KARAMEL KONDENSMELK KAASKOEK
Vulsel:
2 x 230 g houers geroomde maaskaas
250 ml suurroom
1 x 397 g blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
4 eiers –geklits
½ blik (190 g) karamelkondensmelk
3 blokkies (sowat 40g ) fudge
Klits geroomde maaskaas, suurroom, kondensmelk en suurlemoensap saam tot glad. Voeg die eiers by en klits deur. Giet mengsel versigtig in voorbereide krummelkors. Skep teelepelsvol van die karamelkondensmelk in die kaaskoekmengsel en maak seker jy versprei dit egalig. (Van die karamelkondensmelk sal afsak tot onder en van dit sal in die middle van die beslag bly as die koek bak).
Krummel fudge baie fyn en sprinkel oor kaaskoekmengsel. Bak vir 1 uur tot ferm. Skakel oond af, maak oonddeur oop en laat kaaskoek in oond afkoel tot kamertemperatuur.
Foto: Malie Louw












