“HELL HOT” RISSIESOUS

hel hot rissie soustested

“HELL HOT” RISSIESOUS
1 sakkie rissies
1 koppie olie
1 pakkie pickling spice
2 teelepel sout
3 opgehoopte eetlepels mother in law spice
3 groot uie, opgekap
1 groot blik appelkooskonfyt
½ tot 1 koppie asyn

Rissies, fyn gekap in voedselverwerker. Braai die rissies in die olie, voeg by die pickling spice, sout, mother-in-law spice, uie, appelkooskonfyt en asyn. Prut tot gaar en bottel warm.
Opsioneel kan jy atjar masala na smaak bysit.
Resep en foto: Marianne de Beer




CARAMELISED ONIONS WITH BALSAMIC VINEGAR

Caramelised Onions with Balsamic Vinegartested

CARAMELISED ONIONS WITH BALSAMIC VINEGAR
Do make the onions well in advance, up to 2 weeks, and store in the fridge, use when needed with braais on hamburgers, sandwiches etc. It is important to follow the method exactly and to pre-boil the onions in the white vinegar water. It mellows the flavour and improves the texture.
8 onions, peeled and sliced into half rings
¾ cup (180 ml) white vinegar (any cheap supermarket one)
1 cup (250 ml) water
½ cup (125 ml) balsamic vinegar
1 cup (250 ml) soft brown sugar
1 tablespoon (15 ml) Ina Paarman’s Seasoned Sea Salt

Place the sliced onions in a saucepan. Add white vinegar and water.
Boil open while stirring now and again for 5 minutes.
Strain and discard vinegar water.
To the same saucepan with the onions, add the balsamic vinegar, sugar and Seasoned Sea Salt.
Boil open for ± 45 minutes until thick and jammy.
Sterilise clean glass bottles with boiling water
Spoon the onions into the glass jars and close tightly.
Turn the jars upside down to sterilise the lids. Store in the fridge.

Photo: Benhet Nieuwenhuis
Source: Ina Paarman
http://www.paarman.co.za/recipe/caramelised-onions-with-balsamic-vinegar




KERRIEKOOL MET GOUE STROOP

nico se kerriekool met strooptested
KERRIEKOOL MET GOUE STROOP
Hier is ‘n lekker resep vir Kerriekool
1 kg kool
1 ui
25 g mielieblom
350 ml wit asyn
250 g wit suiker
2 teelepels med kerriepoeier
25 ml stroop
3 teelepels sout
Kook kool en ui vir 15-20 min, dan dreineer water. Voeg mielieblom, sout, asyn, suiker, stroop en kerriepoeier by en kook weer vir 15 min.
Koel af en skep in bottels en sit dit in die yskas.
Lekker saam hambugers en saam ‘n lekker kerrie en rys.

ADVIES:  Goeie advies bly by die pot, myne het amper aangebrand.

Resep en foto: Nico Oosthuizen




PICKLED JALAPENO SLICES

jalontested

PICKLED JALAPENO SLICES
½ cup water
1 ½ cups white vinegar
1 teaspoon coarse salt
¼ teaspoon ground cumin
4 cloves garlic, peeled and left whole (ek sit nie garlic in nie)
8 to 10 large or 20 small jalapeno peppers sliced into thin rings
Combine the water, vinegar, salt and cumin in a large saucepan and bring to a boil over high heat to create a brine. In the meantime, sterilize the jars and lids.
Place 2 cloves garlic in each jar and fill evenly with the pepper rings. Pour the hot brine over the peppers to cover and screw on the lids.
Process in a hot – water bath for 10 minutes to seal. Let cool before storing in the refrigerators for 1 to 2 weeks, or until the jalapeno slices lose their bright green color. They are then ready to eat.
Foto: Petro van Genderen




INGELEGDE SAMPIOENSLAAI

FB_IMG_1466421621804ingelegde sampioenslaaitested

INGELEGDE SAMPIOENSLAAI
gesnyde uie en groen/rooi soetrissie, na smaak
± 400 g sampioene, gesny
1 bottel Italian of French Salad Vinegrette

Braai die uie en soetrissie in bietjie olie.
Voeg gesnyde sampioene by en braai tot amper gaar.
Gooi nou ‘n bottel Italian of French Salad Vinegrette by en kook goed deur.
Kan dit OF as ‘n warm slaai voorsit OF laat afkoel OF warm inlê in bottel (sorg net dat bottel goed vol is met sous).
Ek bottel myne en laat staan so 2 – 3 weke voor gebruik.

Bron en foto:  Gerhard Kock




NICOLIENDE SE INGELEGDE RISSIES

Nicoliende se ingelegde rissiestested
NICOLIENDE SE INGELEGDE RISSIES
Kook sie volgende saam:
3 koppies asyn
1 koppie water
1 koppie suiker
Sodra stroop kook, voeg die russies by. Sodra dit begin verkleur kan jy bottel.
By een bottel het ek piekel speserye in gesit, by die ander een ‘n teelepel knoffel die res is net skoon ingesit in die bottels.
Resep en foto: Nicoliende de Waal‎




HOE GEBRUIK MENS PEKTIEN

Pektien
HOE GEBRUIK MENS PEKTIEN

15 gram op sagter een en 20 gram op stywer een vir elke 2kg.
Pektien is ñ polisakaried wat in meeste vrugte se selle natuurlik voorkom en help om konfyte ens te laat set of stabiliseer. Die voordeel is dat dit jou kooktyd BAIE verminder. Jy behou ook dan natuurlik meer voedingstowwe. Dit vorm ketting verbindings s met die suiker. Indien jy dit te lank kook, breek die kettings weer.
Jy kan dit self maak met bv appels en dit word kommersieël gewoonlik v sitrus gemaak wat ook baie hoog in pektien is.
Dit help om ñ eenvormige produk te kry en word ook gebruik om roomys, jogurt ens te stabiliseer. In SA is dit redelik moeilik om te kry en Dairy Cherette verskaf in grootmaat, maar is baie behulpsaam en verkoop ook in kleiner maat aan ons.
By apteke kry jy gewoonlik pektien wat medies gebruik word. Dit help vir maagprobleme, spastiese dikderm, acid reflux en Chrohn disease.
Wil dit net bysê. Die manier hoe ons nou konfyt kook, is basies om dit aan te hou kook tot genoeg vog verdamp het om ñ jellie/konfyt/stroop te vorm. Hitte en verdamping.
Met pektien werk dit totaal anders. Jy kook NIE jou konfyt dood nie.
Die smaak verskil wel effens, maar baie min!
Pektien is egter BAIE gevoelig vir pH. Jou ideale pH is hier by 3.6 rond, dan werk hy soos ñ bom! Die maklikste manier is om jou pH met sitroensuur reg te kry. Dit het die minste invloed op die smaak en verlaag die pH die vinnigste!

Onthou, MOENIE pektien te lank kook nie! Jy vernietig van die ketting verbinding. NIKS meer as 4 tot 5 min nie!! Laat produk effe afkoel voor jy bottel. So 90 grade C.
Soms set konfyt eers ñ hele paar dae na die tyd. Dit set NIE dadelik as dit afgekoel het nie.

Bron: Christine Pienaar van.
Bottel-en-bere-resepte




NAELTJIE-PERSKEBLATJANG

13335883_10154253397928923_5462981754064463728_ntested
NAELTJIE-PERSKEBLATJANG
Resep en foto: Karin Klinck Pitout
FOOD LOVERS RECIPES
2.5 kg geskilde geelperkses
2 groot uie gesny
750 g gebleikte sultanas
750 ml wit asyn
1 kg suiker
2 teelepels sout
2 eetlepels kerrie
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel droë mosterdpoeier
2 teelepels swartpeper
1-2 eetlepels fyn naeltjies
Maal die perskes, uie en tamaties. Voeg asyn, suiker en sout by. Kook tot sag en dik. Maak res van  die bestanddele aan met bietjie asyn en voeg by kooksel. Kook nog 5 min. Bottel warm.
Ps: Die hoeveelheid naeltjies kan veminder word, maar die blatjang is heerlik saam met wildsvleis. Ek gebruik dit net so en laat vleis marineer in yskas vir paar dae met bietjie speserye. Dis ook heerlik in kerries, stews etc…




CHANEL SE APPELBLATJANG

chanel se appel blatjangtested
CHANEL SE APPELBLATJANG
1 kg groen appels
1 groot ui, gerasper
375 ml bruinsuiker
375 ml asyn
125 ml lemoensap
3 brandrissies, fyn gekap
5 ml gemaalde gemmer sout na smaak
3 knoffelhuisies, gekneus

Skil en ontkern appels.
Rasper die appels.
Meng al die bestanddele goed saam.
Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is.
Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie. Verseël dit.
Bewaar die blatjang op ʼn koel droë plek.
Bron: Chanel van Niekerk
Foto: James Gillespie




HANNETJIE SE IMMER GEWILDE KERRIEBOONTJIES

Hannetjie se Immer gewilde Kerrieboontjiestested

HANNETJIE SE IMMER GEWILDE KERRIEBOONTJIES
4 lb (1,8 kg) groebone, gekerf
2lb ( 900 g) uie, gekap
1 eetlepel sout
Kook tot sag in genoeg water om bone te bedek, gooi water af.

Meng die volgende en voeg by bone en kook deur:
2 koppies wit druiwe asyn
3 koppies wit suiker

Meng dan die volgende mengsel en voeg by:
2 eetlepels matige kerriepoeier
3 eetlepels mielieblom ( effens opgehoop)
1 koppie asyn

Meng goed deur. Kook weer tot redelik dik. (Pasop spat maklik)
Bottel mengsel baie warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Hannetjie Snyman