

GRANNY SMIT APPELJELLIE
Hi Rina hier is n meer volledige resep wat ek gebruik.
Jy kan Kweper, appel of koejawel gebruik om die jellie te maak, het ook al appel gebruik en kruisement jellie hiermee gemaak.
2 kg appels of enige bo genoemde vrugte
2 liters water
600 g suiker (750 ml)
Was vrugte af onder lopende water en sny in stukke (onthou vrugte skille en pitte)
voeg water by en kook ongeveer 1 tot 1½ uur lank oor matige hitte
Syg sap deur vir 5 uur lank of oornag, met ‘n moeslien doek (moenie druk om sap vinniger uit te kry nie, dit moet self deur syfer) laat sap afkoel.
Meet af; 1 liter sap en voeg suiker by, roer tot opgelos.
Verhit tot kookpunt, syg sap weer deur moeslien doek.
Kook die helder stroop totdat dit stol punt bereik, (moenie roer nie) skep skuim af.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Om te toets vir jellie, vat ek ‘n piering en bietjie spiritus, skap ‘n teelepel jellie in die piering by die spiritus, as dit ‘n soliede klont vorm, is jou jellie reg, as dit klomp klein klontjies maak, kook nog bietjie en voeg so 2 eetlepels suurlemoen sap by.
As jellie lyk of dit begin braai (so geleer by my moeder) dan is dit reg, hoop die resep is meer volledig, vra maar weer asb?
Resep en foto deur Alta Gunter Van Dyk