JOHAN SE MANGO ATCHAR

Johan se mango atjartested
JOHAN SE MANGO ATCHAR
3.6 kg mango vleis, pitte reeds verwyder (MOET GROEN wees, anders gis die atchar)
3 liter olyf olie/kook olie
30 ml sout
7.5 ml swart peper
50 g pickle speserye
300 ml bruin asyn
60 ml kerrie poeier
90 ml Masala, rooi (Ek gebruik Durban Pride se mango atjar marsala mengsel)
90 ml gekapte rissies
30 ml mosterd saad
10 ml knoffel korrels (korrels nie vlokkies nie) of 10 toontjies knoffel, fyn gekap

Sny die mangoes van die pit af, en in klein stukkies en gooi alles in die olie wanneer die olie begin kook.
OLIE:
Gooi die olie, asyn en die speserye in ‘n pan en verhit todat die olie begin kook.
Gooi nou die mango by en roer totdat dit weer begin kook.
Haal af en laat bietjie afkoel, en skep in bottels terwyl dit nog warm is en maak dig toe.
Maak seker dat die mangoes in die bottels goed onder die olie is.
Laat staan vir 10 – 14 dae.
Bron en foto: Johan Du Preez Snr




JOHAN SE SULTANA CHUTNEY

 

Johan se Sultana Chutneytested

JOHAN SE SULTANA CHUTNEY
3 kg Sultana korrels
1.25 kg uie
800 ml wit asyn
1 t Raja spicy kerrie
4 e mielieblom
1 kg suiker
1 e borrie
1 e mild kerrie
5 ml sout
Kook asyn uie suiker en sout saam vir 15 min
Voeg korrels en speserye by en kook vir nog 20 min
Bind met mielieblom
Bottel warm
Resep en Foto: Johan Coetzee




PORK SHANK WITH LIME PICKLES

Pork Shank with Lime Picklestested

PORK SHANK WITH LIME PICKLES

Lime Pickles

Wash limes and cut into rounds. Sprinkle with coarse salt, and leave overnight. Next morning rub the salt of and cut each round in half. Put the slices into sterilised bottles and sprinkle with “pickling masala” as much as you like. Cover with oil and seal. Should be ready within 2-3 weeks.

Pork Shank

Take one smoked pork shank and remove the skin. Bake for 40 minutes at 180ºC. Baste with mustard before serving.
Recipe and photo: Rina Smit




PETRE SE PERSKE ATJAR

petre se perske atjar2tested

PETRE SE PERSKE ATJAR

Ek het geblikte perskes gebruik … In blokkies gesny om dit makliker in die bottels te gooi …. Vroeer jare het jy Allspice gekry, asook Pimento … Pimento was altyd die groter balletjie, en Allspice die kleiner een …. Maar nou sien ek dat Pimento nou sommer Allspice ook is … Die resep kry albei in….. Kon nie Allspice kry nie …Ek het net Pimento gebruik …..
2kg perskes – in skyfies gesny …
1 kg uie – baie fyn gekerf (half ring) …
3 koppies suiker …
1 eetlepel Kerrie …
1 teelepel gemmer …
1 eetlepel sout …
3 koppies witasyn …
2 eetlepels mielieblom …
1 eetlepel borrie …
4 heel naeltjies …
1 teelepel all spice …
1 teelepel pimento …
1 teelepel peperkorrels …
Kook uie in asyn tot sag … Hou deksel op …. Gooi perskes by … Kook tot sag … Meng alle droe bestanddele in beker saam met n bietjie water … Meng goed en gooi by perskemengsel … Kook goed deur en bottel warm …

Foto en resep:  Petré Van Jaarsveld




INGELEGTE LIETSJIES

tested

INGELEGTE LIETSJIES
Haal doppe af oor bak om sap op te vang. Kook ‘n stroop van 200 gram suiker op 500 ml water en die sap.
Sit lietjies in stroop en laat net opkook.
Sit lietjies in warm gesteriliseerde flesse en vul met kokende stroop. Verseël flesse en draai halwe draai los.
Plaas flesse in waterbad en steriliseer 20 minute teen 90°C, haal uit en skroef goed toe.

 




MARION SE INGELEGTE PERE

ingelegte pere marioningelegte pere marion2tested

MARION SE INGELEGTE PERE
Skil pere en halveer verwyder die klokhuisie
Sit in water met sout en asyn oplossing laat le solank jy die sous voorberei

Kook saam
4 koppies suiker
3 koppies water
Sodra dit kook sit pere in en kook tot amper sag. Die pere lyk deuskynend
Pak pere in gesterilseerde bottels
Gooi stroop tot bo vol
Sit deksel styf op hy moet seel.
Die voorbereiding vat lank.
Wees rustig speel goeie vanmelewe se musiek en geniet die inle fees!!!!!
BRON:  Marion Barnard Mussmann




VINNIGE INGELEGDE KERRIE-PERSKES

ingelegte kerrie perskes petretested
VINNIGE INGELEGDE KERRIE-PERSKES

3 kg geblikte perskes, gesnipper of in skywe gesny en gedreineer
1 kg uie in halwe ringe gesny
500 g suiker
750 ml witasyn
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepels sout
1 eetlepel borrie
1 eetlepel kerrie
1 eetlepel fyn gemmer
4 eetlepels maizena, opgelos in n bietjie water 

Kook uie tot sag in 3 koppies water
Water moet alles omtrent weggekook wees
Voeg speserye by
Kook deur
Voeg asyn en suiker by
Kook vir 10 minute
Voeg gesnipperde perskes by en kook 5 minute
Voeg maizena by en kook goed deur
Bottel warm

RESEP EN FOTO: Petré van Jaarsveld




INGELEGDE AARBEIE

2015-12-19-blog_ingelegdeaarbeietested
INGELEGDE AARBEIE
Was die aarbeie skoon af en verwyder alle onnodige blaarjies en sand.
Kook ‘n koppie water met ‘n koppie suiker vir so 10 min in oop kastrol. Afhangend van hoeveel aarbeie jy het, anders kook meer stroop.
Sit skoongemaakte ferm aarbeie by. Kook tot aarbeie sag, maar nie pap is.
Haal af van hitte.
Voeg 100 ml brandewyn by.
Pak aarbeie en stroop in voorbereide skoon, warm bottels en deksels.
Seël dadelik.
Baie lekker roomyssous !

Kommentaar:
Marietjie Nel: dankie Marleen Basson Niemandt ek jou resep gemaak en rose syrup bygevoeg…. heerlike geure.
Resep: Marleen Basson Niemandt
Foto: Marietjie Nel en Elna Erasmus




KARIN SE PERSKEBLATJANG

 

2015-12-18-karinseperskeblatjangtested

KARIN SE PERSKEBLATJANG
2.5kg geskilde geelperskes
2 groot uie opgesny
750g pitloses gebleikte sultanas/rosyne
750ml wit asyn
1kg witsuiker (ek gebruik bruin of helfte wit en helfte treacle)
2t fyn sout
2E kerriepoeier
1t fyn gemmer
1t droë mosterd
2t peper
2E gemaalde koljander of in plaas van koljander vir bietjie byt ‘n 1/2t naeltjies
Maal die perskes, uie en rosyne. Voeg asyn, suiker en sout by en kook tot sag en dik. Voeg die res van die bestanddele bymekaar, maak aan met bietjie asyn en voeg by gekookte mengsel. Kook goed vir 5min. Indien dit baie sappige perskes is kan mezina bygevoeg word om te verdik. Bottel so warm as moontlik.
Bron en foto: Karin Klinck Pitout




BOEREMEISIES-APPELKOSE IN BRANDEWYNSOUS

BOEREMEISIES-Appelkose in Brandewynsoustested
BOEREMEISIES-APPELKOSE IN BRANDEWYNSOUS
Dis ‘n eg-Kaapse gereg van appelkose in brandewynstroop soos die
Kapenaars toentertyd hul vrugte ingemaak het. Sulke vrugte is in
kelkies as nagereg voorgesit. Dis ook lekker in vrugteslaai. Kies
die mooiste appelkose hiervoor.
ryp, stywe appelkose
brandewyn
gelyke hoeveelhede witsuiker en water, 5 minute lank saamgekook

Was die appelkose, prik elkeen met ‘n stopnaald of toetspen en pak in gesteriliseerde flesse.
Meng brandewyn en stroop om die helfte en vul die flesse daarmee.
Draai die deksels lossies op.
Plaas die flesse op ‘n rakkie in ‘n groot kastrol en vul die kastrol tot by die nekke van die flesse met water. Verhit totdat die inhoud van die flesse kookpunt bereik.
Haal die flesse uit en verseël dadelik.
Nota:
Die oomblik wanneer die stroop in die flessies begin kook, moet jy dit dadelik uithaal, anders is die appelkose pap. Ook gesien dat die heel boonste appelkoos oorbodig is, die appelkose swel en sodra die deksel dan opgesit word, dan druk van hulle stukkend.
FOTO – Petré Van Jaarsveld