YELLOW CLING PEACHES AND ONION ATCHAR


YELLOW CLING PEACHES AND ONION ATCHAR

3 kg yellow cling peaches washed and cut into even sized segments
1 kg baby onions
30 ml whole coriander 1(ml whole peppercorns
2 litres white vinegar
80 g (100 ml) Maizena
25 ml curry powder
10 ml turmeric
200 g (250 ml) white sugar
10 ml salt
Water Boil the coriander, peppercorns and vinegar together.
Mix the Maizena, curry powder, turmeric, sugar, salt and enough water to make a smooth paste. Stir into the vinegar mixture and keep stirring till the mixture is well dissolved.
Add the peaches and onions and boil together for 10 minutes.
Spoon mixture into sterilised jars. Seal.
Delicious with lamb, cheese or chicken pie
Recipe posted by Sharon Gien Cambier
Photo: Christo Anderson



HOMEMADE SWEET CHILLI SAUCE

tested

HOMEMADE SWEET CHILLI SAUCE
500 g long fresh red chillies, stems trimmed
3 garlic cloves, peeled
750 ml white vinegar
645 g caster sugar

Halve 100 g of the chillies and place in the bowl of a food processor.
Halve and deseed the remaining chillies.
Coarsely chop and place in the food processor.
Add garlic and 250 ml white vinegar. Process until finely chopped.
Place the chilli mixture, remaining vinegar and caster sugar in a large saucepan over a low heat.
Cook, stirring, for 5 minutes or until the sugar dissolves.
Increase heat to high and bring to the boil
Reduce heat to medium and simmer, stirring occasionally, for 35 – 40 minutes or until the sauce thickens.
Pour into sterilised airtight bottles and seal.

Recipe posted by Louise Groenewald




SOETSUUR GEPEKELDE KOMKOMMERREPE

SOETSUUR GEPEKELDE KOMKOMMERREPE
½ koppie witwynasyn
2 eetlepels suiker
2 eetlepels kookwater
handvol dille, fyngekap (20g)
1 rooirissie, gekap en sade verwyder
1 komkommer, in lang repe gesny

Plaas die witwynasyn, suiker en kookwater in ‘n beker en roer tot die suiker opgelos is. Meng in by die dille en rooirissie. Sit die komkommerrepe in ‘n vlak bak en giet die pekelmengsel oor.
Bedek met kleefplastiek en plaas oornag in die yskas om goed te marineer. Daarna kan jy dit in gesteriliseerde bottels gooi en een week bêre. As jy dit te lank los, word dit baie suur.

Pickled cucumber
½ cup white wine vinegar
2 tablespoons sugar
2 tablespoons boiling water
handful dill, chopped finely (about 20g)
1 red chilli, chopped without seeds
1 cucumber, cut into long strips

Combine the vinegar, sugar and water and stir to dissolve the sugar. Mix in the dill and chilli. Place the cucumber strips into a shallow bowl and pour over the pickle mixture. Cover with clingwrap and leave overnight in the fridge to marinate. Pour into sterilized bottles and leave for up to one week. Longer and it will become very bitter.




NOEDELSLAAI MET TAMATIE

noedelslaai -marietested

NOEDELSLAAI MET TAMATIE
500 g noedels
½ kg uie, gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies (rooi, geel en groen)
100 ml mayonnaise
375 ml olie
250 ml wit asyn
500 ml suiker
20 ml sout

Kook tamaties, uie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar ferm ongeveer 20 min, met sout en bietjie olie by.
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels. Baie baie lekker.
Resep: Rita Pretorius
Foto: Marie Rheeder Troskie




APPELKOOSBLATJANG

appelkoosbaltjang giselatested

APPELKOOSBLATJANG
2,5 kg ontpitte appelkose
500 g sultanas
6 knoffelhuisies
750 g uie gesny
750 ml suiker
20 ml sout
20 ml gemmer
10 ml kaneel
7 ml swartpeper
2 ml rooipeper
1.5 koppies asyn

Maal die appelkose, sultanas, knoffel en uie saam, voeg die res van die bestanddele by.
Kook stadig tot dik, skep warm in voorbereide warm bottels.
Foto:  Gisela Pruter




KERRIE BEET BLATJANG

Beetblatjangtested
KERRIE BEET BLATJANG
Vir elke 1,5 lt. Beet gebruik die volgende:
(gaar en gerasper of blokkies gesny)
2 groot uie
500 ml bruin asyn
300 g wit suiker
15 ml kerriepoeier
5 ml sout
50 ml mielieblom

Skil uie en kap dit op.
Verhit asyn en suiker stadig tot kookpunt; roer aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Voeg die beet en uie by en laat 10minute lank prut. Roer die kerriepoeier en sout by en laat die mengsel 5minute lank prut.
Maak die mielieblom met ‘n bietjie water aan en roer dit by die beetmengsel. Laat dit goed deurkook.
Bottel blatjang warm en verseel dit dadelik.

Bron: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Rina Kleinhans




OLYWE INMAAK

OLYWE INMAAK
Genooeg olywe om sowat 5 l bottels in totaal vol te maak.
Gebruik altyd ‘n emalje, hout of erde houer. Moet onder geen omstandighede Aluminium gebruik nie.
Neem olywe en was hulle.
Plaas hulle in die houer.
Laat die olywe nou vir 36 uur lank in ‘n bytsoda oplossing van 56 g bytsoda op 4.5 l water week.
Hou olywe heeltyd onder die water oplossing.
Spoel die olywe baie goed af met skoon water.
Laat in skoon water lê vir paar uur, gooi water af en gooi weer skoon water oor.
Na 2 dae toets net die water, dit moet skoon proe en nie alkalies nie.
Sodra skoon is maak ‘n soutoplossing aan van 56 g Sout op 4.5 l water.
Laat die olywe oornag in die oplossing staan.
Gooi sout oplossing af en maak nuwe soutoplossing aan van 110 g sout op 4.5 l water.
Laat die olywe nou vir 2 dae in die oplossing staan.
Gooi weereens die soutoplossing af en maak nou ‘n oplossing aan van 220 g sout op 4.5 l water.
Laat staan die olywe 1 dag in die oplossing.
Maak nou ‘n soutoplossing van 335 g sout op 4.5 l water aan.
Die olywe moet 1 week in die oplossing staan.
Maak nou vir die laaste maal ‘n soutoplossing aan van 390 g Sout op 4.5 l water en hou eenkant.
Neem die olywe en plaas hulle in bottels.
Bedek die olywe met die soutoplossing.
Gooi sowat 1 cm olie oor die olywe.
Seël met glasdeksels.
Metaaldeksels sal roes




KNOFFEL IN MOSTERDSOUS

garlic2
KNOFFEL IN MOSTERDSOUS
1 koppie asyn
2 koppies suiker
1 koppie water
Kook goed saam.
Terwyl bogenoemde kook meng jy die mosterdsous
3 eetlepels mosterdpoeier
1 teelepel borrie
4 eetlepels mielieblom

Gooi knoffel in stroop kook 2 minute. Roer die mosterdmengsel by en kook tot dik.
Skep in bottels en seël.

Nota:  dit moet vingertjies wees en net soveel as wat jy wil, kyk maar hoeveel sous is daar, dit sal jou vertel hoeveel bottels jy gaan nodig he, en daar moet dan genoeg knoffel wees om die bottels vol te maak. As ek na die bestanddele kyk is dit omtrent 3 kp stroop, wat seker omgeveer ‘n mayonnaise bottel vol is, so daar moet darem genoeg knoffel vingers wees vir so bottel ander maak die sous eers net helfte as jy net eers ‘n klein botteltjie vol wil maak




SOETRISSIE UIE

SOETRISSIE UIE
6 soetrissies – verskillende kleure vertoon mooi
240 g piekeluitjies gehalveer
3 knoffeltoontjies geskil
750 ml water
360 ml witasyn
2 peperkorrels
125 ml suiker
1 teelepel sout

Halveer soetrissies en ontpit. Sny in repe en plaas in bak. Voeg uie en knoffel by. Verhit water en asyn saam en voeg suiker en sout by. Roer tot suiker opgelos is en laat 2 minute satadig kook. Voeg groentes by en kook op. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.




GEPIEKELDE BRANDRISSIE

GEPIEKELDE BRANDRISSIE
600 g brandrissie (kan ook rooi wees, maar dan is dit baie sterker)
15 swartpeper korrels
5 lourierblare
2 eetlepels koljandersade of een eetlepel perperkorrels en een eetlepel mostertsade
5 teelepels sout
6 eetlepels strooisuiker
1 liter wit asyn
1 eetlepel paprika
1 teelepel borrie

Sny rissies oop en verwyder sade – indien verkies- Gooi kookwater oor rissies en laat 1 minute staan en dreineer. Plaas rissies, peperkorrels, lourier blare, koljander en geurmiddels in fles. Verhit suiker en asyn tot suiker gesmelt is en terwyl nog warm, nie gekook, gooi dit in fles. U kan dit ook deel in kleiner flessies soos u verkies