GIDEON SE BRUINPOEDING OP DIE KOLE

GIDEON SE BRUIINPOEDINGtested

GIDEON SE BRUINPOEDING OP DIE KOLE
Ek en vroulief het netnou klaar ge eet dit was nou sommer heerlik !!!
Bruin poeding oppie kole gemaak saam met roomys
Beslag:
½ koppie botter
½ koppie suiker
2 eiers
2 groot eetlepels appekooskonfyt
1 ½ koppies koekmeel
1 teelepel gemmer
1 teelepel koeksoda
1 koppie melk
Knippie sout
Stroop:
4 koppies water
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
½ teelepel kaneel
Klop die botter en suiker voeg eiers by en klop goed voeg konfyt by en meng goed.
Sif droe bestanddele saam en voeg om die beurt met melk by bottermengsel los koeksoda in ‘n bietjie melk op en voeg by.
Bring die stroop bestanddele tot kookpunt en skep in die swartpot, voeg die beslag daar by moenie roer nie
Kook op matige kole vir ‘n uur plaas ‘n paar kole bo op die pot se deksel ook ! Bedien saam met roomys of vla !
Foto en resep:  Gideon Louw




GESTOPTE HEEL KOOLKOP

GESTOPTE KOOLGESTOPTE KOOL 2gestopte-kool-kotie-regtested

GESTOPTE HEEL KOOLKOP‎
Hier is n ou bygereg wat ons altyd in die jag veld maak net voordat ons skeur buik kry van te veel vleis braai.
Neem n kool kop en sny hom in skywe.
Maak dan n mengsel van uie ,kaas, bacon( skaap, bees) en botter en enige spice na smaak.
Stop dan die gleuwe vol.
Maak dan die koolkop toe in foelie.
Sit hom op die kole met kole bo op .
Laat hom gaar word vir so 2 tot 3 ure.
Mense wat baie van kool hou los gewoonlik die braaivleis vir die gereg.
Hy werk net so goed in die oond teen 180 grade vir so 2 ure

BRON: Johan Erasmus‎ -VLEISLAND se Maklike Resepte
Foto van gaar kool:  Kotie Brooks




MARLI SE KNOFFEL EN KRUIE BOTTERBROODJIES

marli se knoffel en kruie botterbroodjiestested

MARLI SE KNOFFEL EN KRUIE BOTTERBROODJIES
125 g botter/margarien
550 ml bruismeel
15 ml suiker
7 ml sout
250 ml melk
½ teelepel knoffel
½ teelepel Italian Herbs (spice)
½ teelepel parsley (spice)
Al die speserye en die knoffel kan volgens smaak gebruik word.

Voorverhit die oond op 180°C.
Smelt die botter en knoffel saam.
Ek het ook sommer die pan met bietjie spray ‘n cook beet gekry, net om seker te maak niks sit vas nie.
Sif al die droë bestanddele saam in mengbak.
Gooi die melk by en roer saam tot dit ‘n stywe deeg wil vorm.
Knie liggies alles mooi saam.
Maak klein bolletjies rol dit in die botter knoffel mengsel, pak dit teen mekaar in pannetjie.
Gooi wat oor is van die botter knoffel mengsel oor die bolletjies.
Bak vir 20-30 min of net to mooi bruin.
Bron en foto: Marli Potgieter
2de Foto:  Gideon Louw – Ek het die resep gebruik en dit net in my klein pannetjies gebak in my varkieoond.
Gideon Louw – op die vuur in ‘n swart pot.

Gideon Louw
Ons het netnou die heerlike potbrood aanmekaar geslaan en dit saam met daai lekker vye konfyt wat ek gister gekook het en botter geniet . Ek het die resep gebruik maar netnie bolle gemaak nie maar met my vinger duike innie deeg gedruk en die gesmelte botter en knoffel in die holtes gegiet
Dit was djeeeerlik




NIEL’S “PLAT POT” PEPPER STEAK PIE

plat pot pepper steak 1plat pot pepper steak 2PLATPOT_ntested

NIEL’S “PLAT POT” PEPPER STEAK PIE

1 pkt today puff pastry
700g of tenderized steak
1 onion
2 tablespoons masala spice
1 tablespoon barisharp spice
1 tablespoon cumin power
1 tablespoon baking power
1 egg
1 tablespoon black and white pepper
1 cube knorr beef stock
3 finely grated carrots
100g sago
100g cake flour
garlic to taste
ginger to taste

Roll out the pastry dough over the flour on a board. Make sure the doughs’ size is larger the than the pot. Spray the pot with spray n cook. Gently put the dough inside the pot and make sure the dough comes up the sides of the pot with a slight overhang. In another pot over the coals or stove start with….
Oil the pot. Once hot and the onions garlic and ginger. When ready add the spices. When you smell the aroma add your cubed steak with salt to taste. Brown the meat and add, 500ml of water. Remember we want the steak to be a soft as possible so add the baking powder now. Add carrot and pepper. I added cubed potato and cracked peppercorns to my pot. But it’s your choice. Reduce the heat and let the process continue for 40min. make sure water level is above meat in the pot. Add sago and stock and simmer another 30min. taste pot checking the favors excites you. I added a pinch of cayenne pepper. Once meat is ready remove pot from heat and let it cool down.
With your pastry lined pot add your ingredients. Now fold he excess dough into the center of the pot covering the ingredients. Crack the egg and whisk it. Now gently brush the top and make sure the surface is coated. By this time the fire is gone and you left with coals. Spread the coals leaving a circle with no coals the size of the pot. Now place the pot on the grid and put a few large pcs of coals on the lid of the pot. Make sure you don’t open the pot as the ashes will fall in side. So leave the lid on and blow off the ash. I removed the pot after 40mins remember no direct heat at the bottom.
Lastly remember to you can put any filling in like with any pie. This was my 2nd pie over the coals in a pot. i hope you enjoy.

Bron: Niel Moodie




SOMARIE SE ROLY POLY

Somarie se roly polytested
SOMARIE SE ROLY POLY
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
knippie sout
½ koppie botter
1/4 koppie melk


Vryf botter meel en bakpoeier saam.
Meng met geklitste eiers en melk.
Rol die deeg uit. Smeer appelkooskonfyt oor (homemade appelkooskonfyt is soveel lekkerder).
Rol op soos Swiss Roll.
Maak sous vandie volgende op die stoof:
2 koppies suiker
3 koppies water
1 teelepel vanilla en
2 eetlepel botter
Giet die sous in ‘n oondbak.
Sny die deeg in wielietjies en pak in die sous in ‘n enkellaag.
Bak in oond by 180º C tot goudbruin.
Bedien warm of koud met vla.

Bron en 2ste foto: Somarié Muller
Foto: Gideon Louw
Nota:  Gideon het sy poeding op die kole in die swartpot gemaak 🙂




BOVRIL AND CHEESE FRENCH TOAST ROLLS

bovril and cheese french rollstested
BOVRIL AND CHEESE FRENCH TOAST ROLLS

You take a slice of bead. Cut off the crusts. Flatten it as much as possible – i used a wine bottle in support of the rhinos.
Now you spread Bovril on it.
Put a thickish slice of cheese (not too wide) on the one end. Roll it up. Dip it in eggwash. Into the pan until brown on all sides.

NOTE: Do NOT use home made bread (beer potbread) as it doesn’t want to roll up as nicely…

Source and photo: Wayne Dugmore




GESTOPTE SOETRISSIE OP DIE BRAAI

 

2015-11-28-gestoptesoetrissieopdiebraaitested

GESTOPTE SOETRISSIE OP DIE BRAAI
Een groot green sweet soetrissie.    Sny die koppie mooi uit vir hergebruik en krap die ergste wit en pitte uit.
Ek het saam gemeng
Een groot gesnipperde bruin sampioen en
twee kleingekerfde uitjies
n kwart teelepel chillie flakes
n bietjie sout
asook een van my gunsteling worsies se uitgedrukte vleis
Stop dan die rissie vol met die aangemaakte mengsel en plaas die koppie weer op sy plek.   Braai oor stadige kole vir omtrent n driekwart uur deur gereeld in die rondte te draai.  Skud n bietjie vye balsamiese reduction bo oor en geniet !!
Bron en foto:  Gideon Louw

Johanna Vermaak
Gideon Louw, ek maak dit ook, met verskillende vulsels. Ek het een keer maalvleis gaargemaak, tamatiepasta. Na smaak, pietersielie, grasuie en wortels baie fyngerasper en dit in voedselverserker gemeng. Ek het die uitgeholde peppers gestop, dekseltjie teruggesit en kaas bo-oor gestrooi en in oond gebraai totdat kaas mooi gebak is…..as voorgereg gebruik….mooi op bordjie met garnering bedien

 




RYS IN ‘N WARMWATERFLES

cooked-rice-in-a-thermostestedrys in warmwater fles
RYS IN ‘N WARMWATERFLES
Voeg 1 koppie rys (Tastic) in ‘n warmwaterfles en vul met kookwater. Laat dit staan vir 1.5 uur.
Indien dit basmatie rys is, dan los ek dit net 1 uur in die fles.
Giet die rys uit in ‘n vergiettes en spoel die rys met skoon water af.
Hier kan jy besluit of jy dit afspoel of nie, dit is jou eie keuse, maar ek spoel altyd die rys af na die tyd.
Voeg sout by na smaak.
Mens spaar so baie krag.
Soms gebruik ek bietjie meer as net ‘n koppie rys, ongeveer 1 ¼ koppie.
Teen die tyd wat ek klaar is met die kos, is die rys ook klaar, geen geroer en gekook nie.
Dis elke keer ‘n wenner.
Maar onthou, water moet gekook wees en dadelik ingegooi word.
Resep en foto: Deidre Mouton




IDEES VIR BUTTERNUT BY N BRAAI

IDEES VIR BUTTERNUT BY N BRAAI
IDEES VIR BUTTERNUT BY N BRAAI
Senta Peacock – Hi almal, het iemand dalk vir my n lekker resep wat ek met butternut kan maak as bygereg by n braai?

Roelette Spies Greyling – Butternut, baby marrow. Bruin uie sop en room. Jy kan sampioene en pepers of uie ook by sit. Sny alles in blokke gooi sop dan room oor en bak in matige oond vir n uur. Ons maak dit saam met braaivleis.

Cindy Mossop – pampoen tert of butternut roosterkoeke

Arrie de Goede – Sny jou butternut n stuke . Draai toe in bacon . Bak in oond




VINNIGE AANDETE MET WORS

VINNIGE AANDETE MET WORStested

VINNIGE AANDETE MET WORS
Braai gekapte ui tot deurskynend in bietjie olie.
Haal boerewors uit vel, breek in stukkies en sit by die gebraaide ui.
Gooi blikkie tamatiesmoor oor en kook tot die wors gaar is.  Kan sous verdik indien verkies.
Bedien op pap met ‘n eier.
Of ons gunsteling in lekker vars broodrolle met kaas.
Eintlik kampkos maar nou ja… lekker eet.

Foto en resep Riana van Greunen