SONJA SE MAASKAASTERT

sonja-se-kaaskoek-300x225tested

SONJA SE MAASKAASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
500 ml room
1 bakkie gladde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
15 ml gelatine opgelos in klein bietjie kookwater (laat afkoel)
100 ml suurlemoensap
Pak laag Tennisbeskuitjies onder in langwerpige tertbak (of maak beskuitjies fyn en meng met botter vir ‘n kors)
Klits room tot styf.
In aparte bak meng kondensmelk met gelatine, voeg maaskaas en suurlemoensap by. Meng goed.
Vou nou geklopte room liggies in en gooi beslag in bak. Versier met vars vrugte of fyngedrukte beskuitjies of granadilla pulp gemeng met bietjie gelatine – net waarvoor jy lus is.
Ek maak soms sommer bietjie jellie aan en gooi dun lagie bo-oor die vulsel – dit lyk ook mooi!

Vir bietjie kleur gooi ek droe jelliepoeier by die beslag – wanneer dit dan gestol is gee dit sulke mooi donker strepies in die tert

 Foto en resep:  Sonja Young



CARAMEL CHOCOLATE DELIGHT – RIANA

caramel chocolate delight riana
CARAMEL CHOCOLATE DELIGHT – RIANA
LEES EERS RESEP DEUR VOOR JY BEGIN!
2 houers cream cheese (kamer temperatuur)
1 houer sour cream
1 blikkie gekookte kondensmelk
2 slabs sjokolade ( enige soort)
1 koevertjie gelatien (10g)

1 pak vinger beskuitjies
room of orley whip vir versiering
whispers hahahha vir die mooi
vir sjokolade sous:
versiersuiker, kakao en botter

meng cream cheese, sour cream en kondensmelk met klitser. Smelt sjokolade (sommer in mikrogolf) en gooi my mengsel. los gelatien op in halwe glas low water en roer tot helder, gooi by
KORS:
1 pak marie of tennis beskuitjies
+- 3 teelepels kakao
botter
maak beskuitjies fyn en gooi droe kakao by beskuitjies en meng
smelt botter en gooi by beskuitjies en maak kors – druk net onder in pan vas,
ek het losboom (spring form pan) gebruik, sit in yskas vir tydjie.
sny vinger beskuitjies in helfde, ek het sommer bietjie chocolate gesmelt en die onderkant daarin gedruk, sodat hul kan mooi staan op die “base” en al in die rondte gepak! sit weer in yskas sodat als lekker kan set! nou kan jy die res van die goed ingooi en in yskas los oornag ten minste. orley whip geklits, want my room word altyd botter! en versier en whispers opgepak.
die chocolate wat afdruk is botter, versiersuiker en kakao, kook ketel, gooi water oor botter en roer tot gesmelt, gooi kakao by en versiersuiker, hou maar so aan bygooi tot jy genoeg het. en drip oor koek/tert! baie lekker en baie ryk!

Resep en foto:  RIANA DU PLESSIS




NEW YORK CHEESE CAKE

new york baked cheesecake
NEW YORK CHEESE CAKE
Base
310 ml cake flour
3 ml baking powder
125 g butter or margarine
60 ml castor sugar
1 extra large egg yolk

Filling
750 g smooth cream cheese
375 ml castor sugar
5 ml caramel or vanilla essence
45 ml cake flour
4 extra large eggs beaten
60 ml fresh cream

Base:
Sift flour and baking powder together, rub in butter with fingertips until it resembles breadcrumbs. Add castor sugar and egg yolk and knead lightly to a soft pastry. Grease and line a 23 cm loose-bottom springform pan, press out pastry onto paper base and side of pan.
Bake blind in a pre-heated oven at 190 ºC for about 10 minutes. Leave to cool slightly.

Filling:
Whisk cream cheese, castor sugar, essence and flour until smooth. Gradually add eggs and stir in lightly with cream. Pour filling into pastry base and bake in a preheated oven at 160 ºC for 10 minutes. Reduce temperature to 140 ºC and bake further for 70 minutes.
Switch off oven and leave in oven for another 15 minutes. Leave to cool in pan, remove. Remove from pan and decorate with fresh fruit of choice.

Recipe posted and photo:  Leanne Thurston Coetzer




GERMAN QUARK CAKE

BRINEEL SE QUARK CAKE

GERMAN QUARK CAKE
120 g caster sugar
100 g butter
3 eggs
500 g Quark
1 teaspoon vanilla essence
1 teaspoon lemon rind, grated
1 teaspoon lemon juice
60 g cake flour
1 teaspoon baking powder

Preheat oven to 175 ºC.
Beat together the first seven ingredients till well blended.
Mix baking powder with flour and sift. Fold into the quark mixture.


Butter and flour a loaf pan. Pour batter into it.
Bake for 45-55 minutes until top is lightly browned. Remove from heat – it will flop down again when cool; that’s normal.
(Variations: Add small slices of apple, maraschino cherries cut in halves or raisins or cranberries pre-soaked in rum.).

NOTE: As a long-time resident of the Black Forest, I can speak authoritatively on Quark, which is a delicious soured whole milk product. It is made at home by letting whole milk sour and then draining away the whey. It resembles sour cream, but is soured milk minus the whey. The Austrians indeed call it “Topfen” or “Pot Cheese”—when in USA I have sought it in vain. I have looked for substitute for cooking/baking and have most often been referred to Cream Cheese or Ricotta or Mascarpone. I have also pressed all the liquid our of Cottage Cheese and pressed the curds through a sieve.
BRINEEL DU TOIT

 




MAKLIKE KARAMEL KAASKOEK

KARAMEL KAASKOEK

MAKLIKE KARAMEL KAASKOEK
sooo maklik en eenvoudig.
1 blikkie kondensmelk
2 houers gladde maaskaas
250 ml room
1 eetlepel suurlemoen sap
1 pakkie karamel kits poeding (of enige geur van jou keuse)

En dis dit…..jy gooi als in een bak en meng met klitser………. siedaar…sekondes se ek jou.
Die reseppie bevat geen koekie nie….maar ek het onder in bak sommer tennis beskuitjies (gemeng met gesmelte botter) gesit, die beslag oor gegooi en bo op koekie gesprinkel.
FOTO EN RESEP:  Marisa Olivier




WIT YSKAS KAASKOEK

tested

WIT YSKAS KAASKOEK
1 pakkie Eat-Sum-Mor koekies
4 eetlepels gesmelte botter
1 blok 200 g wit sjokolade
2 bakkies roomkaas, kamer temperatuur
1 blikkie GOED gedreineerde aarbeie

Maak kors van Eat-Sum-Mor koekies, fyn gerol en gemeng met gesmelte botter. Druk vas in tertbak.
Smelt wit sjokolade in mikrogolf-oond. Meng by roomkaas, skep helfte bo-op tertkors en pak blikkie aarbeie bo-op, skep dan ander helfte van vulsel bo-oor en sit in yskas. Bedien met vars aarbeie as jy wil.
Nota: Kan aarbeie vervang met enige ander keuse van vrugte of breek self net ‘n peperment crisp fyn die resep kan jy met hartelus verander soos jy wil.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto en nota:  Adri Liebenberg
Ek het net die sous van die aarbeie met 5 ml gelatien gemeng en dit ook ingeroer. Dis ongeloooooooflik lekker.




RIANA SE KAASKOEK

kaaskoek riana

RIANA SE KAASKOEK
2 houertjies roomkaas
1 houer suurroom
1 sakkie Orley Whip
1 blikkie kondensmelk
1 koevertjie (10 g) gelatien

Los gelatien op in kwart koppie lou water – roer tot opgelos.
Klits al die ander bestanddele saam  en voeg die gelatien by en klits.
Maak kors van koekies en sit bietjie in yskas.
Skep beslag op kors en sit in yskas.
Ek het sommer blikkie aarbeie geneem en oorgeskep en die sous bietjie dik gemaak met klein bietjie Maizena (so 1 teelepel).
Whalla en hier is hy!!! enige vrugte sal werk, en kan in beslag ook geskep word.
Foto en resep:  Riana du Plessis




PYNAPPEL KAASKOEK

pynappel kaaskoektested

PYNAPPEL KAASKOEK
1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngemaak
100 g botter, gesmelt
250 g ongegeurde maaskaas
1 blik (397 g) kondensmelk
1 blik (440 g) fyn pynappel, gedreineer (hou die stroop)
2 eiers
10 ml (2 teelepels) suurlemoen skil
60 ml (1/4 koppie) suurlemoen sap
15 ml (1 eetlepel) vla poeier

Voorverhit die oond tot 150 grade celsius.
Meng die beskuitjie krummels en botter en druk dit vas in die bodem van ‘n kaaskoek pan. Verkoel.
Klits die maaskaas en kondensmelk saam. Voeg die helfte van die pynappel by. Voeg die eiers, suurlemoenskil en -sap by. Meng goed.
Gooi oor die beskuitjie basis en bak vir 30 minute. Skakel die oond af, en laat afkoel in die oond. Verkoel verder in die yskas.
Meng die oorblywende pynappel en die stroop in ‘n klein potjie. Klits die vla poeier by. Kook oor lae hitte tot mengsel verdik.
Verkoel en smeer oor die kaaskoek.
Versier met geklopte room indien verkies

 




VERLAAGDE KALORIEË KAASKOEK

VERLAAGDE KALORIEË KAASKOEK
3 eetlepels (45 ml) verlaagde suiker konfyt (weigh- less)
225 g lae-vet maaskaas (smooth)
275 g onversoete muesli
225 g lae-vet roomkaas
300 ml tropiese vrugte jogurt
2 x 11 g sakkies gelatien, opgelos in 6 eetlepels water

2 eetlepels (30 ml) versoeter/ suiker
Gesnyde vars vrugte vir versiering
Voer ‘n 23cm losboomkoekpan uit met waspapier.
Meng muesli en konfyt saam en druk onder in pan vas. Verkoel vir 20 minute.
Klits maaskaas, roomkaas, jogurt en versoeter/ suiker saam.
Roer afgekoelde gelatien in en skep op mueslikors.
Verkoel vir 30 minute of tot gestol.
Maak kante los met mes en verwyder kaaskoek.
Plaas op bord en versier met gesnyde vars vrugte.
Genoeg vir 8- 10 mense

 




MOCK CHEESECAKE

MOCK CHEESE CAKEtested
MOCK CHEESECAKE
Crust:
1 packet Tennis biscuits
1 ml cinnamon
100 ml soft margarine
25 ml boiling water
Filling:
1 tin condensed milk
3 eggs (separated)
50 ml lemon juice
50 ml cornflour (Maizena)Preheat oven to 160ºC.
Mix crushed biscuits and cinnamon.
Add melted margarine and boiling water and mix well.
Line base and sides of greased pie dish.
Beat condensed milk and egg yolks together.
Beat the lemon juice and cornflour and add to condensed milk mixture.
Beat the egg whites until stiff peak stage.
Fold egg whites into the condensed milk mixture.
Bake at 160ºC for 30 minutes.
Let it cool down and then cool further in fridge

Recipe: Lynne Taljaard’s friend
Photo: Sonja Young