HEERLIKE KERRIE MAALVLEIS


HEERLIKE KERRIE MAALVLEIS
Foto en resep: Gillian Vermeulen
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
1 medium ui, gekap
4 medium wortels, in blokkies gesny
2 medium aartappels, in blokkies gesny
sout na smaak
1 liter water
50 ml suiker
50 ml asyn
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
25 ml appelkooskonfyt
Braai uie en maalvleis saam met kerriepoeier. Gooi die wortels en aartappels by en daarna die water. Voeg sout by. Meng die suiker, asyn en borrie en voeg by en laat prut tot groente sag is. Roer die appelkooskonfyt by. Voeg nog water by as daar te min vloeistof in is. Kook tot sous verdik en nie meer waterig is nie, maar moenie verdikkingsmiddel byvoeg nie. Ek bedien dit saam met klapper en piesang-skyfies.









