CAROL SE KAASKOEK

CAROL SE KAASKOEK
Ek wil net graag noem dat ek aanvanklik baie skepties was oor hierdie kaaskoek met die paar bestanddele!
Ek het in die verlede kaaskoeke gebak – baie duur en glad nie goed uitgekom nie.
Hierdie kaaskoek is regtig BAIE LEKKER!

‘n Pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gemaak * Sien wenk
75 g botter of margarien, gesmelt
600 ml volroom jogurt, enige geur
1 blik volroom kondensmelk

KORS
Meng beskuitjie krummels en gesmelte botter goed saam.
Gebruik agterkant van ‘n groot metaal lepel en druk mengsel vas teen wande en bodem van ‘n tertbord van 23 cm.
Ek het beskuitjies en fyn gekapte neute en botter gebruik vir die korsie. 600 ml heuning gegeurde joghurt , die blikkie kondensmelk en net voordat ek dit in die oond wat op 180ºC gestel is insit het ek suiwer heuning gesmelt en bo-op gedrizzle. Het dit vir 20 minute gebak. My man wat vol dinge is met kaaskoek sê dat dit een van die lekkerste kaaskoeke is wat ek in 28 jaar gebak het.
Foto en resep:  Carol Visser
2de foto:  Marie Dumas Jennings –  Hier is my opgejazzde kaaskoek gebak met bogenoemde resep. Vars vrugte met wit en bruin tumbles en versiersuiker gedust.

Foto: Dricus Bosman
Ek het net flake oorgerasper, gesmelte wit sjokelade oor dit gedrizzle en fyn sjokeladewerk rondom gesit.




ZELDA’S EASY CHEESECAKE

ZELDA’S EASY CHEESECAKE
250 ml cream,
1 x cottage cheese smooth,
1 tin condensed milk,
1 packet instant pudding (die butterscotch of caramel vir my is die lekkerste maar jy kan enige geur gebruik),
1 packet tennis biscuits
80ml butter melted

Place crushed tennis biscuits mixed with melted butter in bottom of bowl.
Beat cream until stiff, add cottage cheese and condensed milk, add instant pudding powder.
Pour on top of biscuit base and put in fridge.
Tried and tested so can really recommend.
I do them as individual tarts however can be made as one big tart.
Note:  ek noem dit sommer Easy cheesecake (as ek dit met butterscotch instant pudding maak dan is dit Butterscotch cheesecake ens.) Caramel cheesecake, Blueberry cheesecake ens. Hoop dit maak sin. Die prentjie is Butterscotch!
Photo and recipe:  Zelda Ellis –  Die een is regtig waar vinnig en baie baie baie lekker!




SPUR KAASKOEK


SPUR KAASKOEK
Foto’s: Annelize de Bruin en Lisa Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gerol
80 ml margarien, gesmelt
250 ml room
250 g roomkaas
1 blikkie kondensmelk
75 ml suurlemoensap

Meng beskuitjies en margarien en voer ‘n tertbak daarmee uit.
Meng kondensmelk en suurlemoensap.
Roer roomkaas tot glad en roer by.
Klits room styf en vou in.
Giet in tertkors en verkoel.

Foto: Linda Diedericks




BILTONG KAASKOEK

BILTONG KAASKOEK
Hierdie soutkaaskoek het ‘n baie duidelike Suid-Afrikaanse geur. Dit is uniek, heerlik en perfek vir ‘n ligte aandete met slaai.
(Serves 16)
200 g biltonggegeurde beskuitjies
125 g gesmelte botter
1 eetlepel papawersade
250 g fyn maaskaas
250 g roomkaas
125 g feta
2 koppies suurroom
4 eiers
1 eetlepel Dijon-mosterd
1 koppie poeierbiltong
½ koppie koekmeel
salt and pepper
Maak die beskuitjies fyn en meng met die botter en papawersade. Druk in die bodem van ‘n 20cm springform-pan. Meng die maaskaas, roomkaas, feta, suurroom, eiers, Dijon-mosterd, biltong, koekmeel, sout en peper saam. Skep in die kors en bak een uur of tot ferm by 160ºC. Haal uit die pan as dit afgekoel het en garneer met gesnyde biltong.

BILTONG CHEESECAKE
This savoury cheesecake has a very recognizable South African flair. It is both unusual and delicious and can even be served as a light supper with salad.
(Serves 16)
200 g biltong-flavoured crackers
125 g melted butter
1 T poppy seeds
250 g smooth cottage cheese,
250 g cream cheese
125 g feta
2 cups sour cream
4 eggs
1 T Dijon mustard
1 cup powdered biltong
½ cup cake flour
salt and pepper

Crush the crackers and mix with the butter and poppy seeds. Press into the bottom of a 20cm spring-form tin. Blend the cottage cheese, cream cheese, feta, sour cream, eggs, Dijon mustard, biltong, cake flour and salt and pepper. Turn into the prepared crust and bake at 160ºC for 1 hour or until firm. When cool, unmould and serve garnished with sliced biltong.
Foto. Martie Rademan




DEBBIE SE KAASKOEK MET BLOUBESSIE- OF AARBEISOUS

DEBBIE SE KAASKOEK MET BLOUBESSIE- OF AARBEISOUS
Kors:
400 ml fyn koekie krummels
2.5 ml kaneel
100 g gesmelte botter
Vulsel:
500 g Philadelphia room kaas
3 eiers
250 ml suiker
500 ml suurroom
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml vanilla geursel
Verhit oond na 165 ºCelcius.
Sproei ‘n 20-cm pan (die soort waar die bodem uitgehaal kan word) liggies met Spray-n-Cook.
Meng al die kors bestanddele met ‘n vurk saam tot eweredig klam.
Gooi die krummels in die pan, en druk vas met die bodem van ‘n maatkoppie. Druk dit ook so 2 cm teen die kant op.
Sit die pan op ‘n groot stuk foelie, en vou die foelie op teen die kante van die pan. Herhaal met ‘n tweede stuk foelie.
Plaas die pan in die yskas terwyl jy die kaaskoek aanmaak.
Haal ‘n braaipan uit wat groot genoeg is dat die kaaskoek-pannetjie maklik binne-in pas en hou dit eenkant. (Jy gaan ‘n Bain-Marie met hom maak).
Maak die ketel vol en skakel dit aan om te kook.
Klits die kaas net totdat dit glad is, sonder klonte.
Voeg die eiers een-een by en klits net totdat dit saamkom. Skraap die bak om seker te maak alles word gemeng.
Voeg die suiker geleidelik by en klits totdat dit romerig is.
Voeg die suurroom, suurlemoenskil en vanielje by en klits totdat alles goed gemeng is.
Haal die pan uit die yskas, gooi die beslag in en smeer dit mooi gelyk met ‘n mes.
Plaas die kaaskoek-pan in die braaipan en gooi kookwater rondom totdat die water so 2-3 cm diep is.
Plaas dit in die oond en bak vir 50 – 60 minute. Die kaaskoek moet effens bruin begin word, maar moet nog steeds “jiggle”.
Koel af vir so uur, bedek liggies en sit in die yskas (verkieslik oornag).
Gebruik ‘n dun mes om die kaaskoek los te maak van die pan. Verwyder die kante en plaas die kaaskoek op ‘n bord.
Sny met ‘n dun mes en sit voor met ‘n aarbei of bloubessie sous.
Bloubessie sous:
2 koppies bloubessies
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml suiker
Plaas alles in ‘n klein pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat dit begin kook. Prut vir 5 minute totdat die bessies begin bars.
Verkoel.
Aarbei sous:
3 koppies aarbeie – spoel af, sny die groen gedeelte uit en sny in die helfte.
75 ml suiker
2.5 ml vanilla geursel
20 ml Maizena
30 ml brandewyn (of water)
Plaas die aarbeie, suiker en vanielje in ‘n pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat die suiker opgelos is.
Meng die Maizena en brandewyn saam en voeg by die aarbeie.
Kook totdat dit dik word terwyl jy aanhoudend roer.
Verkoel.
Resep geplaas deur Debbie Edwards
Foto: Debbie Edwards




HEERLIKE GEBAKTE KAASKOEK

HEERLIKE GEBAKTE KAASKOEK
Foto:  Debbie Edwards
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het gister sommer 2 kaaskoeke gemaak om werk toe te bring. Ek het ook ‘n pot aarbei sous gemaak om by te dien. My kollegas word bederf!!!
Hier volg die resep:
KAASKOEK
Kors:
400 ml fyn koekie krummels
2.5 ml kaneel
100 g gesmelte botter
Vulsel:
500 g Philadelphia room kaas
3 eiers
250 ml suiker
500 ml suurroom
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml vanilla geursel
Verhit oond na 165°C.
Sproei ‘n 20 cm pan (die soort waar die bodem uitgehaal kan word) liggies met Spray-n-Cook.
Meng al die kors bestanddele met ‘n vurk saam tot eweredig klam.
Skep die krummels in die pan, en druk vas met die bodem van ‘n maatkoppie. Druk dit ook so 2 cm teen die kant op.
Sit die pan op ‘n groot stuk foelie, en vou die foelie op teen die kante van die pan. Herhaal met ‘n tweede stuk foelie.
Plaas die pan in die yskas terwyl jy die kaaskoek aanmaak.
Haal ‘n braaipan uit wat groot genoeg is dat die kaaskoek-pannetjie maklik binne-in pas en hou dit eenkant. (Jy gaan ‘n Bain-Marie met hom maak).
Maak die ketel vol en skakel dit aan om te kook.
Klits die kaas net totdat dit glad is, sonder klonte.
Voeg die eiers een-een by en klits net totdat dit saamkom. Skraap die bak om seker te maak alles word gemeng.
Voeg die suiker geleidelik by en klits totdat dit romerig is.
Voeg die suurroom, suurlemoenskil en vanilla by en klits totdat alles goed gemeng is.
Haal die pan uit die yskas, skep die beslag in en smeer dit mooi gelyk met ‘n mes.
Plaas die kaaskoek-pan in die braaipan en gooi kookwater rondom totdat die water so 2-3 cm diep is.
Plaas dit in die oond en bak vir 50 – 60 minute. Die kaaskoek moet effens bruin begin word, maar moet nog steeds “jiggle”.
Koel af vir so uur, bedek liggies en sit in die yskas (verkieslik oornag).
Gebruik ‘n dun mes om die kaaskoek los te maak van die pan. Verwyder die kante en plaas die kaaskoek op ‘n bord.
Sny met ‘n dun mes en sit voor met ‘n aarbei of bloubessie sous.

Bloubessie sous:
2 koppies bloubessies
sous en gerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml suiker
Plaas alles in ‘n klein pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat dit begin kook. Prut vir 5 minute totdat die bessies begin bars.
Verkoel.

Aarbei sous:
3 koppies aarbeie – spoel af, sny die groen gedeelte uit en sny in die helfte.
75 ml suiker
2.5 ml vanilla geursel
20 ml maizena
30 ml brandewyn (of water)
Plaas die aarbeie, suiker en vanilla in ‘n pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat die suiker opgelos is.
Meng die Maizena en brandewyn saam en voeg by die aarbeie.
Kook totdat dit dik word terwyl jy aanhoudend roer.
Verkoel.

 




HEERLIKE KOFFIE-TYD ROOMKAASKOEK

HEERLIKE KOFFIE-TYD ROOMKAASKOEK
My kleindogter het hierdie heerlike “Coffee Cake” gister vir ons gemaak. Sy’s 11!

Bo-laag:
115 gram botter (koud – in klein blokkies gesny)
125 ml meel
125 ml bruin suiker
125 ml rof-gekapte neute (pekan)
Koek:
500 ml meel
10 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
2.5 ml sout
125 gram botter (kamer temperatuur)
250 gram roomkaas (kamer temperatuur) (Philadelphia)
300 ml suiker
2 groot eiers
5 ml vanilla
125 ml melk
Metode:
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n reghoekige koekpan (so 22 cm x 32 cm) met botter.
Vir die bolaag: Sny die botter, meel en bruin suiker saam tot krummelrig. Meng die neute by en sit eenkant.
Vir die koek: Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Klits die botter en roomkaas saam. Voeg die suiker stadig by terwyl jy klits, totdat dit glad en romerig is. Voeg die eiers en vanilla by en klits tot gemeng.
Voeg die meel mengsel en die melk om die beurt by, en klits net totdat dit alles gemeng is.
Gooi die beslag in die koekpan.
Besprinkel nou met die gekrummelde bolaag. Stoot van die bolaag af in die beslag in, so 12 – 15 plekkies (gebruik sommer jou vinger).
Bak vir 35 – 40 minute (tot ‘n tandestokkie skoon uitkom).

Dis heerlik sommer so warm uit die oond uit. Wanneer die koek afgekoel het, kan jy kleef plastiek oor sit sodat hy nie uitdroog nie.
Dit vries ook baie lekker – sny enkel porsies, maak hulle in kleef plastiek toe en sit in ‘n Ziploc sakkie in die vrieskas.

Foto en resep geplaas deur Debbie Edwards




NO BAKE PUMPKIN CHEESECAKE

NO BAKE PUMPKIN CHEESECAKE
{no-bake, gluten and grain-free, dairy-free, refined sugar-free}
prep time: 20 mins
cook/chill time: 5 hours
makes: 6″ cake {double for 9″ cake}
Crust Ingredients:
1¼ cups raw almonds {or another nut}
6 soft medjool dates, pitted
1 tbsp maple syrup
1 tbsp coconut oil
White Layer Ingredients:
1½ cups raw cashews, presoaked and strained {soak overnight for best results, or soak in boiling water for 20 minutes if in a rush}, at room temp
3 tablespoons lemon juice, at room temp
2 tablespoons non-dairy milk, at room temp
6 tablespoons maple syrup (or liquid sweetener of your choice), room temp
2 teaspoons pure vanilla extract
dash of salt
Pumpkin Layer Ingredients:
White layer mixture, minus ¾ cup of it, which should be set aside (see step 4)
2 tablespoons maple syrup (or liquid sweetener of your choice)
2 tablespoons coconut oil, liquified
1¼ cups pumpkin puree, room temp
2 teaspoons cinnamon
¼ teaspoon allspice
¼ teaspoon cloves
⅛ teaspoon nutmeg
⅛ teaspoon ground ginger

Place all crust ingredients into a food processor and process into a sticky crumble. Transfer into a springform pan and shape into a crust {either by flattening it entirely to the bottom, or pushing it up the sides a little for a taller crust effect}. Set aside.
Place all white layer ingredients into a high-speed blender {I used my Vitamix for this recipe} and process until mixture is smooth. Scoop out about ¾ cup of this mixture into a bowl and set aside.
Add pumpkin layer ingredients to the blender to the remaining mixture and blend until mixture is smooth and uniform.
Pour pumpkin cheesecake mixture into the crust in the springform pan. Smooth out the mixture a little using a spatula. Pour white layer ingredients (that were set aside earlier) on top of the pumpkin layer, being careful not to mix the two layers in the process {you can freeze the pumpkin layer for about 20 minutes first if you like to help it firm up, which makes adding the white layer without having the two layers mix up a lot easier}. Gently smooth out the surface.
Freeze the cheesecake for 4-5 hours {or overnight} to set, and then transfer and store in the fridge until ready to serve. You can also have it straight out of the freezer as a pumpkin ice-cream cake, but when you have it out of the fridge it has the consistency, texture, and flavor of a real cheesecake
Notes:
Doubled up on the recipe as 6″ is a tiny tin, it eventually made an 18cm springform tart. I substituted butternut for the pumpkin, honey for the maple syrup & used coconut milk. I left out the “all spice” as I couldn’t find any at the shops. Cooked the butternut a day before, just to give it ample time to drain. Topped the cake with a little bit of the sticky crust. Blend the cashew nuts in batches to get a smooth consistency. This cake is ideal for someone who follows the “paleo” lifestyle.

Photo: Lesdee Gloak Bam




NO BAKE CHERRY CHEESECAKE

NO BAKE CHERRY CHEESECAKE
Recipe and photo: Tracy Vohra
FOOD LOVERS RECIPES
1 x packet of biscuits crushed
½ cup of melted butter
2 cream cheese (230 g each)
250 ml thicken cream
1  tin of condensed milk
1  bottles of cherries
1  packet of raspberry jelly
1 cup sugar
Crush biscuits and add melted butter. In a saucepan pour cherries and juice and add sugar. Bring to a slow boil until liquid has reduced half and add the packet of jelly and take it off the heat and still well but not to rough. Let it sit aside to cool down. Press biscuit into a pie dish and bake till golden brown and let it cool down.
In a mixer mix cream cheese, cream and condensed milk, once the cherry mixture has cooked I added a couple spoonfuls into the cream cheese and a bit of the syrup. Mix through but not evenly as you would like some white bits to, pour onto biscuit base and scoop out the rest of the cherries on the top of the cheesecake and a little of the syrup.. put in fridge to set overnight

 


Tracy Vohra
I have posted a recipe of a cherry cheesecake before but forgot to get cherries, and only had dairy milk chocolate block. So I made the same base for cheesecake but instead of cherries I melted chocolate and added it to the cheesecake filling and cos it’s a grown ups cake I used two tablespoons of scotch.. I could of added a bit more chocolate and scotch but it tastes yummy regardless




BAKED FRANGELICO CHEESECAKE WITH ORANGE AND HONEY GLAZE

BAKED FRANGELICO CHEESECAKE WITH ORANGE AND HONEY GLAZE
Ingredients:
500g Full Fat Cream Cheese
250ml Coconut Cream
180ml Castor Sugar
1 Egg
2 Cups of Flour
5ml Vanilla Essence
120ml Frangelico Liqueur
400g Shortcrust Pastry
Ingredients for the Orange and Honey Glaze:
2 Cups Icing Sugar Sifted
Juice of 1 Big orange
3 Teaspoons Maizena
3 Tablespoons Honey
Method:
1. Put the oven on 180Degrees Celsius.
2. Take the shortcrust pastry and press in a springtin cake pan and bake in the oven for 30min. till golden.
3. Remove and let cool after baking.
4. Mix all the ingredients for the cheesecake in a mixing bowl till well mixed.
5. Add the mixture onto the shortcrust pastry and bake in the oven on 180Degrees Celsius for 45min. till the cheesecake is firm and a testing stick comes out clean.
6. After the cheesecake has baked remove from the oven and remove the round side of the springform cake pan and let cool on a cooling rack.
7. In a small pot add all the ingredients for the glaze and let cook on high till a paste form.
8. Set aside and put in the deep freeze to cool.
9. After it is cooled and the cheesecake is cooled, throw the glaze over the cheesecake.
Source and photo: Kristie Townsend