AUBERGINE (BRINJAL, EIERVRUG) BLATJANG

tested
AUBERGINE (BRINJAL, EIERVRUG) BLATJANG
500 g brinjals geskil, gewas, opgekap
1 elk medium groen, rooi peppers, gekap
1 uie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
1 granny smith appel, gekap
250 g Demarara suiker
600 ml goeie bruin asyn
5 ml sout
1-2 ml rooi peper

Prut saggies alles saam vir 1 ½ uur. Roer net af en toe, dikte moet wees as daar geen vloeistof skei nie. Skep in gesteriliseerde bottle en seël dadelik.

Resep geplaas deur: Alletta Strydom




KIWI CHUTNEY

 

2014-01-02-kiwichutneytested

voor ca. 4 (jam)potjes

1 kilo kiwi, bij voorkeur nog niet helemaal rijp
100 g verse gemberwortel
4 sjalotten, gesnipperd
1 rood pepertje, ragfijn gesneden, naar (scherpe)smaak
100 g grote blanke rozijnen
5 dl (kruiden)azijn
500 g suiker
zout en versgemalen zwarte peper •

Spoel de rozijn af met heet water en laat ze een nacht drogen op een zeef.
Schil de kiwi’s en snijd de harde kern eruit, snijd ze in stukjes van ca. 1 cm.
Schil de gemberwortel en rasp hem zeer fijn.
Breng in een wijde pan met dikke bodem de azijn aan de kook.
Laat er onder voortdurend roeren de suiker in oplossen.
Voeg er wat grof gemalen peper en wat zout (ca. ¾ theelepel) aan toe.
Laat alles 2 minuten flink koken.
Voeg kiwi, pepertje, sjalot, gemberwortel en rozijnen toe.
Roer alles krachtig door.
Temper de warmtebron en laat alles zachtjes koken tot de chutney de juiste dikte heeft en de sjalotten en rozijnen helemaal zacht zijn (ca.1 uur).
Spoel brandschone potjes om met kokend water.
Vul ze met de chutney.
Sluit de potjes luchtdicht af met plastic folie.
Schroef de deksels erop en laat ze omgekeerd op een dubbelgevouwen theedoek afkoelen.
Voorzie de potjes van etiketten en vermeld er datum en inhoud op.
De chutney is minstens 6 maanden houdbaar mits ze wordt bewaard op een koele, droge, donkere plek

BRON- Annet Geelhoed




GREEN PEPPER CHUTNEY

greenpepper chutneytested
GREEN PEPPER CHUTNEY
2 kg greenpepper, gekap (weeg na opgekap).
3 uie gekap.
20 g rissiepoeier (ek gebruik rooipeper) (kan meer/minder insit).
2,5 kp asyn.
0,5 kp water.
2 kp suiker.
3 eetl kerriepoeier.
3 eetl borrie

Kook greenpepper, uie en rissiepoeier tot sag maar ferm. Gooi water af. Gooi res van bestanddele by en kook 7-10min. Maak dik mt 3-4eetl maizina. Bottel

Resep en foto: Tanya Smith



“SWEET TANGY” RADYSE

piekel radysetested

“SWEET TANGY” RADYSE

Benodig hele klomp radyse, ongeveer 1 kg, was mooi en sny in dun skyfies, strooi suiker oor en bere oornag in yskas. Voeg die volgende in kastrol en kook 5 min saam:
200 ml water
300 ml wit asyn
250 ml suiker
knippie sout
10 ml pickle spice
Voeg afgespoelde radys skyfies by en bring tot kookpunt, kook 5min.
Gooi in gesteriliseerde flesse.
Moet 24 uur staan voor gebruik.

Resep en foto: Marietjie van der Merwe




MANGO ATJAR

mango atjar 2tested

MANGO ATJAR
Braai saam tot sag in groot kastrol;
30 ml kookolie
2 gekapte uie
2 gekapte knoffelhuisies
1 klein, vars brandrissie
3 teelepel fyn koljander
3 teelepel fyn mosterdpoeier
2 rooi – en 2 groen soetrissies, gekap
Voeg by:
2 kg mango stukkies
500 ml wit asyn
1 ½ koppie suiker
1 teelepel sout

Kook deur so 45-50 minute . Roer af en toe, pasop vir aanbrand. As nog waterig, roer 1 eetlepel maizena, gemeng met bietjie water, by. Kook deur en skep in gesteriliseerde bottels. Draai toe as heeltemal afgekoel. Jy kan ook minder suiker en meer asyn byvoeg…hang af van jou smaak, proe maar.

Resep:  Radio Namakwaland




INGELEGDE VIS/ KERRIEVIS

tested

INGELEGDE VIS/ KERRIEVIS

Resep om varswater vis in te lê.

2 1/2 kg skoongemaakte vis soos bv karp (in stukkies gesny),
4 uie in ringe gesny
3 koppies asyn
1/2 koppie water
3-4 teelepel sout
1/2 koppie suiker
2 1/2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1/2 teelepel rooipeper
en 6 gekneusde suurlemoen/lourier blare

Strooi die sout en peper oor die opgesnyde vis. Meng die res van die bestanddele in ‘n groot kastrol en laat vir 20-30 minute kook. Sit die vis versigtig in die kokende mengsel en kook dit vir ‘n verdere 20-30 minute tot die vis gaar is. Skep van tyd tot tyd van die sous oor die vis, maar moenie roer nie, anders breek die vis. Verwyder van hitte en skep die vis in gesteriliseerde flesse. Maak seker al die vis is met sous bedek. Gooi tot bo met sous en laat effens afkoel. Verseël En laat vir minstens 1 maand staan vir die grate om sag te word.
NB!! Jy kan ook seevis gebruik, dan hoef dit nie so lank te staan nie, want dit het nie so baie grate in nie. Dit hoef net +- 1 week te staan, maar hoe langer dit staan, hoe lekkerder is dit!

BRON- Bets Lourens




GEBOTTELDE UIESLAAI

uieslaaitested

GEBOTTELDE UIESLAAI
2 kg uie (gekerf)
2 koppies suiker
2 koppies witasyn
1 hoogvol eetlepel maizena
4 teelepels kerriepoeier
4 teelepels borrie
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel sout

Hou ½ koppie van die asyn eenkant.
Voeg maizena daarby en hou eenkant. Plaas res van asyn en res van bestanddele in groot kastrol. Laat prut tot sag. Voeg maizena-mengsel by en kook goed deur. Verwyder van hitte en skep warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Bets Lourens
Tweede foto: Petro Kloppers

 




KOPERPENNIE WORTEL SLAAI

1393580_10152041469134727_1460858844_n

KOPERPENNIE WORTEL SLAAI
(8-10 porsies)
1 kg wortels gesny
2 uie in ringe gesyn
2 soetrissies ontpit en in repe gesny
1 pakkie tamatiesoppoeier 
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml Worcestersous
7 ml aangemaakte mostert
Sou en peper na smaak
Kook die wortels tot half gaar, sag maar nie pap nie. Gooi in vergiettes en spoel af met koue water en dreineer. Rangskik wortels, soetrissies en uie in lae in ‘n groot bak met ‘n deksel en eindig met wortels. Meng res van die bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 min. Gooi warm oor slaai en laat met behulp van ‘n mes in die middel en teen die kante inloop. Laat afkoel. Sit deksel op en marineer vir 2 dae in die koelkas voor gebruik. 
Ek het dit ook warm gebottel vandag.




OUTYDSE SLAPHAKSKEENTJIES

slaphakskeentjies

OUTYDSE SLAPHAKSKEENTJIES
Kook 1 kg klein uitjies soos volg:
Verwyder skilletjies.
Maak snytjie aan wortelkant van elke uitjie.
Kook 40 minute in kokende water of tot uie sag is, nie pap nie.
Dreineer die water af en dreineer goed.
Berei intussen eier-suursous om oor uie te giet.
1 eier
2 eetlepels suiker
¼ teelepel sout
½ teelepel mielieblom
2 eetlepels asyn
2 eetlepels water
Maak die eier suursous in ‘n glas bak wat oor ‘n pot met kook water pas.
Klits eier goed en voeg res van bestanddele by.
Plaas glasbak oor pot met kokende water en klits aanhoudend met ‘n vurk tot dit begin verdik.
Verwyder van hitte en klits tot dit lig is.
Dien warm op vir groente of koud vir slaai.

Resep: Hannalie Kitshoff




INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS

2013-11-25-ingelegdeengelsekomkommers

INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS
6 Engelse komkommer gekerf in water (5 ure week)  saam met ½ koppie sout
750 ml wit asyn
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel mosterdpoeier
2 koppies suiker

Plaas in pot op stoof die laaste 4 bestanddele en kook deur.
Voeg die volgende en die komkommers by.
2 groot uie gekerf
1 rooi soetrissies gekerf
Heel peper korrels (aditioneel)
Kook vir 10 min.
Bottel warm.

Resep: Elsa Van der Westhuizen
Foto: Malie Louw