HEERLIKE TUISGEMAAKTE SOUSBOONTJIES

HEERLIKE TUISGEMAAKTE SOUSBOONTJIES
(sowat drie 250 ml-flesse)
250 g droë suikerboontjies (die wit boontjie)
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter

Was die boontjies (haal al die “klippies” uit) en week hulle oornag.
Dreineer en plaas in ’n kastrol.
Bedek met water en kook tot sag.
Moenie sout byvoeg terwyl dit kook, anders kook dit nie sag nie.
Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en die water heelwat verminder het.
Die gereg moet souserig wees.
Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies en seël dadelik.
Resep geplaas deur Nicolette Papas
Fotos: Nicolette Papas




VARS KNOFFEL GEBOTTEL

VARS KNOFFEL GEBOTTEL
EK het my bottel in kookwater laat staan asook die deksel.
Ek het skoon olie in afgekoelde uitgedroogde bottel gegooi. Knoffel moet bedek wees met olie.
Knoffelhuisies skoongemaak en afgewas en afgedroog met handdoek rol.
Sny in fyner stukkies en skep met plastieklepel in olie.
Voeg eetlepel Italian herbs by en roer. Ek het rosemary ook bygevoeg.
Hou in yskas tot benodig. Skep met plastieklepel uit en bere weer in yskas.
Dit is heerlik en myne al 4 weke in yskas.
NOTA: Ek gebruik van die olie vir steak en hoender braai in pan.
WENK: Rina Kleinhans
FOTO: Ronell Muller Boshoff




WORTEL EN PYNAPPEL BLATJANG

WORTEL EN PYNAPPEL BLATJANG
Resep geplaas deur Babs van der Westhuizen
Foto: Babs van der Westhuizen
FOOD LOVERS ECIPES
600 g wortels, opgesny
300 g vars pynappel, opgesny
400 g uie, opgesny
2 eetlepels gemmer, opgesny
1 blik pynappel crush
35 ml kerrie
10 ml sout
2 koppies suiker
6 eetlepels stroop
2 koppies asyn
2.5 ml mosterdpoeier
en dan ‘n strooisel elk van komyn, garam masala en neutmuskaat omdat dit kerrie so lekker aanvul

Plaas alles saam in ‘n pot. Sit die plaat op hoog en roer totdat die suiker opgelos is en stel plaat laer.
Hier het ek 3 eetlepels rosyne bygevoeg.
Kook tot sag en totdat van die vloeistof weggekook is.
Meng 3 eetlepels Maizena met bietjie water, voeg by en roer goed deur.
Kook vir 5 min of totdat Maizena gaar is. Bottel warm.
Nota:
Ek het nie die vars pynappel eenkant gekook en die water weggegooi nie, omdat die kookproses die ensiem vernietig wat veroorsaak dat vars pynappel jellie nie laat stol nie. Ook omdat ek nie gelatine gebruik nie.




SUE-ANN SE LEKKER KERRIEVIS

SUE-ANN SE LEKKER KERRIEVIS
2 kg vismootjies, die was stokvis
750 ml asyn
2 koppies suiker
4 uie in ringe, gesny – halwe ringe werk ook goed
10 droë perskes, bietjie kleiner gesny
25 ml borrie
12.5 ml kerrie poeier
10 ml sout
6 peperkorrels
4 kruienaeltjies
4 lourierblare
40 g mielieblom
2 eetlepels appelkooskonfyt

Droog die vis af met handdoekpapier en geur dit aan beide kante met sout en peper en sprinkel ‘n bietjie suurlemoensap of asyn oor.
Rol die vis nou in die koekmeelblom tot dit heeltemal bedek is.
Braai die vis in matige warm kookolie tot gaar sowat 4 minute aan ‘n kant.
Hou ‘n bietjie van die asyn om die mielieblom mee aan te maak.
Gooi die res van die bestanddele behalwe die mielieblom in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt en kook dit dan vir ‘n kwartier met die deksel op.
Maak die mielieblom met die asyn aan tot ‘n gladde mengsel en roer dit by die kerriesous.
Kook dit ‘n paar minute tot dik en gaar.
Gooi ‘n bietjie sous in gesteriliseerde fles gevolg met stukkies vis in lae tot die bottel vol is, gaan so aan tot alles gebottel is.
Ons het die sous verdubbel om genoeg te hê om die vis te kan bedek.
Wenk : moenie die sous te dik maak nie anders loop dit moeilik in tussen die stukkies in die potjies en ook nie die stukke te groot nie dan pak dit moeiliker in die potte.
Resep: Sue-Anne van Jaarsveld
Foto: Gideon Louw – Kerrievis resep by sue Sue-Anne van Jaarsveld gekry
gekry en is heeerlik en hou laaaaank tot vyf jaar in die koelkas en smaak sommer nog vorentoe.




KERRIE PASTA SLAAI


KERRIE PASTA SLAAI
1 pak klein skulpie pasta
1 koppie tamatiesous
1 koppie suiker
¾ koppie olie
¾ koppie bruin asyn
1 groot ui, fyn gekap
1 groot groen soetrissie, fyngekap
1 x 410 g blikkie ingelegte perskes, in stukkies gesny
25 ml kerriepoeier
5 ml borrie

Kook pasta tot aldente, braai ui en greenpepper in bietjie olyfolie tot effens sag.
Meng al die ander bestanddele saam.
Laat stadig warm raak, tot suiker opgelos is.
Voeg alles bymekaar en laat stadig deur warm word.
Bottel in warm gesteriliseerde flesse.
Kan op die rak of in die yskas gestoor word vir maande.
Resep en foto:  Wanda fouche schreuder




NICOLETTE SE INGELEGDE SAMPIOENE

NICOLETTE SE INGELEGDE SAMPIOENE
1 kg sampioene
600 ml wit asyn
310 ml water
10 peper korrels
1 takkie roosmaryn
¼ teelepel tiemie
5 ml koljander poeier
5 ml fyn gekapte knoffel
5 ml sout
2 bay leaves
10 ml suiker en olyf olie

Vee die sampioene mooi af en sit eenkant.
Maak ‘n sous in groot pot van al die bestanddele behalwe sampioene en olyf olie.
Kook dit vir 10 min.
Voeg sampioene by en sit plaat stadig, prut vir 5 min.
Haal sampioene uit met gaatjies lepel en sit in gesteliseerde bottels.
Kook die sous verder op stoof vir 5 tot 6 min.
Gooi sous oor die sampioene.
Deel die sous eweredig tussen die bottels.
Gooi olyf olie op indien nodig (gewoonlik net ‘n bietjie wat kort).
Maak bottels toe en laat afkoel.
Sit in yskas.
Laat 2 weke staan voor gebruik sodat dit lekker trek.
Kan tot 6 maande in yskas staan.
Kry 4 botteltjies uit.
Foto en Resep: Nicolette Papas




EIERVRUG EN APPEL BLATJANG

EIERVRUG EN APPEL BLATJANG
15 groot eiervrugte
20 uie, geskil en gekap
12 tamaties, geskil en gekap
12 Royal Gala appels, geskil en ontkern en blokkies gesny
16 koppies suiker
3 liter asyn
120 ml kerriepoeier
180 ml mielieblom (maizena)
20 ml sout
150 ml olie
5 teelepels borrie

Ek het my uie geskil, tamaties in kookwater laat lê vir paar minute en toe koue water opgegooi en skille afgetrek, appels geskil en in blokkies gesny.
Ek het toe die uie en tamaties in my voedselverwerker gegooi en grof gekap.
Toe gooi ek appels, uie en tamaties in my stoomkastrol, was twee kooksels gewees en stoom vir 10 minute, dit gaan net gouer vir my om dit te stoom tot gaar.
Toe gooi ek dit oor in my groot kastrol. In die tussentyd het ek die eiervrugte geskil en blokkies gesny.

Ek het sommer my een wasbak gebruik die eiervrug blokkies daarin gegooi en lekker laag sout oorgestrooi en so oor elke laag eiervrug sout gestrooi.
Dit was gereed om gespoel te word en saam die res van die bestanddele buiten die mielieblom in groot kastrol gegooi en gekook tot die asyn meeste weggekook en eiervrug ook sag en gaar is.
Maak nou die mielieblom aan met water en voeg by en kook tot dik soos verlang.

WENK: Die oorspronklike resep sê 250 ml olie om uie en tamaties in te braai, maar omdat ek dit in my stoomkastrol gekook het, was die olie heeltemal te veel gewees en ek het omtrent twee koppies olie afgeskep voor ek dit dit dikker gemaak en gebottel het. Want jou olie braai mos nou nie weg omdat dit gestoom word nie.
Resep en foto:  Petro Kloppers




CARROT AND APPLE ATJAR

CARROT AND APPLE ATJAR
5 carrots
3 large granny smith apples
5 ml salt
250 ml cooking oil
50 ml atjar masala

Peel and coarsely grate the carrots and apples.
Sprinkle with salt, allow to draw for 15 mins and drain off moisture.
Mix 30 ml oil with the masala. Heat remaining oil and add to the masala paste.
Combine the carrots and apples to the masala mix and blend well, set aside to cool, then bottle in sterilized jars and seal.
Makes about 500 ml.
Recipe posted by Veronica Manter




HETTIE SE SWEET CHILLI SOUS

HETTIE SE SWEET CHILLI SOUS
150 – 300 g Bishop’s Crown chillies
(haal pitte uit, hoe meer pitte in is, hoe meer brand dit)
800 g tamaties, velletjies afgetrek
3 – 4 vars rooi paprikas
2 teelepels hoogvol gemaalde knoffel
4 koppies suiker
2 teelepels sout
1 koppie wit asyn
1 koppie water
4  eetlepels appelkoos konfyt
Maizina om mee te verdik, indien nodig

Sit tamaties, chillies, paprika en knoffel in voedsel verwerker tot baie fyn.
Meng suiker, asyn, sout en water.
Gooi fyn tamatie mengsel by.
Kook tot begin dik word, roer gereeld.
Roer appelkoos konfyt by en kook deur.
Verdik met maizina indien nodig.
Bottel in warm gesterliseerde bottels.
Foto en Resep: Hettie Gouws Stoltz
2de foto:  Reneé van Rensburg‎




INGELEGDE SAMPIOENE

INGELEGDE SAMPIOENE
Was 1 kg sampioene mooi skoon en sny lelike stingels af.
Plaas in pot en giet kookwater oor en so 2 teelepels sout.
Laat kook tot sag so 8 min, toets een.
Moenie die water weggooi nie.
Pak in warm bottels tot bo en gooi so bietjie aromat bo op.
Giet dan van die water waarin jy dit gekook het by en maak mooi styf toe.
Plaas nou in drukkokker en laat met bietjie water onder in koker, stoom vir so 10 min.
Haal uit en laat afkoel, bêre in yskas.
Resep geplaas deur Johan-Kobie Van Rooyen
Foto: Johan-Kobie Van Rooyen