KERRIEPIESANG MAALVLEISBOLLETJIES

KERRIEPIESANG FRIKKIES MAKOUtested

KERRIEPIESANG MAALVLEISBOLLETJIES
2 dik snye dagoud brood, korsies afgesny
80 ml melk  of water
10 ml olie of botter
1 groot ui, fyn gekap
15 ml matige kerriepoeier
800 g maalvleis
45 ml blatjang
30 ml asyn
1 groot geel wortel, fyn gerasper
1 eier, geklits
sout en peper na smaak

Ek sit die volgende by wat nie in die oorspronklike resep is nie:
3 knoffelhuisies fyn gemaak
1 teelepel gekapte rissies
1 teelepel fyn gerasperde gemmer
1 eetlepel koljander

SOUS:
30 ml olie (vervang met botter)
3 uie, gekap
15 ml matige kerriepoeier
125 ml asyn (opsioneel)
10 ml borrie
30 ml bruinsuiker
60 ml appelkooskonfyt
500 ml water
6 ryp piesangs in skywe gesny
1 teelepel sout (nie in resep maar ek gooi dit by)

Week brood in melk of water.
Verhit olie of botter en braai die ui tot sag maar nie bruin nie. Ek voeg nou knoffel, rissie en gemmer by en braai nog ‘n paar sekondes.
Voeg kerrie by en braai nog ‘n rukkie. Roer, anders gaan dit aanbrand.
Voeg vleis, kerriemengsel, eier, wortel en brood by. Geur met sout en peper.
Meng bestanddele met ‘n vurk liggies deur en vorm balletjies. Pak in gesmeerde vuurvaste bak.

MAAK SOUS SOOS VOLG:
Braai ui tot sag maar nie bruin. Voeg kerriepoeier by en roerbraai nog ‘n minuut. Voeg res van bestanddele behalwe piesangs by. Kook 5 min.
Haal van hitte af en voeg piesangs by en roer deur.
Skep oor vleis.
Bak 45 min tot vleis gaar is by 180°C.
Genoeg vir ses persone.

Foto:  Hester Marx
Bron:  Oorspronklike resep aangepas deur Elsie Slabbert




PAMPOEN-KERRIE

Goodwood-20160629-02447tested

PAMPOEN-KERRIE

Ons het lekker sterk pampoen-kerrie geëet vanaand. Ek is baie lief vir pampoen en dis vir my heerlik saam met die kerrie.

600g blokkies beesvleis
2 uie gekerf
4 aartappels
Halwe pampoen in blokkies gesny
1 eetl elk : Rajah medium kerriepoeier, Cumin jeera, kerriepasta
Mother in law kerriepoeier na smaak

Sny uie, aartappels en pampoen blokkies en roerbraai dit saam met bietjie olie en al jou kerrie-speserye. Ek het Hubbard squash pampoen gebruik, want dis vir my ‘n baie lekker pampoen en dit raak nie waterig nie. Voeg vleis by en roerbraai weer ‘n paar minute.

Ek het Rajah medium kerriepoeier gebruik, saam met Cumin jeera, kerriepasta en Mother in law kerriepoeier. Ina Paarman seasoned salt, klein bietjie suiker. Die vleis was blokkies beesvleis. Moenie enige water byvoeg nie. Kook omtrent 20 minute in drukkoker. Verdik sous met klein bietjie Maizena indien nodig. Bedien met rys.

‘n Eetlepel van elk 🙂 Dit sal die ding doen. Minder of nie Mother in Law kerriepoeier nie as mense nie van sterk kerrie hou nie.

Eie resep / eie fotos – Louise Groenewald




DROEVRUGTE BOBOTIE

gevrugte bobotietested

DROEVRUGTE BOBOTIE
75 g droë appelkose
50 g pitlose rosyne
75 g droë appelringe
Lemoensap om in te week
500 g maalvleis
1 dik sny brood
500 ml melk
3 eiers
1 groot ui, gekap
25 ml botter (of olyfolie)
30 ml kerriepoeier (verskillendes werk lekker)
15 ml borrie
30 ml suiker
30 ml asyn
10 ml sout
5 ml swartper
Lourierblare
Geflokte amandels

Sny die droë vrugte in stukkies en gooi genoeg lemoensap oor sodat dit kan uitswel (2 groot uitgedrukte lemoene was genoeg).
Breek die brood in stukkies en week dit in 100 ml van die melk.
Dreineer die vrugte en hou die sap (gooi die vrugte in ‘n sif oor ‘n bak en los tot nodig).
Meng die die maalvleis en brood goed saam en plaas eenkant.
Soteer die uie in die botter tot sag. Voeg die kerriepoeier en borrie by en roer vir nog ‘n minuut of so oor die hitte. Voeg die suiker, asyn, sout en peper by en meng. Roer vir so ‘n minuut of wat. Voeg die vrugte by en roer vir ‘n minuut of wat. Voeg die sap by en prut vir so 5 minute tot daar amper niks meer sap oor is nie.
Klits die oorblywende melk en eiers goed saam.
Verwyder die vrugtemengsel van die hitte en meng die maalvleis mengsel daarby.
Skep die mengsel in ‘n oondbak.
Druk amandels en lourierblare halfpad in die vleismengsel in.
Gooi die melk/eier mengsel oor.
Bak in ‘n voorverhitte oond van 180°C vir ongeveer 50 minute of tot die vlamengsel bo-op gestol en goudbruin is.

Foto en aanpassings deur Wayne Dugmore




MATHILDA SE HOENDER BIRYANI

Mathilda se hoender biryanitested
MATHILDA SE HOENDER BIRYANI
Grootmaat
5 kg hoender, porsies kleiner gesny
5 uie
5 kg rys
borrie vir geel kleur
sout
1 kg lensies, opgekook tot sag
paprika
knoffel
lourierblare
bossie gania

Uie knoffel gania gebraai in olie. Eenkant gehou en later by gaar hoender geskep nadat hoender gebraai was in swartpot. Het potjie klaar gemengde speserye gekoop by ‘n spice shop. (rou hoender ingevryf en was oornag in yskas) blokkies aartappel ook gekook saam met hoender. Rys onder in pot dan vleis en bietjie sous en herhaal.

Bron en foto: Mathilda Van Tonder Leslie




ALTA SE KERRIE BEESVLEIS OP RYS

kerrie beesvleis altatested

ALTA SE KERRIE BEESVLEIS OP RYS
Hier is my kerrie beesvleis met basmati rys. Tanya Erasmus, ek het jou mengsel bietjie aangepas en die volgende gedoen:
Ongeveer 1kg beesvleis blokkies
2 uie groot gesny
2 tamaties in blokkies gesny
1 blikkie klappermelk
Braai dit in olyfolie
Meng die volgende:
1 t Rajah kerrie (pers boksie)
1 t Rajah kerrie (geel boksie)
1/2 t Masala
1 t borrie
1/2 t gemmer
1 t paprika
2 t fyn koljander
1/2 t komyn
1 e blatjan
1 e worchesthire sous
2 t appelkooskonfyt
2 – 3 e olyfolie
Voeg die mengsel by die uie en tamaties en braai vir so 5 min
Voeg die vleis by en braai vir so 5 – 10 min. Gooi 1 blik klappermelk en +-2 k water by en sit die deksel op en kook tot die vleis amper sag is. Voeg klein blokkies aartappels by en kook verder tot alles sag is (in totaal omtrent 3 ure).  Sit sout en peper in na smaak.
Verdik die sous met mielieblom en bietjie water.
Jy kan meer of sterker kerrie gebruik, hierdie brand nie vreeslik nie ter wille van die kinders 🙂

RESEP EN FOTO:  Alta Lubbe




MYRTLE SE KERRIE AFVAL

afval-300x224

MYRTLE SE KERRIE AFVAL
Skaap-afval
sout en peper
‘n paar naeltjies
‘n bietjie meel
‘n bietjie kerrie
1 teelepel suiker
asyn of suurlemoensap
Kook net soos afval. Maak alles met asyn of suurlemoensap en koue water aan. Roer dit in die afval en laat nog ‘n rukkie kook.
Afval:
Krap alles skoon en was goed af. Kap die kop oop, sny die tong uit en kap dan die neusbene weg.
sny al die los beentjies uit. Sny die kop in twee, en was dit baie goed.
Haal die harsings uit, en sit dit in ‘n stukkie pens. Werk dit goed toe.
Kap die pootjies in twee. Trek die vleis van die pens uit, sny dit in klein stukkies, en was skoom. sit alles in ‘n pot. Gooi die pot vol water. Sit ‘n paar naeltjies, en sout en peper in na smaak.
Laat dit lank kook tot die vleis sag is, die beentjies uitval, en die sous mooi dik en lymerig is.
Resep: “Lekkerkos”, gedruk in 1931
Geplaas deur Myrtle van Dyk




ANDY’S DRY LAMB CURRY WITH GINGER AND RICE

ANDYS DRY LAMB CURRY WITH GINGER AND RICEtested
ANDY’S DRY LAMB CURRY WITH GINGER AND RICE
Soften an onion in a tablespoon of oil.
Add enough lamb knuckles and other stew meat and brown lightly.
Add 1 T curry powder, 2 cut garlic cloves, about 3cm of peeled fresh ginger, a cut chilli and salt & pepper.
Cook for 1 min.
Add a tablespoon of vinegar and 1 to 2 T tomato puree or paste.
Bring to boil.
Turn heat down and simmer for 60 to 120 min.
Add very little water only if mixture threatens to burn.
The curry produces it’s own sauce. Serve with rice etc.

SOURCE AND PHOTO: Andy Galloway




KERRIEPIESANG FRIKKADELLE


KERRIEPIESANG FRIKKADELLE

1 kg maalvleis
5 snye wit brood, in 500 ml aftreksel geweek
2 eiers
sout
peper
½ teelepel fyngemaalde naeltjies
½ teelepel fyngemaalde neutmuskaat

Voeg alle bestanddele saam en meng goed.
Vorm balletjies, rol in meel en pak in ’n gesmeerde oondbak. Enige orige vloeistof kan ook in die bak gegooi word. Bak in ’n oond tot gaar.

Kerriepiesangsous:
500 ml asyn
500 ml water
1½ eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
3 eetlepels fyn appelkooskonfyt
2 eetlepels suiker
2 eetlepels meel
sout
peper
12 piesangs, gekerf
5 uie, gerasper
botter

Braai die uie in botter.
Maak die meel aan met die asyn en water. Voeg geleidelik by die uie.
Voeg die kerrie, borrie, konfyt, suiker en 6 piesangs by.
Kook tot die piesangs sag is.
Strooi die ander piesangs oor die frikkadelle en gooi die sous oor.
Bak tot alles lekker warm is.

Foto en resep:  Elize de Kock




VOORTREFLIKE HOENDERKERRIE

hoenderkerrie rinatested
VOORTREFLIKE HOENDERKERRIE
1ste Foto:  Benhet Nieuwenhuis
2de Foto:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERSRECIPES
10 hoenderborsies, ontbeen
3 kp hoenderaftreksel
Sous:
Bietjie olie
2 uie gekap
5 eetlepels koekmeel
625 ml hoenderaftreksel
3 teelepels kerriepoeier
4 teelepels borrie
2 apples, geskil en gerasper
1 koppie rosyne
4 teelepels suurlemoensap
2 teelepels bruinsuiker
2 lourierblare
Sout en Peper na smaak
2 piesangs
1 koppie room

Kook hoender in aftreksel vir 12 min, dreineer, laat afkoel en vlok.
Sous
Verhit olie en sorteer uie, roer meel by.
Roer aftreksel geleidelik by tewyl stadig kook.
Voeg oorblywende bestanddele by behalwe piesangs en room.
Roer en prut 30 min oor lae hitte.
Verwyder lourierblare. Roer piesangs en room by! Verhit deur! Bedien dadelik!!
HEERLIK!!!!!! 10/10

Nota – Rina Kleinhans
Ek het net aartappel en wortelblokkies en ertjies bygesit verder net soos hierdie resep, net halveer. Smaak heerlik sover.. sal net later die room bysit…. lekker dag vir julle




CHICKEN CURRY AND RICE

Chicken curry and ricetested

CHICKEN CURRY AND RICE
1) 4 chicken breasts cut up and fried
2) Add pepper, salt, 3 heaped tsp curry powder & cayenne pepper
3) 1 onion chopped and add with the chicken and fry together
4) 1 chicken stock with a cup of water add to the chicken
5) Cut a few potatoes and add in
6) Add peas (i use frozen peas)
7) Add more water if necessary
8) Add extra pepper, salt, 3 heaped tsp curry powder & cayenne pepper
9) Let it simmer till everything is cooked
10) Add Maizena to thicken it up
11) For the rice I made a big pot and added 1 tsp tumeric
12) When the rice is cooked don’t drain the water
13) Add the chicken and the rice and mix together
14) Let it stand for a while to thicken
SOURCE – Debbie Louw