LEKKER ITALIAANSE PRAWN PASTA

970543_10151655077411583_1479696876_n
LEKKER ITALIAANSE PRAWN PASTA
3 eetlepels gesoute capers
4 anchovies
1 knoffel huisie
Ertjies en spinasie
1 eetlepel smoked paprika
Swart peper
Klein tamaties (vars)
Suurlemoen skil (gerasper)
1 koppie groente stock
Italian parsley en thyme
500 g prawns
Warm tamaties op en chop parsley, thyme, anchovies, capers en knoffel. Vroeg by tamaties. Braai vir 2 min. Voeg die koppie groente stock in. Laat dit reduce vir so 10 min. Vroeg nou prawns by en kook vir 2 min. Voeg ertjies en spinasie by. Kook vir verder 5 min. Maak enige pasta en meng pasta deur die prawn sauce

Resep en foto: Niel Horak




CAVACAS (PORTUGESE KOEKIES)

cavacastestedyvonne
CAVACAS (PORTUGESE KOEKIES
1 koppie eiers
1 koppie koekmeel
1 koppie kookolie
Meng alles met die klitser vir ongeveer 10 minute. Dit het baie lug nodig om te rys. Skep in muffin pannetjies.
Bak in oond teen 230 ºC vir so 8 – 10 minute, net tot ligbruin.

Topping:
1 koppie versiersuiker
bietjie suurlemoensap (min of meer)

Meng gesifte versiersuiker met suurlemoensap. Dit moet dikkerig wees, maar steeds van jou lepel af drup. Bedruip die cavacas met die mengsel sodra dit uit die oond kom. Jy sal sien hulle begin in die middel induik. Dit is dan perfek.

FOTO:  Jenny Nel Robberts en Yvonne Vd Waltsleben

HEERLIKE VARIASIE
Bertus De Bruyn
Dit was pongeveer en en ‘n ½ koppie versiersuiker en bietjie meer as ¾  suurlemoensap! Was dikkerig maar stroperig loperig! Oor warm Cavacas geskep! Lekker baie laat oorloop in pannetjie terwyl hulle nog in pannetjie is! Versier met gekapte cashew neute stukkie vars pynappel en gestrooi met versiersuiker!
cavacas-bertus

Melinda Van Niekerk
Ek het dit saterdag gemaak en dit was heerlik. Ons het sjokolade versiersuiker en stukkie bubbly tjoklit op elkeen gesit.
14358912_10154416944741544_2415947432341854748_n




SPANAKOPITA IDEES

FOOD IS ESSENSIALtested
SPANAKOPITA IDEES

Ek doen dit sommer so uit die kop julle
Die enigste vereiste met filodeeg is dat jou filling nie te souserig moet wees nie. Ek braai gekapte uie of leeks in botter tot sag, dan stoom ek net die gekapte spinasie vinnig, meng met die uie, sout en peper en ook knippie fyn neut asook gekapte vars fennel (dit gee daai wow smaak), dan klam ek dit aan met geklitste eier, jy hoef nie al die eier te gebruik nie en meng met fyngemaakte Fetakaas. Nou kan jy jou filo vul of dit tussen lae filo sit.
Louise Groenewald
NOG ‘N RESEPPIE
Vir my vulsel kook ek my spanasie gaar en dryneer en laat afkoel. Neem dan sommer n lekker klomp Feta kaas en krummel dit by die spinasie wat jy fyn gekerf het. Braai jou fyn uie in n pan en neem soveel Bacon soos jy van hou as jy van bie vleis hou kan jy meer bacon in sit. Braai dit lekker gaar en sag. Die vleisies moet lekker fyn gesnipper wees want die pakkies is klein wat jy dit mee vul. Snipper n paar soet suur peperdews in en neem n teelepel of twee garlic daarby. en geur met sout en peper en Italian herbs. Neem n paar lepels gedroogde parmisaan kaas en roer al die bestandele deurmekaar. Neem nou jou Philo wat jy in lang repe gesny het en smeer gesmelte botter met jou kwassie mooi oor 3 stroke philo wat op mekaar pas om die bros laagies te vorm. Sit n groot tl vol op die deeg se punt neet en begin vou soos vir n samosa. Die geheim van die spinekopita is om die vulsel droog te hou daarom gebruik ons n harde kaas soos Feta want dit gaan nie so maklik smelt en in die olie mors waneer jy dit braai nie. Deep fry in diep olie tot mooi goud bruin. As jy dalk kaas met n laer smelt punt wil by sit gebruik net min want dit kan maar n ergernis met die olie af gee
Emelia Lans-Brown



ITALIAANSE ASPERSIESLAAI

ITALIAANSE ASPERSIESLAAI
500 g wit aspersies
10 kersie tamaties, gehalveer
130 g mozzarella kaas, in dun skywe gesny
4-5 basieliekruid blare
60 ml balsamiese asyn
90 ml olyf olie
suiker na smaak
sout en peper na smaak
1 avokado, in dun skywe gesny

Skil die aspersies en sny die “hout” gedeelte af. Kook dit vir 10 -14 minute in sout water met ‘n knippie suiker. Dreineer dit. Kap die basiliekruid blare fyn en meng dit met die asyn, olie, ‘n knippie suiker, sout en peper. Sny die aspersies in die helfte, lengte gewys. Rangskik die aspersies, mozzorella en die avokado in ‘n bak en strooi die tamaties oor. Gooi die “vinaigrette” oor en strooi ‘n paar basiliekruid blare bo-oor.

GEPLAAS DEUR Sanchen Grobler