MRS H.S. BALL’S BLATJANG (aangepas)
Maak 18 bottels (mild)
612 g droëperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiweasyn
2 ½ kg wit suiker
500 g uie
60 g sout
7.5 g cayenne peper
Week vrugte oornag in die druiwe asyn. Kook in asyn tot sag en dreineer. Maal in klein
stukkies in ‘n meul (of versnipper met ‘n kombuismes) Gooi die vrugte, suiker (opgelos in ‘n
bietjie van die asyn) en uie (gemaal) by en kook in ‘n groot pot in die asyn. Die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel. Voeg cayenne peper en/of brandrissie by en kook vir 2 – 2 ½ uur. Roer nou en dan met ‘n houtspaan sodat dit nie vasbrand nie.
Nota:
Om blatjang “hot” te maak, voeg 75 g gemaalde brandrissie by.
Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 g droëperskes
Foto: Gideon Louw











