SE GEURIGE BEESKERRIE MET PAP

2014-06-24-goodwood-20140624-01080tested

LOUISE SE GEURIGE BEESKERRIE MET PAP

1,5Kg – 2Kg Stowe beesvleis
3 tot 4 Uie – gekap
1 Handvol vars Dhunia blare – gekap
Chutney na smaak
4 Eetlepels suiker
1 Koppie Beef stock
1 Blikkie gekapte tamatie “with Indian spices & curry leaves”
Aartappels in kwarte gesny (werk uit ½ med. aartappel per persoon)
175ml Plain Full Cream Greek Joghurt of Coconut milk/cream

Speserymengsel:

3 Vet huisies vars knoffel fyngemaak saam met duimlengte vars gemmer
3 rooi rissies (chillies), fyngekap (opsioneel)
Swartpeper & sout
1 Stuk heel pypkaneel
5 Heel Naeltjies
5 Kardamonsade – gekneus

15ml van elk:
Cumin (jeera)
Leaf Masala (red)

50ml Rajah Medium Kerriepoeier
20ml Borrie

Braai uie en speserymengsel saam oor lae hitte in bietjie olyfolie. Voeg bietjie water by (dis ‘n droë mengsel) en roerbraai vir 2 minute. Voeg vleis of hoender, dhunia, chutney, suiker, stock en tamatie by. Prut oor lae hitte tot vleis baie sag is. Dit sal enige iets van 1 to 2 uur neem. Voeg aartappels, laaste halfuur by. Roer joghurt en/of coconut cream by met voor opdiening. Voeg nog stock by indien dit te droog kook.

Drukkoker: Kooktyd – 25 minute
Bedien saam met pap of rys.

Foto en resep deur Louise Groenewald




CURRY AND RICE

2014-06-24-kerrieblaartjiestested

CURRY AND RICE
In a dry pot fry
1 chopped onions
1 teaspoon chopped garlic and
1 tsp chopped ginger in
1 tbsp of oil until soft
Add 1 tbsps Rahjah Medium curry powder
1 tsp turmeric
1 teaspoons Roberson’s Mince spice and
1 chopped tomato and a few crushed curry leaves (8) fry for 2 min.
Add 500g mince meat and fry until brown
Add 2 peeled and chopped carrots, 2 peeled and cubed potatoes, 50 ml sultanas or seedless raisons, 2 cups water and 1 Knorrox beef stock cube, stir well and allow to simmer for 30 minutes with the lid on.
Add 125 ml frozen peas
Thicken with 2 tablespoons Knorr Brown Onion Soup mixed with 4 tablespoons water, add to the pot and allow to simmer for 5 minutes.
Season, careful this is already salty, with pepper
Serve with rice, desiccated coconut, chutney, sliced banana and curry leaves.
Wash curry leaves, dry, fry in a little oil (spinkle with salt) until crisp set aside on kitchen towel to absorb oil. Use as garnish.
Recipe and photo:  Elize de Kock