GEPEKELDE ENGELSE KOMKOMMER

pickled cucumber
GEPEKELDE ENGELSE KOMKOMMER

2 komkommers in 5mm skywe gesny
750 ml wit asyn
200 ml suiker
3 lourier blare
8 peper korrels (of 1 teelepel pickle speserye)

Pak komkommerskywe in flesse.
Bring asyn, suiker, lourier blare en peper korrels tot kookpunt.
Roer af en toe tot suiker oplos is.
As asyn net begin kook, skep die oor komkommers in die bottels.
Seël en laat staan vir 3 dae tot komkommer verkleur.

Nota: Madaleine Bezuidenhout
Die resep kan aangepas word vir verslankers soos wat ek doen. Ek vervang die helfte van die asyn met water en dit werk baie goed en laat die suiker heeltemal uit. Ek bottel gewoonlik skywe uie en peppadews saam met die komkommer en dit smaak heerlik as bygereg of slaai.

Resep en foto:  Johan Smith




SPAGHETTI IN TAMATIESOUS

2014-03-25-spaghettiintamatiesousenkerriebonetested
SPAGHETTI IN TAMATIESOUS
500 g gesnyde uie, braai in olie
4 kg ryp tamaties, ontvel
375 ml appelkooskonfyt
200 g suiker
sout, basil na smaak
2 ml neutmuskaat
rooipeper net ‘n knippie
en 2 pakke spaghetti.

Metode is kook tamaties tot sag en soteer die uie, voeg by met al die bestandele behalwe die spaghetti. Kook tot die tamaties nie meer waterig is nie. Kook spaghetti tot net sag en dan voeg jy dit by tamatiemengsel en laat prut vir 10 min. Skep in gesterilliseerde flesse en seël dadelik.

Resep en foto: Elizabeth Haupt




ELIZABETH SE KERRIEBONE

2014-03-25-spaghettiintamatiesousenkerriebonetested
ELIZABETH SE KERRIEBONE

2 kg groenbone
1 kg uie
sout
750 ml asyn
25 ml sterk kerrie
500 ml suiker
37,5 ml mielieblom

Kook bone en uie met 1l water tot net net gaar. Meng die res van die bestandele saam en voeg by bone.  kook deur en skep in bottels. HOOP ALMAL GENIET DIT!

BRON- Elizabeth Haupt




KOMKOMMER PIEKELS

 komkommer piekels 2tested

KOMKOMMER PIEKELS
Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
Sous:
500 ml druiwe asyn
500 ml witsuiker
10 ml sout
5 gekapte knoffelhuisies
vars stukkies gemmer
15 ml piekel kruie
vars rooirissie na smaak
Ekstra:
ongeveer 4 komkommers

Kook 15 min. Voeg skywe komkommer by, kook tot deurskynend, bottel warm. Enjoy!
Nota:
Tuinkomkommers, hang af van grootte, so 4, sous kan vermeerder word, heerlik.
Engelse komkommers skil ek nie af, wel outydse hardeskil.




LOUISE SE SOUSBOONTJIES

tested

LOUISE SE SOUSBOONTJIES
1 Pakkie boontjies (Suikerboontjies, groot of klein wit boontjies)
Soek boontjies deur en verwyder klippies ens. Week oornag en kook met skoon water die volgende dag volgens instruksies op pakkie. Drukkoker neem halfuur.

Gooi die kookwater af as gaar.

Voeg by: 1 ½ koppie suiker en ½ koppie bruin asyn, sout en peper asook ‘n halwe koppie Sweet Chillie sous (opsioneel). Dit gee ‘n heerlike smaak.
Laat suiker oor stadige hitte oplos en laat opkook en prut. Jy kan dit verdik met ‘n opgehoopte eetlepel Maizena wat met van die sous in die pot gemeng word. Kook en roer tot verdik.
Plaas dadelik in warm gesterilliseerde glas flesse. Hierdie resep lewer een groot (mayo) pot en een kleintjie.
Resep en foto: Louise Groenewald




PERSKEPIEKEL

Perskepiekel
PERSKEPIEKEL
1 kg taaipitperskes soos Yellow Cling wat nog nie te sag is nie
500 g suiker
1 teelepel sout
500 ml witasyn
1 eetlepel allspice korrels
8 kruienaeltjies
6 kaneelstokkies

Skil die perskes en sny in kwarte van die pit af.
Verhit en roer die suiker, sout en asyn in ‘n kastrol.
Voeg die allspice, naeltjies en kaneel by.
Verhit tot kookpunt en roer gedurig om die suiker op te los.
Voeg die perskekwarte by en kook liggies vir 20 – 30 minute tot die perskes sag maar nog ferm is.
Verwyder van die hitte en skep die perskes in ‘n skoon verhitte fles.
Bedek met die stroop en verseël.
Beste om te laat staan vir ten minste 2 weke voor gebruik.
ADAM CLOETE




BASILIEKRUID PESTO EN RESEPTE

basil pesto benhettested

BASILIEKRUID PESTO EN RESEPTE

1 liter vars basiliekruid, taamlik styf ingedruk
2-3 knoffelhuisies
25 g dennepitte
25 g of meer gerasperde parmesaankaas
100 ml olyfolie
sout na smaak
kookwater en Yskoue water (met ysblokkies nog beter)

Stroop basiliekruid van die stingels af, doop in kookwater vir paar sekondes, en dadelik in die koue water.  Skil  knoffelhuisies, strooi sout oor en kneus dit.  Versap basiliekruid, knoffel, dennepitte, kaas, sout en bietjie van olie in voedselverwerker tot ‘n dik pasta.  Verwerk res van  olie bietjiegewys by die pasta.  Skep mengsel in ‘n houer wat dig seël en bewaar dit tot ‘n maand in koelkas.

VARIASIE

Vervang dennepitte met amandels of sonneblom sade..
Vervang basieliekruid met pietersielie of gebruik om die helfte.
Vervang parmesaankaas met feta kaas.

Lekker idees vir die gebruik van Pesto

  1. Pesto Frikkies:  Meng  450 – 500 g gemaalde vleis (kalkoen/hoender) met ½ koppie broodkrummels, ½ koppie pesto, ¼ koppie melk en ¼ koppie Parmesaan.  Vorm klein bolletjies en braai in ‘n braaipan met bietjie olyfolie vir 10 – 12 min.
  2. Frikkies in Pesto Roomsous:  Maak bogenoemde resep en wanneer net gaar voeg 1 koppie hoenderaftreksel (knorr of self gekook) en ¼ koppie pesto by en kook stadig totdat frikkies gaar is, haal van plaat af, roer ½ koppie room in en laat net stadig deurkook, bedien met pasta of rys van u keuse.
  3. Pesto Burgers:  Maak bogenoemde resep maar ipv bolletjies maak patties en braai in bietjie olyf olie of onder rooster in oond net tot gaar. Sny Ciabatta rolletjies middeldeur en rooster liggies, smeer met pesto, sit Mozzarella, patties, tamatie en blaarslaai op en bedien.
  4. Pesto Pizza:  Sny ‘n Franse brood in die lengte deur. Smeer pesto op elke sny, pak met ham/salami of vleis van jou keuse, sit Mozzarella en Parmesan kaas op, plaas onder rooster tot kaas gesmelt is.
  5. Pesto Botter:  Meng  ¾ koppie pesto met 4 eetlepels sagte botter.
  6. Geroosterde Pesto Mielies:  Rooster of stoom mielies, smeer met pesto botter en sprinkel Parmesan kaas bo-oor.
  7. Pesto Soet Patats:  Bak heel soet patats in die oond tot sag. Sny in kwarte in die lengte, smeer met pesto en bedien.
  8. Room Tortellini: (pasta)  Kook pasta volgens aanwysings op die verpakking. Kook 1 koppie room en ¼ koppie pesto tot dit begin verdik.  Roer ¼ koppie gerasperde parmesaan kaas in.   Meng ongeveer 340 g pasta en 2 koppies gestoomde  broccoli by.  Soos verkies kan hier hoender of ham bygeroer word.
  9. Pesto Primavera Slaai:  340 g gaar penne/pasta, 4 koppies gestoomde groente, 1 koppie blokkies Mozzarella, ¾ koppie pesto en ¼ koppie gerasperde Parmesan.  Meng lekker deur en gooi amandelskerwe oor.
  10. Pesto Mossels:  Soteer 4 opgesnyde knoffel vingers in bietjie olyfolie tot goudbruin, ongeveer 2 min.  Voeg ongeveer 900 g mossels en 1 koppie wit wyn by.  Plaas deksel op en kook tot mossels oopgemaak het, ongeveer 4 min.  Roer 3 eetlepels pesto in.  Bedien op pasta of as voorgereg.
  11. Pesto Groenboontjies:  Meng 500 g gestoomde groenboontjies met 3 eetlepels pesto en die sap van 1 suurlemoen.
  12. Pesto Aartappelslaai:  Kook jou aartappels en laat effens afkoel, roer nou 1 koppie mayonnaise, 3 eetlepels pesto en die sap van 1 suurlemoen lekker saam, en meng deur jou aartappels.
  13. Pesto Hoenderslaai:  4 koppies gaar hoender, ½ koppie seldery, ¼ koppie elk rooi uie, neute en crispy spek gaar.  Meng nou ¼ koppie mayo en ¼ koppie suurroom en 3 eetlepels pesto, meng deur hoendermengsels. Bedien.
  14. Pesto Eierslaai:  8 grof opgesnyde hardgekookte eiers, 1 koppie seldery en 2 eetlepels gerasperde rooi uie.  Meng ¼ koppie mayo, 2 eetlepels pesto, 2 eetlepels olyf olie en 1 eetlepel suurlemoensap.  Meng by die eiers en bedien koud.
  15. Pesto Tunaslaai:  2 blikkies tuna, 1 blikkie kekkerertjies, ½ koppie gekerfde pietersielie, rooi uie en geroosterde rooi peppers.  Meng 3 eetlepels pesto met 2 eetlepels rooi wyn asyn, meng deur en bedien.
  16. Suurlemoen Pesto Dip:  Klits ½ koppie suurroom met ‘m ¼ koppie elk mayonnaise, Parmesaan en pesto, 2 eetlepels capers, 2 teelelepels suurlemoensap en skil, geur met sout en swart peper na smaak.  Smaak moet aangeleer word.
  17. Pesto Croutons:  4 koppies brood blokkies, meng 3 eetlepels pesto met 2 eetlepels olyfolie, meng met die brood blokkies, gooi oop op bakplaat en bak vir 20 min by 180°C.
  18. Pesto Tamatiesop:  Braai ¼ koppie sallotte, vars tiemie in bietjie botter, voeg 1 groot blik tamaties, 1 ½ koppie water en ½ koppie room by, kook net op lae hitte deur vir 20 min.  Puree in voedelsverwerker of met masher  sit 3 eetlepels pesto by en bedien.
  19. Pesto Steak Smeersel:  meng ¼ koppie pesto, 2 eetlepels wit wyn asyn en 1 eetlepel warm water.  Smeer oor steak terwyl jy braai of in pan gaarmaak.
  20. Pesto Gebraaide Hoenderstukke:  Meng 1 koppie melk en ‘n halwe koppie pesto.  Gooi oor hoender stukke en laat staan vir ongeveer 30 min.  Meng meel  met paprika, sout en peper.  Doop hoenderstukke in meelmengsel, sit rukkie in die yskas en braai in bietjie olie gaar 12-15 min of in die oond teen 180°C.
  21. Pesto Lamsosaties:  Ryg blokkies lamsvleis en uie in ‘n stokkie. Meng ¼ koppie pesto en 1 eetlepel wit wyn asyn, marineer vir 1 uur en braai.
  22. Pesto Salm Viskoekies: Meng 450 g  gaar gevlokte salm met 1 koppie broodkrummels en ‘n ¼ koppie pesto, 1 eier en 1 eetlepel suurlemoenskil.  Vorm koekies en braai in bietjie olie 2-3 min aan ‘n kant.  Meng tartar sous met bietjie pesto en bedien viskoekies.
  23. Pesto Worsie Hoender mengsel:  Meng 250 g fyngemaakte viennas met ¼ koppie pesto, 1 gekapte ui en 2 eetlepels broodkrummels en Pecorini/Parmesan.  Stop mengsel onder vel van hoenderborsies in en bak in die oond by 180°C ingeveer 45 min, of tot net lekker gaar.

Foto:  Benhet Niewenhuis




KERRIE KOMKOMMERS

2014-03-11-kerriekomkommers
KERRIE KOMKOMMERS
Spoel 4,5 kg vars geplukte agurkies af met skoon water en droog af met skoon doek. Week agurkies in sout water- bv, 4 koppies water en 1 koppie sout, vir 24 uur.

Kook saam
2,5 liter asyn
4 koppies water
4 koppies suiker
½ boksie piekel speserye

Spoel intussen agurkies af in skoon water en pak styf in skoon, gesteriliseerde flesse. Giet kookwater in elke bottel tot vol en laat 5 minute staan. Dreineer die water af en vul met kokende asynmengsel tot bo, skep van piekel speserye by elke botteltjie. Verseël bottels en laat staan vir 1 maand voor gebruik

Resep- Edwina Pretorius




PEACH BUTTER

 

2014-03-11-peachbutter

8 cups cooked and mashed peaches
4 cups sugar
3 teaspoons cinnamon
2 teaspoons cloves
1 teaspoon nutmeg
1 teaspoon allspice

Place peaches in a blender; puree until smooth. I like puree half of mine and leave have so I have peach pieces Place in crock pot; add the sugar. Stir until mixed; add remaining spices. Cover; cook on high for 5 hours and then cook for 5 hours uncovered

BRON- Nell’s Old Fashion Recipes




MRS. BALL’S SECRET RECIPE

Mrs Balls chutney -
MRS. BALL’S SECRET CHUTNEY RECIPE
Edward Ball, Mrs. Ball’s grandson scaled down this original recipe to make 18 bottles of (mild) chutney.
612 g dried peaches
238 g dried apricots
3 litres brown wine vinegar
2 1/2 kg white sugar
500 g onions
12 g salt
7 gram cayenne pepper (or to taste.. see note at the bottom)
1 to 2 litres of brown wine vinegar for soaking
About 2 litres of brown wine vinegar for mixing

The fruit should be left in the soaking vinegar overnight, then cooked in the same vinegar until soft. Drain. Put the fruit through a mill. Add the sugar (dissolved) and onions (minced) and cook in a pot with the brown wine vinegar. The amount of vinegar depends on the consistency: it should not be too runny or too thick, but have the same consistency as the end product you find in the bottle. Add spices and cook for one to two hours. Stir occasionally with a wooden spoon to prevent burning. Sterlise your bottles and spoon in the mixture. That’s it – you’ve got Mrs Ball’s Chutney.
To make the chutney hot, add 75 g chopped chillies.
To make peach chutney, omit the apricots and use 850 g dried peaches instead.

SOURCE:  Edward Ball
PHOTO: Johan Coetzee and Eugene Andrew Ferreira
Johan Coetzee – ek het hom gebruik maar het 1 kg perskes gebruik en net 12 bottels gekry
Ek het 1 teelepel cayenne pepper ingegooi en proe dit so 7 gram gaan jou oë laat traan
Ek en jy het al by vorige keer wat ek ook gemaak het die cayenne pepper betwyfel dat dit te veel is hul praat van 70 ml in die ouer resepte en dit is baie.

Foto : Annet Geelhoed
Mrs Ball’s chutney
612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 +1/2 kg wit suiker
500 g uie
12 g sout
7 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75 g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.
Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
Kook vrugte in asijn en dreineer
Maal in klein stukkies in ′n meul ( of versnipper met kombuismes).
Gooi die vrugte, suiker ( opgelos in ′n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in ′n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
Voeg kruie by en kook vir 2-2+1/2 uur
Roer nou en dan met ′n houtspaan dat dit nie vasbrand nie
Doen in inle-bottels
Met die bottel toe, kan dit jare bewaar word en met die oop, kan jy dit so ′n half jaar in yskas(koelkast) bere.