KERRIEKOOL MET PEPPADEWS
KERRIEKOOL MET PEPPADEWS
2 kg kool fyngekerf
1 ½ koppies ui fyngekerf
15 ml sout
25 ml mielieblom [Maziena]
625 ml asyn
25 ml kerrie poeier
750 ml suiker
750 ml water
8 peppadews fyn gekerf
Kook kool en uie tot so halfpad gaar en gooi water af.
Voeg weer 750 ml water by en kook tot sag en gaar.
Meng kerrie, suiker, en asyn en voeg by. Voeg peppadews by.
Kook so +- 5min.
Maak mielieblom aan met ‘n bietjie water en roer by, kook tot dik.
Wees versigtig dat dit nie brand nie.
Botter warm in voorbereide bottels.
Heerlik saam met braaivleis…
Foto: Marie Troskie
2de foto: Peppadews uitgelaat en steeds baie lekker. – Gillian Vermeulen
AANGEPASTE RESEP DEUR BEULAH VISSER
Ek vind die asyn bietjie te suur en het die resep aangepas
Die resep wat ek gebruik het lees as volg:
2 koppies kool fyngekerf
1½ koppie ui fyngekerf
15 ml sout
25 ml maizena
625 ml asyn (hier het ek 250 ml asyn met 250 ml water vervang)
25 ml kerriepoeier
750 ml suiker
750 ml water

|











