“MILKYLANE” KAASKOEK


“MILKYLANE” KAASKOEK
250 ml room styf geklop
1 houer smooth cottage cheese (maaskaas)
1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap
10 ml gerasperde suurlemoenskil (optioneel)
1 pakkie gelatien
1 pakkie tennis beskuitjies
3 eetleppels botter
Vrugte soos aarbeie, kiwi, geel sagte perskes, druiwe of bessies vir versiering. (Optioneel)
Druk koekies fyn en meng met gesmelte botter, druk vas in tertbord.
Meng maaskaas en kondensmelk goed.
Gooi gelatien in suurlemoensap en mikrogolf 30 sekondes tot gesmelt en goed opgelos, klits by kaasmengsel in. Gooi skil by indien verkies. Vou geklopte room in en meng goed, moenie klitser hiervoor gebruik nie. Gooi oor tertkors en verkoel 1 uur.
Sny vrugte dun skyfies en pak bo-op. Kan rooi of enige jellie poeier met helfte van watter aanmaak en laat afkoel en oor vrugte giet en dan weer verkoel vir 2 ure.
Foto en Bron: Gina Schoeman













