BASIESE TAMATIESOUS

BASIESE TAMATIESOUS
Maak: omtrent 1 liter (genoeg vir 8 porsies)
60 ml olyfolie
2 uie, gekap
2 selderystokkies, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
4 blikke pruimtamaties
2 lourierblare
5 ml droë origanum
10 ml droë basilie
5 ml suiker
’n klein hand vol vars basilie, geskeur

Verhit die olie in ’n kastrol. Voeg die ui en seldery by en soteer tot sag. Voeg die knoffel by en soteer vir nog ’n minuut.
Voeg die tamaties, lourierblare, droë kruie en suiker by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 45 minute met die deksel op. Roer nou en dan.
Haal die lourierblare uit en roer die vars basilie by. Gebruik ’n stokmenger en pols tot glad. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Vries die sous in bakkies of gooi dit in gesteriliseerde bottels en seël dit.

Nog idees
Gebruik die tamatiesous as basis vir ’n hoendergereg deur ’n bietjie Mexikaanse of Marokkaanse speserye en gekapte vars koljander by te voeg.
Vir ’n vegetariese bredie, sit groenteblokkies en kekerertjies by en laat sag prut. Lekker met koeskoes of rys.
Voeg enige van die volgende bestanddele by om die geur van die sous te verander: gekapte brandrissies, rooiwyn, olywe, gekapte groen soetrissie, pesto, geroosterde groente, opgesnyde artisjokke, gebraaide eiervrugblokkies, gekapte spek, gerasperde parmesaan of gekrummelde feta of bloukaas.




MACARONI EN TAMATIE INGELê

gebottelde spaghettitested
MACARONI EN TAMATIE INGELê
25 tamaties
5 uie
½ teelepel rooi peper
1 koppie appelkoos konfyt
½ teelepel fyn naeltjies
1 teelepel neut
2 eetlepel sout
1 koppie suiker
180 ml asyn
1 pakkie spaghetti

Gooi tamaties in kook water en trek skilletjies af.
Kook nou alles saam, behalwe die spaghetti en asyn.
Kook tot uie sag is.
Maak fyn in voedsel verwerker.
Kook spagetti en dreineer.
Voeg asyn en spaghetti by die tamatie mengsel, kook 10 min en bottel.
HEERLIK!

Bron en Foto:  Benhet Nieuwenhuis‎




KERRIE TAMATIES GEBOTTEL

 

kerrie tamaties gepiekeltested
KERRIE TAMATIES GEBOTTEL

3 kg tamaties skille af, en in stukke gesny.
1 kg uie geskil en gekerf en in stukke gesny.
2-4 koppies suiker. 1 eetlepel sout
3 eetlepels maizena
2 eetlepels kerrie na smaak
2 teelepels rondvol borrie
1 en ñ halwe koppie asyn.
METODE
Kook tamaties en uie saam vir 15 minute met deksel op. Haal dan die deksel af en kook tot mengsel dikkerig is.
Meng suiker, sout, maizena, kerrie en borrie in klein bakkie, voeg asyn by en meng, voeg mengsel by tamaties en uie en kook goed deur, bottel warm in gesteriliseerde bottels.

Bron: Christine Louw Boalch




KEIAPPEL VERWERKING

kei apple verwerkingtested
KEIAPPEL VERWERKING

Spoel appeltjies af. Ontpit (sny appel vleis van stronkies af – vleis word in konfyt verwerk, stronkies in pektien) – en kook apart in baie water – genoeg om die vrugte vry te laat dryf

Vir fynkonfyt :
Kook oor matige hitte tot vleis stukkend gedruk kan word (soos wanneer aartappels gaar is).
Gebruik ‘n groot kastrol soos met alle konfyt moet die inhoud verkieslik nie te diep wees nie. Weeg appelmoes af en voeg 1.25 kg wit suiker vir elke 1 kg keiappelmoes by. Verhit oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Kook tot dit begin jel, skep die skuim af aan die einde en bottel in droë warm gesteriliseerde inmaakflesse.

Vir Keiappeljellie
Kook stronkies tot die water lymerig is. Moenie roer terwyl dit kook nie, dit sal die jellie vertroebel. Syg deur moeselien doek – moenie dit deurpers nie. Weeg die hoeveelheid filtraat af. Weeg ewe veel wit suiker af per gewig. Voeg by en verhit stadig – roer tot suiker opgelos is en syg weer deur sodra die mengsel kookpunt bereik. Kook dit matig vinnig in oop kastrol totdat dit dik van lepel afdrup.

Foto’s : Petro Borchard en Rina Kleinhans




SOETSUUR GHERKINS

2014-05-03-gherkinstested

SOETSUUR GHERKINS
3 kg gherkins
500 g suiker

750 ml asyn
250 ml water
1 teelepel sout
1 teelepel borrie
1 teelepel dill
1 teelepel mosterdsaadjies
3 stukke droë gemmer
5 suurlemoenblare of lourierblare

Berei flesse voor. Plaas ‘n skyf ui onderin elkeen.
Was gherkins met sponsie of borsel om stof en/of grond te verwyder.
Sny koppies af en sny in skyfies.
Voeg al die bestanddele in ‘n pot (behalwe die gherkins) en kook.
Voeg gherkins by. Roer van tyd tot tyd.
Laat kook totdat die groen kleur van die skilletjies in liggroen verander.
Kook ‘n verdere 15 minute.
Haal die suurlemoen/lourier blare en die gemmerstukke uit.
Bottel warm.
Sophia Bester Agenbag het jare gelede die resep by Marina Siebrits van Wellington gekry.




PIENK GEMMER

 

2014-05-02-pienkgemmer

PIENK GEMMER
Daar is 2 metodes, selfde resep.
As jy dit al gister wou hê, was die gemmer skoon, gaan deur die soutproses, soos hier onder beskryf. Kerf die gemmer – wat die engelse noem TRANSLUCENT, dis nie deurskynend nie, maar dun genoeg om lig deur te laat. KAPISH,  DUUUUUUUUN.
As jy soos die meeste Afrikaners met voorbereiding grootword, was die gemmer skoon, gaan deur die soutproses en piekel dit heel. Dit MOET vir 4 weke staan. Kerf die gemmer op, soos jy dit benodig.
Opgekerf, is gouer maar raak flouer soos al die gesnyde oppervlaktes oksideer.
Heel ingelê, neem 4 weke, maar die gemmer hou sy byt vir 6 maande.
Notas:
Die gemmer moet mollig wees, as dit lyk soos oom Gert se twaksakbek, hou verby.
Julle kan meerder of minder maak sonder skaam, verdubbel, vertrippel, verhalf.
Op die platteland kan rysasyn problematies word, gebruik dan druiweasyn – NIE malt, appelasyn of “spirit” asyn nie.
Hoe meer beet jy gebruik, hoe gouer, maar ook hoe donkerder kleur die gemmer. Speel rond, as die gemmer die kleur bereik wat jy verkies, verwyder en eet die beet.
Plaas die beet bo-in, sodat indien jy dit wil verwyder, dan is dit maklik.
Jy kan ook rooi pruimpuree gebruik om dit te kleur.
Die resep:
115 g vars gemmer
2 – 3 teelepels (15 g) sout
100 ml rysasyn
50 ml water
15 ml suiker
vars beet, gewas en skywe gesny
Was die gemmer en sny alle pokmerke weg, vryf die sout in die gemmer in en plaas in ‘n bak, bedek en bêre vir 2 dae.
Dreineer en plaas die gemmer en die beet in die houer wat jy verkies, en ook die soort (skyfies of heel).
Voeg die res van die bestanddele in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Giet die warm sous oor die gemmer en beet.
Dun skyfies gemmer kan jy binne 3 – 4 dae eet.
Heel stukke gemmer, binne 3 – 4 weke.
Resep: Mike Viviers




MAAK JOU EIE PIENK GEMMER

gemmertested

MAAK JOU EIE PIENK GEMMER

Koop vars gemmer.
Sny dit ferskriklik dun (ja die f het ‘n rede),
Pekel dit in asyn/suiker saam met dik skywe beet.
Na so 2 weke is jou gemmer pienk.
Bottel sonner die beet.

Mike Viviers




PASTA SLAAI MET MIELIES

2014-05-01-img-20140501-01869tested

PASTA SLAAI MET MIELIES
Resep en foto:  Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
500 g pasta
1 fyngekapte ui
1 fyngekapte soetrissie (geenpeper)
1 x 410 g heelpit mielies
SOUS
1 koppie tamatiesous
½ koppie asyn
½ koppie olie
½ koppie suiker
2 teelepels kerriepoeier
Sout en peper

Kook pasta in soutwater tot sag.
Meng alles in die sous saam en skep oor die paste, uie en soetrissie.
Meng goed en laat afkoel. (hoe langer dit staan die beter dan kom die kerrie heerlik deur)
Indien gaan bottel en bere, bottel dit warm in skoon warm bottels met deksels.

 




CANDIED KUMQUATS

FLR BB be the first to give us a photo!!
CANDIED KUMQUATS

4 cups of roughly chopped kumquats (roughly 450 – 680 g)
1 cup of water
2 cups of sugar

With a pairing knife roughly chop the kumquats.
Discard any seeds you can that are easy to get too, but they’re edible so don’t fret if some get chopped up or stay in the fruit.
Feel free to leave any small kumquats whole.
Heat the water and sugar over high heat until it comes to a boil.
Simmer for 4 minutes.
Add the kumquats and simmer for 10 minutes.
Drain the kumquats through a sieve set over a bowl.
Return the syrup to the pan and simmer for 5 minutes to reduce the syrup.
Combine the kumquats and ¼ cup of the syrup together.
Serve or jar and refrigerate.
Can be stored for up to two weeks

BRON- Heiner Lange




GEPEKELDE KUMKWATE


GEPEKELDE KUMKWATE
Hoe langer die kumkwarte gebere word, hoe lekkerder is dit.
Ek is mal daaroor saam met braaivleis, en enige ander rooi vleis.

2 kg kumkwarte – die helfte gesny en pitte uit
1 koppie methi masala

STROOP 1
1½ koppie suiker
2 koppies wit asyn

STROOP 2
¾ koppie olie
1 eetlepel mosterd saad

Gooi die kumkwarte en masala bymekaar in ‘n bak en roer deur.
Kook die suiker en asyn totdat die suiker gesmelt het.
Laat bietjie afkoel, en gooi by die kumkwarte en roer deur.
Maak die olie net warm – nie baie warm nie, en gooi oor die kumkwarte saam met die mostert saad.
Bottel en laat afkoel.
Bere in yskas.

BRON- Sarel Lacante
Methi Masala sal jy by ‘n Indier winkel kan kry.
Dis baie meer geuriger as die gewone masala speserye wat jy bv by Checkers sal kry.
Checkers het gewoontlik ‘n klein afdeling by die speserye waar jy al die briyani, masala, kerrie ens kry.
Die Checkers masala sal ook werk indien jy nie ‘n Indier winkel naby het nie.