PEPPADEW EN RISSIE CHUTNEY (BLATJANG)

tested

PEPPADEW EN RISSIE CHUTNEY (BLATJANG)
1 koppie fyn uie
1 koppie greenpepers gekerf
1 koppie peppadews (pitte uit)en gekerf
Half koppie rissies (brand)~ opsioneel
1 koppie suiker
1 koppie asyn
Sout en peper en kruie na smaak

Kook alles saam vir 1 uur of tot gaar.
Kan verdik word met maizena indien verkies
Bottel warm.
BRON – Henrieta Bester




LICHELLE SE KERRIE NOEDELSLAAI

kerrienoedel slaai Lichelletestedkerrie noedelslaai pulcherie

LICHELLE SE KERRIE NOEDELSLAAI
500 g skulp noedels
1 groot ui gekerf
1 greenpepper gekap
Sous
1 koppie tamatiesous
¾ koppie suiker (200 ml)
½ koppie olie (125 ml)
½ koppie wit asyn (125 ml)
25 ml kerrie (5 gelyk teelepels)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tobasco sous

Kook noedels net tot sag en dreineer.
Bedek met koue water.
Meng al die sous bestanddele goed saam.
Dreineer die koue water van die noedels en voeg die noedels by die sous.
Bewaar in flesse in yskas.

Foto en Resep:  Lichelle Fouche Marais
Foto:  Pulcherie Lubbe




GEEL PERSKE OF APPELKOOS BLATJANG-CHUTNEY

peach chutneytested

GEEL PERSKE OF APPELKOOS BLATJANG-CHUTNEY
5 kg geel perskes of appelkose
8 groot uie
8 groot droë rooi rissies, na smaak
2 liter bruin asyn
2 kg bruin suiker
1 eetlepel sout
2 eetlepels koljander, gemaal

Verwyder pitte (hoef nie te skil nie)
Rasper perskes met “food processor”.
Rasper uie
Meng alles in groot kastrol.
Kook vir 1 uur op matige hitte.
Haal van hitte af as kleur ligte bruin is of na smaak.
Bottel terwyl warm.
Laat staan tot koud.
Die langer dit staan die lekkerde word dit
Ek stoor van my blatjang oor twee jaar.

* Ek gebruik Trickle bruin suike. Maak dit mooi bruin kleur.
*Om dit lekker warm te maak sit ek so 3 eetlepels Chilly Powder by.

Resep verskaf deur: Eddie Rocher




ROU KERRIE-UIE

kerrie uie hannetjietested
ROU KERRIE-UIE
2 kg uie, in ringe gesny
400 ml fyn appelkooskonfyt
400 ml druiwe asyn
125 ml suiker
7 ml kerriepoeier
7 ml borrie
5 ml sout
Plaas die uie in ‘n groot mengbak, moenie afwas nie. Meng die appelkooskonfyt, asyn, suiker, kerrie, borrie en sout. Voeg by die uie en meng goed. Bedek en laat oornag staan. Roer weer goed en skep dan in skoon gesteriliseerde flesse.
Bere in yskas.
Lewer ongeveer 2,5-3lt. (Hoe langer dit staan, hoe lekkerder raak dit)
Resep geplaas deur Hannetjie Snyman




KNOFFEL CHILLISOUS

knoffel en chilli sous Ellentested

KNOFFEL CHILLISOUS
1 kg rissies
4 knoffelhuisies
3 uie
2 koppies wit asyn
1 ¼ koppie suiker
1 teelepel gemmer
1 teelepel sout
½ koppie tamatiesous
4 teelepels Maizena

Kook die rissies, knoffel en uie tot sag en verpulp.
Kook sous met die res van bestanddele.
Verdik met Maizena.
Voeg verpulpte rissie mengsel by, kook saam en bottel warm.
Resep:   Beulagh Lombard
Foto: Ellen Mienie




KNOFLOOKCRISPIES

Knoflookcrispiestested

KNOFLOOKCRISPIES
Bak in een grote laag pindaolie, arachide-olie, de in reepjes gesneden knoflook, tot het bruin wordt. Zet het vuur uit en schep de knoflook eruit en laat afkoelen. Dan wordt het krokant. Doe de afgekoelde knoflook in een gesteriliseerde pot (een schone pot 2 minuten in de magnetron op 800 Watt, of giet kokend water in de pot, leg de deksel er op en laat 3 minuten staan) vul af met de olie, waarin u de knoflook gebakken hebt. In de koelkast, blijft het maandenlang goed. De olie gebruik ik om vlees mee in de kwasten of brood, wat ik ga te roosteren of paprika’s. De knoflook is lekker op salades, over groentes, in soep, die al in borden zit, als topping over vlees, enz.

Resep en Foto: Jaco van Baalen




ROOI SLAPHAKSKEENTJIES 2

rooi slaphakskeentjiestested

ROOI SLAPHAKSKEENTJIES 2
1.5 kg klein uie
250 ml gebleikte sultanas, opsioneel
150 ml suiker
250 ml wit asyn
250 ml water
1 blik tamatiepasta
50 ml kook olie
2 ml sout
knypie rooi peper

Skil uie.
Plaas alles in kastrol met al die bestandele in en plaas deksel op. Kook oor lae hitte vir n uur.
Haal deksel af en kook verder totdat sous dik is.
Skep uie uit en sit in gesteriliseerde fles.

RED cooked onion salad
1.5 kg small onions
250 ml bleached sultanas (optional)
150 ml sugar
250 ml white vinegar
250 ml of water
1 can tomato paste
50 ml cooking oil
2 ml salt
pinch of red pepper

Peel onions.
Put everything in a saucepan with all the ingredients and put the lid on. Cook over low heat for an hour.
Uncover and cook till the sauce is thick.
Remove onion and put into sterilized jar

Lekker eet!

Geplaas deur  en foto van Ertjies de Witt




GEBOTTELDE PEPPADEW, UIE EN WORTELSLAAI

peppadew uie en wortel mengseltested
GEBOTTELDE PEPPADEW, UIE EN WORTELSLAAI
5 koppie asyn
3 koppies bruinsuiker
Kook die asyn en suiker saam.
Sny die wortels in dun repies en die uie in blokkies en die dews in kwarte.
Meng al die uie ,dews en wortels en maak bottels vol.
Gooi dan mostert sade oor en maak bottels gelyk vol met kokende asyn- suiker mengsel.
Draai die prop op en laat staan oornag onderstebo. Laat ‘n week toe om te trek.

Resep en foto:  Ronnie Hough

Nota:  Petro Borchard
Die verhouding van asyn en suiker klink veilig. Ek sou net die metode verander. Plaas al die groente in die warm sous, bring weer tot kookpunt, skep groente tot onder die nek van die bottel, vul op met kook warm sous om groente te bedek los so 5 mm oop vir vakuum om te vorm, maak seker daar is nie lug borrels nie, vee die nek skoon met klam skoon vadoek en draai deksel ‘finger tight’ op. Plaas bottels in water bad, bring weer tot kookpunt vir so 5 minute – dit sal sorg dat die lug wat nog in die bottels is, uit forseer is en vakuum gevoem is. Haal uit, maak seker al die deksels is nog steeds stewig vas, GEEN DRAAI ONDERSTEBO NONSENS nie, laat afkoel. Gee dit ‘n paar weke vir die geure om te verouder. As bottel oopgemaak is, hou in yskas.




VINNIGE GEBOTTELDE PEPPADEWS

peppadewtested
VINNIGE GEBOTTELDE PEPPADEWS
Ek wil net graag ‘n wenk gee:  sny agterkant van die peppadews af. Spoel baie goed af, laat staan dan so 20 min in koue voordat dat jy dit in die kokende stroop dompel. Dit help vir die skerp smaak.
1 koppie asyn
1 koppie water
1 koppie suiker
2 ml gemmer
2 ml sout
Kook so 20 minute en bottel warm.
Maak ook jou proppies warm.
(Ekt al dit vir tot 2 jaar gebere)

Resep: Marie-Louise Meyer




KONRAD SE MAKLIKE RISSIEBLATJANG

konrad se blatjangtested

KONRAD SE MAKLIKE RISSIEBLATJANG
16 groterige rissies (7 cm in lengtr)
10 medium grootte uie
1 blik fyn appelkoos konfyt (ongeveer 700gr)
1 koppie suiker
¾ bottel asyn (750 ml)
½ teelepel sout
rosyntjies opsioneel

Maal rissies en uie en kook vir 30 min saam met asyn, suiker en sout.
Laat effens afkoel en roer dan konfyt in. Sodra mengsel koud is, kan dit gebottel word.

Foto en resep geplaas deur Elize en Konrad Breukes