ADAM SE GEMENGDE VRUGTEBLATJANG

ADAM SE GEMENGDE VRUGTEBLATJANG
Let wel. ek het min vrugte gehad, so hierdie resep is net vir die twee medium groot botteltjies soos op die foto.
Bestanddele:
450g gekapte uie
1,4kg gemengde sagte vrugte van jou keuse. (Ek het perskes, pruime, pruimedante en appels gebruik)
115g pitlose rosyntjies of korente oornag in water geweek (Ek het dit direk saam gekook sonder dat dit geweek was)
2 toontjies fyngemaakte knoffel (of meer volgens smaak)
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel chili vlokkies (of meer, of heel gekapte chili(s) volgens smaak)
450g bruin suiker
570ml wit asyn
Metode:
Kook die uie in ‘n bietjie water tot sag en dreineer. Sny die vrugte in baie klein stukkies of verwerk dit in ‘n voedselverwerker. Meng al die bestanddele saam en bring tot kookpunt. Prut tot meeste vloeistof weg is en dit verdik. Ek het dit ongeveer 1 ¾ uur gekook. Bottel warm in gesterliseerde flesse.
Bron en foto: Adam Cloete




MAGTELD SE PEPPADEWS


MAGTELD SE PEPPADEWS
Resep en foto :  Magteld Janse van Vuuren
Eerste peppadews ingelê gistermiddag
2 koppies asyn
2 koppies suiker

Kook die stropie vir so 2 min, plaas die onpitte peppadews in die warm stroop, laat kook vir so 5 min, nie te lank anders word hulle pap. Pak peppadews in mayonnaise grootte bottel en giet die warm stroop bo- oor.

Ernestine Frick
Ek kook glad nie myne nie. Druk dit net so rou, sonder pitjies, in fles en giet kokende stroop oor.




AMANDA SE TAMATIESOUS

AMANDA SE TAMATIESOUS

Hierdie kan in blender gesit word vir fyner tekstuur.

4,5 kg tamaties
½ kg uie
4 koppies suiker
½ teelepel fyn naeltjies
1 teelepel rooipeper
1 bottel wit asyn
1 bol knoffel of 1 eetlepel geperste knoffel (opsioneel)
1 teelepel neut
¼ koppie sout
2 koppies appelkooskonfyt
2 klein soetrissies
blikkie tamatiepuree (opsioneel)

Sny alles fyn.
Kook tot sag / dik.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Resep: Amanda Struwig




BARBARA SE LEKKER PERSKE ATJAR

BARBARA SE LEKKER PERSKE ATJAR
3 kg perskes
1 kg uie
¾ eetlepel sout
½ eetlepel mostert (ek gebruik sommer ).
½ borrie
1 kg suiker
bottel wit asyn
1 ¾ eetlepel Maizena
½ eetlepel kerrie (die smaak)
½ pakkie pickel spice
125 g sultanas

Kook uie (eie grote gesny) tot sag in asyn.
Voeg suiker by, roer tot opgelos, voeg perskes en ander bestandele by behalwe Maizena.
Los op kook en kook 10 min.
Voeg nou Maizena by en kook deur.
Laat effens afkoel en skep in gesteriliseerde bottels.
Lekker smul.

Bron en Foto: Barbara Erasmus




KORTPAD MET TE VEEL RISSIES

KORTPAD MET TE VEEL RISSIES
Breek die singel van die rissies af, sny nou liggies ‘n kruis waar die stingel afgebreek is.
Sny liggies deur nie te diep nie.
Op die punt van die rissie sny liggies ‘n kerf net deur die skil.
Was nou bottels goed uit en laat droog word.
Pak die rissies in die bottels, vul met skoon asyn, sit die deksels styf op en hou in yskas.
Jy kan dit vir jare hou en hoe langer dit staan hoe sterker word dit.

Bron: Denzil Aaron Roberts
Foto: Ehow




Vleisland se MANGO ATCHAR of UIE ATCHAR

Vleisland se MANGO ATCHAR of UIE ATCHAR
2 groot mangos (hulle MOET GROEN wees) ander is hulle sag en soet, en dan gis die atchar
1 ui
2 koppies olyf olie/kook olie
1 teelepel sout
1 teelepel swart peper
1 pakkie Pickle speserye
50 ml bruin asyn
1 eetlepel kerrie poeier
1 eetlepel Masala (rooi)
1 eetlepel crushed chilli’s
1 teelepel mosterd saad
Sny die mangoes van die pit af, en in klein stukkies, sny die ui in klein stukkies en gooi alles in die olie wanneer die olie begin kook.
OLIE: gooi die olie, asyn en die speserye in ‘n pan en verhit todat die olie begin kook, gooi nou die mango en ui by en roer totdat dit weer begin kook. Haal af en laat bietjie afkoel, en skep in bottels terwyl dit nog warm is, en maak dig toe.
Maak seker dat die mangoes, in die bottels goed onder die olie is.
Laat staan vir 10 – 14 dae, dan is dit reg om te gebruik saam met VLEIS natuurlik.

Vleisland’s MANGO / ONION ATCHAR
2 large mangoes (they MUST be GREEN) otherwise they are soft and sweet, and will ferment
1 onion
2 cups olive oil / cooking oil
1 teaspoon salt
1 teaspoon black pepper
1 packet of Pickle spices
50 ml brown vinegar
1 tablespoon curry powder
1 tablespoon Masala (red)
1 tablespoon crushed chili’s
1 teaspoon mustard seeds
Cut the mangoes off the pip, and in small pieces, slice the onion into small pieces and put them into the oil when the oil starts to boil.
OIL: pour the oil, vinegar and spices in a pan and heat until the oil starts to boil, add mango and onion and stir until it starts to boil again. Remove and let cool slightly, pour in bottles while still hot, and close tightly.
Make sure that the mangoes in the bottles are well in the oil.
Let stand for about 10 – 14 days, then it’s ready to use with meat of course.
Foto en resep:  Stefaans Blaauw




HEERLIKE EIERVRUG BLATJANG


HEERLIKE EIERVRUG BLATJANG

Dis baie lekker:
3 groot eiervrugte, skil en sny in ringe, gooi sout oor en laat lê vir ‘n halfuur, spoel af en sny in blokkies
1 greenpepper, sny in blokkies
6 medium uie, sny in blokkies
6 tamaties, haal skil af en sny in blokkies
Braai eiervrug, greenpepper, uie en tamaties in 1 koppie olie tot sag.

Gooi dan by eiervrug mengsel:
4 koppies suiker
3 koppies wit asyn
30 ml kerriepoeier(mild)
15 ml borrie
5 ml sout
5 ml peper
5 ml fyngemmer
Prut vir 20 minute. Dan meng jy 25 ml hoogvol Maizena met ‘n bietjie water. Voeg by mengsel en prut 5 minute. As dit te pap is kan jy nog Maizena insit. Bottel warm.
RESEP EN FOTO:  Johan En Adrì Scheepers




SPAGHETTI ALA MAMA

SPAGHETTI ALA MAMA:
1 pakkie spaghetti
3 uie (gekap)
1 bottel (750ml) tamatiesous (All Gold)
375 ml bruinasyn
375 ml sonneblomolie
1 teelepel borrie
10 teelepel matige kerriepoeier
1 koppie suiker
Plaas al die bestanddele in ‘n pot behalwe die spaghetti en bring tot kookpunt. Prut vir ongeveer 45 minute. Kook spaghetti tot net sag, maar nie pap, in aparte pot met water en sout. Dreineer spaghetti, voeg by sous en prut vir nog 15 minute.
Bottel dadelik in warm klein flessies. Bêre in kas, maar na oopgemaak in yskas.
BRON: Annette Smith (Bottel En Bere Resepte).
Resep geplaas deur Bets Lourens




NONNIE SE SPAGHETTI MET TAMATIE EN UIE

NONNIE SE SPAGHETTI MET TAMATIE EN UIE

Kook 500gr pasta (enige soort) so sag soos jy daarvan hou.
Rasper 1kg tamaties (as jy rasper bly die skil in jou hand)
Braai 2 gekapte uie in olie tot sag.
Voeg by tamatie met die volgende.
1teelepel kerrie
sout en peper
125ml wit asyn
250ml suiker

Kook tot gaar
Voeg 1kp mayonaise by

Meng met pasta en bottel warm

Bron en Foto: Nonnie Erasmus




RYP MANGO BLATJANG

RYP MANGO BLATJANG
Ek het dit vir ‘n kompetisie eenkeer gemaak en 1ste gekom. So dit is regtig lekker.
1.5 kg ryp mango’s, geskil en in blokkies gesny (weeg die blokkies)
3 uie, fyngekap
600 ml bruin druiwe asyn
450 g wit suiker
6 cm stuk vars gemmer, geskil en fyn gerasper
10 ml mosterd poeier
5 ml borrie
5 ml sout

Berei eers jou bottels voor en begin dan met die blatjang, aangesien dit baie goed opgepas moet word terwyl dit kook en jy nie kans sal kry om bottel voorbereiding te doen gedurende die kookproses nie. Was die bottels met warm water (moet nie uitdroog nie) en plaas onderstebo in die oond. Sodra al jou bottels in die oond is, kan jy die oond aansit op 100 grade. (Jy kan dit later aanskakel byvoorbeeld net nadat al die suiker opgelos is in die blatjang — maar moet nie vergeet nie!) Plaas al die deksels van jou bottels in ‘n pot en bedek met water. Sit op die stoof maar wag eers tot die blatjang halfpad gekook is voordat jy die plaat aanskakel.
Prut die mango’s en uie in die asyn vir ongeveer 15 minute, tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Onthou om nou seker te maak dat die oond aan is met jou bottels (indien jy my inmaak metode gebruik).
Prut vir ongeveer ‘n uur tot dik, roer dit gedurig om te verhoed dat dit aanbrand. Blatjang moet oor lae hitte, lank geprut word sodat die geure goed vermeng en die waterigheid verdamp.
Sodra die blatjang gereed is, skakel die plaat af en begin onmiddellik bottel.
Neem jou bottel uit die oond, sit jou tregter op en skep vol tot 1 cm vanaf die borand van die bottel, skroef die deksel op en plaas eenkant om koud te word.
Onthou om nie jou bottels te na aan mekaar te pak nie, aangesien die middelste bottels sal aanhou kook en die blatjang sal brand. Plaas bottels minstens 20 cm uitmekaar. Gedurende die afkoel proses, sal jy moontlik knal geluide hoor, dit is normaal, dit is maar net die klank wat die deksel maak sodra die bottel ‘n vakuum getrek het. Sodra afgekoel, was bottels af en etiketteer.
Die blatjang sal in ‘n maand gereed wees om te eet.
Foto en resep: Esmé du Plessis
2de foto:  Hester Pretorius