SPESERYPRUIME IN ROOIWYN

2015-07-22-plums-in-wine1

SPESERYPRUIME IN ROOIWYN
2 stokkies kaneel
1 liter droë rooi wyn
400 g karamelsuiker
6 heel naeltjies
6 wonderpeperkorrels
1.6 kg rooi pruime
Breek die kaneel in skerwe op. Voeg die wyn, suiker, naeltjies en wonderpeper daarby. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt, roer aan die begin totdat die suiker opgelos is en prut dan vir 5 min.
Prik die pruime met ‘n stopnaald. Voeg dit by die wynstroop en verhit dit stadig tot kookpunt. Skep die pruime in ‘n enkel laag in ‘n bak en giet die wynstroop oor. Bedek die bak met kleefplastiek en laat die pruime 12 uur lank in die stroop lê.
Plaas die pruime tesame met die stroop terug in die kastrol en verhit dit stadig totdat die stroop begin kook. Skep die pruime terug in die bak en giet weer die stroop bo-oor. Bedek en laat weer 12 ure staan, roer af en toe baie versigtig om.
Giet die pruime tesame met die stroop vir oulaas terug in die kastol en verhit baie stadig tot die stroop kook. Skep die pruime met ‘n gleuflepel in die voorbereide flesse en vul die flesse stadig met die stroop. Seël die flesse wanneer die inhoud afgekoel het. Laat die pruime minstens 4 weke lank ryp word voor gebruik.




BRANDEWYNPRUIME

BRANDEWYNPRUIME
Weeg die pruime af en gebruik vir elke 500 g pruime 250 g melassesuiker en 1 stokkie kaneel.
Dompel die pruime vir 3-4 min in kookwater, dreineer en trek die skille af.
Plaas die pruime en suiker in lae in ‘n fles en voeg die kaneel by
Vul die fles met brandewyn
Verseel die fles en laat die pruime minstens ‘n maand lank op ‘n koel, donker plek masereer voor gebruik.




SUURLEMOEN BLATJANG

 

SUURLEMOEN BLATJANG

SUURLEMOEN BLATJANG

6 GROOT SUURLEMOENE gesny
300g uie gekap
20 ml sout
water (soos beskryf in stap 1)
400g geelsuiker
500ml appelasyn
200g sultanas
20ml geel mostertsaadjies
5cm vars gemmer grof gekap
3ml rissie vlokkies (opsioneel)
3 suurlemoen blare (opsioneel)

Metode: Plaas die suurlemoene en uie in ‘n groot houer, strooi die sout oor en giet net genoeg water oor om dit te bedek. Laat staan 24uur. Prut dit tot  die skille sag is maar nie pap nie. Voeg die suiker, asyn, sultanas, gemmer, speserye en blare by en prut 50-60 minute tot dik en goudbruinskep in gesteriliseerde warm bottles en verseel.

Resep: Hydi Janse van Vuuren – bottelenbere




TIPS VIR DIE MAAK VAN CHUTNEY

VARS EN DROE VRUGTE CHUTNEY
TIPS VIR DIE MAAK VAN CHUTNEY
Droë vrugte moet vooraf in water, rooibostee of vrugtesap geweek word, anders sal dit nie sag kook nie.
Vervang 450 g vars vrugte met 300 g droë vrugte.
Groente of vrugte kan met wit-/ bruinsuiker of heuning, melasse en soms gouestroop versoet word. Wanneer suiker bygevoeg word, verhoed dit dat die vrugte of groente verder sag kook. Indien die vrugte of groente nog nie sag is nie, moet dit eers nog ‘n rukkie gekook word voor die suiker bygevoeg word.
Die gewildste speserye wat gebruik word, is aromatiese soorte soos kaneel, gemmer, koljander, kardemom, piment (all spice), wonderpeper (?), Kerrie, borrie, komyn, koljander en naeltjies. Hulle word nie maklik deur die suur smaak van asyn oorheers nie.
Vir ekstra byt kan vars, ontpitte, gekapte brandrissie bygevoeg word. Vir nog ‘n skerper smaak kan die pitte ingelos word.
Dit is belangrik dat die blatjang lank en stadig gekook word, sodat al die geure onttrek en vermeng e nook sodat al die bestanddele afgebreek kan word.
Harde vrugte of groente en die met dik skille moet vooraf in die asyn of water geprut word tot hulle sag is.
Gebruik altyd metaalskroefdeksels met plastiek aan die binnekant van die plaatjie om die bottels te seël. Maak seker dat die deksels dig seël om te voorkom dat die asyn verdamp en die blatjang uitdroog.
Dit is altyd beter om die blatjang vir ‘n maand te laat staan sodat die geure kan vermeng en die smaak ontwikkel.
Bëre in ‘n koel, droë plek sodat dit nie verkleur nie.
Die gemiddelde rakleeftyd is twee jaar.
Bewaar in die yskas na bottels oopgemaak is.

METODE
Berei die vrugte of groente voor soos deur die resep aangedui.
Plaas die vrugte of groente in ‘n groot, dikboom kastrol, voeg asyn by en prut stadig tot dit sag is en die vesels afgebreek is.
Voeg die suiker en speserye by en roer tot die suiker opgelos is.
Bedek en prut dit ongeveer ‘n uur, of tot dit goudbruin en dik is en al die vloeistof ingedamp het. Roer gereeld (die hoë suikerinhoud maak dat dit relatief maklik aanbrand).
Blatjang moet so dik soos konfyt wees. Toets deur die agterkant van ‘n lepel oor die boom van die kastrol te trek. Wanneer daar nie loperige vloeistof sigbaar is nie, is die produk reg.
Skep dit in gesteriliseerde bottels tot min of meer by die begin van die skroefdraad van die nek van die bottels (jy moet ‘n spasie ooplos vir ‘n vakuum om te vorm, groter bottels benodig bietjie meer en kleiner bottels minder spasie). Gebruik ‘n nuwe sosatiestokkie om alle lugblasies te laat ontsnap.
Maak seker jy vee die bek van die bottels skoon met ‘n skoon klam lap – as daar enigiets tussen die bottel en die prop is, mag dit nie dig seël nie en die inhoud sal bederf.
Die prokuk sal binne 4 – 6 weke gereed wees om te eet.
Sit altyd bottels wat oopgemaak is in die yskas.

DIE MEES ALGEMENE FOUTE WAT VOORKOM
SKIMMEL
Vernietig dadelik, die skimmel wat bo-op groei het ‘n onsigbare network van drade binne-in die produk wat skadelik en selfs dodelik is.
Oorsake – nie behoorlik geseël, produk is nie lank genoeg gekook nie, bottels of proppe was nie gesteriliseer nie, toerusting was nie skoon nie.

DIE INHOUD HET VERDROOG EN INGEKRIMP
Die deksels was nie heeltemal lugdig nie (dis hoekom jy nie plastiek bottels/deksels kan gebruik nie)
Die produk het te lank gekook
Die temperatuur waarteen die produk gebere is is te hoog

DIE KLEUR HET VERANDER
Die temperatuur waarteen die produk gebere is is te hoog
As die blatjang verbleik het, is dit tydens bewaring aan te veel direkte lig blootgestel
Swak gehalte asyn is gebruik (dit moet minstens 15% acidity hê, veral groot maat bottels is so gemerk)

Geplaas en foto deur Petro Borchard = BOTTEL EN GEBRUIK – HANNETJIE JOUBERT




VARS EN DROë VRUGTE CHUTNEY

VARS EN DROE VRUGTE CHUTNEYVARS EN DROE VRUGTE CHUTNEY 2VARS EN DROE VRUGTE CHUTNEY 3tested

VARS EN DROë VRUGTE CHUTNEY
Maak 38 Liters
3 kg uie
6 kg vrugte pulp *1
9 kg droë vrugte *2 (myne was 18 kg na dit geweek is)
1.5 kg bruin suiker *3
50 ml kerrie poeier
50 ml naeltjie poeier
150 ml mixed spice
50 ml garlic
50 ml rooi peper
20 ml borrie
60 ml chilli flakes
30 ml celery seeds
3 – 4 liter asyn *4

Week al jou droë vrugte oornag in genoeg water / sap / tee om dit te bedek, tot sag. Behou die vloeistof (dit word by totale mengsel gegooi). Gooi deur voedselverwerker of sny in klein blokkies.

Verwerk jou vars vrugte soos genoem in *1. (Ek vries dit wanneer in seisoen en benut dit wanneer ek tyd het om dit verder te verwerk)

Gooi alles behalwe die suiker in groot genoeg pot en laat prut tot al die vrugte saggekook is. Voeg suiker by en prut tot alles mooi maatjies gemaak het. Proe of jy nog suiker verkies. Onthou die smaak gaan baie skerp wees op hierdie stadium, dit het minstens 6 weke nodig om te mellow.

Bottel in warm gesteriliseerde bottels en seël.

*1 = appels / perskes / pruime / appelkose ….. enige ander relatief sagte vrugte. Ontpit, sny in blokkies of maal met voedsel verwerker.

*2 = Gebruik wat beskikbaar is = ek het die volgende gebruik = sultanas, appel, perskes, appelkose, pere.

*3 = Onthou dat jou uie en droeë en vars vrugte REEDS saggekook moet wees VOORDAT jy die suiker byvoeg, anders sal dit nooit sag kook nie. Ek verkies die donker bruin suiker wat lyk of dit rondloop as jy dit uitskep, maar dit maak nie regtig te veel verskil wat jy gebruik nie.

*4 = Ek gebruik gewone wit asyn – met al die spices in dit, kan jy nie regtig fancy asyn se smaak kry nie. Bruin asyn gee net ‘n donkerder produk.

RESEP EN FOTO: PETRO BORCHARD




TRACY SE INGELEGDE BEETSLAAI

2015-07-17-tracyseingelegdebeetslaaitested

TRACY SE INGELEGDE BEETSLAAI
8 kg rou beet gekook (gerasper sal dit 24 koppies maak)
3 koppies gerasperde ui
½ teelepel swart peper
2 teelepel sout
12 koppies suiker
8 koppies wit asyn

Was beet skoon af. Sny blare af. Plaas in koue water. Bring tot kook punt. Kook 40 minute of tot sag. Skil beet af en rasper. Voeg gerasperde ui by en meng goed. Sprinkel met sout en peper en meng goed.
Bring asyn en suiker op tot kook punt, voeg beet by en bring weer tot kook punt. Kook vir 15 minute. Bottel in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Resep en foto:  Tracy Minny




PATATSLAAI

2015-07-08-patatslaaitested

PATATSLAAI
1 kg patat blokkies gesny en gekook tot net sag
1 klein blikkie (410 g) perskes in blokkies gesny
1 kopppie vars lemoensap
125 ml wit asyn
2 eetlepel appelkoosjam
1 teelepel sout
1 teelepel gemmer
1 koppie suiker

Kook patats tot net gaar.
Voeg perskes by patats.
Plaas die perskesous, asyn, suiker, appelkoosjam, gemmer en sout in ‘n kastrol en kook tot suiker opgelos het.
Los 2 eetlepels Maizena in ‘n koppie lemoensap op en voeg by patats en perskemengsel.
Kook goed deur.
Bottel warm.
Foto: Amanda Struwig

Nota:  Charel Viljoen
Meng 2 x eetlepels maizena met blikkie perskes se sous. Kook goed deur en bottel warm. Jy kan selfs patat en butternut meng dis net so lekker saam, moet net nie te pap kook nie, ek blanseer myne net vir 10 minute in mikrogolfoond.




RINIE SE BEETBLATJANG

2015-07-02-riniesebeetblatjangtested

RINIE SE BEETBLATJANG
2 koppies bruin asyn
3 koppies suiker
6 koppies gaar beet blokkies
2 groot uie gekap
1 eetlepels kerrie
1 teelepel sout
3 eetlepels maizena
Speserye:
2 ml naeltjies
2 ml kaneel
2 ml gemmer
2 ml swart peper

Meng die asyn , suiker sit op lae hitte en roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
Voeg dan speserye, beet en uie by en prut vir 10 min voeg dan kerrie en sout by en kook vir 5 min.
Meng maizena met klein bietjie water en voeg by.
Kook totdat dit dik word en bottel warm in gesteriliseerde potte.
Resep en foto: Rinie Louw




FANTASTIESE UIESLAAI-SLAPHAKSKEENTJIES

Fantastiese uieslaaitested

FANTASTIESE UIESLAAI-SLAPHAKSKEENTJIES
Die oorsprong van die resep is onbekend aan my. Ek het by my nig gekry en sy weer by iemand wat hom by iemand wat hom by iemand gekry het, kom seker iewers van die ouma grootjies af!
Ongeveer 1 kg klein uitjies, geskil
2 eiers
¼ koppie wit asyn
½ eetlepel koekmeel
½ koppie suiker
sout en peper

Kook uitjies sag in genoeg water om te bedek. Dreineer en geur met sout en peper. Klits die eiers, asyn, suiker en koekmeel goed saam. Giet in kastrol en meng maar aanhoudend met n whisk. Prut tot verdik. Voeg uitjies by en meng deeglik en laat afkoel. Bottel en hou in die yskas.

Resep geplaas deur – Jacques Marianne Van Niekerk




GEMENGDE INGEMAAKTE GROENTE

 

tested

GEMENGDE INGEMAAKTE GROENTE
2 pond groenbone, (1 kg)
2 pond wortels, (1 kg)
2 pond aartappels, (1 kg)
1 pond blomkool ( opsioneel- as gebruik word moet dit glad nie te sag gekook word nie) (500g)
halwe pond uie. (250 g)
SOUS:
6 koppies asyn
1 koppie meel
5 koppies suiker
1 eetlepel borrie
1 desertlepel sout. (12.5ml)
50 gram mosterdpoeier.

Skil en sny groente in verlande groote en kook apart gaar.
Kook sous bestandele en gooi alle groente by.
Kook so 5- 8 minute en bottel warm.

BRON: Anet Grove