1

KAASKOEK MET KARAMEL KONDENSMELK


KAASKOEK MET KARAMEL KONDENSMELK
Kors:
1 ½ pakkies Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
125 ml gesmelte botter
Meng die bogenoemde en druk vas in ‘n bak.
Vulsel:
2 houers maaskaas (250g elk)
1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap
Meng die bogenoemde bestanddele saam en skep op die kors.
Bak vir 20 min teen 180°C.
Nadat die kaaskoek heel afgekoel het, smeer die karamel kondensmelk bo-op.
Resep geplaas deur Lize-Mari Rossel




SONJA SE YSKAS KAASKOEK


SONJA SE YSKAS KAASKOEK
1 blikkie kondensmelk
1 houer room
1 houer gladde maaskaas of enige roomkaas
1 pakkie kitspoeding
Klits saam vir 2 minute.
Giet in bak wat gevoer is met gebreekte Tennis koekies en margarine.
Laat staan vir 15 min en geniet.
Baie maklik en fool proof

Resep: Sonja Van Tonder




ANANDA SE LEKKER KAASKOEK

ANANDA SE LEKKER KAASKOEK
Probeer gerus…. ( weet dus nie n kaaskoek nie, maar flop nie)
1 kondensmelk
1 ideal melk
1 koppie klapper
6 eiers geskei
Halwe teelepel sout

Klits eierwit styf.
Meng ander bestanddele saam.
Vou eierwit in.
Voeg 3 eetlepels heuning / stroop onder in broodpan.
Giet eiermengsel bo-op.
Bak 180 ºC vir 1 uur in ‘n pan kookwater.
Laat afkoel.
Keer onderste bo op bord
Sny in skywe.
Resep geplaas deur Ananda Koekemoer




ONGEBAKTE KAASKOEK


ONGEBAKTE KAASKOEK
1 pakkie tennisbeskuitjies
60 ml botter of kunsbotter, gesmelt
250 g volvet marscaponikaas
1 teelepel vanilla geursel
300 ml dubbelroom
200 g witsjokolade, gesmelt
framboos (rasberry) coulis (sous)
Maak kors van tennisbeskuitjies met botter. Druk vas op bodem en kante van ‘n losboompan.
Plaas in yskas.
Klits maaskaas, vanilla geursel en room saam tot glad.
Voeg gesmelte witsjokolade by – moenie in klits nie, maar meng in met ‘n spatel (dit kan skif van te veel klits).
Skep in pan en verkoel oornag.
Maak versigtig los en glip af op koekstaander.
Maak lekker framboossous, gooi deur sif en skep bo-oor en laat dit afloop oor die kante. Lekker en mooi!!!!
Resep: Helene Burger.




GEBAKTE JOGURT KAASKOEK


GEBAKTE JOGURT KAASKOEK
500 ml double cream vanilla jogurt
15 ml suurlemoensap
1 proppie suurlemoen geursel
1 blik Gold Cross kondensmelk
1 houer “plain” roomkaas
1 pakkie Marie beskuitjies; fyn fyn gemaak
110 g gesmelte Rama
Meng Rama en koekiekrummels en druk styf vas in groot ronde tertbak.
Meng res van die bestanddele en giet in tertkors.
Bak in oond by 180°C vir 20 minute (nie met thermofan aan nie).
Haal onmiddellik uit. Laat effe afkoel en plaas in die yskas
Resep geplaas deur Riana Viviers




REGTE SPUR KAASKOEK


REGTE SPUR KAASKOEK
3 houers gladde maaskaas/roomkaas
250 ml room
1 koppie witsuiker
4 eiergele
Vanilla
Sout na smaak
1 hoogvol eetlepel vlapoeier
4 eierwitte
Meng alle bestanddele behalwe eierwitte.
Klits witte styf en vou by mengsel in. Bak 45 min by 160º C
Resep geplaas deur Ilse Erasmus




MARIETTE SE MOERBY KAASKOEK


MARIETTE SE MOERBY KAASKOEK
Kors van Tennisbeskuitjies en gesmelte botter (1 pak beskuitjies gekrummel gemeng met 80 – 100 ml botter/margarien)
Meng goed en druk op bodem van tertbak vas.

Vulsel:
2 blikkies kondensmelk
1 blikkie karamel kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 koppie styfgeklopte room (250 ml)
3 blokke Bourwin roomkaas (150 g elk)
250 ml room vir bo-op ekstra

Klop alles saam en skep op die kors.
Klits nog 250 ml room styf.
Skep styfgeklopte room bo-op en sprinkel met gekapte Oreo koekies.
Resep geplaas deur Mariette Heydenrych-Kotze
Foto: Mariette Heydenrych-Kotze




MOKKAKAASKOEK


MOKKAKAASKOEK
My Mokkakaaskoek met First Choice Chocolate Flavoured Dairy Desert
Kors:
1 pakkie Cappuccino tennisbeskuitjies, fyn gemaak, meng dan met 100 g gesmelte botter en druk eweredig vas op die bodem van jou koekpan. Plaas in die yskas tot benodig.
Kaaskoek:
2 x 250 g houers roomkaas of mascarpone kaas
150 g donker sjokolade gesmelt
125 ml (½ koppie) baie sterk koffie
30 ml (2 eetlepels) suiker (ek het xylitol gebruik)
30 ml (2 eetlepels) gelatien gespons in 60 ml (¼ koppie) water (ek het bietjie ekstra gelatien bygesit ±10 g)
250 ml First Choice Chocolate Dessert, lekker koud styf geklop

Kaaskoek:
Plaas die roomkaas in ‘n grootmengbak en klits tot sag. Giet die gesmelte sjokolade stadig by terwyl jy klits. Voeg die koffie en suiker by. Klits tot goed gemeng. Vou of klits die First Choice Sjokolade by.
Plaas die gesponste gelatien vir 10 -15 sek in die mikrogolf of tot net gesmelt. Voeg by kaaskoekmengsel terwyl jy deurmeng.
Skep die kaaskoekmengsel bo-oor die kors en smeer glad. Laat verkoel vir 3 – 4 uur of oornag tot gestol. Ek het bietjie kakao oorgesif.
Resep geplaas deur Marie Wright
Foto: Marie Wright




NEW YORK CHEESECAKE WITH COOKIE CRUST


NEW YORK CHEESECAKE WITH COOKIE CRUST
CRUST
1 packet (200 g) tennis biscuits, crumbed
100 grams butter, melted
15 ml sugar

FILLING
2 tubs (250 g) cream cheese
30 ml each cornflour and cake flour
10 ml vanilla essence
3 ml grated lemon rind
2 extra-large or jumbo eggs, separated
175 ml sugar
1 tub (250 ml) sour cream
2-3 springs of lavender and icing sugar for decorating (optional)

Blend the crushed biscuits, melted butter and sugar and press firmly onto the base of a 23 centimeter loose-bottom tin.
The mixture is enough to also press against the sides of the tin, if preferred.
Beat together the cream cheese, cornflour, cake flour, vanilla essence and lemon rind until smooth. Add the egg yolks and beat well. Beat the sugar and egg whites until soft peaks are formed and fold into the cheese mixture. Fold the sour cream into the mixture and spoon onto the crust, Bake in a preheated oven at 125 ºC for 1 hour and 45 minutes. Remove from the oven and loosen the edges with a sharp-pointed knife or spatula. Let the cheesecake cool to room temperature. Place lavender springs on top and dust with icing sugar, if used.
HINTS
The eggs, cream cheese and sour cream have to be at room temperature when preparing the cheesecake.
Line the base of the loose-bottomed tin with 2 layers of baking paper or waxed paper. Allow the cheesecake to cool completely and carefully turn out onto a plate that is covered a soft kitchen towel or muslin cloth. Turn out onto a stylish serving platter.
Recipe and photo submitted by Nicolette Papas




GEEN BAK KAASKOEK MET SUURRROOM


GEEN BAK KAASKOEK MET SUURRROOM
Kors
Mariebeskuitjies of Eetsumor
Gekrimmel en meng met so 125 g margarine

Vulsel
1 houer (230 g) roomkaas
1 houer maaskaas (smooth plain)
1 blikkie kondensmelk
125 ml vars suurlemoen sap
1 teelepel vanilla essence
½ houer (so 120 ml) suurroom

Meng alles goed saam. Gooi mengsel oor beskuitjie kors en plaas in die yskas vir minstens 3 ure voor die jellie laag oor sit.

Bolaag:
1 pakkie suurlemon jellie
Meng met ⅔ van hoeveelheid water wat aanbeveel word op pakkie, koel af (nie set nie) en sprei oor kaaskoek. Plaas weer in die yskas tot jellie set. Ek maak dit 2 tot 3 dae voor ‘n geleentheid.
Resep en Foto: Bernice Leggett