PENNSELVANIESE KWEPERHEUNING

kweperheuning johan 2tested

PENNSELVANIESE KWEPERHEUNING
Foto:  Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
Skil genoeg kwepers en rasper dit tot teen die klokhuisie( gooi die klokhuisie weg).
Dit moet 750 g gerasperde kwepers wees,  meng dit met 15 ml lemoen- of suurlemoensap.
Verhit 1 kg suiker en 250 ml water baie stadig tot die stroop helder is ( suiker moet opgelos wees.)
Vee die suikerkorrels wat teen die kante van die kastol vassit, met ‘n nat kwas af).
Verhit die stroop oor ‘n matige hitte tot kookpunt en voeg die gerasperde kwepers by en prut tot dit 105º C op ‘n suikertermometer registreer.
Roer af en toe en vee suikerkorrels teen die kante van die kastol af.
Bottel die heuningkwepers warm en verseël wanneer dit afgekoel is.

KWEPER HEUNING (kweperheuning)
Skil en rasper die kwepers.
Voeg ¾ pd suiker en ½ koppie water vir elke 1 pd vrugte by.
Kook alles tesame tot die kleur en dikte van heuning. Bottel en seël wanneer koud.

Ben Rautenbach – kweperheuning resep.
Skil 5 groot kwepers en rasper grof tot teen klokhuise of sny klokhuiese uit en maal kwepers.
Voeg 2 kg witsuiker, 500 ml water en ‘n knippie wynsteensuur by gerasperde of gemaalde kwepers en verhit stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos is.
Kook ongeveer 20 min sonder deksel tot dit die konsitensie van heuning het.
Bottel warm en verseël wanneer koud.




KWEPERJELLIE

kweperjellie johantestedkweperjellie 2
KWEPERJELLIE
Foto’s: Johan Coetzee
3de foto: Petro Borchard
FOOD LOVERS RECIPES
Sny 2 kg kwepers met skil en al in stukke op. Voeg 2.5 liter water en skil en sap van 1 suurlemoen by. Prut die kwepers  en kook sowat ‘n uur lank in ‘n toe kastrol tot goed sag.
Suig die pulp deur ‘n jelliesak of dubbele kaasdoek.
Sit die filtraat vir eers opsy en skep die pulp terug in die kastrol.
Voeg 1.25 liter vars water by die pulp, verhit dit tot kookpunt en prut dit ‘n half uur. Suig dit ook deur.
Meng die twee kooksels filtraat en meet die hoeveelheid af.
Voeg by elke 500 ml filtraat 400 g wit suiker.
Verhit dit tot kookpunt en roer dit net aan die begin om die suiker te laat oplos en nie weer daarna nie.
Kook dit vining tot die stroop jel as ‘n klein bietjie in ‘n koue piering getoets word.
Skep die skuim af, bottel in goed voorbereide bottels en verseël die jellie warm.




VERE SE MANGO BLATJANG

MANGO ATJAR
VERE SE MANGO BLATJANG

1.5 kg mangos, ontpit en opgesny
sout
2 l water
500 g wit suiker
600 ml wit asyn
125 g dadels, gekap
vars gemmer knoggel
kaneel
1 ui, gekap
125 g rosyne
10 ml rissiepoeier (opsioneel, ek los dit uit)

Ek gooi net alles saam en kook tot die dikte wat ek dit wil hê. Bottel dit warm in voorbereide bottels
Bron: Vere Albertyn




GEEL PERSKE OF APPELKOOS BLATJANG-CHUTNEY

peach chutneytested

GEEL PERSKE OF APPELKOOS BLATJANG-CHUTNEY
5 kg geel perskes of appelkose
8 groot uie
8 groot droë rooi rissies, na smaak
2 liter bruin asyn
2 kg bruin suiker
1 eetlepel sout
2 eetlepels koljander, gemaal

Verwyder pitte (hoef nie te skil nie)
Rasper perskes met “food processor”.
Rasper uie
Meng alles in groot kastrol.
Kook vir 1 uur op matige hitte.
Haal van hitte af as kleur ligte bruin is of na smaak.
Bottel terwyl warm.
Laat staan tot koud.
Die langer dit staan die lekkerde word dit
Ek stoor van my blatjang oor twee jaar.

* Ek gebruik Trickle bruin suike. Maak dit mooi bruin kleur.
*Om dit lekker warm te maak sit ek so 3 eetlepels Chilly Powder by.

Resep verskaf deur: Eddie Rocher




ADAMSVY ATJAR

2015-02-25-nellatested

ADAMSVY ATJAR
1 ui fyngekap
10 adamsvye
100 ml asyn
2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 eetlepel suiker
1/4 teelepel rooipepper
1 teelepel fyn koljander

Skil vye en meng met die res van die bestanddele.
Kook tot uie sag is. So 10 minute.

Resep: Nella Koorstra

 




INGELEGDE PERE EN SAP

ingelegde pere en saptested
INGELEGDE PERE EN SAP

Pere geskil (hou die skille) en middelste deel uit gesny. Afgespoel en in groot pot gesit.
2kg Suiker bo oor gegooi en 5L water. Gekook totdat pere deurskynend was. Daarna warm gebottel.

Ek het die Stroop wat oorgebly het in pot gelos en so 2 bakke van die skille by dit ingesit. Nou los ek dit tot more en dan gaan ek dit weer kook om geur nog lekkerder te kry om Peersap van te maak.
Haal die skille uit en bottel vir heerlike peersap.

Resep en foto:  Ronel Muller Thoma




INGELEGTE KWEPERS – VERSKILLENDE METODES

INGELEGTE KWEPERStested
INGELEGTE KWEPERS – VERSKILLENDE METODES
Resep en foto:  Suzette Bekker
FOOD LOVERS RECIPES
Sopas my kwepers ingelê. Lyk nou nie soos my ma sin nie, die pragtige halwes met die pitte na buite nie. Die goggas hier by ons het geen genade nie, moes red wat ek kon!

Skil die kwepers, sny in halwes of soos verkies en laat lê in sout water oplossing van 20 ml sout, 30 ml asyn op 4,5 liter water.

Ek gebruik middelmatige stroop (2 koppies water en 1 koppie suiker) sit op hitte en bring tot kookpunt.  Kook die vrugte in die kokende stroop tot net sag.
Ek kook dit nie eers in water nie, dit word te gou pap. Eenvoudig en maklik. Die skil daarvan is die moeilike deel!!!!

Nog ‘n metode:
Lizaan Ras le Roux
Ek was altyd my kwepers en bak hulle dan in die oond tot gaar (tot my toetspen deur kan gaan) Sny hul in kwarte en kook hulle nog so 10 min in stroop (1 koppie suiker met 1 koppie water gekook tot stroperig). Bottel hulle warm met stroop en al.
Ekt dit by my skoonma geleer en bygese, sy het nie ‘n resep daarvoor gehad nie
Nota:
Die skille bly net so aan…ek was en skrop net al daai hare af en dan is dit oond toe met hulle.

KWEPERS IN BRANDWYN
6 kwepers, geskil die pitte verwyder en in kwarte gesny
30 ml bruinsuiker
50 ml botter
3 stukke kaneel
125 ml brandewyn en ekstra om bottels te vul

Kook alles stadig saam tot sag en pak in flesse. Maak vol met brandewyn en verseël.




INGELEGTE PIESANGS

ingelegte piesangs Bentested

INGELEGTE PIESANGS
160 gr suiker
400 ml water
20 ml suurlemoensap
1 ml sout
400 gr piesangskyfies

Los suiker in water op in kastrol, voeg suurlemoensap en sout by, bring tot kookpunt.
Gooi piesangskyfies versigtig by die kokende stroop en laat 4 min kook.
Die stroop sal aanvanklik na onder daal, maar gou weer op kookpunt kom.
Die totale tydperk wat die piesangskyfies in die stroop is moenie 4 min oorskry nie.
Die piesangs kook maklik stukkend.
Skep skuim af indien nodig.
Skep die skyfies daarna in gesteriliseerrde flesse, gooi stroop bo-oor dat dit oorloop en bedek met gesteriliseerde deksels.
Wenk gebruik ferm piesangs.
Heerlik met roomys!
Resep en foto Ben Rautenbach




DRUIWE SUURTJIES

 

druiwe suurtjiestested

1 kg rooi druiwekorrels draai die korrels af moet dit nie aftrek nie
Was die korrels en dreineer
500 ml witwynasyn
300 g witsuiker
10 ml mosterdsaad
10 ml swartpeperkorrels
een stokkie pypkaneel gebreek
paar lourierblare
Kook alles saam oor matige hitte vir 5 min Pak druiwekorrels in bottels gooi warm mengsel oor druiwe en veseël Laat staan vir 4 weke in ń koel donker plek

Resep en foto:  Johan Coetzee:




JOHAN SE MANGO ATJAR

mango atjartestedmango atjar johan2mango atjar johan

JOHAN SE MANGO ATJAR
Ek het toe my mango atjar gemaak. My resep.
1 koppie olyfolie
¼ koppie sjineese rissie olie
¼ koppie peri peri olie
¼ koppie avokado olie
2 eetlepels masala kerriepoeier
2 eetlepels borrie
1 eetlepels peri peri
1 teelepel mosterdpoeier
½ teelepel allspice
1 teelepel paprika
2 fyngekapte knoffelhuisies
Sny 3 groen mango soos spanspek en verwyder pitte.
Sprinkel kosher growwesout op, laat staan 24 uur, spoel alle sout af en laat droog vir 24 uur.
Sny mango in 2 cm blokkies en plaas in ‘n bak. Kook die kookolie en ander bestanddele vir 5 min oor lae hitte roer dat dit nie aanbrand.
Giet die mengsel oor die mango blokkies, laat staan in ń koel plek vir 3 dae dat hulle kan trou, dan kan jy dit probeer.
Moet sê die sous het baie lekker geproe maar hulle moet trou tot Sondag.

Foto en resep deur Johan Coetzee