CRANBERRY-JALAPENO SAUCE

Cranberry-jalapeño sauce.tested

CRANBERRY-JALAPENO SAUCE
12oz fresh cranberries
Zest and juice of 1 lemon
2 medium jalapeños (diced)
Sugar – to your liking
Water
In a saucepan add all ingredients.
I used about 1/3 cup water but you can thin it out by adding more. Simmer on med until sauce starts to thicken. Mash down with a hand held potato masher or anything you have available until you reach the consistency you like. This is where you add more sugar if needed. Jar and or enjoy!
Source and photo: Smoke Stack BBQ Shack.




JOHAN EN MARY SE BOTTEL EN BêRE TAMATIESOUS RESEP

JOHAN EN MARY SE B.e.B TAMATIESOUS RESEPtested
JOHAN EN MARY SE BOTTEL EN BêRE TAMATIESOUS RESEP
2.5 kg Ryp Tamaties ( Ek maal sommer die tamaties 8mm )
1 kg Uie Fyn gesny
Kook bogenoemde op `n lae hitte ± 30 min tot sag
Meng die volgende saam:
1 kg Bruin suiker
500ml Wit asyn
15ml Sout
15ml Kerrie
15ml Mosterd
10ml Geroosterde fyn koljander
10ml Rooi peper
As die tamaties mooi deur gekook is, gooi dan bogenoemde by.
Kook dan alles saam tot mooi dik. Dit moet nie te watering wees nie.
Bottel warm.
Resep en foto: Johan du Preez Snr




INGELEGTE APPELS VIR TERTE

Ingelegde appels vir appelterttested
INGELEGTE APPELS VIR TERTE

Skil en halveer die appels en sny klokhuise uit. Dompel dadelik in ‘n oplossing van 10 ml sout per 1 liter water. (Petré Van Jaarsveld: Die soutwater gooi jy weg. Dit word net gebruik om die appels in te laat lê sodat dit nie verkleur voordat dit gekook word nie.)
Gebruik 300 g witsuiker vir elke 1 liter water vir die stroop.
Verhit die water stadig tot kookpunt.
Dreineer appels en spoel in vars water af.
Plaas nou jou appels in stroop.
Kook vir 10 minute.
Skep appels in voorbereide flesse en vul met stroop. Seël dadelik.

Resep:  Mariaan Hartman
Foto en gekook deur Suretha Nel

Ben Rautenbach
Ingelegde Appels:
Stroop:
Dun stroop word met 3 dele water en 1 deel suiker gekook.
Dit is geskik vir inmaak van baie soet vrugte. Skil en ontkern appels. Week die appels in soutwater, 10 ml sout per 1 liter water. Kook die appels 10 min lank in stroop. Skep die appel warm in gesteriliseerde flesse,vul met die stroop en verseël dadelik.
BRON: BOTTEL EN BERE DEUR OLGA WALL. Net ‘n wenk kook skille, kern en pitte, gooi deur moeselien of kaasdoek. Bêre in gesteriliseerde flesse vir pektien doeleindes veral Granny Smith appels.




INGELEGTE KERRIE WORTELS

kerrie wortels met pynappeltested

INGELEGTE KERRIE WORTELS
6 groot wortels in ringe gesny
1 ui in ringe gesny
1 rooi of groen soetrissie in ringe gesny
4 eetlepels water
4 eetlepels suiker
2 eetlepels olie
1 teelepel worcestersous
2 teelepels kerrie
Sout en peper
Aangemaakte maizena na smaak
Kook wortels ,uie en soetrissie 15min tot sag.
Kook res van die bestandele vir 3 min en gooi wortels by.
Kook 5 min
Maak sous dikker met maizena.
Bottel en bere in die yskas.

Ek het die sous verdubbel en klein blikkie pynappels bygevoeg (135 g)met die sap.

FOTO EN RESEP: Charmaine Van Staden




APPLE CHUTNEY

Appel Blatjang
APPLE CHUTNEY

1,8 kg cooking apples (peeled, cored and diced);
3 onions, peeled and finely chopped;
1 lemon, juiced;
1 tbs mustard seeds;
850ml cider vinegar;
450gr raisins (geel, lyk pragtig);
1 tbsp fresh ginger, grated;
1/2 tsp ground cloves;
2tsp salt;
850gr soft brown sugar.

Place the apples, onions, lemon juice, mustard seeds and 2/3 of the vinegar in a pan and boil.
Reduce the heat and simmer for about an hour.
Add the raisins, ginger, cloves, salt, sugar and remaining vinegar and simmer for at least another 30 min or until thickened.
Pour into sterilised jars, secure lids and leave to cool.

Store in a cool dark place for 6 weeks.

Resep: Theresa Gosling




MARYNA SE BAIE WARM RISSIESOUS

12743835_10153996028922990_787998355551011189_ntested
MARYNA SE BAIE WARM RISSIESOUS
HIERDIE sous is nie vir SUSSIES nie
+- 400 g rissies (verkieslik rooi)
vars koljanderblare so lekker handbol
1 eetlepel paprika
½ koppie asyn
1 eetlepel knoffel
1 suurlemoen se sap
½ koppie kookolie
sout na smaak

Sit olie in kastrol, kap die rissies, koljander en knoffel fyn. Voeg alles by die olie.
Maak stadig warm, maar moet dit nie laat kook nie. Verwyder van stoof en gebruik blenderstick om alles in fyn pasta te maak.
Giet in botteltjies en sit in yskas sodra afgekoel het. Heerlik saam met slap chips en steak . Wees gewaarskuu hy’s warm. ( laat hom paar dae staan sodat smaak kan ontwikkel)
Resep en foto – Maryna Kruger




MARYNA SE CHILLIE CHUTNEY

12743835_10153996028922990_787998355551011189_ntested
MARYNA SE CHILLIE CHUTNEY
3 ui gekap
326 g opgekerfde rissies
1/2 suurlemoen se sap
5 ml gemaalde gemmer
10 ml kerriepoeier
5 ml sout
1 tot 2 tl gekapte knoffel
250 ml bruin asyn
750 ml appelkoos konfyt (900 g) blik
5 ml mosterdpoeier
5 ml gemengde kruie
vars koljanderblare (optioneel)

Meng rissies, uie en knoffel en koljander en kap fyn in chopper. Gooi opgekapte mensel in kastrol. Voeg asyn by en kook die mengsel so 5 min. Roer res van die bestanddele by, verhit dit stadig tot kookpunt. Roer gereeld en tot dit dik is soos jy verkies. Resep maak ongeveer 3 Mrs Balls bottels vol.
Resep en foto – Maryna Kruger




ESBE SE INGELEGDE AGURKIES

esbe se suurkomkommerstested

ESBE SE INGELEGDE AGURKIES
Suur komkommers (soos in winkel):
Kook saam:
1 bottel wit asyn
2 bottels water
1/3 koppie growwe sout
3 eetlepels suiker (bestanddele word saamgekook)

Steriliseer bottels, plaas skyfie of 2 uie en 1 teelepel “pickling spice” onder in flesse. (Kan knoffel ook insit indien verkies).
Pak gewaste rou gherkins in en giet kokende stroop oor. Draai fles deksels halfpad toe, plaas flesse in groot kastrol met kookwater en kook vir 5 min. (Wees baie versigtig sit iets op boom van kastrol want potte kan bars)

Draai deksels stewig toe.
Dit moet tenminste ‘n maand of langer staan.
Maar asb wees uiters versigtig vir brand.
Ek kook nie meer myne nie, sit dit net in groot kastrol kokende water en sit deksel op tot gherkins vaal kleur kry.
Dan word die flesse natuurlik van die begin af stewig vasgedraai en as dit uit kookwater kom, voel ek weer of dit styf vasgedraai is.

Foto en Resep:  Esbe Mostert




MARTIE SE RISSIESOUS

Rissiesoustested
MARTIE SE RISSIESOUS
12 rissies nie te klein nie
2 uie gekap
5 knoffelhuisies fyn
1 ½ koppie asyn
1 koppie olie
1 blik gekapte tamaties
sout
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel all spice
1 teelepel naeltjies
1 eetlepel seldery sout
¾ koppie suiker
1 koppie water
Kook alles saam vir twintig min. Whizz! en bottel.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman




SOET BEETSLAAI

 

12743540_10208393376333504_3535213801540337306_ntested

SOET BEETSLAAI
Gerasperde gaar beet.
Klits saam:
1 eier
1 koppie suiker
1 koppie asyn

Sit dan op plaat en kook tot dit wil oorborrel, roer die hele tyd om seker te maak die eier skif nie.
Gooi warm oor beet.
Koel af en sit in yskas.
Ek sit dit sommer in ‘n tupper houer met deksel in die yskas… hou baie lank.
Resep en foto deur: Corinne Munro