HENDRIK SE BUNNY CHOW

HENDRIK MARKGRAAFF SE BUNNY CHOWtested
HENDRIK SE BUNNY CHOW

½ koppie kookolie
100 g botter, ongesout
1 teelepel anys
2 kardamomsade
2 kruie naeltjies
1 stok pypkaneel
10 vars kerrieboom blare
2 uie, gekap
4 opgehoopte eetlepels kerrie poeier
2 chillies, gekap
1 groot knoffel, gekap
1 blik kersie tamaties
hoender “stock”
4 aartappels, in kwarte
500 g bees, hoender of skaap blokkies vleis
8 gekookte eiers
koljander blare
brood in kwarte

Verhit olie en botter.
Gooi kardamom, anys, pypkaneel, kruie naeltjies, kerrie blare in en braai vir 15 sekondes, gooi uie in en braai tot deurskynend.
Gooi kerrie in en braai 15 tot 30 sekondes. Pasop om nie te brand nie.
Gooi chillies en knoffel by met vleis. Werk deur en sit res van bestanddele by behalwe eier, aartappel en koljander.
Laat prut tot vleis sag is, sit aartappel by en kook tot sag.
Gooi gedurig warm water by om lang sous te maak.

Hol kwart brode uit en sit 2 eiers in elk.
Vul met kerriesous en vleis.
Garneer met koljander blare.

Resep en foto: Hendrik Markgraaff




GROENKERRIE MET HOENDER

groen kerrie corinnetested
GROENKERRIE MET HOENDER
Ek het aanvanklik gedink ek gaan ‘n brandblusser vir hierdie een nodig hê, maar na die visolie het alles bedaar… die wat dapperder as ek is, kan gerus meer groenkerriepasta byvoeg.
1 blikkie kokosneutroom
2 eetlepels groenkerrie pasta, kan meer of minder gemaak word
± 800 g hoenderfilette (ek het ‘n groot pak klaar gesny gebruik)
6 lemmetjieblare (ek gebruik gedroog)
1 blikkie koskosneutmelk
60 ml vissous
30 ml palmsuiker
gerasperde lemmetjieskil
200 – 300 g murgpampoentjies, baie dun repe gesny
handvol vars ertjies, opsioneel
basilikum of vars koljanderblare

Verhit koskosneutroom in ‘n swaarboom kastrol tot dit begin borrel, voeg  kerriepasta by en roer tot goed gemeng.
Voeg gesnyde hoenderfilette by en laat hoender gaar kook op ‘n lae hitte roer gedurig.
Sodra dit gaar is, voeg kokosneutmelk, vissous en suiker by en roer totdat goed gemeng.
Voeg laastens murgpampoentjieskywe by en kook vir so ongeveer 5 min.
Voeg net voor opdiening basilikum of vars koljanderblare by.
Jy kan jalapeno chillie opkap en byvoeg, maar ek het sommer stukkies pepadew vir kleur ingesit.
Die lekker van hierdie kerrie is dat dit vooraf gemaak kan word en net opgewarm word.

Resep en foto – Corinne Munro




KOOS SE KERRIE SOUS

 

Koos se kerrie sous.tested

KOOS SE KERRIE SOUS
Genoeg vir 2 kg Vleis

5 uie Fyn gesny
50ml olyf olie
6 Knoffel huisies fyn gesny of gedruk
2 teelepels Gemmer poeier
1 Rooi Pepper
4 Tamaties fyn gesny
2 Eetlepels botter
1 Teelepel turmeric
2 teelepels cumin powder
2 teelepels fyn coriander
2 teelepels Hot English Mustard poeier
1 Teelepel Paprika poeier
2 teeleps growwe chilli’s of poeier
Sout en peper saam met hoof dis.

Aanwysings

1 Gooi die Gemmer en chilli’s saam in n beker met water en meng dit goed. Net so 50 ml water
2 Braai uie, Red pepper en knoffel in n ysterpot met die olyf olie tot uie sag en glaserig is.
3 Gooi die gesnyde tamaties by en Roer die heel tyd vir so 5 minute
4 Gooi nou die Gemmer, Chilli pasta in saam met die ander droe speserye en roer deur. NIE die Turmeric nie. Gooi water by net om alles te bedek en roer goed.
5 Sodra die mengsel begin kook draai die hitte af en laat prit vir 15 minute terwyl jy kort kort roer. Die sous gaan begin dik raak so moenie dit brand nie. Moenie weer water by gooi nie haal liewer af van die plaat af en laat staan
6 Na 15 minute haal die pot van die plaat af sodat die sous kan afkoel
7 Maak alles fyn. Met n blender.
8. Plaas nou die botter in n pan op die plaat tot dit begin kook en gooi die Turmeric by en roer/braai vir 1 minuut tot dit begin bruin raak.
9 Gooi die Botter Turmeric by die ander sous en sit weer in die ysterpot om te prit vir 5 minute.
10 Jy kan die mengsel in die yskas bere vir iets soos 4 dae of vries tot jy dit wil gebruik
11 Ek het hoender en aartappel ge-precook.
12 Die sous is uit die pot gegeskep en die hoender en aartappels is in die pot geplaas.
13 Toe gooi ek die sous oor alles sit die plaat op no1 en los dit nou om te trek
14 Bietjie Parsley oor gegooi net vir iets anders in die kleur
Resep en Foto: Koos van der Merwe




JAMAICAN LAMB CURRY

12642502_10208006081772043_1474571849060014683_ntested
JAMAICAN LAMB CURRY
Serves 6
800g diced leg of lamb, mutton or goat
2 heaped tablespoons Caribbean Curry Powder
1 large onion, chopped
2” piece of root ginger, grated
2 cloves of garlic, crushed
1 scotch bonnet pepper, seeded and chopped
Small (approx 2”) piece of cinnamon stick
Salt and black pepper
Oil for marinating and browning
Approx ½ pint of hot water

Place the lamb in a bowl and stir in the onion and curry powder, add a little of the oil as this helps the spice stick to the meat. Cover with cling film and leave to marinate in the fridge for at least 1 hour but preferably overnight.
Heat a glug of oil in a heavy frying pan or wok. Scrape away as much of the onion as possible from the lamb and set to one side.
Brown the meat in batches until well coloured.
Reduce the heat and add the onion, garlic, ginger, scotch bonnet, salt and pepper and fry gently for 5 minutes until the onions begin to soften.
Add the water and cinnamon stick to the pan, give everything a good stir, cover and leave to simmer for 1 hour. Check the pan half way through and add more water if required.
After 1 hour taste check for seasoning and sauce consistency, the gravy should be nice and thick and the meat tender. Boil rapidly to reduce if necessary.
Recipe adapted : Elize de Kock
Photo: Elize de Kock
Tweede foto: Elize de Kock
Al baie kerrie geëet maar hierdie een was die beste ooit. Resep hier onder, maar ons het bok gebruik.
Gebruik Mother In Law as jy nie carribean curry kan kry nie. Dit is potent maar baie lekker. 1.5 eetl op die resep was vir ons lekker. Maar miskien te veel vir iemand wat nie van sterk hou nie. Die moeder van alle kerrie. Die het cumin, coriander, turmeric, red or black pepper, cardamom, clove , mustard, ginger, bay leaf, fenugreek in . Sit chilli in as jy wil. Baie carribean.




KERRIEUIE MET MOSTERD

uientested
KERRIEUIE
3.5 kg uie, in ringe gesny
1.125 liter asyn
45 ml stroop
900 g suiker
25 ml mosterdpoeier
25 ml kerriepoeier
7 ml sout
100 ml maizina, opgelos met bietjie koue water

Plaas die uie in ‘n kastrol met warm water. Kook tot net sag, nie pap nie. Dreineer goed.
Meng die res van die bestandele, behalwe die maizina, in ‘n kastrolen verhit. Roer tot al die suiker opgelos is.
Verwyder die kerriemengsel van die hitte en roer die maizina by.
Plaas terug op stoof en kook tot verdik en gaar.
Voeg die uie by die kerriemengsel en kook goed deur.
Skep in skoon warm bottels.
Foto: Karin Klinck Pitout




SWEET CHILLI KERRIEVIS MET AARTAPPELS

 

SWEET CHILLI KERRIEVIS MET AARTAPPELStested

SWEET CHILLI KERRIEVIS MET AARTAPPELS
1 medium groot geelstert
1 blikkie Sweet Chillie Tomato Braai Relish
1 ½ eetlepel medium Kerrie
1 teelepel borrie
3 rooi uie grof gekap
4 aartappels in klein blokkies gesny.
sout na smaak
Braai die uie in bietjie olie tot dit begin glaserig word en voeg die aartappels by. Braai die aartappels vir ongeveer 2 minute saam met die uie en voeg dan die Kerrie en borrie by. Roerbraai vir ‘n minuut of twee sodat die aartappel en uie deeglik met die Kerrie gemeng is en voeg dan die Relish en die sout by saam met ‘n halwe blikkie water. Laat prut vir ongeveer 10 minute en voeg dan die heel, skoongemaakte vis by. Bedek en laat prut tot die vis en aartappels gaar is. Roer nou en dan en voeg meer water by as die sous te dik raak. Haal die vis uit wanneer gaar, vlek oop en verwyder die ruggraat. Breek in groterige stukke en plaas in ‘n opdien bak. Gooi die sous bo-oor en bedien.
Bron en Foto: Adam Cloete.




OU KRISMIS KERRIE

 

2015-12-24-oukrismiskerrietested

OU KRISMIS KERRIE
500g maalvleis
1 pakkie 7g rajah matige kerrie
1 groot aartappel in blokkies gesny
1 groot ui gekerf
1e asyn
1t suiker
Sout en peper na smaak
Kook alles saam tot die aartappels so ń dik sous maak
Bedien op rys met blatjang en sit sommer so ń snytjie brood met botter ook by net vir die lekker
Geniet dit en die ou krismis

Bron:  Johan Coetzee




WILLEM SE SLOW COOKER KERRIEHOENDER

Willem se Kerriehoendertested
WILLEM SE SLOW COOKER KERRIEHOENDER
BRON EN FOTO: Willem Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
My kerrie hoender wat ek laas Maandag al wou maak…vandag eers gestalte gekry.
Plaas die hoenderstukke in die prutpot. Indien verkies kan dit eers bietjie gebraai word, maar nie nodig nie.
Braai 2 groot uie in botter bruin
Voeg 3 koppies water  en die volgende bestanddele by die uie en kook vinnig deur.
1 eetlepel koekmeel
2 eetlepels appelkoos konfyt
1 eetlepel kerriepoeier
2 eetlepels asyn
Bietjie blatjang
Bietjie tabasco sous
Sout en peper na smaak
Giet die uiemengsel oor die hoender in die prutpot, stel op Auto en laat rustig kook tot alles gaar en die sous lekker dik is.

 




PETRE SE KERRIE KOMKOMMERSLAAI

PETRE SE KERRIE KOMKOMMERSLAAItested
PETRE SE KERRIE KOMKOMMERSLAAI

8 komkommers in wiele gesny (ek het die wiele in kwarte gesny vir ‘n fyner slaai)
2 groot uie dun in halwe ringe gesny
2 knoffelhuisies fyngekap
4 koppies asyn (Ek gebruik bruinasyn)
1 koppie water
1,25 kg suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel rooipeper
2 eetlepels fyn gemmer
2 teelepels mosterdpoeier
4 teelepels kerrie (ek het n mengsel wat alles bevat borrie, komyn, kardamom, ster anys ens)
1 pakkie pickling spice
1 rooi rissie fyn gekap
Mielieblom om mengsel te verdik indien te loperig

Kook alles saam, behalwe die komkommers vir 10 minute of tot uie deurskynend is.
Voeg komkommers by en kook tot sag, maar nogsteeds stewig … Bottel warm
BRON – Petré Van Jaarsveld




SPINASIE-KERRIE

spinach-curry1tested
SPINASIE-KERRIE
1 bos vars spinasie, skoongemaak en fyn gekap
½ koppie water vir spinasie
1 ui fyn gekap
¼ koppie olie
2 teelepels tamatie puree
½ teelepel jeera poeier
½ teelepel garam masala
½ teelepel dhania poeier
1 teelepel “mother-in-law” rissiepoeier
sout na smaak
¼ teelepel swartpeper
2-3 aartappels in blokkies gesny en sag gekook
¼ koppie water
1 teelepel fyn knoffel en gemmer pasta
Stoom die spinasie in ‘n pot met die ½ koppie water tot amper droog, verwyder van die hitte en plaas eenkant.
Verhit die ¼ koppie olie in ‘n pan op die stoof, voeg die ui by en braai tot goudbruin. Meng die tamatie puree met ‘n bietjie water en voeg dit saam met die speserye by die ui en braai tot ‘n pasta vorm.
Voeg die spinasie en aartappel by die speserymengsel met die laaste ¼ koppie water en braai tot goed gemeng.
Voeg die knoffel en gemmer pasta by na smaak.
Lekker eet, hoop almal geniet die spinasie kerriegereg.
Resep en foto: Munir Husan