HETTIE SE SUURLEMOEN KAASKOEK
HETTIE SE SUURLEMOEN KAASKOEK
Ek het die SUURLEMOEN KAASKOEK na gedagte gemaak en was heerlik.Ek het ‘n bottel Lemoncurd gehad wat ek wou van ontslae raak en die resultaat was boverwagting goed. Baie maklik ook
1 pakkie tennisbeskuitjies
80 g botter gesmelt.
Spuit n 20 cm losboompan en voer die boom met waspapier
Maak die beskuitjies fyn en meng met die botter. Druk stewig vas op die boom van die pan..Plaas eenkant.
Vulsel:
250 g roomkaas
1 groot bottel Lemoncurd (500g)
2 eiers geskei
1 eetlepel gerasperde suurlemoen skil
Voorverhit oond tot 180c
Kilts roomkaas,lemoncurd,eiergele en skil saam tot romerig en glad.
Skep in Kors.
Bak vir 20 minute
Merinque:
2 eierwitte
125 ml strooisuiker
1/2 teelepel kremetat
1 teelepel maizena
Klits die eierwitte tot styf
Klits die strooisuiker gelydelik by
Gooi die kremetat en maizena by en klits tot styf en blink. Die merinque moet sy vorm behou as jy die klitser uithaal.
Skep bo oor die vulsel en maak seker die hele vulsel is bedek.
Bak verder tot merinque begin verkleur. So 15-20 minute. Pasop vir te donker.
Foto en Resep: Hettie Bezuidenhout












