PYNAPPELRINGE OF STUKKE INGEMAAK

gebottelde pynappels

PYNAPPELRINGE OF STUKKE INGEMAAK

Skil die pynappel, sny alle ogies en merke uit. Sny die stronk met ‘n pitboorder uit. Sny die vrugte in ringe of stukke.
Kook stroop vooraf oor matige hitte: 200g wit suiker vir elke 500ml water.
Kook die pynappelringe/stukke 20-30 min lank in matig vinnig in die stroop. Pak dit in die flesse en maak die flesse tot oorlopens toe vol met die stroop. Verwyder die lugblasies indien nodig. Verseel die flesse dadelik.
*Lekker vir later*




PYNAPPELBLATJANG

pineapple chutney

PYNAPPELBLATJANG
FOOD LOVERS RECIPES
2.5 kg ryp pynappels
2 groot uie
300 g melassesuiker
125 ml bruin asyn
15 ml goue stroop
7 ml kerriepoeier
5 ml mostertpoeier
5 ml sout
2 ml borrie

Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op.
Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt.
Roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Prut mengsel tot dik en roer gereeld.
Bottel die blatjang warm en verseël dit dadelik.




KERRIE WAATLEMOENATJAR

waatlemoen

Sny ‘n ferm waatlemoen in skywe, skil die groen buite skil dun af en sny die pienk vleis en pitte uit sodat daar ‘n rooskleurige randjie aan die wit binneskil oorbly. Sny die binneskil in blokkies op todat die hoeveelheid 2 kg is.
Maak ‘n oplosing van 12,5ml gebluste kalk vir elke liter water wat nodig gaan wees om die blokkies meet te bedek. Laat dit ‘n rukkie staan. Giet die helder vloeistof af en week die blokkies oornag daarin. Gooi die afsaksel weg. Dreineer die blokkies die volgende dag en spoel dit in ‘n vegiettes onder lopende koue water af.
Kook die suurtjies soos volg:
15 ml heel naeltjies
10 ml wonderpeperkorrels
1 knoets gekneusde gedroogte gemmerwortel
10 ml koljanderkorrels
1.25 liter water
1 kg suiker
750 ml wit asyn
15 ml sout
30 ml kerriepoeier
30 ml mielieblom
5 ml borrie
2 ml mosterdpoeier
Bind die naeltjies, wonderpeper, gemmer en koljander in ‘n stukkie kaasdoek toe. Voeg die speseryesakkie en water by die waatlemoenblokkies en kook die blokkies tot sag. Voeg die suiker by, roer die mengsel liggies, verhit dit stadig tot kookpunt en kook die blokkies tot stroperig. Voeg die asyn en sout by die waatlemoenblokkies en laat dit goed deurkook. Verwyder die sakkie en pers al die vloeistof daarin oor die blokkies waatlemoen uit. Gooi die sakkie weg. Meng die kerrie, mielieblom, borrie en mosterd met ‘n bietjie ekstra asyn tot ‘n pasta, roer dit by die waatlemoenmengsel en laat dit deurkook. Bottel die suurtjies warm en verseel dit dadelik en gesteriliseerde flesse. Laat dit ‘n maand lank ryp word voor gebruik.
Lekker vir later.




GEMMER – LEMOENWORTELSLAAI

gemmerwortels

GEMMER – LEMOENWORTELSLAAI
80 g suiker
5 ml gemaalde gemmer
10 ml mielieblom
60 ml asyn
750 ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies
15 ml olie
10 ml gerasperde lemoenskil ( opsioneel)

Meng suiker, gemmer en mielieblom in ‘n kastrol. Voeg asyn geleidelik by en kook by lae hitte tot dik. Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig. Voeg lemoenskil laaste paar minute by. Skep dadelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas na oopmaak
Nota:  Gillian Bredenhann
Dit is glad nie souserig of loperig nie. Die wortel verhouding (ek het 10 wortels gebruik) is net reg vir die hoeveelheid sous. As jy sou verkies om ‘n loperige sous saam met die wortels te hê, sal jy dit beslis moet verdubbel
Foto  Gillian Bredenhann




KERRIEWORTELSLAAI

KERRIEWORTELSLAAI
Resep geplaas deur Rina kleinhans – bron onbekend
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg geelwortels
1 kg uie
2 groen soetrissies
1 liter witasyn
800 g witsuiker
150 g pitlose rosyne
15 ml sout
5 ml heel kruienaeltjies
5 ml swart peperkorrels
50 ml mielieblom of meer indien nodig
50 ml kerriepoeier
10 ml borrie
250 ml water

Skil die wortels en sny in skyfies of soos verkies.
Bedek die gesnyde wortels met water en kook tot net sag.
Skil en halveer die uie en sny dit in dun skyfies op.
Maak die soetrissies skoon en sny in lang, dun strokies.
Bedek die uie en soetrissies met kookwater en laat staan dit ongeveer ‘n kwartuur.
Dreineer die wortels- en uiemengsel, en plaas dit in ‘n lekker groot pot.
Kook die asyn, suiker, rosyne, sout, naeltjies en peperkorrels stadig saam in ‘n aparte potjie tot die suiker opgelos is, voeg dit by die wortelmengsel en bring tot kookpunt, kook lekker deur.
Meng die mielieblom, kerriepoeier en borrie met die water en voeg dit by die wortelmengsel in die pot.
Verhit tot kookpunt en kook dit matig vir ongeveer 10 min, roer af en toe.
Indien die sous te dun is, kan nog bietjie mielieblom aangemaak word met bietjie water en bygevoeg word.
Kook net goed deur.
Bottel die kerriewortelslaai warm in goed voorbereide flesse en verseël dit dadelik.




KERSIE BLATJANG

cherry chutney

KERSIE BLATJANG

1.2 kg kersies
375 g sultanas
125 ml asyn
160 ml suiker
5 ml wonderpeper (Allspice)
2 ml fyn gemmer
125 ml sweet chilli sous

Ontpit kersies.
Verhit stadig saam met al die ander bestanddele tot die suiker opgelos is.
Kook vir 5 minute vinnig en laat dan prut tot jou mengsel lekker dik is.
Bottel dit warm en verseël wanneer dit koud is.
Baie lekker veral saam met koue vleise of braaivleis.
Elda Lombard
HC GOUWS




KERSIES IN BRANDEWYN


KERSIES IN BRANDEWYN

500 g kersies, steeltjies verwyder
1 klein stukkie pypkaneel
250 g suiker
125 ml water
15 ml suurlemoensap
150 ml brandewyn

Was en droog die kersies af. Pak in ‘n warm gesteriliseerde glasfles met pypkaneel.
Meng die water, suiker en suurlemoensap in ‘n bak.
Mikrogolf 3 minute op volle krag en roer elke minuut.
Mikrogolf 4 minute sonder om te roer. Laat effens afkoel en voeg brandewyn by.
Giet oor kersies, verseël, plak etikette op en bewaar in ‘n donker plek.
Hou minstens een maand voor gebruik.
Sit kersies voor saam met ‘n skeppie roomys.
Die vloeistof kan ook deurgegiet en as likeur gedrink word.

FOTO:  Liza Venter Steyn  – Dit is regtig ‘n super maklike resep en as jy net die versoeking kan weerstaan om dit te eet raak dit net lekkerder met tyd. Ek het geel kersies en pers kersies ingele.




KERSIEBLATJANG


KERSIEBLATJANG

SUURKERSIEBLATJANG

1 kg ryp suurkersies
375 g gebleikte sultanas
125 ml wit asyn
150 g wit of karamel suiker
5 ml gemaalde wonderpeper
2 ml gemaalde gemmer

Was en ontpit die kersies.
Verhit dit stadig saam met die ander bestanddele in ‘n emaljekastrol tot kookpunt, roer die mengsel aan die begin todat die suiker opgelos is.
Laat ongeveer 5 min lank vinnig kook en prut dit dan verder totdat die mengsel dik is.
Bottel die blatjang warm en verseel dit wanneer koud.
*Lekker vir later*




LEKKER TAMATIE MACARONI

LEKKER TAMATIE MACARONI
Resep: Marina Hamilton-Walker
FOOD LOVERS RECIPES
10 groot tamaties
8 groot uie
Skil en sny bogenoemde in blokkies.
Braai tamaties en uie in ‘n groot pot in bietjie olie, voeg die volgende by en braai/kook tot dik en taai teen matige temperatuur. Roer kort kort:
1 koppie suiker
1 teelepel peper
1 teelepel neutmuskaat
¼ teelepel naeltjies
25 ml sout
125 ml appelkooskonfyt
Voeg dan by:
¼ pak noodles van jou keuse gaar gemaak
½ koppie asyn
Kook vinnig deur.
Bottel warm in voorbereide bottels of laat koel af en vries.
HEERLIK VERBY.




CAROL SE PASTA SLAAI

 pastaslaai carol

CAROL SE PASTA SLAAI
500g pak driekleur skroefnoedels
1 groot soetrissie, gekap (ek vat gewoonlik al 3 kleure – lyk mooier!)
1 groot ui, gekap
250ml tamatiesous
25ml kerriepoeier
60ml blatjang
125ml kookolie
125ml bruinasyn
200ml suiker
sout en peper na smaak

Kook noedels in sout water tot sag en dreineer.
Meng res van die bestanddele baie goed saam en roer by die noedels in. Bêre in die yskas. Roer deur voor opdiening.
Wenk: Die slaai kan tot ‘n week in die yskas hou – hoe langer hy staan, hoe beter word die smaak!
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen