RENE SE STAMPMIELIEGEREG

tested

RENE SE STAMPMIELIE GEREG
Ek maak my stampmielies gaar, so lekker souserig.
En dan sit ek by wat daardie dag in die huis is.
Spek, uie, sampioene, pepers ens. wat ek gebraai het en goeie skoot cheddar kaas,

So ongeveer 250 ml melk
3 GROOT geklitsde eiers
0ngeveer 45 g koekmeel saam geklits.

Meng die stampmielies, gebraaide uie ens. en kaas. Sit in bakskottel en giet melkmengsel oor.
In die swartpot op die vuur, matige kole , so 45 minute tot ‘n uur. Oond 180 ºC 45 minute

Resep: Rene Truter Wessels




AARTAPPEL EN HAM PIEKNIEKKOEK

2014-10-26-aartappelenhampiekniekkoek

AARTAPPEL EN HAM PIEKNIEKKOEK

Jy kan hierdie piekniekkoek ook in ‘n swartpot of pan op die vuur maak. Braai eers alles in sarsies in die pot en pak dit dan in lae in ‘n gesmeerde pot voordat jy die eier oor giet. Jy sal nie sulke mooi wiggies kan sny nie, maar jy gaan steeds lekker eet!

4 soetrissies
6 eetpeleps botter
4 knoffelhuisies
1 ui gekap
2 teelepels roosmaryn
3 middelslag aartappels of soetpatats
250 g ham in skyfies gesny
8 eiers
1 suurlemoen se gerasperde skil en
1 eetlepel suurlemoensap
sout en swart peper

Voer losboomkoekpan (23 cm) se bodem uit met bakpapier of foelie (sodat dit nie lek nie) en voorverhit die ooond na 180 C.
Halveer die soetrissies verwyder die pitte en plaas vel na onder op bakplaat. Plaas dit in die warm oond om te rooster tot sag – ongeveer 20 minute. verwyder en verlaag die oond temp. na 160C.

Plaas 4 eetlepels botter, knoffel, uie en roosmaryn in ‘n pan oor lae hitte om sag te sweet – ongeveer 20 minute. Laat effens afkoel.

Sny die aartappels in baie dun skyfies, plaas in pot en bedek met kraanwater. Bring stadig tot kookpunt en prut liggies vir 5 minute tot die aartappel net-net gaar is. Die skyfies moet nie meer rou wees nie, maar nog ferm genoeg om dit te kan hanteer. Dreineer die water versigtig en spoel af met koue water (jy kan ook wegtrek met heel gaar oorskiet aartappels wat jy in skywe sny).

Meng die eiers met die uimengsel en geur dit met die suurlemoenskil, 1 t sout en peper en ‘n skeut suurlemoensap.

Smeer die bodem van die voorbereide pan met 2 e botter. Plaas ‘n lagie aartappels in die bodem van die pan en sprinkel ‘n bietjie sout daaroor. Volg met ‘n lagie soetrissie en ‘n lagie ham. Skep ‘n paar e van die eiermengsel daaroor. Herhaal totdat al die bestanddele gebruik is en giet die orige eiermengsel bo-oor.

Bak vir 40 – 50 minute of totdat die middel gestol het. As jy die koekpan verwyder en daar loop eier uit, moet dit terug in die oond! Laat effens afkoel en sny in skywe en bedien dadelik met groenslaai. Of laat die “koek” heeltemal afkoel, draai in foelie toe en bêre in yskas vir die volgende dag se piekniek.
foto: Petro Borchard




GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES

2014-09-16-gebakteappelsmetgemmerkoekiestested
GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES

Het dit vandag probeer. Heerlik saam met vla of roomys.
4 tot 5 appels, suur groen appels werk die beste
4 eetlepels bruinsuiker
15 gemmerkoekies
4 eetlepels botter
4 eetlepels rosyne

Verwyder die appel se klokhuis, maar los die skil aan.
Meng die suiker, rosyne, gemmerkoekies, botter en stop die mengsel in die appel.
Pak in swaarboom pot op matige hitte en wag tot suiker en botter aan die onderkant begin smelt.
Voeg paar eetlepels water by om stoom te maak met deksel op.
Kook vir 10 – 15 min, skep uit sodra appels sag is.
Bedien saam met vla of roomys.
Foto:  Christina En LP Louw




PIESANGPOEDING OP BRAAI KOLE

2014-07-17-banana

PIESANGPOEDING OP BRAAI KOLE
Porsies: 1
1 piesang
3 malvalekkers
3 blokkies peppermint CRISP
tinfoelie

Skil die piesang AF en draai al die bestanddele in die foelie toe.
Sit dit op die kole sodra jy die braaivleis begin EET.
Wanneer jy klaar is, sal die nagereg heerlik gesmelt wees.




KREEF OP DIE KOLE

KREEF OP DIE KOLE

KREEF OP DIE KOLE
Sny hom oop op die pens kant tot in die kop. Was hom skoon en haal derms uit. Stop hom vol knoffelbotter. Sit hom rug kant op rooster oor warm kole. Los so 10 min.
Draai op sy en herhaal weer. Draai dan op maag vir 10 min en net voor hy gaar is draai weer op rugkant en spuit hom vrylik met suurlemoensap. Los 5 min, af haal en geniet.( kreef moet rooi wees dan is hy gaar)

Foto: Johan Cremer

 




GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK

foil pascelstested
GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK
Vriendin se kamp hoender- sy kan nie onthou waar sy die resep/beginsel gekry het nie. Dalk kan n kosmater help.
GEEN SKOTTELGOED: Geurige hoender-foeliegebak
Soms het ‘n mens iets nodig wat nie te veel moeite is nie, en wat ook geen moeite agterlaat nie. Tog moet dit vingeraflek-lekker wees en sommer ‘n yslike gesin kan voed:
Ek is mal oor kos wat ‘n mens net so kan saamflans – veral die wat nie regtig skottelgoed maak nie. Hierdie hoender- en worsiegereg maak jy in foelie toe voordat dit oor die kole, of in die oond gebak word. Die lekkerste is dat jy die bestanddele kan aanpas soos jy die dag voel. En die beste is dat jy dit met brood kan voorsit, wat jy dan deur die sous kan trek! Geen moeite. Moenie nog huiwer nie – maak dit vanaand!

Vir die sous:
25 ml bruinsuiker
25 ml balsemieke asyn
25 ml Worcestersous
25 ml olie
50 ml blatjang
5 ml heelkorrel- of soetmosterd
paar druppels Tabasco, opsioneel

Vir die foeliepakkie:
8 hoenderstukke: vlerkies, boudjies of dye
dun boerewors, of dun spek- en kaaswors
verskeidenheid sampioene – groot bruin, knopiesampioene, portabellinis
1 ui, sny in agt skywe
kersietamaties
sout en varsgemaalde swartpeper
25 ml witwyn (of water)

Begin deur ‘n plastiese sakkie te kry. Dis nou as jy regtig nie skottelgoed wil maak nie, anders kan jy ‘n bakkie gebruik. Gooi al die bestanddele vir die sous daarin. Voeg ook die hoenderstukke by en meng sodat die hoender heeltemal bedek is met sous.
Kry nou die foelie gereed.
Mens het ongeveer ‘n meter nodig hiervoor. Vou dit in die helfte, met die blink kant na buite.
Gooi die hoender in die middel van die foelie uit.
Sny die wors in ongeveer 5 cm-stukke. Rangskik dit tussen die hoender.
Voeg dan ook die sampioene, sommer so heel, en die uie en kersietamaties by. Werk dit maar so uit hoeveel elke persoon omtrent van elke item sal eet.
Gooi sout en swartpeper oor en rangskik alles mooi. Sprinkel die wyn oor alles.
Bring nou al die kante van die foelie in en maak dit styf toe. Kry maar ‘n groot snybord, bak of pan om dit in te sit soos jy dit van die een plek na die ander dra.
Sou jy op die punt agterkom dat jou foelie te min, of jou bestanddele te veel is, kan jy net eenvoudig nog ‘n stuk foelie omdraai, of bo-oor sit.
Die kan jy nou op die warm vuur sit, of in die gasbraaier, of in die oond by 220 °C. Dit neem sowat ‘n uur om gaar te word.
Al wat jy hoef te doen is om die pakkie na ‘n halfuur oop te maak en te kyk of alles nog reg is – jy kan dan ook sommer die hoender omdraai. Vou die foelie weg en laat dit dan oop verder gaar word.
As jy over the top wil gaan, kan jy fetakaas oorstrooi net voor jy dit tafel toe dra. Swart olywe is net so ‘n lekker toevoegsel – veral as jy dit saam in die foelie bak.
Sit die foeliegebak net so in sy foelie voor. Gee vars snye brood, broodrolletjies of chips om deur die sous te trek
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels

 




KAMPVUUR POEDING HORINKIES

KAMPVUUR POEDING

KAMPVUUR POEDING HORINKIES
Vul ‘n roomys horinkie met allerhande lekker bederfies, piesang, malvalekkers, choc chips, neute, grondboontjie botter, karamel stroop. Die keuse is eindloos, draai toe in foelie.  Sit op rooster oor matige hitte vir 10 min.
Vingeraflek lekker..!!

Geplaas deur Marlene Mouton Carstens




KAMPVUUR BROODROL

KAMPVUUR BROODROL
Resep: Jana Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie spek
1 groot ui
1 rooi soetrissie
1 blikkie 410 g mieliepitte, dreineer
350 g kaas, in blokkies gesny
1 eetlepel DêM-Nice Karoo Spice
gekoopte brooddeeg

Braai fyngekapte ui en spek tot lekker bros. Voeg soetrissie by en braai bietjie. Nou kom die blikkie mieliepitte in. Meng net deur en haal van die hitte af. Vat die gekoopte brooddeeg en rol hom in ‘n langwerpige stook uit, nie te dun nie nie te dik nie. Sprinkel DêM-Nice Karoo Spice bo oor die deeg. Nou kom jou vulsel van spek ens bo-oor gesprinkel. Laaste sprinkel die kaasblokkies oor. Rol die deeg op en plaas op ‘n gesmeerde pan in die oond 180°C vir 45 min of in ‘n pot bo op die kole. As dit gaar is sprinkel liggies spice en pietersielie oor vir garnering. Sny in skywe en geniet warm. Oppas vir die warm kaas!

 




GEVULDE UIE OP DIE KOLE

Image030tested

GEVULDE UIE OP DIE KOLE
(4 porsies)
Vulsel
250 ml gaar rys
4 repe spekvleis
Bietjie soetrissie gekap (Opsioneel)
5 ml pietersielie
30 ml hoenderaftreksel
Sout en swart peper na smaak
4 groot uie
Botter
Sny die uie so boonste punte af, mAar hou die skille aan. Kook die uie met skil en al vir ongeveer 5min tot sag. Haal die binneste deel van die ui uit, maar los genoeg om ‘n stewige dop te vorm. Kap die binnedeel van die ui fyn en meng saam met die res van die bestandele, buiten die botter. Skep die vulsel binne-in die uie doppe en stip elke met ‘n klontjie botter. Neem 2 lae foelie en smeer die blinkkant (binnekant) met bietjie olie en draai die uie daarin toe. Braai in die kole (Meduim) vir ongeveer 20 min, bedien terwyl nog warm.
Heerlike saam met braaivleis.
Foto en resep:  Rina Kleinhans

 




PYNAPPEL OOR DIE KOLE

PYNAPPEL OOR DIE KOLE
2 pynappels
75 ml botter of margarine
5 ml kaneel
125 ml bruinsuiker
125 ml soet witwyn

Skil die pynappels af en sny in stukke. Rol die stukke in die suiker en deel in 4 porsies op. Plaas elke porsies op aluminium foelie, (blink kant binne) en sprinkel bietjie botter op. Giet die wyn en kaneel oor. Maak mooi toe en braai vir omtrent 10-15 min oor medium hitte kole.
Heerlik en maklik