HEERLIKE NOEDELSLAAI

HEERLIKE NOEDELSLAAI
500 g pak pasta (Gnocchi)
1 koppie tamatiesous
1 koppie suiker
1 koppie olie
1 koppie druiwe asyn
2 van 250 ml bottels Knorr Peri-peri sous
4 groot uie, fyn gekap
6 groen/rooi soetrissies, gekap

Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1 eetlepel olie, dreineer en spoel af.
Smelt bestanddele saam oor medium hitte.
Roer uie en rissies saam en roer goed deur.
Voeg pasta by en roer liggies deur.
Laat staan oornag.
Bedien warm of koud.
Hou lank in die yskas.

Die knorr sous vervang ek met 2 x Wellingtons Peri Peri 375 ml, brand glad nie baie nie. Dis werklik ‘n heerlike resep, jy kan die pasta verminder tot 1 pakkie, dan is dit baie souserig. Ek gooi nog halwe pakkie by om dit meer te maak by my lodge. Dit word so vinnig opgeëet, maar jy kan die resep met net die 500 g pakkie maak.
Foto:  Wilna Dorfling
Resep:   Heather Strumpher se gastehuis resep




ELSJE SE PERSKE BLATJANG

ELSJE SE PERSKE BLATJANG
5 kg perkes, gesnipper en blokkies gesny
500 gr sultanas
1.5 kg uie fyn gesny
1 kg gekleurde peppers(nie groen, vertoon nie mooi) blokkies gesny
2 tl vars fyn knoffel
2 tl vars fyn gemmer
700 ml wit asyn
1.5 kg suiker
15 ml sout
15 ml borrie
1 tl rooipeper
15 ml mild kerrie
15 ml mixed pickels
1 tl fyn naeltjies
15 ml mostert poeier
15 ml gemmer poeier

Gooi alles in 10 liter kastrol, myne(AMC)
Kook op medium hitte vir uur en half.
Pasop!! Roer gereeld, dit brand vinnig aan.
Bottel warm
Bron en foto: Elsje Stander




MARIAAN SE PERSKE ATJAR

MARIAAN SE PERSKE ATJAR

Dis nog my oorlede moeder se resep.
2.5 kg perskes
2.5 kg uie
1.5 bottel witasyn
1 pond suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel heel naeltjies
2 teelepels heel pemento
1 eetlepel fyn gemmer
2 teelepels heelkoljander
1 teelepel allspice
1 teelepel borrie
2 eetlepels kerrie
Skil perskes en sny in stukke.
Skil die uie en sny in ringe en halveer die ringe. Kook alles vir 15 minute, behalwe die perskes en uie. Voeg nou die perskes en uie by en kook vir ‘n verdere 10 minute. Haal van stoof af en bottel warm. Dis heerlikkkkk.

Resep: Mariaan Hartman se moeder se resep
Foto:  Gideon Louw




BLATJANG VIR DIABETE


BLATJANG VIR DIABETE
Ek het Karin se Perskeblatjangresep, opi Blog, aangepas tot hierdie een….
2,5 kg geelperskes, geskil
5 medium uie
5 knoffeltone
4 rissies (opsioneel)
500 g rosyne
10 ml sout
10 ml peper
15 ml mosterdpoeier
30 ml koljander
200 ml xylitol
1 liter bruin asyn

Week die rosyne oornag in die asyn waarby Xylitol, sout, peper, koljander en mosterdpoeier gevoeg is.
Verwerk die perskes, uie, knoffel en rissies (indien gebruik) in ‘n voedselverwerker tot growwerige stukkies.
Plaas die rosyne- en perskemengsel in ‘n groterige kastrol en kook oor matige hitte tot meeste van die asyn verdamp het. Roer aanhoudend. Verdik indien nodig met 30ml maizena wat met asyn gemeng is.
Skep in skoon gesteriliseerde bottels.
FOTO EN RESEP AANPASSING:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




BASAAR WENNERS SE DRIEBOONTJIESLAAI

driebone-slaai-marietested

BASAAR WENNERS SE DRIEBOONTJIESLAAI
1 groot ui
1 groen soetrissie
2 blikke (410g elk) botterbone
2 blikke (410g elk) gesnyde groenbone
2 blikke (410g elk) boontjies in tamatiesous

SOUS
250 ml asyn
200 ml slaai olie
100 g (125 ml) suiker
37,5 ml gedroogde basiliekruid

Skil en kap die ui fyn.
Halveer, ontpit en snipper soetrissie fyn.
Dreineer die botterbone en gesnyde groenbone.
Meng die ui, soetrissie, botterbone, gesnyde groenbone en boontjies in tamatiesous liggies.
Meng asyn, slaai olie, witsuiker en basiliekruid.
Voeg boontjiemengsel by en meng.
Skep in flesse en bewaar in die koelkas.
Lewer ongeveer 2 liter drieboontjieslaai.

Ek per ongeluk ‘n blikkie four bean mix gekoop, dit toe gebruik. Smaak lekker.

Foto:  Marie Dumas Jennings
Resep gepos deur Marie Dumas Jennings




VLV NOEDELSLAAI

frieda se noedelslaaitested15338883_1191198257632247_6122659245748543032_n

VLV NOEDELSLAAI
Die slaai is heerlik, maak sommer ‘n paar bottels dan het jy ‘n vinnige slaai as daar onverwags gaste opdaag. Heerlik saam met braaivleis.
500 g noedels
1 eetlepel sout
1 ½ koppie kookolie
1 koppie witasyn
2 koppies suiker
500 g uie gekap
1 kg tamaties, skille afgetrek en gekap
1 rooi en 1 groen soetrissie
250 ml mayonnaise
peper
Kook die noedels, sout en helfte van die olie tot sag, maar nie pap, dreineer.
Kook die asyn, suiker en die ander helfte van die olie tot suiker opgelos het.
Voeg die uie, tamatie en soetrissies by en kook tot sag maar nie pap nie.
Voeg die noedels by die asynmengsels en kook deur.
Roer die mayonnaise en peper laastens by.
Bottel die slaai terwyl dit nog warm is in gesteriliseerde bottels.
Hou goed op die rak.
Resep getoets en foto: Frieda Greyling en Marié Fourie




PETRE SE LEKKER KERRIEKOOL

kerrie kooltested

PETRE SE LEKKER KERRIEKOOL

Kook in water tot sag, maar nie pap nie:
2 kg kool gekerf
1 kg uie gekap

Meng in kastrol:
5 koppies asyn
1 koppie water
3 koppies suiker
1 eetlepel sout
2 teelepels borrie
3 eetlepels kerrie

Bring tot kookpunt. Gooi die kool by en kook goed deur.
Meng 6 teelepels maizena met water, gooi by koolmengsel en kook goed deur. Bottel warm.
Bron: Petre Van Jaarsveld




PETRÉ SE KERRIE KOOL

kerrie kooltested

PETRÉ SE KERRIE KOOL
Kook die groente in water tot sag, maar nie pap nie. Dreineer
2 kg kool gekerf
250 g geelwortels grof gerasper
1 kg uie gekap
Kerriemengsel:
5 koppies asyn
1 kopie water
3 koppies suiker
1 eetlepel sout
2 teelepels borrie
3 eetlepels kerrie

Bring tot kookpunt en voeg die koolmengsel by. Kook goed deur vir ‘n paar minute.
Meng 6 teelepels maizena met water en voeg by mengsel.
Kook goed deur en bottel warm.

NOTA:  Dit is heerlik saam met braaivleis. Die somermaande kom aan.  Lekker saam met ligte etes wat met slaaie bedien word ens.. Koue vleise en slaaie.
Breek die blaarslaai grof, en skep so 2 teelepels van elke soort slaai wat jy ingele het op dit, (bietjie aartappelslaai, kerrie kool, geelwortel slaai ens…. N skyfie tamatie, komkommer, en ‘n skyf vrugte… ) Siedaar die bord is amper vol en jy bedien dan of koue vleise of enige pastei saam met dit..

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




PETRE SE KERRIEWORTELS

PETRE SE KERRIEWOTELStested

PETRE SE KERRIEWORTELS
2 kg wortels, geskil en in wieletjies gesny
1 kg uie, gekap
Kook in water tot sag maar nie pap nie. Dreineer.

Meng saam en bring tot kookpunt:
5 koppies asyn
1 koppie water
3 koppies suiker
2 opgehoopte teelepels borrie
3 eetlepels kerrie
1 eetlepel sout

Voeg sag gekookte wortels en uie by, en kook goed deur.
Meng 6 teelepels Maizena met water en voeg by kerriewortels. Kook goed deur en bottel warm.
BRON – Petré van Jaarsveld




MURGPAMPOENTJIES IN TAMATIESOUS SLAAI

Marianne se baby marrows in tamatiesous slaaitested

MURGPAMPOENTJIES IN TAMATIESOUS SLAAI
2 klein baby marrows in ringetjies gesny
1 pakkie van 50 g tamatiepasta
2 eetlepels suiker
2 eetlepels asyn
1 eetlepel worcestersous
¼ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel sout
1 klein ui, in halwe ringe gesny
Growwe swartpeper na smaak
½ koppie water
Bring al die sousbestanddele tot kookpunt terwyl roer.
Voeg nou die uie en so 2 koppies baby marrows in ringetjies gesny by en prut 7 min.
Ek het dit so warm gebottel maar gaan yskas toe en ek kan nie waarborg hoe lank dit sal hou nie, maar ek glo ‘n geruime tydjie.
Bron en foto: Marianne de Beer