BUTTERSCOTCH KAASKOEK

2014-05-22-butterscotchsjokoladekaaskoekhettiebezuidenhouttested
BUTTERSCOTCH KAASKOEK

Maak n kors van Oreo beskuitjies en gesmelte botter en druk vas op die bodem van n bakpapier gevoerde springform koek pan ( 22 cm) Sit in yskas terwyl jy die vulsel maak.

2 blokke roomkaas ( 500g )
1 koppie dik room. ( 250 ml)
1 blik kondensmelk
2 eetlepels suurlemoensap.
2 pakke butterscotch instant mousse.
1 peppermint crisp gerasper
1/2 van 1 groot melksjokolade gerasper.Bere die res vir versiering
1 eetlepel gelatien opgelos in 1/4 koppie kookwater en afgekoel.
Gekoopte butterscotch roomyssous vir bo oor

Sit die roomkaas,room ,kondensmelk en suurlemoensap in die bak van n elektriese menger en klits goed.
Klits die mousse en sjokolades by en laastens die gelatien.
Skep in die voorbereide kors.
Drissel die butterscotch sous bo oor en meng liggies net op die oppervlakte met n skerp punt mes. Sny die res van die sjokolade met n groenteskillertjie in skaafsels bo oor.
Verkoel oornag en ontvorm dan op n opdienbord.

BRON- Hettie Bezuidenhout- my eie resep.




GRANADILLA KAASKOEK

2014-05-19-grinadellakaaskoektested

GRANADILLA KAASKOEK
1 bakkie gladde roomkaas (nie maaskaas nie) – by kamertemperatuur
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
2 blikkie granadillapulp
1 pakkie pynappeljellie
Tertkors van jou keuse. Myne was sommer Tennisbeskuitjies
Bring granadillapulp tot kookpunt – los die jellie nou daarin op en plaas in yskas om koud te word. Nie stol nie.
Meng nou die kondensmelk en suurlemoensap.
Voeg nou die roomkaas by en roer goed deur.
Laastens roer die granadillapulp en jellie by en gooi in tert kors.
Laat afkoel in yskas.
Resep en foto: Amanda Vallero




KATBOTTER KAASKOEK (grondboontjie botter)

katbotter terttested

KATBOTTER KAASKOEK (grondboontjie botter)
220 g Orley Whip, styf geklits
220 g roomkaas by kamertemperatuur
½ koppie gladde katbotter (grondboontjie botter)
1/3 koppie suiker
1 pakkie tennisbeskuitjies
Handvol sout grondbone, fyngekapMeng die Orley Whip en roomkaas goed saam tot glad.
Meng suiker en katbotter by tot allea deeglik gemeng is.
Pak tennisbeskuitjies in bak en giet mengsel bo-op.
Sprinkel gekapte grondbone bo-oor.
Laat stol in yskas vir 30 minute.

Resep en foto: Hanta Henning
(eie resep)




Piramide-Kaaskoek

 

triangle cheesecaketested



Hoewel dit eintlik baie eenvoudig is om te maak, lyk hierdie driehoekvormige kaaskoek altyd baie spesiaal. ‘n Mens kan dit maande lank in die vrieskas bewaar, maar ek sê dit net ter inligting, want die kaaskoek is so onweerstaanbaar lekker dat dit gewoonlik opgeëet is voordat die eerste maand om is.
Ek roer partykeer ‘n bietjie fyn gekapte neute by die maaskaasmengsel en laat die glanskersies ‘n rukkie in brandewyn week. ‘n Mens kan ook ‘n bietjie soetwyn of sjerrie oor die Tennis-beskuitjies sprinkel voordat die maaskaasvulsel opgeskep word.

KAASKOEK:

1 k suiker
125g margarien
1 eier
7 ml vanieljegeursel
1 houer (250g) fyn maaskaas
15 Tennis-beskuitjies
12 – 13 heel glanskersies

VERSIERSEL:

1 plak (100g) melksjokolade
50 g margarien
30 ml suiker
30 ml kakao
15 ml water

Verroom die suiker en margarien saam. Klits die eier en vanieljegeursel by. Voeg die maaskaas by en roer net tot gemeng. Verkil die mengsel tot smeerbaar styf as dit baie slap is.
Rangskik die tennis beskuitjies in 3 rye van 5 beskuitjies elk op ‘n groot stuk aluminiumfoelie. Smeer die helfte van die maaskaasmengsel oor die beskuitjies.
Plaas die glanskersies in ‘n ry op die middelste beskuitjies. Skep die res van die vulsel op die glanskersies.
Lig die beskuitjies aan die buitekant met behulp van die foelie op en vou dit na mekaar toe om ‘n driehoek te vorm met die vulsel in die middel. Vou die kaaskoek styf in die foelie toe. Vries dit.
Breek die melksjokolade in blokkies in ‘n diep, mikrogolfvaste bakkie met ‘n volume van 500 ml. Voeg die margarien, suiker, kakao en water by.
Mikrogolf die mengsel 1½ minuut lank oop by 70% krag. Roer dit baie goed tot ‘n gladde, blink versiersel.
Smeerdie versiersel aan die bevrore kaaskoek. Vou dit weer toe in die foelie en bewaar dit in die vrieskas.

Chantelle Geldenhuys




MOKKA KAASKOEK

mokka kaaskoek heel-gesnytestedpetre-en-mokka-kaaskoek
MOKKA KAASKOEK
Bron en foto: Rina Kleinhans
2de foto:  Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
200 g Romany Cream sjokolade koekies
100 g Tennisbeskuitjies
100 g botter/margarien, gesmelt
3 teelepels gelatien
¼ koppie kook water
1 eetlepel kits koffie (Nescafe)
375 g gewone room kaas
½ koppie strooisuiker
300 ml room
180 g donker sjokolade

Spuit ‘n 20 cm losboom pan met Spray & Cook.
Plaas die beskuitjies in ‘n voedsel verwerker en maak lekker fyn, gooi in bak en meng met die gesmelte botter.
Druk vas teen die kante en onder in die pan en plaas in die yskas vir ongeveer 20 min.
Meng die gelatien en koffie met die kook water, roer om op te los en laat staan om af te koel, dit moet heel afgekoel wees voor jy dit kan gebruik.
Klits die room styf en voeg dan die strooisuiker geleidelik by.
Sit die roomkaas in jou elektriese klitser en klits dit tot lekker glad, gooi nou jou roommengsel daar by en klits net tot gemeng, nie te veel nie.
Gooi nou die afgekoelde koffie mengsel stadig by terwyl die menger die hele tyd loop, meng tot goed gemeng.
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolf op half krag.
Neem nou die kors, skep die helfte van die room mengsel daarin, skep die helfte van die sjokolade oor die mengsel en „marble“dit met ‘n mes ( sny die twee mengsels mooi in mekaar in)
Herhaal die lae, en “marble” weer die bo-laag ook. Plaas in die yskas tot heeltemal gestol, ek sal sê oornag is die beste.
Wanneer gestol, haal versigtig uit die pan, neem ‘n slap mes, en maak ook die koek los van die onderbord, sit op ‘n opdienbord en GENIET.
RYK EN LEKKER!




STRAWBERRY YOGURT FRIDGE TART

1902995_289946721160081_734214100_ntested
STRAWBERRY YOGURT FRIDGE TART
Ingredients250 g butter
1 packet Tennis biscuits(or any other biscuit suitable for tart crust)
2 packets of strawberry jelly, dissolved in 125 ml hot water
500 ml strawberry yoghurt (with fruit)
1 can of condensed milkMethodStep 1 Process the biscuits in food processor until resembling bread crumbs.
Step 2 Mix with melted butter, and press in a rectangular dish ( 20×30 cm).Put prepared crust in the fridge.
Step 3 Mix condensed milk, strawberry yoghurt and dissolved jelly together in bowl by hand
Step 4 Pour on top on the crust and refrigerate for about an hour.
Step 5 Cut into pieces and enjoy!

Photo: Annie Moule




ONFEILBARE SUURLEMOEN-YSKASKAASKOEK

tested

ONFEILBARE SUURLEMOEN-YSKASKAASKOEK

‘n Staatmaker wat ook lekker in ‘n oondpan pas en dan in blokkies gesny kan word. Heerlik met enige bolaag.

Kors
2 pakkies Tennisbeskuitjies, gekrummel
100 ml — 160 ml gesmelte botter
‘n knippie kaneel

Vulsel
1 blik (397 g) volroom-kondensmelk
150 ml suurlemoensap
30 ml fyngerasperde suurlemoenskil
2 houers (200 g elk) geroomde maaskaas
30 — 40 ml gelatien
60 ml koue water
100 ml kookwater
500 ml dik room
125 ml strooisuiker
B10 ml vanieljegeursel
suurlemoensmeer (lemon curd) of vrugtesous

Meng die bestanddele vir die kors goed saam. Druk dit vas op die bodem van ‘n losboomkoekpan van 35 cm en verkoel tot benodig. Meng die kondensmelk en suurlemoensap en roer die maaskaas by. Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan vir 5 minute om te spons. Giet die kookwater oor en roer om te smelt. Roer by die maaskaasmengsel. Klits die room, strooisuiker en vanieljegeursel saam tot styf en vou maaskaasmengsel in. Giet in die voorbereide tertkors en verkoel vir 5 uur of oornag tot gestol. Smeer ‘n lagie suurlemoensmeer of vrugtesous van jou keuse oor en sit voor.
Lewer 1 groot kaaskoek.

Foto:  Alberta van Wyk
Nota:  Alberta van Wyk :  Hier het ek ‘n bottel swart kersies gebruik en die sous van die kersies verdik met bietjie maizena.




WIT SJOKOLADE EN SOUT-KARAMEL KAASKOEK

2014-03-01-witsjokoladeensoutkaramelkaaskoektested

WIT SJOKOLADE EN SOUT-KARAMEL KAASKOEK
Kors:
10 mini caramel rolkoekies; elkeen opgesny in 5 dele.

Vulsel:
300 g wit sjokolade; breek dit fyner
250 ml room
3 x 230 g geroomde maaskaas
5 ml vanilla geursel
60 ml suurlemoensap (verkieslik vars)
15 ml gelatien, gespons op 60 ml water

Bolaag:
1 blikkie karamel kondensmelk
250 ml room; styf geklits
3 ml growwe seesout
15 ml gelatien, gespons op 60ml water

Caramelized popcorn / neute

Smeer 24 cm losboom koekpan liggies met botter, voer uit met kleefplastiek. Spuit dan die kleefplastiek liggies met kleefwerende kossproei. Druk koekies stewig teen rand en bodem. (almal pas presies in ‘n 24 cm pan). Hou eenkant.
Smelt sjokolade en room oor lae hitte. Laat effens afkoel en voeg die maaskaas, geursel en suurlemoensap by. Sit gesponsde gelatien ‘n paar sekondes in mikrogolf en roer by. Gooi in kors en sit in yskas tot gestol (+- 5ure) VOORDAT jy die bolaag maak.

Bolaag:
Vou caramel by room en sout. Sit gesponsde gelatien ‘n paar sekondes in mikrogolf en roer by. Gooi oor gestolde vulsel. Stol verder oornag.
Voor opdiening gooi gekapte sout neute en/of caramelized popcorn oor .
Dis nogal ‘n duur tert agv die kors.
Indien jy die kors verander kan die tert aansienlik goedkoper uitwerk
Resep en foto:  Maria Liebenberg
Tweede foto: Rene VanneMerwe




DRIEHOEK KAASKOEK

2014-02-17-img00352-20120703-1218

DRIEHOEK KAASKOEK
125 ml sagte botter
65 ml strooisuiker
65 ml versiersuiker
1 eiergeel
5 ml vanielje geursel
250 g geroomde maaskaas
1 pakkie Tennis beskuitjies
kersies
250 ml vars room
1 Flake
Aluminiumfoelie

Meng of klits die botter, versiersuiker en strooisuiker saam.
Meng goed met ‘n houtlepel.
Voeg die eiergeel en vanielje geursel by en meng goed.
Vou die maaskaas in.
Sny ‘n groot stuk foelie en plaas op ‘n houtbord.
Plaas 12 beskuitjies op die foelie (3 x 4).
Die beskuitjies moet dig teen mekaar lê.
Smeer die helfte van die mengsel oor die beskuitjies.
Moenie die beskuitjies skuif nie.
Plaas weer 12 beskuitjies bo op, in dieselfde orde as voorheen en smeer die res van die mengsel.
Plaas kersies in ‘n ry in die middel van die koek en trek dan die buiterande van die foelie na bo om ‘n driehoek te vorm.
Vou nou die driehoekige vorm toe met foelie en plaas in vrieskas vir omtrent 2 uur of totdat koek hard en gevries is.
Verwyder foelie, plaas op bedieningsbord en bedek met styfgeklopte room of gesmelte sjokolade
Versier met gekrummelde Flake en kersies.

Resep en foto: Selma Alberts

 




OREO CHEESECAKE BITES

oreo cheesecake bitestested

OREO CHEESECAKE BITES
YIELD: MAKES 36 OR MORE BITES, DEPENDING ON SIZE
36 Oreo Cookies, divided
¼ cup (4 tablespoons) butter
4 packages (8-ounces each) cream cheese, softened
1 cup granulated sugar
1 cup sour cream
1 teaspoon vanilla essence
4 large eggs
4 ounces semisweet chocolate (113 g)
4 ounces white chocolate (113 g)

Preheat the oven to 180 ºC
Line a 9×13-inch baking pan with foil, with ends extending over sides. Finely crush 24 Oreo cookies. Melt ¼ cup butter; mix with crumbs. Press onto bottom of prepared pan.
In a large bowl, beat the cream cheese and sugar with mixer until blended. Add sour cream and vanilla; mix well. Add eggs, one at a time, beating after each just until blended. Chop remaining cookies. Gently stir into batter; pour over crust.
Bake the cheesecake for about 35-40 minutes or until the sides are set and the center is almost set. Cool completely on a wire rack in the pan.
When the cheesecake is completely cooled, cover with plastic wrap and refrigerate for at least 2 hours. When chilled, remove the cheesecake using the foil overhang and cut the cheesecake into bite-sized pieces. Place the cheesecake bites on a wax or parchment paper-lined baking tray.
Melt the semisweet chocolate and white chocolate in separate bowls (I use the microwave on 50% power, stirring frequently). Pour the melted chocolate into a ziploc bag, one for the semisweet chocolate, one for the white chocolate. Snip a small corner off the corner of the bag and drizzle the chocolate over the cheesecake bars. Chill the bars until ready to serve. Alternately, the drizzled bites can be frozen in an airtight container for up to a month. Let them defrost in the refrigerator and serve chilled.
Foto: Estrela Oosthuizen