PAPAJA- EN TAMATIEPIEKELS

papaja en tamatie piekelstested
PAPAJA- EN TAMATIEPIEKELS
Foto:  Petré Van Jaarsveld  – ek het die sultanas en rosyne uitgelos
FOOD LOVERS RECIPES
750 ml gekapte groen papaja
500 ml gekapte tamaties
3 uie, geskil en gekap
5 ml rooipeper of na smaak
15 ml sout
15 m gekneusde gemmerwortel
250 ml sultanas en pitlose rosyne, gemeng
250 ml asyn
250 ml suiker

Plaas bestanddele in ‘n inmaakkastrol en kook tot sag en vloeistof
ingedamp en dik is. Giet onmiddellik in gesteriliseerde inmaakflesse
en verseël.

 




CHILLI AND PAWPAW CHUTNEY

2015-10-16-chillipawpawchutneytested

CHILLI AND PAWPAW CHUTNEY

Makes approximately 5 cups of chutney which can be kept up to 6 months
7 black peppercorns
1 whole nutmeg
1 pawpaw, peeled and coarsely chopped
2 apples, peeled and coarsely chopped
2 tomatoes, peeled and coarsely chopped
500 ml (2 cups) yellow sugar
750 ml (3 cups) white vinegar
10 ml(2 teaspoons)coarse salt
3 fresh red chillies, deseeded and finely chopped
10 ml (2 teaspoons)fresh grated ginger

Combine all the ingredients in a saucepan.
Stir constantly until the sugar is dissolved.
Let the chutney simmer uncovered for approximately 1 ½ hours or until it has thickened.
Remove peppercorns and nutmeg.
Spoon the hot chutney into hot sterilised jars.
Seal the jars while they are still hot.
Photo:  Lisinda Blaauw




KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP

KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP
15 ryp koejawels, geskil en deurgesny
5 ½ koppies suiker
1 liter water
12 naeltjies
1 kaneelstok

In groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met ‘n houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant van ‘n lepel bly klou.
Gly die koejawels in die stroop en prut saggies tot die koejawels net sag is, moet dit nie pap kook nie.
Trek die pot van die stoof en laat die koejawels afkook in die stroop.
Jy kan dit warm in flesse inlê of jy kan dit in die yskas laat staan vir tot 3 weke.
As jy inlê sorg dat jou bottels gesteriliseerd is, pak jou vrugte dan met ‘n lepel in warm bottels, gooi die warm stroop oor.
Skud om borrels uit te haal, seël die bottels, sit in ‘n kastrol met kookwater wat oor die bottels se koppe strek en kook vir 15 minute.
Daarna kan hulle spens toe tot jou lus jou weer kom kry en jy ‘n bottel oopmaak.
As jy gril vir die pitte kan jy dit uitskep voor jy dit kook, en die koejawels in die middel deursny.
Bedien die koejawels saam met sy stroop en slagroom.
Resep:  NIEL STEMMET KOSKENNER




HEEL INGELEGTE GROEN VYE

heel vye konfyt

HEEL INGELEGTE GROEN VYE
Ek gee dit net soos die tannie dit vir my gegee het:
1. Pluk die vye as dit mooi uit geswel is, maar nog nie te groot nie. Die blommetjie op die vy se bassie moet nog nie oop wees nie. Liefs voor die 10 de oktober as dit nie n baie koue jaar was nie.
2. Weeg die vye en skryf die gewig neer.
3. Sny steeltjies in mooi skerp punte soos jy n stok sou skerp maak. Sit dit dan oornag in n skottel wat 2 eetlepels sout vir elke 50 vye.
4. Was dit die volgende oggend af en sny ‘n kruisie deur die blommetjie op die bssis van die vye.
5. Kook nou jou vye tot sag in genoeg water met ‘n lekker skoot blou viterjoel in die water (so 10 ml op elke 2LT water) om die vye mooi groen te laat vertoon in die bottle anders raak dit bruin.Hou jou pot se deksel op.
6. As die vye sag is sal die agterkant van n vuurhoutjie maklik deur die vel van die vy glip.

7. Dreineer nou die water af en dryneer die vye baie goed. Druk elke vytjie saggies om van oortollige water ontslae te raak.
8. Kook stroop:
1 pond suiker en 2 koppies water vir elke koppie suiker. Voeg dan ‘n halwe teelepel Aluin kristalle (by die apteek beskikbaar) by elke mengsel stroop om suiker sand te vermy.
9. Waneer die stroop kook sit jou vye een vir een by en kook stadig met ‘n skuins deksel op die pot. Sowat 2 tot 3 ure . As die stoop min word gooi kookende water bietjies by om aan te vul soos die kooksel aan kom. Die skuins deksel verhoed dat die stroop te gou weg kook.
10. Dit hoef nie warm gebottel te word nie, maar maak seker jou bottels is sterile skoon om muf ens. te voorkom. As jou stroop nie genoeg is nie kan jy nog by kook of jy kan die vye vries in ‘n roomys bak. Dit vries heerlik.
Hierdie is my vriendin wat reeds oor die 70 is. Lief jou BT Coetzer.
Sy het my so baie geleer.

Resep geplaas deur Emelia Lans Brown




MALEISE GROENMANGO ATJAR

groen mango atjar

MALEISE GROENMANGO ATJAR
12 groen mango’s
sout
15 ml kerriepoeier
750 ml sonneblomolie
4 rooi brandrissies
3 knoffelhuisies
5 ml fenegriek
5 ml borrie

Sny die mangovleis van die pitte af. Laat die stukke 2 – 3 dae in sterk soutwater lê.
Dreineer dit en druk goed droog anders onttrek dit die vog en bederf.
Vermeng die kerriepoeier met bietjie van die olie tot ‘n pasta, smeer dit op die mangostukke en pak dit in die inmaak flesse.
Sny die brandrissies fyn op, skil die knoffel en rooster die fenegriek liggies.
Giet die oorblywende olie in ‘n kastrol en voeg die rissies, knoffel en fenegriek en borrie by.
Verhit dit tot kookpunt en gooi dit oor die mangostukke. Laat dit afkoel en verseel dit dig.
Laat die atjar 3 – 4 weke ryp word voor gebruik.
Wanneer van die atjat uitgeskep word, moet kokende olie bygevoeg word om die oorblywende stukke te bedek.
Dit voorkom dat die vrugte bederf.

Bron:  Lekker vir later –  geplaas deur Rina Kleinhans
Fenugreek substitution
For the seeds, substitute 1 tsp fenugreek seeds with 1 tsp yellow mustard seeds.
For the leaves, substitute 1 Tbs chopped fresh fenugreek leaves with:
1 tsp dried fenugreek leaves
1 Tbs chopped fresh Chinese celery leaves
1 Tbs chopped frehsh celery leaves
1 Tbs chopped watercress leaves
Fenugreek, if being used for cooking, has a sweet flavor. It is used in artificial maple flovoring. I think it has an odor like maple syrup, but is also close to fennel bulb and seed.




KOEMKWATS IN WYN

KUMQUARTS
KOEMKWATS IN WYN
Vriendin Marietjie Stegman se kommentaar: Ek het die stroop verdubbel en dit was net genoeg. Ek het nie die koemkwats posjeer nie, maar ‘n rukkie gekook in die stroop

2 kg koemkwarts
500 ml droë wit wyn
125 ml heuning
1 stuk pypkaneel
2 heel naeltjies
Prik die koemkwats en sit een kant neer. Verhit die res van die bestanddele tot kookpunt. Verlaag die hitte en posjeer ‘n klompie koemkwats op ‘n keer tot sag. Skep die koemkwats met ‘n gleuflepel uit en plaas dit in voorbereide glad flesse. Vul die flesse met die warm wynstroop en verseel dit dadelik. Laat dit afkoel. Bewaar dit op ‘n koel, donker plek.
Dit is heerlik saam met gestoomde winterpoedings en room.

 




KOELKASKOEMKWATS

KUMQUARTS
KOELKASKOEMKWATS
Vriendin Marietjie Stegman se kommentaar: pas op vir te sag kook, die staan in die warm stroop maak hulle ook nog sag en dis nie baie soet nie.

Bedek 1 liter koemkwarts met water en verhit tot kookpunt. Dreineer die koemkwarts, bedek dit met vars water, verhit weer tot kookpunt en dreineer. Bedek dit weer met vars water, verhit tot kookpunt en prut dit dan totdat dit sag is, daar moet ‘n vuurhoutjie maklik deur die skil gedruk kan word. Dreineer nou goed.
Voeg 400g wit suiker by 250ml water en verhit stadig tot kookpunt, roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook die stroop 5 min, voeg die koemkwarts by die stroop, verhit tot kookpunt en kook dit 5 min. Laat die koemkwarts in die stroop afkoel. Bewaar dit in ‘n dig geseelde houer in die koelkas.
Dien dit as nagereg op saam met roomys of room, of sny die vruggies op en gebruik dit as bestandeel in roomys, gestolde en gebakte nageregte, die stroop dien as ‘n sous. Halveer en ontpit die vruggies, vul dit met roomkaas en voeg dit by ‘n groen slaai met’n vinaigretteslaaisous.

*Lekker vir later* Rina




SULTANA – CHUTNEY

sultana chutney

SULTANA – CHUTNEY
Kook 2 koppies asyn, 2 en halwe koppie suiker en 1 teelepel sout saam.
Voeg 4 groot gesnyde uie by en kook saggies vir 10 minute.
Voeg by:
1 Eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie, gemeng met 2 Eetlepels soetwyn.
Voeg dan 1 kg sultana korrels by en kook vir 20 minute.
Roer 5 teelepels maizena, aangemaak met bietjie water by.
Kook goed deur en bottel warm




KERRIE SULTANAS – SULTANA BLATJANG

sultana bladjang Johantested
KERRIE SULTANAS – SULTANA BLATJANG
2.5 kg ryp gekorrelde sultanas
1.2 kg uie, fyn gekap
1 kg wit suiker
1125 ml wit asyn (1.5 bottels)
1 eetlepel sout
1 eetlepel gemmer
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 eetlepel naeltjies
2 eelepels wonderpeper
2 eetlepels koljander
60 ml maizena (gebruik meer vir n dikker konsistensie, ek gebruik dubbel, anders is dit baie loperig)

Bind die speserye in ‘n lap sakkie toe.
Kook die suiker, asyn, sout, kruie en uie saam (mens kans die speserye direk in die stroop kook, maar dan kleur dit die sultanas baie donker en word die blatjang baie sterker).
Voeg die sultanas by die kokende stroop en kook tot gaar (20 -30 min).
Maak die mielieblom met ‘n bietjie asyn aan en voeg by die sultana mengsel terwyl geroer word.
Kook deur en bottel in warm, gesteriliseerde flesse.

Annette Swanepoel
(tannie Ria Myburgh, Kanoneiland)
Foto:  Johan Coetzee




GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG

GEDROOGTE APPEKLOSE

GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG
250 g gedroogde appelkose, rof gekap
1 handvol ontpitte rosyne
½ ui, fyn gekap
125 ml bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel gemaalde gemmer
½ teelepelgemaalde koljander
1 teelepel rooipeper
¼ koppie asyn

Braai die ui in ‘n bietjie olie tot deurskynened. Voeg die speserye by en braai vir ‘n paar minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut totdat die appelkose sag is Bedien met die vetkoek en bobotiemaalvleis of skep in gesteriliseerde flesse.
RESEP: Lynette Knoetzen