GEDROOGDE TAMATIES

sun dried tomatoes

 GEDROOGDE TAMATIES

Halveer tamaties wat lekker ryp is. Sit oopkant na bo in oond. Strooi sout en suiker oor. Droog soos met beskuit. Dit moet nog elasties wees. Bedek met olyfolie in bottels. Sit lourierblaar, ´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottel




GROEN-ROOI-GEEL PEPPER ATJAR

peppers

GROEN-ROOI-GEEL PEPPER ATJAR
3 groot uie skywe gesny
2 elk groen, geel en rooi peppers skywe gesny
1 – 2 rooi brandrissies met pitte en al geweek in 15ml soyasous
3 x 115g blikkies tamatiepasta
250 ml water
250 ml asyn
250 ml olie
250 ml suiker
4 – 5 lourierblare
5 ml droë origanum
3 – 4 knoffelhuisies gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele en plaas in ‘n kastrol.
Roer oor matige temp tot suiker opgelos is. Bring dan tot kookpunt
Prut verder sonder deksel vir 45- 50 min of tot groente lekker sag is.
Skep in flesse en laat in yskas vir ten minste 2 weke voor gebruik.




INGEMAAKTE SPAGHETTI

spagetti en tamatie

INGEMAAKTE SPAGHETTI
3½ kg tamaties
500 g uie
4 eetlepels appelkooskonfyt
1½ koppies suiker
1 koppie asyn
1 teelepel fyn naeltjies
1 teelepel peper
1 teelepel neutmuskaat
1 eetlepel sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti

Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag – nie pap nie. Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm.

Resep en foto:  Rina Kleinhans




PERSKE BLATJANG


PERSKE BLATJANG
12 Koppies gesnyde Perskes
1 Bottel Asyn
1 Eetlepel Kerrie
1 Teelepel Naeltjies
1 Desertlepel All-Spice
4 Groot Uie fyn gesny
1 Koppie Bruin Suiker
1 Desert Lepel Sout
1 Eetlepel Borrie
Opsioneel: Rooi Rissies, ‘n Handvol Rosyne of Sultannas

Kook alles vir ongeveer een en ‘n halwe uur en bottle warm.




KERRIEKOOL IN DIE MIKROGOLF

2015-12-19-kerriekooltested

KERRIEKOOL IN DIE MIKROGOLF
Lewer 1,6 lt.

1 kg kopkool
2 middelslag uie
250 ml water
600 ml witasyn
500 -600 ml witsuiker
100 ml koekmeel
15 ml kerriepoeier
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout

Verwyder die harde buiteblare van die kopkool.
Halveer en sny die stronk uit en snipper die kool mooi fyn.
Skil en kap die uie fyn.
Plaas die kool en uie in ‘n diep 3,5 lt bak.
Voeg water by en bedek die bak.
Mikrogolf vir 20 minute by volle krag en roer na die eerste 10 minute.
Laat dit goed dreineer.
Meng die asyn, suiker, meel, kerriepoeier, mosterdpoeier en sout in dieselfde bak.
Mikrogolf vir 10 minute op volle krag tot dik en roer gereeld.
Meng die koolmengsel met die kerriesous.
Mikrogolf vir 5 minute oop op volle krag en roer dit een of twee keer.
Skep die warm kerriekool dadelik in gesteriliseerde flesse en verseel.

FOTO:  Lorett Brittnell
My resep is basies dieselfde behalwe dat ek dit op die stoof kook en ek gebruik omtrent dubbeld die hoeveelheid kool want dit kook baie weg. Ek pas maar net die sout agterna bietjie aan.